What does she allow us to see and not to see? Monroe herself knew the
difference between seeing and looking.
‘Men do not see me,’ she said, ‘they just lay their eyes on me.’ — Marilyn Monroe
I
Marilyn Monroe
sou vajaar 90 jaar oud geword het. Die pers onthul foto’s, bekend en onbekend,
om hierdie ikoon te vereer. (MarilynMonroe’s 90th birthday sees rare photos released as tribute | Daily Mail Online.
Besoek 1 Oktober 2016)
Die figuur
Marilyn Monroe word binne die Afrikaanse digkuns deur velerlei digters beskryf:
T.T. Cloete, Peter Louw, Lina Spies, Tom Gouws, Lucas Malan, Joan Hambidge, en
Johann de Lange. De Lange skryf ook in sy blog (Kaapse paragrawe/Marilyn Monroe: met ‘n omweg kan bysake die aandagtrek op hoofsake. Besoek 1 Oktober 2016) oor die verskillende
Monroe-gedigte in Afrikaans.
Dit is bekend
- volgens die psigoanalis Jacqueline Rose — dat sy dit verpes het om die rol
van die dom blondine te speel. Enige gek, het sy beweer, kan tog sien Tony
Curtis en Jack Lemmon is twee mans geklee in vroueklere en nou moet sy
saamspeel asof sy dit nie weet nie! (“A rumbling of things unknown” deurJacqueline Rose. Besoek 1 Oktober 2010).
II
Marilyn Monroe
‘Men do not see me,’ she said, ‘they just lay their eyes on me.’
Marilyn Monroe
speel haar
dood vooruit
met elke
afbeelding,
foto of
skinderrubriek.
In Chicago
staan sy groter
as lewensgroot
in sement, op
heterdaad betrap
met ‘n
wapperende rok
en opgeswelde
mond.
Daar sal nooit
weer iemand soos sy
wees nie, die
arme weeskind
met haar
moeder in ‘n malhuis,
flap die pers
uit in oneindige aflewerings.
Op soek na
liefde stal sy haarself uit
vir die
betroubare minnaar, die kamera.
Kliek-kliek
kom sy glo tot lewe.
Altyd lesend
aan Dostojefski
of geselsend
oor ‘n nuwe boek
soos Sister
Carrie wat sy sopas begin het.
Wrokkig oor
die rol van die dom blondine
aan haar
toegedig, word sy vir digters
‘n voleindige
plesier in die gluipe
van die
woord-en-wonder, terugspoelend.
Van dit alles
wis sy presies
die semantiese
verskille
tussen kyk,
bekyk én terugstaar.
Toe sy
geroskam word oor ‘n naakfoto korswel
sy: “It’s not
true I had nothing on, I had the radio on”.
Afgemete wag
sy vir die sluiter
toe die dood
haar soos ‘n
kwinkslag
tref, bloot én
oop.
(Indeks. Human & Rousseau,
2016)
III
Some like it hot, met Tony Curtis, Marilyn Monroe en Jack Lemmon
Daar is reeds
soveel geskryf oor haar filmrolle, onder andere in Some like it Hot (1959) wat ‘n allergunsteling bly oor gender en
crossing dressing. Die 1953-rolprent Gentlemen
Prefer Blondes, gebaseer op Anita Loos se gelyknamige roman, met die
sub-titel: The Intimate Diary of a
Professional lady (1925). Hierdie roman, word daar vertel, het indertyd T. S.
Eliot uitbundig laat lag toe hy dit as uitgewer gelees het vir die eerste keer.
(Loos se opvolgroman heet dan ook: But
Gentlemen Marry Brunettes).
Gentlemen Prefer Blondes is ‘n komedie en musiekblyspel.
Ek het weer na
die aanskoulike, speelse film gekyk op DVD. Dit vertel die verhaal van twee
Amerikaanse show girls, Lorelei Lee (Monroe) en Dorothy Shaw (Jane Russell).
Blond en
brunet. Beeldskoon en beste vriendinne. Twee opposisies in die plot, dus.
Eersgenoemde is lief vir diamante; die ander hou van fórsgeboude manne. Lorelei
(ag hoor die simboliese, mitiese naam) is verloof aan die Gus Esmond, ‘n regte
Japie, wat enigiets sal doen sy geliefde ontwille. Die troue sal plaasvind in
Frankryk en hierom dan die skeepsreis waar daar ‘n jagse span Olimpiese atlete
aan boord is. Voilà. The scene is set ...
Lolerei se
onkunde oor Europa word uitgestal. Sy is die dom blondine.
Lorelei kry ‘n
kredietbrief van haar verloofde, Esmond, om in Frankryk te kan rinkink sonder
hom, want Pappa dink sy is sleg vir sy seun. Hy sal haar later daar ontmoet.
Maar Papa het ‘n privaatspeurder, Ernie Malone (Elliot Reid), gehuur om agter
die kap van die (ou) byl te kom. Lolerei word gewaarsku om haarself te gedra,
anders is die huwelik verby. Esmond daarenteen hoef en gaan hom nie te gedra
nie, blyk dit uit ‘n klein vinjet. ‘n Subtiele genderanalise van die tyd:
vrouens moet in hul spoor trap; mans mag maak wat hulle wil.
Die film en
boek intimeer egter dat showgirls alreeds vroue van losse sedes is, maar doen
dit met humor.
Wending?
Die speurder
raak verlief op Dorothy, nie op Lorelei nie. Dorothy het ‘n enorme libido en
dit word dramaties vergestalt deur haar flankeerdery met die Olimpiese span wat
allerlei toertjies uithaal. Die moderne kyker sien ook ‘n gay-spanning: gestel
Dorothy was ‘n gay-man ... (Of is dit die regisseur wat hier intree?)
Sir Piggy
Beekman (Charles Coburn) raak dol verlief op Lorelei en hy is die eienaar van ‘n
diamantmyn. Lorelei flirteer met die Oubaas tot irritasie van sy vrou (Norma
Varden).
Die Sugar
Daddy-motief versus die openlike hoer word speels hanteer. Lolerei nooi die
Oubaas na haar kabine (met die ronde vensters waaroor sy so verbaas was!). Hy
vertel haar van sy reise na Afrika en demonstreer hoe ‘n luislang ‘n bok
opvreet. (Lagwekkende en skreeusnaakse simboliek!)
Sy sal
inderdaad soos ‘n bok doodgedruk word.
Die speurder
neem steelfoto’s van die “oortreding”.
Dorothy
waarsku vir Lolerei (o haar reputasie!) en hulle maak Malone dronk en vind die
foto’s in sy broeksak.
Die foto’s
word aan die oubaas teruggegee en Lolerei behoef sy vrou se tiara vir hierdie
vonds.
Malone was
egter slimmer as hulle. Daar was ‘n meeluisterapparaat wat bewys dat Lolerei
net agter geld aan is!
Leuens,
bedrog, spanning. Dorothy bely sy is verlief op die speurder (en dus die
vyand).
Met Lolerei
wat volhou met haar mantra: waarom trou met ‘n arm man as jy ‘n ryk man kan
kry?
Dan kom hulle
in Frankryk aan. Natuurlik is die kredietnota gestop (suspension of disbelief
is hier groot, maar dis snaaks, jy vergewe almal). Hulle word uit die hotel
gesit danksy die speurder wat vir Pappa (Esmond snr.) vertel het van al die
manewales. Lolerei sing dan by hulle show “Diamonds are a Girl’s Best Friend”!
Nog is het
einde niet.
Die tiara word
as gesteel aangemeld en dan ontdek die twee vriendinne dit is weg uit die
juweleboks. Og ja, Piggy het dit natuurlik teruggesteel.
In die hof
verskyn Dorothy met ‘n blonde pruik as Lolerei en sy boots MM perfek na.
Jane Russell
as Dorothy Shaw
Esmond snr. en
Lolerei sit in die nagklub, en Lolerei meen dat sy, as sy die rykman se dogter
was, en nie sy seun nie, hy net die beste vir haar sou wou hê.
Weer ‘n
speelse, dog skerp analise van gendervoorskrifte van die tyd.
Alles eindig
goed. Die spanning word opgelos: daar is ‘n dubbel-troue vir die twee vroue.
Elkeen kry haar man (die een met geld / die een met libido).
IV
Toe ek in 2016
weer na hierdie film kyk, kan mens duidelik sien hoe Monroe met haar persona
speel, met die eponieme dom blondine. Hoe ironies die verwysing na foto’s en ‘n
meeluisterapparaat in hierdie film. Want haar hele lewe lank — selfs ná haar
dood — word sy afgeneem en afgeluister. Deurgefluister, soos TT Cloete geskryf
het.
© Joan
Hambidge