Showing posts with label Douglas Reid Skinner. Show all posts
Showing posts with label Douglas Reid Skinner. Show all posts

Tuesday, June 28, 2022

Resensie | Douglas Reid Skinner – A Short Treatise on Mortality | uHlanga, 2022

Douglas Reid Skinner – A Short Treatise on Mortality. uHlanga, 2022. ISBN 9780620986892 

Resensent: Joan Hambidge

 

I

Hierdie is gedigte geskryf deur ‘n sterk digterlike hand wat tegnies in beheer is. Die digter het nog altyd besondere aandag gegee aan vorm en die bundel word begelei met die woorde: “a lifetime of writing becomes the writing of a lifetime.” Ons beleef ‘n bestekopname, soos die titel waarsku, van ‘n digter wat terugkyk op sy lewe en vele geliefdes en vriende moes afstaan aan die dood. 

 

Douglas Reid Skinner, ‘n boorling uit Upington, is die redakteur van Stanzas en die Engelse redakteur (en vertaler) van die AVBOB-poësie projek. Dit is dan ‘n digter wat die digkuns van buite en binne ken. Hy is tans woonagtig in Surrey. Hy is ook ‘n “fine wine trader”.

 

Poesie Scelte: Selected Poems sy vertaling uit die Italiaans van Marco Fazzini se gedigte is hiervan ‘n bewys: hy transporteer die gedig wonderbaarlik na ‘n nuwe dimensie soos die taalkundige konsep dan dit beskryf:  transpreter. 

 

Hy vertaal en interpreteer. En ‘n gedig by uitnemendheid is dan ook ‘n vertaling van emosies, herinneringe, wandelinge wat die digter oordra in taal. Hierdie leser beskou die bundel as ‘n anatomie van die digkuns, soos Marjorie Boulton dit beskryf het in haar klassieke teks uit 1953.

Universele en persoonlike temas, soos Mark Revelle meen op die skutblad: An oberserver’s testament, but an observer observing self as much as the elements.” Die voorblad is ‘n wasige strandtoneel: aankoms en vertrek; ‘n boot en ‘n skip; migrante en locals. In sy digkuns vind ons dan telkens ‘n dubbelblik oor sy verlange en herinneringe terug na sy herkoms en die belewenis van die hier-en-nou.

 

Is die digter se werklike biografie sy digkuns soos daar via Brodsky beweer word? Eweneens ‘n digter wat in die vreemde ‘n nuwe “staning onder die sterre” moes vind. Dikwels het hy al oor liminaliteite of tussentoestande geskryf.

 

Inderdaad vind ons ‘n verwysing na Kaappunt (“Thirty-Four South, Eighteen East”), maar ook gesprekke met klassieke digters, ouer digters (Coleridge en Wordsworth, o.a.) wat die “biografiese”, letterlike aspek problematiseer in hierdie bundel. Biografies ja, maar iets meer soos W.H. Auden waarsku in sy beroemde essay “Writing” (Selected essays, 23) dat die digkuns weens die talige aanbod altyd meer word as byvoorbeeld die matematiese bedryf.

 

II

 

“Out of the Blue” (26) is ‘n terugreis deur die ontdekking van ‘n gedig wat die digter indertyd geraak het en steeds raak. Maar dis meer as ‘n gedig wat “ontdek” word. Die digter word hiermee ook herinner aan ‘n vergete verhouding. “In the wide and dark landscapes of time” staan dit opgeteken in “Two Minutes” (18): wat word onthou, wat gaan verlore?

 

Humor en ironie is daar ook: ‘n fisant lyk soos Beau Brummel (16) en “The Book That’s Now Being Read” (44) handel oor die ouers wat amper nie getrou het nie; en gelukkig het Auntie Meg ingetree. En in hierdie gesprek met die digter dekonstrueer die spreker die digkuns en familieskap van verse: as hulle nie getrou het nie, was broer en suster nie hier nie en die boek wat jy nou lees ook nie hier nie!

 

“In the Wide and Dark Landscapes of Time” (82) word ‘n lykdig vir Chris Mann ‘n treurvers oor ander vertrekkende digters (Douglas, Don, Guy, Syd). Hy gebruik sterk landskapbeelde – bekend aan Chris Mann (1948-2021) se werk om hierdie innerlike proses te vergestalt. “Sunday” (83) met ‘n implisiete kopknik na Wallace Stevens wys hoe die gedig paradoksaal gebeur uit die niks, uit verlamming. Ofskoon hy die weg ken en dit al vantevore ervaar het, artikuleer hierdie gedig die liggaamlikheid van die skryfproses. 

 

In die tweede strofe van Stevens se gedig:

 

II 

 

Why should she give her bounty to the dead? 

What is divinity if it can come 

Only in silent shadows and in dreams? 

Shall she not find in comforts of the sun, 

In pungent fruit and bright, green wings, or else 

In any balm or beauty of the earth, 

Things to be cherished like the thought of heaven? 

Divinity must live within herself: 

Passions of rain, or moods in falling snow; 

Grievings in loneliness, or unsubdued 

Elations when the forest blooms; gusty 

Emotions on wet roads on autumn nights; 

All pleasures and all pains, remembering 

The bough of summer and the winter branch. 

These are the measures destined for her soul. 

  

Pynlik is die onvoltooide gesprek met die moeder “On a Conversation Never Had”:

 

                 ….Now, there’s nothing left

Except echoing words, an empty hand,

A departed dream, the draining sand … (75)

 

Hierdie gedigte artikuleer die besef: dat terwyl ons beplan en werskaf, gebeur die lewe (“It takes the Biscuit”, 68) wat ‘n aweregse gesprek met Proust se Madeleine-koekie voer. “Out Of Breath” (51) speel met Elizabeth Bishop in ‘n heerlike dansvers waar Tony Voss ook aangespreek word. ‘n Puik parodie, nee eintlik palinode waarin hy Bishop voltooi. Die verlies aan kuns is hier ter sprake en humoristies ontluister word. 

 

Geoffrey Hill, Eugenio Montale, Cavafy, Borges en klassieke meesters soos Tacitus is hier. Tony Voss, Johann de Lange maak ook ‘n buiging.

 

“In Which We Examine the Idea of Progress” (60) is ‘n briljante politieke vers, universeel en lokaal. “Paradise” (62) lewer metakommentaar op Faure se In Paradisum via Brueghel se Aardse Paradys, implisiet Auden met Hollywood se suspension of disbelief. ‘n Kragtoer hierdie vers.

 

Die vertaling van Catullus (Catullus. Selected lyric poems) saam met die klassikus Richard Whitaker was uitnemend.

 

III

 

Hierdie bundel is soos ‘n goeie bottel Malbec: jy teug en proe en teug.

 

Pragtig uitgegee deur uHlanga uitgewers.

 

Bibliografie

Auden, W.H. 1956. Selected Essays. Londen: Faber.

Boulton, Marjorie. 1953. The Anatomy of Poetry. Londen: Routledge & Kegan Paul.

Tuesday, October 13, 2020

Resensie | Catullus, vertalers Richard Whitaker & Douglas Reid Skinner | Crane River, 2020

Catullus: Selected Lyric Poems - Samestellers en vertalers:  Richard Whitaker & Douglas Reid Skinner. Crane River, 2020. ISBN 9780620888387

Resensent: Joan Hambidge

 

I

Hierdie vertalings van Catullus is deur die gerekende klassikus Richard Whitaker – hy het Grieks en Latyn aan die universiteite van die Witwatersrand, Oxford en St Andrews studeer, en is tans Emeritus Professor van Klassieke Tale by die Universiteit van Kaapstad – en die digter Douglas Reid Skinner bekend om sy manjfieke vertalings van onder meer Marco Fazzini (2020), en ook vir sy redakteurswerk by die AVBOB-projek.

 

As digter word Skinner hoog geag (Woorde Wat Weeg | McGregor Poësie fees 2019 | McGregory Poetry festival 2019. Besoek 11 Oktober 2020)


Hierdie leser het dié teks letterlik in een sitting deurgelees. 88 bladsye gevul met gedigte vol humor, melancholie, wreedhede en kritiek op mededigters.

 

95

After nine winters and nine harvests since he began, 

         my friend Cinna, finally, has published his Zmyrna— 

while disgusting Hortensius has vomited up

          five hundred thousand verses in just one year.

 Zmyrna will reach even Satrachus, deep-channelled river, 

          and Zmyrna will still be read by distant generations. 

The Annals of Volusius, however, will perish in its Paduan

          birthplace, fit only for wrapping mackerel and chips.

 

Die grappige modernisering is skreeusnaaks – domestisering van die gegewe in die vertaalteoretikus Venuti se terme. Die teks word "huis toe" gebring sodat die leser dit kan verstaan.

 

95

Zmyrna mei Cinnae nonam post denique messem 

          quam coepta est nonamque edita post hiemem, 

milia cum interea quingenta Hortensius uno

          <versiculorum anno putidus evomuit.>

 Zmyrna cavas Satrachi penitus mittetur ad undas, 

          Zmyrnam cana diu saecula pervoluent.

at Volusi annales Paduam morientur ad ipsam 

          et laxas scombris saepe dabunt tunicas.

 

Die werk van Catullus word hier vertaal met die Latyn aan die linkerblad en die vertalings aan die regterkant. 

 

Ek doseer tans Tristia en die invloed van Latyn op hierdie digter se denke en skryfstyl is alombekend. Boonop lees die uwe elke dag Latyn sommer vir ontspanning om altyd die oorsprong van woorde na te speur. 'n Goeie breinoefening soos blokkiesraaisels. Op skool was Latyn 'n verpligte skoolvak tot standerd sewe, maar ongelukkig het 'n nuwe plattelandse skool dit nie tot matriek aangebied nie. Daarna was daar kort kursusse in Latyn. En een oor Catullus deur wyle Suretha Bruwer.

 

Die meeste lesers ken die volgend een van Catullus:

 

85

Odi et amo. quare id faciam, fortasse requiris?

        nesci, sed fieri sentio et excrucior.

85

I loathe and I love her. How so? you might ask. 

    I don’t know, I just feel it and I’m crucified.

 

II

Wie was Catullus presies? Hy het geleef 84 - 54 VC en word beskou as een die grootste liriese digters. Inderdaad gryp die gedigte mens aan. Jy lag soms hardop oor die opmerkings oor mede-digters (wat bewys dat gedigte literatuurkritiek-in-aksie is), ander kere voel jy ontroer oor die komplekse emosies oor die geliefde Lesbia wat hy haat én liefhet. Daardie odi et amo. Jy sien iets van die tyd raak en hoe mense geleef het.

 

Catullus het die tradisie van sowel die Romeinse as Griekse digkuns goed geken en sy gedigte speel in op verwysings na sy precursors in Harold Bloom se terme. (Die endnote help die leser om van die verwysings te snap.)

 

Propertius het van hom gesê:

 

Sexy Catullus also wrote erotic poetry

that made Lesbia even more famous than Helen. 

 

Lesbia is die pseudoniem van ene Clodia, 'n verbastering van Claudia, omdat haar ouers simpatie had met gewone mense. Catullus wat die stylfigure en retoriese strategieë goed onder die knie had, skryf vir en oor haar. Sy was ouer as hy en kennelik 'n baie wyse dame oor wie se doen en late allerlei skinderstories die rondte gedoen het. Cicero moes sy vriend Caelius in 56 VC verdedig oor insinuasies van pogings tot vergifting deur dié vrou. Dit het weer tot gevolg gehad dat sy "aangekla" is deur die orator van 'n bloedskendige verhouding met haar broer en dat sy moontlik haar man vergiftig het.

 

Waar of vals? Onmoontlik om te bepaal, maar ons weet Caelius was 'n opponent ...

 

Hierdie inligting is 'n obiter dictum, want wanneer ons fokus op die gedigte vind ons dieselfde psigologiese ambivalensie as in Petrarca se verse oor Laura. Norman O. Brown het immers beweer dat Petrarca haar "ontdek" het sodat hy kon dig in verse van liefde en verlating. Dieselfde geld die liefdesverse in Tristia waar die geliefde eroties besing word, maar ook weggegaan het en 'n silwer herberg in die sneeu bewoon.

 

Brown (1913 - 2002), 'n Amerikaanse klassikus en teoretikus, het insiggewende studies oor klassieke tekste geskryf soos Life Against Death: The Psychoanalytical Meaning of History (1959). Verder het hy mitologiese tekste gebruik om moderne kultuur te begryp en toeganklik te maak.

 

Die vertalers Richard Whitaker &  Douglas reid Skinner wys daarop dat Catullus in sy gedigte oor Lesbia die Saffiese stanza aanwend (vier reëls wat metries dieselfde is opgevolg deur 'n korter een). Gedigte 51 en 11 dan. Ons word verder ingelig oor die epyllion en hendekasillabes (Grieks vir 11 sillabes). En dat 'n manuskrip in 1300 in Verona gevind is. Gelukkig is dit gekopieer en bewaar. 116 gedigte. Met metabesinnings oor die funksie van die digkuns in gedig 50:

 

we had a ball scribbling in my notebooks

 

multum lusimus in meis tabellis

 

Wat 'n wonderbaarlike boek.  Richard Whitaker het ook die Iliad en Odusseia gelokaliseer in sy vertalings en dit word voorgeskryf aan vele universiteite. Mag hierdie boek dieselfde pad loop.

 

Pauci ex eis.

 

Sunday, August 20, 2017

Resensie | Douglas Reid Skinner – Liminal (2017)

Resensie | Douglas Reid Skinner – Liminal. uHlanga, 2017. ISBN 978-0-620 -76256-4

Resensent: Joan Hambidge

I

Blue Rivers (2012), Heaven - New Selected Poems (2014) en die vertaling van Valerio Magrelli se verse (saam met Marzo Fazzini) is van hierdie digter se werk die afgelope paar jaar.

Liminal, sy sewende versameling, het pas by uHlanga verskyn.

Dit word bemark as metatekstueel, metikuleus, gevoelvol. Inderdaad. (Announcing/ Liminal, by Douglas Reid Skinner — uHlanga. Besoek 13 Augustus 2017).

Dit is waarskynlik tersaaklik om die hele kwessie van liminaliteit (Van Gennep se term) en die kwessie van die tussentoestand te betrek. Daar is nadenke oor die lewe, oor die digterskap, oor verspeelde kanse - en gedigte oor Venesië. Die reisvers is per definisie 'n gedig oor liminaliteite, omdat dit iets vasvang tussen die bekende en die onbekende; hier versus daar; belewenis én optekening.

In hierdie verband is die lieflike gedigte oor Venesië gewoon skitterend.

Die besinnings oor die skryfproses is onthoubaar:

A poet
... there is an old quarrel between
philosophy and poetry ...

offers no solutions
wrote Tony Hoagland,
just a “lucid diagnosis”.
But what can you do
when you're up to the neck
in a host of words
with only the shadow
of a spade to hand? (51)

Hierdie slim ars poetica aktiveer nie alleen Hoagland se sieninge oor kanonisering en hoe gedigte by jong mense uitgebring behoort te word nie, maar betrek ook die harde werk wat die digkuns opeis. Dis soos spitwerk, met die keuses wat die digter moet uitoefen voor al die moontlikhede wat tegniek en woorde inhou. Die digkuns mag 'n filosofiese boodskap oordra, maar die werk van die digter is “spitwerk”, met ander woorde, die soeke na konkrete beelde of metafore - “of a spade to hand”. (Conversation/ Tony Hoagland on 'Poems That Could Save America' | PBS NewsHour. Besoek 13 Augustus 2017).

Die gedigte is inderdaad ruminasies of meditasies oor die lewe - binne die grensruimte (die vreemde of tydens die skryfproses) neem die digter afstand van die lewe. 'n Drumpeltoestand, dus.

In “Twenty years on” (39) word 'n besoek aan Venesië weergegee:

to pause, raise a glass, and remember poetry's cause.

II

Die boek val in vier dele uiteen. Daar is 'n besoek aan 'n biblioteek, 'n brief aan Dante en Robert Frost - opgedra aan Patrick Cullinan, self 'n gedurfde digter. Reid Skinner gebruik van die beeld van die “path”, 'n belangrike beeld by sowel Dante as Frost, word hier 'n soeke na helderheid vir die spreker. “Surrounded by mountains” word opgedra aan Gus Ferguson, geskryf tydens die Franschhoek-fees, 'n soort villanelle (18 reëls, nie 19 nie) met die “haunting” reël:

a plume of smoke is rising into cloud (17)

Wat is meer dralerig en verganklik as rook? En wat dui ook op die aanduiding van gevaar of vuur? Dit word 'n pynlike analise van 'n vriendskap, en lesers bekend met die werklike geskiedenis weet met welke sensitiwiteit (en deernis) hierdie situasie beskryf word.

“Winding tunnels” handel oor die jeug en daar is al verstommende verse oor hierdie digter se gereglementeerde jeug geskryf: 'n hele huis met weermag-aanwysings en kinders wat punte toegeken is vir hulle optredes. Hier gaan dit oor die “uncertain shades of home”, die troebelhede van 'n bestaan wat die jong kind oorrompel het en waarheen dit digter nou terugkeer in verse.

Die verse gee nie maklik hul geheime prys nie. Dit is vernuftig gekonstrueer, vanuit verskillende perspektiewe. Daar is dikwels 'n “irony's edge” - soos Linda Hutcheon [1] se term lui - aanwesig in hierdie verse.

Vir haar is ironie nie om die teenoorgestelde te uiter van wat jy bedoel nie, maar eerder 'n komplekse spel tussen die ongesêde en die gesêde; afstandneem en in-beweeg - iets wat op Reid Skinner se bundel van toepassing gemaak kan word.

My kopie wat voete gekry het en as ek reg onthou, het hierdie studie 'n pragtige omslag van 'n meisietjie se voete wat oor 'n afgrond hang. “Ludwig's last letter” (28) vang hiervan iets op:

a village of thought on a summer's day,
with ordinary ideas sitting quietly
in the square, or leisurely walking
along its paved diagonals, going
steadily about their business.

Dikwels handel verse oor soeke na oplossings, na 'n roete (“straight road”) wat die spreker moet help om te ontsnap. Daar is vele besinnings oor die digproses en die sterkste verse is dan gedigte oor digters, vir digters en oor die rol wat die digkuns speel in sy eie lewe.

In die derde afdeling is daar “Instructions for writing a poem” (47), 'n slim meta-vers, wat die digter droom. Die droom verskil van die finale produk. Daar op die “edge of the bed” dink hy dat hy in beheer van die skryfproses is, maar uiteindelik is die vers se “unheimliche” aard só dat dit nie “beheer” of “gedikteer” kan word nie. Hierom sluit dit aan by die gedig: “If you think you know how to write a poem, think again: the poem has other ideas” (49).

Die gegewe van obsessionele liefde (selfs “stalking”) word hier gelyk gestel aan die skryfproses ...

Dikwels is die skryfproses oorweldigend (die skrywer sit voor leë bladsye); ander kere word dit “found poetry” of 'n “urban legend” wat die luisterende digter optel in 'n kroeg.

In die vierde en laaste afdeling word sosiale kwessies aangespreek en politieke en historiese figure, soos Lady Anne Barnard. “History is a slaughterhouse” (63), weet ons.

Die “being inside” teenoor die oorrompelende geskiedenis, word voortreflik beskryf in “Smoke signals” (66).

Die digter kyk dikwels terug na sy jeug, sy land sy verlede - maar die gedigte is opwindende raaisels: iewers tussen nou en toe; droom en realiteit; begeerte en ontnugtering ...

III 

Reid Skinner is woonagtig in Engeland, maar diep betrokke by die Suid-Afrikaanse Engelse digkuns. Hy was betrokke by die Carrefour Press (1988 - 1992), redakteur van New Contrast en tans mede-redakteur van Stanzas. Hy vertaal ook Afrikaanse digters na Engels en as redakteur is hy voortdurend bewus van “nuwe stemme” en “nuwe strominge”. (Woorde wat Weeg/ Joan Hambidge - Lady Gaga (Translated by Douglas Reid Skinner) [Poem].  Besoek 13 Augustus 2017).

Ook hierdie dubbelposisie (digter/redakteur; Engeland/Suid-Afrika) is 'n liminale posisie.

Die bundel is mooi uitgegee met 'n voorbladontwerp van die digter se suster, Cleone Cull.

[1] Hutcheon, Linda. 1994. Irony’s Edge: The Theory and Politics of Irony. London and New York: Routledge.


Saturday, September 5, 2015

Joan Hambidge - Lady Gaga (Translated by Douglas Reid Skinner) [Poem]

Douglas Reid Skinner
Lady Gaga
Joan Hambidge

“Do what you want

with my body,” she taunts,

this pale imitation Marilyn.

Sometimes she even wears a meat dress

that looks like Parma ham

hung in a real Italian restaurant.

She shows how raw her inside looks,

this modern phenomenon.

Indeed, flesh bulges out, warns Lacan,

character’s expressed by the body.

Perhaps Marilyn and Madonna cross-bred?

But authentic in her mimicking

of other icons, she even performed
Julie Andrews’s songs from
The Sound of Music on an Oscar night.
What shall we do with this problem
called Lady Gaga?
Is she simply cracked, a crazy,
or a true emblem
that exaggeratedly
rides with bearing reins?
Let’s not pluck out her tail feathers:
Lady Gaga the copycat
is unique and precious:
so, no salt on her feathers,

she’s one for the connoisseur.

(Translated by Douglas Reid Skinner)