Helize van Vuuren: A Necklace of Springbok Ears – /Xam Orality
and South African Literature. SUN MeDIA Stellenbosch under the
SUN PRESS imprint, 2016. ISBN 978-1-920689-89-6 | ISBN 978-1-920689-90-2 (e-boek)
Resensent: Joan Hambidge
A Necklace of Springbok Ears is
'n belangwekkende studie geskryf deur Helize van Vuuren. Sy dra dit op aan
Hennie Aucamp, Francois Pauw (vriend en mede-bergklimmer) en aan Barend J
Toerien, ook kenner van hierdie tradisie. Al drie vriende wat oorlede is.
Die verhale, mites en digkuns van die /Xam en ander Boesmans word ondersoek en veral die ideologiese dimensies van die tekste word ontsluit.
Dis onmoontlik om op al die komplekse aspekte van hierdie studie klem te lê, maar waarskynlik is die belangrikste afdeling die Watson/Krog-debat.
Die verskillende hoofstukke word netjies saamgeweef soos 'n halssnoer van springbokoortjies. Trouens, elke hoofstuk speel in op die daaropvolgende. Wanneer ‘n mens onder andere die hoofstuk lees “Cultural appropriation: Antjie Krog, Stephen Watson, and Eugène Marais” besef jy hoe die kulturele tradisie geminag en ontken is deur Watson. Hy, op sy beurt, is weer indertyd met die publikasie van Return of the Moon beskuldig dat hy die gegewe gebruik het asof hy ‘n trofeejagter is. Hy het eweneens nou saamgewerk met Pippa Skotnes.
Kulturele transplantasie eerder as plagiaat was dit en sy wys op die verskillende figure wat al met hierdie tekste gewerk het.
En waar negatiewe aantygings gemaak word in hierdie verband wanneer tekste gebaseer is op mondelinge tekste, word die gegewe uiters kompleks, aldus van Vuuren (158).
Aanklagte – en sy betrek Tristia wat met verhulde tekste funksioneer – het myns insiens waarskynlik te make met ‘n tydsgees wat verander. (Post)moderne digters verskaf deesdae endnote vir lesers, vermeendelik om aanklagte te systap. Maar tereg is die debat tussen Krog/Watson eerder ‘n komplekse debat oor oraliteit wat be-skryf word.
Van Vuuren maak ‘n geldige punt in haar studie dat alle skrywers van hierdie oertekste meer erkenning moet gee aan die oorspronklike in hul teensange. En dat hulle name meer prominent op die voorblaaie van bundels of bloemlesings behoort te staan.
Hoewel sy uiters krities staan oor Watson se aanklagte en die “long, distasteful and unnecessary controversy”, maak sy ‘n geldige punt: “… it is also evident that the stature of an established poet is enhanced when drawing from this vital source. In the end material from oral traditions are invariably ‘tapped’ for their vitality by living writers. And the dead cannot speak …” (179).
Haar ekskursies deur al die tekste maak die tersaaklike punt dat hierdie tekste ‘n interdissiplinêre benadering opeis ten einde die oertekste ten volle te begryp (109). Gaan kyk onder andere hoe sy ‘n misinterpretasie van die “uintjie”-lied begrond en hoeveel digters in Afrikaans het al gedigte oor Boesmankuns geskryf: Ernst van Heerden, Boerneef, Barend J. Toerien, Lucas Malan, Johan van Wyk en Hennie Aucamp. (Die gedigte is uitstekend vertaal o.a. deur Douglas Reid Skinner wat die dit vir die buitelandse leser toeganklik maak.) Die uintjie-gegewe speel in op ‘n Toerien-gedig.

Die werk van die romanskrywer
Piet van Rooyen word uitstekend onder die loep geneem weens sy besondere
gesprek met die Boesmankultuur. Sy was tereg daarop dat kritici (onder andere
met Gif) in gebreke gebly het om die
identifisering met die Boesmankultuur raak te sien. Die verskillende karakters
representeer verskillende fases van kulturele en tegnologiese ontwikkeling: die
primitiewe teenoor die Westerse ontwikkeling; gewone, koloniale waarnemers wat
geplaas word teen ‘n manlike protagonis wat identifiseer met die kultuur en ‘n
“Boesman” word (147). Hierdie waardevolle ontleding is van nut vir die leser
wat na dieper insigte soek.
Van Vuuren kan die opposisies –
bykans soos ‘n moderne Vladimir Propp – uitwys, omdat sy die kodes ken. ‘n Paar
jaar gelede het ek ‘n kursus oor die verskillende dierefigure in Marais se Dwaalstories aangebied rondom die
bestaande Afrika-tarot.
Primordialiteit en sjamanisme is
belangrike kwessies wat in hierdie kursus bespreek is.
Die generiese term “San” – wat
politiek-korrektes gebruik – is ‘n negatiewe woord wat “vabond” of “tramp”
beteken in Khoi. Die woord Boesman is tans meer aanvaarbaar en Robert J. Gordon
en andere wil die begrip weer “rehabiliteer” (155).
Soos altyd die geval met hierdie
soort studie is die bronnelys en endnote van onskatbare waarde vir die
speurende leser. Byvoorbeeld, die herinnering aan Rialette Wiehahn se artikel
oor al die verskillende interpretasies van Wilma Stockenström se “Die eland”. Verder
is daar belangrike kodes wat elke navorser sal inspireer vir verdere leeswerk.
“Man as fire beast” is gebaseer
op haar uitstekende D. J. Opperman-huldigingslesing ‘n paar jaar gelede te
Stellenbosch. Opperman se “Vuurbees” word uitstekend gelees via onder andere
Changeaux se jongste navorsing dat kreatiwiteit sterk interne reëls volg (186).
Op ‘n persoonlike vlak het
hierdie leser die stuk oor die lewe en werk van G. R. von Wieligh ontroerend
gevind. Die ou verroeste trommel as ‘n metafoor vir sy ellendes:
huweliksprobleme, finansiële nood, swak sig, ‘n enkelkamer by sy broer in sy
laaste jare …
Die sentrale elemente van sy
lewe was: taal, die bestudering van verskillende kulture en reis (40). Die
einde van sy loopbaan, in 1895, was in konflik gehul toe hy beskuldig was van
sogenaamde wanadministrasie as landmeter. Maar daar kon ook politieke motiewe gewees
het. Daar was aanvalle teen Kruger en sy manier van doen in die Transvaal. Van Vuuren
plaas briewe van Von Wieligh, selfs ‘n telegram op 13 Oktober 1895 waar hy
desperaat is vir werk.
Ongeveer 1898 nadat sy vrou en
kinders hom versaak en na die Kaapkolonie vertrek het, verbrand al sy dokumente
en daarmee is die soektog na die verlore /Xam-dagboeke verby.
Helize van Vuuren
A Necklace of Springbok Ears is ‘n
boek geskryf deur ‘n kundige wat jarelange navorsing vir die leser saamsnoer.
Helize van Vuuren het met hierdie boek ‘n kleim afgesteek. Niemand sal ooit
weer kan skryf oor enige aspek van Boesman-letterkunde sonder ‘n verwysing na
hierdie teks nie. Op dieselfde wyse as wat sy ‘n onbetwisbare outoriteit is oor
Van Wyk Louw en Breyten Breytenbach.
Agt hoofstukke wat ‘n mens op
enige plek kan begin lees. Elke hoofstuk is inderdaad ‘n oortjie in die
enkelsnoer soos die pragtige voorbladfoto - Percival R. Kirby se Bushmen
ankle-rattles made from springbok ears - reeds aandui.
Dit is gepubliseer deur SUN
MeDIA.
(Hierdie resensie word geplaas
met vriendelike vergunning van Rapport)