Jaco Botha © Gérard Rudolf
Aanvanklik nie
oog tot oog
gesien nie, jy
en ek. Toe later
jou leer peil
met jou tien
persent sig,
jou teenaan staan
om 'n woord of
klank te verstaan.
Eers
onrusstoker, later vredemaker
wanneer
vriende knaks raak met elkander.
Nou kyk ek
terug na jou, ons eie Carver,
lees 'n e-pos
versend twee weke gelede
en wis toé nie
hoe daardie riviere
waaroor jy
skryf, jou sou insluk:
Acheron,
rivier van pyn, na Cocytus,
die rivier van
blinde lamentasie.
Uiteindelik
tot by Lethe,
die rivier van
die groot-groot vergeet.
Maar hier sal
ek bly onthou
van daardie
man met die sweisbril,
wat inkyk tot by die Onsienlike in.
wat inkyk tot by die Onsienlike in.