Showing posts with label J.D.U. Geldenhuys. Show all posts
Showing posts with label J.D.U. Geldenhuys. Show all posts

Thursday, March 28, 2013

J.D.U. Geldenhuys - The Easter Visitor (1999)

J.D.U. Geldenhuys. The Easter Visitor. The Gnomic Press, 1999. ISBN 0620 24579 4.

Resensent: Joan Hambidge

J.D.U. Geldenhuys het my die eerste keer bekoor met sy vertalings van Shakespeare se sonnette(1995). Hy is 'n produktiewe digter en sy jongste bundel heet: The Easter Visitor (uitgegee deur die Gnomic Press).

Dit is 'n lang epiese gedig wat die verhaal vertel van 'n man wie se vrou tydens die Paasnaweek hom alleen tuis laat. Hy ontvang besoek - inderdaad 'n “strange visitation” - waarop die digter dan reageer op sowel 'n humoristiese as intellektuele wyse.

Mascagni se Cavalleria Rusticana, Dante se Divina Commedia, Faust, The Tempest, Pound (die Canto's) en 'n veelheid van moderne tegnologie, kwantum fisika word alles bygebring in hierdie lang, imposante gedig.

Die bundel word bemark as die eerste heilige teks van ons nuwe millennium. My opdrag is om dit as gedig te beoordeel. En hier, meen die uwe, slaan Geldenhuys die spyker op syn kop.

Die gang van die gedig word in beheer gehou met knap en dikwels onverwagse ryme en spitsvondige wendings. Die digter is ongetwyfeld 'n knap vakman wat 'n rympatroon kan volhou.

Engels verleen hom ook goed aan halfryme en dit is nogal interessant om te sien watter fondse die digter vind vir sy gedig. En ja, tipies van hierdie digter is daar ook humoristiese wendings (soos dat Dick rym met prick). Die gedig lewer kommentaar op verskeie aspekte van die metafisika en die vraag is: in welke mate is die moderne tegnologie nie 'n antwoord op die die mens se soektog na die goddelike en ewige nie?

The curvature of space hung far apart
whereas the cupola of earth glowed near
against the backdrop of a sky that's starred
and scarred with light. That special time of year,

Easter, rolled round again. The Southern Cross
was straining concave with imagined weight,
the sky around it convex with the loss
of matter disappearing in the freight

en ja, dankie meneer JDU Geldenhuys
vir 'n lekker lang en slim epiese vers

vir al die digters by 'n komputer in die huis
of pennelekkers  wat verse broei rondom 'n kers.

Bestel van P.O. Box 1080, Northcliff 2115.

[Hierdie resensie word met vriendelike vergunning van Die Burger geplaas.]

Tuesday, March 26, 2013

J.D.U. Geldenhuys - Son of the son (2000)

J.D.U. Geldenhuys. Son of the son. Gnomic Press, 2000. ISBN 0 620 25556 0.

Resensent: Joan Hambidge

Die bundel ondersoek die mens se plek op aarde. Talle digters het al aan hierdie kwessie aandag gegee. T.S. Eliot in The wasteland, Neruda in Canto General en Opperman Joernaal van Jorik. Om net 'n  paar digters uit te sonder wat in die epiese vers hieroor besin het.

“Son of the sun” met sy vyf afdelings is dan ook so 'n vers, ofskoon dit speelser in opset is. Dit vermeng geleerdheid met alledaagse verwysings. Die buiteblad aktiveer ook die tarot: die son as simbool van verhoudings (major arkana XIX) en dit is ook die kaart van uitbreiding, oftewel ekspansie. En dit is wat ons hier vind: Cosmo Naut se reis deur wetenskaplike ontwikkeling. Die reis lewer verslag van sowel die uiterlike as die innerlike reis. Daar is ook 'n maanlanding, verwysing na Newton se kwantumfisika, kwantumfisika, maar alles gelukkig vermeng in 'n speelse aanslag en geskryf met 'n bedrewe, vaste hand sodat die leser hieruit kan genot put.

Dit is net jammer dat hierdie digter nie die voordele van 'n gerekende uitgewershuis en goeie redakteur het nie. Ek verwys nie net na die bemarking van boeke nie, maar ook na die raad van 'n Charles Fryer-figuur wat met 'n skerp lanset kon snoei of prik.Om daardie ou “darlings” dood te maak. Soms dreun dit darem net te veel (taram taram tam tam) en ook is die rym 'n iets gedronge so tussen die skitterende momente deur. En as die leser voel “hulk” gaan met “bulk” rym, is dit al fout.

[Hierdie resensie word met vriendelike vergunning van Die Burger geplaas.]