Showing posts with label Sylvia Plath. Show all posts
Showing posts with label Sylvia Plath. Show all posts

Thursday, March 21, 2019

Filmrubriek | Sylvia (2003)

Vandag 21 Maart is Internasionale Poësiedag en Menseregte-dag hier te lande. Ter viering van eersgenoemde, kyk ek weer na die film Sylvia (2003: regisseur Christine Jeffs).

Die verhaal van Sylvia Plath se verhouding met Ted Hughes word in hierdie film ondersoek. Gwyneth Paltrow vertolk die rol van Plath en Daniel Craig is Ted Hughes.

Paltrow is soms oortuigend as die neurotiese en ingewikkelde Plath. Van die ontmoeting by Cambridge in 1956 tot haar selfdood in 1963, word onder die loep geneem.

Die gedrewe, ambisieuse en briljante Hughes word swak vertolk deur Daniel Craig. 'n Mens kan soms nie hoor wat hy mompel nie. Sy twee gesigsuitdrukkings is eweneens irriterend. Paltrow vaar wel beter en 'n hoogtepunt is die ete wanneer sy haar man voor sy minnares, Assia uittrap oor sy liefdesverraad. Hy verlaat Plath uiteindelik vir Assia, maar keer telkens terug uit skuldgevoelens en verlange na die twee jong kinders. Hy en Sylvia kan nie versoen nie, weens Assia se swangerskap.


Al Alvarez, die poësieredakteur en "ontdekker" van Plath en ook die skrywer van The Savage God, word flets vertolk deur Jared Harris. 

Die film beweeg van Cambridge, na Massachusetts, na Devon ...

Dis egter geskiet in Dunedin (Nieu Zeeland) en die Universiteit van Otago staan in vir Cambridge.

Twee aspekte kelder die film. Die musiek. Gabriel Yared, blaas sy siel, steur die donker storie. Dit is gewoon te hard. En stroperig. Dan die sekstonele waar die twee pragtige lywe in naaktheid voor ons stoei, is eweneens steurend. Dis nie hoe 'n mens dink Plath gelyk het nie.

Plath se kinders het die film indertyd as 'n geldmaak-foefie afgemaak.

Na Plath se dood, is Ariel gepubliseer, 'n uitstekende digbundel wat haar poëtiese talent bevestig. Wanneer Hughes haar verlaat, kan sy uiteindelik skryf.


Die Bitter fame soos 'n biograaf, Anne Stevenson, haar lewe tipeer het. Hughes publiseer kort voor sy dood in 1988 die opspraakwekkende Birthday Letters wat hul verhouding karteer. Hierdie bundel is en bly een van my gunstelingbundels van alle tye.

Hierdie film neem my vandag terug na hul gedigte.

Lady Lazarus 

I have done it again.   
One year in every ten   
I manage it——

A sort of walking miracle, my skin   
Bright as a Nazi lampshade,   
My right foot

A paperweight,
My face a featureless, fine   
Jew linen.

Peel off the napkin   
O my enemy.   
Do I terrify?——

The nose, the eye pits, the full set of teeth?   
The sour breath
Will vanish in a day.

Soon, soon the flesh
The grave cave ate will be   
At home on me

And I a smiling woman.   
I am only thirty.
And like the cat I have nine times to die.

This is Number Three.   
What a trash
To annihilate each decade.

What a million filaments.   
The peanut-crunching crowd   
Shoves in to see

Them unwrap me hand and foot——
The big strip tease.   
Gentlemen, ladies

These are my hands   
My knees.
I may be skin and bone,

Nevertheless, I am the same, identical woman.   
The first time it happened I was ten.   
It was an accident.

The second time I meant
To last it out and not come back at all.   
I rocked shut

As a seashell.
They had to call and call
And pick the worms off me like sticky pearls.

Dying
Is an art, like everything else.   
I do it exceptionally well.

I do it so it feels like hell.   
I do it so it feels real.
I guess you could say I’ve a call.

It’s easy enough to do it in a cell.
It’s easy enough to do it and stay put.   
It’s the theatrical

Comeback in broad day
To the same place, the same face, the same brute   
Amused shout:

‘A miracle!’
That knocks me out.   
There is a charge

For the eyeing of my scars, there is a charge   
For the hearing of my heart—
It really goes.

And there is a charge, a very large charge   
For a word or a touch   
Or a bit of blood

Or a piece of my hair or my clothes.   
So, so, Herr Doktor.   
So, Herr Enemy.

I am your opus,
I am your valuable,   
The pure gold baby

That melts to a shriek.   
I turn and burn.
Do not think I underestimate your great concern.

Ash, ash—
You poke and stir.
Flesh, bone, there is nothing there—

A cake of soap,   
A wedding ring,   
A gold filling.

Herr God, Herr Lucifer   
Beware
Beware.

Out of the ash
I rise with my red hair   
And I eat men like air.

Sylvia Plath, “Lady Lazarus” uit Collected Poems (HarperCollins Publishers Inc, 1992).

So lees Plath self hierdie gedig.

The blue flannel suit

I had let it all grow. I had supposed
It was all OK. Your life
Was a liner I voyaged in.
Costly education had fitted you out.
Financiers and committees and consultants
Effaced themselves in the gleam of your finish.
You trembled with the new life of those engines.

That first morning,
Before your first class at College, you sat there
Sipping coffee. Now I know, as I did not,
What eyes waited at the back of the class
To check your first professional performance
Against their expectations. What assessors
Waited to see you justify the cost
And redeem their gamble. What a furnace
Of eyes waited to prove your metal. I watched
The strange dummy stiffness, the misery,
Of your blue flannel suit, its straitjacket, ugly
Half-approximation to your idea
Of the properties you hoped to ease into,
And your horror in it. And the tanned
Almost green undertinge of your face
Shrunk to its wick, your scar lumpish, your plaited
Head pathetically tiny.

You waited,
Knowing yourself helpless in the tweezers
Of the life that judges you, and I saw
The flayed nerve, the unhealable face-wound
Which was all you had for courage.
I saw that what you gripped, as you sipped,
Were terrors that killed you once already.
Now I see, I saw, sitting, the lonely
Girl who was going to die.
That blue suit,
A mad, execution uniform,
Survived your sentence. But then I sat, stilled,
Unable to fathom what stilled you
As I looked at you, as I am stilled
Permanently now, permanently
Bending so briefly at your open coffin. 

Ted Hughes: Birthday Letters*

Het hy hierdie gedigte voor sy dood begin skryf of dit opgeteken deur die jare? Ek vermoed daar was notaboeke - in die aangesig van sy eie dood moes hy waarskynlik die volle verhaal vertel.

Joan Hambidge

Monday, August 27, 2018

Rubriek | McGregor Poësie-fees (Aug 2018)

In hierdie ysige weer was daar ‘n poësie-fees in McGregor.

Verskillende digters het hier kom saamtrek. Dit is onmoontlik om op elke aspek van hierdie fees te fokus, omdat daar verskillende byeenkomste was in vertrekke en sale in die klein dorpie.

Ek is nie ‘n feesmens nie, maar hierdie onpretensieuse byeenkoms was vir my wonderlik om ‘n paar redes. Uiteraard weens die heerlike kos in die restaurant Tebaldi’s en die goeie wyn wat gevloei het.

Maar hier het ek opnuut onder die indruk gekom van Kelwyn Sole se digterlike beheer en CJ Driver (Jonty Driver) se bekoorlike bundel Before – A Sequence(African Sun Press). En ‘n oggend, op ‘n Sondag waar vier digters hulle gunsteling-verse voorgelees het.

Kom ons gesels eers oor digters se gunstelingverse. Wat ‘n digter lees, het uiteraard ‘n invloed op hoe sy / hy skryf. Douglas Reid Skinner, Michèle Betty, Stephen Symons en die uwe was aan die woord.

My gunstelinge – vir hierdie geleentheid – was Sylvia Plath se “Lady Lazarus”, “Morning Song”, Wislawa Szymborska se “Some like poetry”, Billy Collins se “Taking off Emily Dickinson’s Clothes” – en uiteraard Olga Kirsch se “Illusie”.

Plath se “Lady Lazarus” – met sy skisofreniese afstand – teenoor Collins se aanvanklike speelse vers wat eindig met die sidderende woorde:

So I could plainly hear her inhale
when I undid the very top
hook-and-eye fastener of her corset 

and I could hear her sigh when finally it was unloosed, 
the way some readers sigh when they realize
that Hope has feathers, 
that reason is a plank, 
that life is a loaded gun
that looks right at you with a yellow eye. 

Wanneer ‘n mens voor ‘n gehoor ‘n gedig voorlees en moet verduidelik waarom ‘n vers met jou praat, ontdek jy dikwels iets nuuts in die vers.

Vir my is “Morning Song” van Plath nie net ‘n vers oor die geboorte van ‘n kind nie; dis ook ‘n gedig wat jy kan lees asof dit kommentaar lewer oor die geboorte van ‘n gedig.

Morning Song

Love set you going like a fat gold watch.
The midwife slapped your footsoles, and your bald cry
Took its place among the elements.

Our voices echo, magnifying your arrival. New statue.
In a drafty museum, your nakedness
Shadows our safety. We stand round blankly as walls.

I'm no more your mother 
Than the cloud that distills a mirror to reflect its own slow
Effacement at the wind's hand.

All night your moth-breath
Flickers among the flat pink roses. I wake to listen:
A far sea moves in my ear.

One cry, and I stumble from bed, cow-heavy and floral
In my Victorian nightgown.
Your mouth opens clean as a cat's. The window square

Whitens and swallows its dull stars. And now you try
Your handful of notes;
The clear vowels rise like balloons. 

Tebaldi's

Olga Kirsch se “Illusie” is ‘n liefdesgedig – maar die liefste wat sy ylings tegemoet gaan, kan ook die leser van haar gedigte wees.

Volgens De Stadler se tesourus beteken ylings gejaagd, onbesuis, halsoorkop, pront, brandend, dringend, naarstiglik, urgent, akuut, brandend.

Is dit ook hoe sy haar leser tegemoet gaan?

Illusie

Soms as ek in die silwer skemering stap
met oë half toe, want die ligte reën
prikkel my wange, dans en trippeltrap
verby my lippe en om my oë heen,
dan sak die stilte in ’n klamme vlaag
oor alles, donkergroen en silwergrys
die denne, en ek slaan my jas se kraag
hoër om my nek. Daar’s iets wat eis
dat ek meteens met ligter tred moet gaan,
met tintelende ekstase in my bloed.
Dalk aan die einde van die lange laan
gaan ek jou, liefste, ylings tegemoet?

Hoe gedigte met mekaar praat en bymekaar aansluit, bly een van die ongelooflikste ervarings vir die leser van gedigte.

Soms is ‘n gedig klein, maar die betekenislading enorm soos Douglas reid Skinner dan tereg uitwys in een van sy gunstelingverse “To have Love” van Patrick Cullinan:

To have love and then lose it:
the white hail in the orchard
lying with leaves it has stripped
and the storm moving away.

"‘n Mens kan niks byvoeg of wegvat nie," sê Skinner. "Die gedig is perfek – die impak enorm."

Hier is Johann de Lange se vertaling daarvan:

Om liefde te hê
Patrick Cullinan

Om liefde te hê en dan te verloor:
die wit hael in die boord
lê tussen afgestroopte blare
en die storm beweeg voort.

(Vertaal deur Johann de Lange)

As ‘n mens is wat jy eet, is jy ook dit wat jy lees.

Ons sal volgende keer verder by gunstelingverse stilstaan.

© Joan Hambidge