Showing posts with label Ingrid de Kok. Show all posts
Showing posts with label Ingrid de Kok. Show all posts

Wednesday, February 20, 2013

Ingrid de Kok - Seasonal fires: New and Selected Poems (2006)



Ingrid de Kok. Seasonal fires: New and Selected Poems. Umuzi, 2006. ISBN 1 4152 0018 1.

Resensent: Joan Hambidge

‘n Keur of seleksie uit ‘n digter se oeuvre dui op ‘n persoonlike keuse, ‘n saambondeling van die bestes of  belangrikstes, dalk mees onthoubare gedigte. Sodanige keur het tot gevolg dat gedigte in hierdie versameling ‘n nuwe gesprek voer met ou en nuwe gedigte. Die verse word uit die bekende ruimte van ‘n bundel gehaal en binne die keur (en hier het ons sowel die bekende verse as ‘n handvol splinternuwes) word die leser opnuut bewus gemaak van herhalende temas, beelde en tegnieke. En rypwording. Dalk soos wyn. ‘n Eerste oesjaar; later ‘n wyn wat pryse en medaljes verower.

Daar word op die agterplat verwys na die “small body of dense, intensely crafted work”. Dit is waar van Ingrid de Kok se digkuns en dit word in wese al hoe waarder hoe langer sy dig. Ek het die bundel met opset van agter na voor gelees, omdat ek bekend is met haar gedigte.

Wat hierdie leser veral opgeval het, is die gebruik van min woorde, die suggestie – in die eerste bundel Familiar Ground (1988) is daar alte dikwels nog verse waar die slot te uitgesponne en die gedigte dalk te woordryk is. Dit is steeds goeie verse, maar gemeet aan De Kok se beste, is die verse nog nie so oortuigend nie. Altans nie vir háár nie.

Uit die eerste bundel sal die klassieke “Small passing” altyd bly imponeer. Die vrou wat geboorte skenk aan ‘n stilgebore baba moet leef met die uitspraak van ‘n man wat haar maan dat die dood van een wit kind niks is teen die ellende van swart vroue in hierdie land nie. Die vers, wat ‘n mens aan die hart gryp, word ‘n opheffing van smart: die digter praat namens hierdie vrou, vertroos haar deur die standpunt van die swart vroue te stel. Hulle begryp haar pyn en wroeging; hulle sal aan haar ‘n kind gee om te abba. Dis ‘n sterk feministiese en politieke stelling; ‘n gedig waarin die digter ‘n buikspreker word vir diegene wat stemloos is in hulle pyn en deur die onbegrip van ‘n manlike orde nie ‘n reg tot opstand het nie. Die gedig speel eweneens ‘n belangrike spanning uit tussen politieke en private leed.

“Al wat kind is” kry ‘n ironiese trefkrag in die vers met sy spel tussen die Afrikaanse en Engelse idioom; met die wete dat die Afrikaanse uitspraak sterker is. Hoe kinders in die ‘struggle’-tydperk wederregtelik verwyder is deur die polisie, kom hier aan bod. “To a would-be lover” sluit met die “vervoeging” van die liefde wat gaan uitbly; iets wat later die digter se métier word, naamlik die slim woordspel en treffende slot.

“Our Sharpeville” gee ‘n blik op die jong kind se ervaring van politieke omwenteling en stereotipering en waarskynlik is die jeugherinneringe ‘n soort sjabloon vir later gedigte.

Transfer (1997) bevat eweneens genoeglike verse waarin die priemende pyn en verliese wat dikwels onder die oppervlak skuilhou, ontgin word (“Aubade” en “Stay here”). “What everyone should know about grief” is alreeds ‘n klassieke vers in die letterkunde.

Met Terrestrial Things (2002) vind ons ‘n bundel wat op alle vlakke oortuig. Dis ‘ n trefsekere boek geskryf teen die agtergrond van politieke ongeregtigheid waaroor De Kok haar uitlaat, maar nêrens in die geykte beelde so kenmerkend van vele “struggle”-digters nie. Die gedig “Body parts” (sterk vertaal in Afrikaans deur Antjie Krog) is een van die belangrikste verse:

may the wrist turn in the wind like a wing
the severed foot tread home ground

the punctured ear hear the thrum of sunbirds
the molten eye stars in the dark

the faltering lungs quicken windmills
the maimed hand scatter seeds and grain

the heart flood underground springs
pound maize, recognise named cattle

and may the unfixable broken bone
loosened from its hinges

now lying like a wishbone in the veld
pitted by pointillist ants

give us new bearings.    (p. 102)

Die vers oor Biskop Tutu bly steeds ‘n persoonlike gunsteling en die vele reisverse in hierdie bundel (veral “Lizards at San Michele”) praat weer met die verse in die jongste gerf, “Sketches from a Summer Notebook”.

Naas Krog is Ingrid de Kok die digter wat die WVK in al sy wanhoop beskryf (“How to mourn in a room full of questions” en “The sound engineer”). Dit is wat my betref steeds De Kok se sterkste bundel: die verse oor haar vader en William Kamanga se dood. Die werker in hul huis was die getuie van ‘n politieke ongeregtigheid en ‘n stuk familiegeskiedenis. Ingrid de Kok se vermoë om verdriet/verlies te beskryf, is vir enige digter ‘n aanwysing van hoe om dit met afstand te doen sodat die impak groter is.

Ek het veral gehou van die ironiese “Bring the statues back” wat vra dat ons nie die standbeelde moet berg nie, maar juis moet behou, sodat ons nooit die onregte kan vergeet nie.  In “Pilgrimage” vra sy die leser om na plekke van verwoesting te gaan, maar terselfdertyd is daar ook ruimtes wat buite menslike haat en vernietiging bly staan. “Letter from childhood” is ‘n vernuftige ars poetica wat terugspeel op al die jeugherinneringe en – waarnemings in hierdie keur van ‘n perseptiewe, sensitiewe kind wat van vroeg af bewus was van haar gawe. Die titel van die keur is dan opgesluit in hierdie vers...

“Will” verraai ‘n ander kwaliteit van hierdie bundel, te wete ‘n ironiese blik op die lewe. Ook hierdie gedig word ‘n soort testament wat teen sy aanwysings gelees kan word! “Time to go” vra dat die dood ‘n “lingering lazy farewell” moet wees, terwyl sy uiters skerp skryf oor ‘n begrafnis waar die hoë note ons ontglip...

“La Traviata”, uit die laaste afdeling, is ‘n siniese blik op wat met die arme Violetta op die bus gaan gebeur ná haar optrede.

Daar is gespekke met Auden, met Yeats en ‘n gedig na Seferis. Dit is ‘n bundel wat uitwaaier na verre lande en ander digters (Atwood by name) en terugkeer na hierdie land. Daar is baie om oor na te dink – dis soos goeie wyn wat jy stadig, lekker in jou mond om en om draai.

Daar is vele lofsange oor De Kok se bundel (onder andere van Jeremy Cronin) en voeg gerus myne hierby. 

[Hierdie resensie word met vriendelike vergunning van Die Burger geplaas.]

Thursday, January 24, 2013

Ingrid de Kok - Other Signs (2010)



Ingrid de Kok. Other Signs. Kwela / Snailpress, 2010. ISBN 978 0 7957 0397 3.

Reviewer: Joan Hambidge

The accomplished English South African poet Ingrid de Kok’s new volume of poetry is a must read packed with complex and seemingly simple poems. The poet regards her muse as a male figure and argues deftly why this is the case. Her poems grapple with losses, uncertainties and death; hence the muse should be a male figure (“My muse is a man”, 51). Entitled Other Signs, her fifth volume, the reader is positioned as a decoder in semiotic terms. The poems deal with political issues, remembrance of things past, history, ecology and reflect on the importance of poetry in a complex world. This is poetry in the space of the private (longing for a child, reflections on the importance of friendship) and the political domain. (De Kok’s poem on Bishop Tutu in a former volume will always haunt me as an riveting poem on violence and our responsibility to forgive).

In the acknowledgments we read (and decode) that some of these poems appeared in earlier versions. De Kok’s poems are well balanced and deftly constructed.  There is an interplay between poems in this volume of an “inward gaze” ("At the Rembrandt House, Amsterdam”, 56) where the poet focusses on the arbitrary sign or unexpected twist, namely the dog sleeping for over four hundred years. “Married late” (38) with the repetition of “I married early, then I married late” stresses the importance of form. The incessant obsession with words is magnificently demonstrated in “Wings” (31):

Wings, you see, it comes back to wings,
not lace, not gossamer thread
intricately spun to contain a world,
but burnished angels, their unfurled wings
words that hide or shelter, or lean forward into song.

Emily Dickinson’s famous poem on the gossamer thread is neatly encoded in this ars poetica and “On the hour” (24) the “unidentified sweet foreign blossom // insinuates into the uncertain morning” stresses that the poem happens whilst we dream or think about something else, a notion that reflects on Auden’s views of poetry.  “All things considered” (15) analyses human indifference. Maybe we should know as the rabbi “to know what is enough” (The rabbi speaks to the wind”, 14):

Give us this day
give us this life 
give us the key

“The owl and the swan” (55) appeared on Litnet and is dedicated to Antjie Krog and John Samuel. The poet addresses Krog’s desire to be an African and to listen to the messages of birds, whilst swans represent an European consciousness.

I am an African, I believe in the messages of birds

The volume is hailed by the former poet laureate of America, Robert Pinsky, as a “vision of her country through the lens of poetry”. An outstanding accomplishment published by Kwela and Snailpress. And the male muse? There is a primacy of sound and language that sings to the reader.

[This review has been published in Cape Argus before.]