Woody Allen
I
Ek is 'n Woody Allen-aanhanger en selfs Allen se "swakste" rolprente maak belangrike stellings oor die filmkuns. Sy jongste - met 'n louwarm ontvangs - heet Café Society en stal die bekende Allen-hebbelikhede uit: sy Joodse agtergrond, sy kritiese blik op Hollywood, die gebruik van die film noir (soos ook in Matchpoint) om die verhaal verder uit te dra en grappige one-liners. In die genoemde Matchpoint word die liefdesintrige tot 'n dramatiese moord uitgebou met die moordenaar wat wegkom weens 'n gelukskoot. 'n Dief word gevang met die ring van die vermoorde buurvrou wat hy in die Teems probeer gooi het. Dit het egter teruggebons (soos 'n tennisbal) en die dief wat dit optel en inbreek word dan "geframe" vir Chris se moord op sy beeldskone minnares.

In die jongste
is daar weer 'n liefdesdriehoek: Bobby Dorfman (Jesse Eisenberg) en sy oom Phil
(Steve Carell) is verlief op dieselfde meisie. Hy werk vir sy oom, 'n
talentontwikkelaar in die filmbedryf. (Dit speel af in die dertigerjare.)
Veronica (Vonnie), vertolk deur Kristen Stewart maak Bobby touwys en hy ontdek
dat sy ook die minnares is van sy oom. Uiteindelik na 'n bietjie werklike
tou-wysery tussen Bobby en Vonnie, val sy egter vir die ryker, ouer man. Daar
is selfs 'n brief as geskenk van Vonnie aan Phil, geskryf deur Rudolph
Valentino. Dit is dan die ontdekking van hierdie brief wat Bobby laat besef sy
geliefde is éintlik sy oom se minnares.
Hartgebroke
keer hy terug na NY, waar hy 'n nagklub-eienaar word. Sy gangsterbroer Ben
(Corey Stoll) verskaf die geld en hy doen die harde werk. Hier ontmoet hy 'n
beeldskone, geskeide Veronica (Blake Lively) wat dieselfde naam het as sy
eerste meisie. Opsetlik? Bepaald. Allen wil kennelik hier 'n kanttekening maak
oor liefdesobsessies en waarskynlik hoe sy verhale altyd maar dieselfde storie
vertel. Hy trou met sy tweede Veronica, word 'n vader. Todat die eerste Vonnie
weer opgedaag in die nagklub vir rykes. Hulle gaan wandel in Central Park met
haar (waarskynlik net 'n verskoning vir Allen om sy liefdesverhouding met NY
weer uit te stal).
Dat Allen
besig is met 'n satire op die Amerikaanse samelewing se obsessie met geld,
sukses en kitsrykdom, is duidelik. Ben se donker dade word aan die kaak gestel
en hy word skuldig bevind aan moord. Die elektriese stoel is sy voorland. (Sy
hulp aan sy familie gaan nie ongestraf verby nie en hier lewer Allen lieflike
kommentaar op die Marxistiese intellektueel van die tyd en die
Rosenberg-geval.) Weens die omstredenheid van sy broer se einde word die
nagklub net gewilder. (Verdere siniese kommentaar van Allen.)
Die een se
dood is die ander se brood. Bobby word alleeneienaar, vertrek na LA om 'n
Hollywood-weergawe te begin van sy suksesvolle NY-nagklub. Hy sien weer vir
Vonnie die eerste (sy vrou droom dat hy haar verneuk) en sy bely dat sy en Phil
eersdaags NY sal besoek.
Beide besef
dat dit beter is om mekaar liefs nie weer te sien nie.
Op
nuwejaarsaand is Vonnie by 'n Hollywood-party; Bobby in NY in sy nagklub.
Albei alleen
te midde van ander mense. 'n Film sonder closure en wat jou as kyker laat
nadink: 'n oop slot wat dalk 'n ander rolprent gaan inspireer? (Woorde Wat Weeg/ Woody Allen. Besoek 23 Oktober 2016).
II
Ek het sopas ook
gekyk na Hitchcock/Truffaut
(2015) - regisseur Kent Jones - oor Truffaut se beroemde boek oor Hitchcock toe
hy hom in 1962 oor 'n periode van agt dae besoek en uitgevra het oor hoe hy
films maak. Hierdie uiters belangrike dokumentêr waarin ander filmmaker soos
James Gray, Martin Scorsese, Paul Schrader, Wes Anderson, David Fincher, Arnaud
Desplechin en Olivier Assayas kommentaar lewer, is ook op Allen van toepassing.
(Hitchcock/Truffaut (film) – Wikipedia.
Besoek 23 Oktober 2016).
Hitchcock se
opleiding as ingenieur het hom ten goede gekom. Hierom is sy films so
matematies-presies uitgewerk. En hy het verskillende modelle gebruik vir die
storttoneel in Psycho om nie alles te onthul nie.
Soos Hitch en
Truffaut, is daar 'n obsessie met die filmkuns. Soms nostalgies, soms
self-refleksief. Ons leer uit die gesprek met Hitch en Francois: ons wil
dikwels te gou na die bekendstelling van 'n film 'n kritiese uitspraak daaroor
maak. Dikwels neem dit tyd om 'n film reg in te skat. Veral waar daar ook 'n
outeur-filmmaker aan die werk is.
© Joan
Hambidge