Showing posts with label Kobus Moolman. Show all posts
Showing posts with label Kobus Moolman. Show all posts

Friday, January 19, 2024

Resensie | Duncan Brown, Kobus Moolman, Nkosinathi Sithole (Reds.) - Notes from the Body: Health, Illness, Trauma | University of Kwazulu-Natal Press, 2023

Duncan Brown, Kobus Moolman, Nkosinathi Sithole (Reds.) - Notes from the Body: Health, Illness, TraumaUniversity of Kwazulu-Natal Press, 2023. ISBN: 978 1 86914 532 3 


Resensent: Joan Hambidge

 

 

I. Grievable lives: Mournable bodies

 

Hierdie boek bevat uitsonderlike bydraes oor liggaamlikheid. Notas (d.w.s kanttekeninge) oor die liggaam met die sub-titel wat gesondheid, siekte en trauma oproep. Ons dink onmiddellik aan Susan Sontag se Illness as metaphor. En Annie Leibovitz se fotogalery van haar siekte en hospitalisering. En haar dood. Hierdie foto’s het wye polemiek ontlok rondom die etiek van die plasing van die foto’s. Veral Sontag se seun, David Rieff het dit as betredend en grensoorskrydend beskou.

 

https://tembusu3.nus.edu.sg/treehouse/2015/04/mortality-in-photography-examining-the-death-of-susan-sontag/ Besoek 14 Januarie 2024

 

By die ontvangs van Notes from the body lees ek drie bydraes Hélène Smit se “Architeutis”, “Survivor” van Stephen Devereux en Bronwyn Law-Viljoen se “Notes from an Archive of the Body in Movement”. 

 

En dadelik is hierdie leser meegesleur oor verskillende vertelperspektiewe: oor kindermolestering en hoe die liggaam ‘n museum word waarin pyn geberg word of waar siekte metafories ‘n betredende huisgas word of waar die liggaam in oefensessies ‘n indeks of argief word van die potensiële adaptasies wat die liggaam kan maak.

 

I wrote a review on Notes on falling in 2022.

http://joanhambidge.blogspot.com/2022/09/resensie-bronwyn-law-viljoen-notes-on.html Besoek 18 Januarie 2024

 

 

II Written on the body

 

Post Covid. Illness as metaphor. Masks. Uncertainty. People dying. Debates on Vaccination. 

 

On my Covid-19 Vaccination Record Card:18.9.2021 and 30.10.2021: Phizer. A black and couloured nurse assist me in the City hall close to NG Kerk and police station in Durbanville. Two kind ladies. We laugh and joke.

 

“Moenie bang wees, nie Antie.” Ek speel saam. Rol my oë. Maak of ek omtiep. Hulle lag. Geen pyn nie. Geen swelsel nie. My ervaring van ‘n geelkoorsinspuiting was veel erger met ‘n arm wat opgeswel het met erge koors.

 

Jokes as means of survival. Duncan Brown relates a joke in “Unmade”: Sarah goes for a job interview as a typist.

The manager asks, ‘Sarah, wat is jou ervaring van tik?’

‘Nee, niks nie, Meneer,’ she replies. ‘Met my is dit net dagga en dooswyn.’

Die grap wat tydelik verdoesel. Net tydelik.

 

 

III. Even Cowgirls get the blues  

 

Barbara Johnson: "It seems to me that women are all trained, to some extent, to be deconstructors. There's always a double message, and there's always a double response. The difficulty for women, is unlearning self-repression and ambiguation and conciliation, and reaching affirmation." (Salusinszky, 1987, 151)

 

Johnson word gediagnoseer met cerebellar ataxia in 2001 en sterf in 2009, hierdie gedugte vertaler van Derrida en student van Paul de Man. In haar lewe professor in Engels en Vergelykende Letterkunde by Harvard. En ‘n vertaler van Derrida.

 

Hoe ironies dat Johnson, die groot intellektueel, só moes sterf.

 

Die bydraes van en deur vroue laat my nadink oor die volgende:

 

1 die huis as ‘n ruimte van angs;

2 hoe ons ‘n nuwe woordeskat moet aanleer ná ‘n traumatiese ervaring;

3 die vrees vir mislukking wat vele vroue moet hanteer in ‘n fallogosentriese samelewing;

4 genesing as ‘n komplekse proses;

5 die chaos wat pyn skep.

 

Maar dit sluit nie mans uit nie. Die ervaring van pyn in ‘n hospitaal (“Staring Death in the Eye” deur Vonani Bila) wys dat siekte ons anders laat kyk na die liggaam wat manlike beheer omverwerp. En dat siekte jou “merk” en  vervreem van ander (soos in “Unmade” deur Duncan Brown).

 

 

IV. We sing the body electric

 

The impact of physical and psychological wounds are presented to the reader: gender violence, disablities, rape, racial prejudice, poverty, adoption, cancer, embolism, AIDS, depression, cynanthropy, bipolar disorder, Covid, the ICU, substance abuse, private hospitals versus state hospitals, medical insurance …

 

Private notes versus poems. Afrikaans versus Sepedi and Xhosa. Antjie Krog in translation. Joseph Campbell versus Kafka.

 

Die Gannavlakte en Athlone. New York teenoor Kaapstad.

 

Double voicing in “Lines Land Slant” by Anthea Garman and Gillian Rennie.

In hierdie pakkende analise tussen twee vroue word die impak van borskanker ondersoek. En die impak van die mastektomie op ‘n vrou.

 

Self-analysis in “Finding the Words in Ten Movements” by Philippa Yaa de Villiers. “Every poet is a library on legs …”(174).

 

Verskillende skryfkonvensies: van dekonstruksie tot lang, orale gedigte wat ‘n mens moet hóór. Tekste wat opbreek in verskillende afdelings wat die pynlikheid van ‘n bepaalde ervaring onderstreep. Asof die skrywer onderbreek word deur sy/haar pyn.

 

 

V

 

Siekte maak jou broos en weerloos. En maak jou bewus van jou liggaamlikheid wat jy alte dikwels as vanselfprekend aanvaar.

 

Ironies genoeg is hierdie bespreking geskryf, terwyl ek siek was met ‘n somer-griep en hoesbuie.

 

En Krog som dit alles perfek op:

 

dit rammel sag

 

dit rammel sag. die aarde lig haar skedel.

vanuit die binnevlerk van wolke veer

die donderweer al met die stil verhemeltes

van berge langs. ‘n tiptol stip die mees

 

intieme plek aan in die esdoringboom –

die plek waar die stam die stilste boomwees hou.

o, roerloos wag die boom. die weerlig stroom

uit vlakke blou, die veld voel hoe haar ganse

 

vel oopsnou na die geur van dragte vol

geloftes. in haar hare bloei die rose.

haar laaste koelte damp vanuit haar oksels

 

sy knoop haar lang hart los. nog nooit was sy

so karig, so alleen, of het sy so

gesmag na reën wat net nie, nooit nie kom nie

 

*

Die eensaamheid van siekte; hoe die ganse vel oopsnou … 

Body bereft. Dis waaroor dit hier gaan.

 

Joan Hambidge is a Fellow and Senior Researcher at UCT.

Poet and novelist.

Januarie 2024

Bronne: 

Butler, Judith. 2016. Frames of War: When is Life Grievable?  New York: Verso.

 

Freud, Sigmund. 1916/1976. Jokes and Their Relation to the Unconscious. Pelican Freud Library volume 6. Londen: Penguin. (Vertaal deur James Strachey en hersien deur Angela Richards).

 

Gallop, Jane. Maart 1979. "Why Does Freud Giggle When the Women Leave the Room?". Lesing gelewer in die Women and Humour Section, Nemla-kongres. Connecticut: Hartford.

 

Krog, Antjie. 2006.  VerweerskrifKaapstad: Umuzi.

 

Law-Viljoen, Bronwyn. 2022. Notes on Falling. Cape Town Umuzi.

 

Salusinszky, Imre. 1987.  Criticism in Society. Londen: Methuen.

 

Sontag, Susan. http://joanhambidge.blogspot.com/search?q=sontag+illness+as+metaphor

Besoek 12 Januarie 2023

 

Endnote:

 

Fisting-as-écriture

Joan Hambidge

 

Moes deur baie pyn

om mens te word,

artikuleer ons digter 

op die Dam; moes deur 

veel veg

om self te vind,

van hier tot in verre plekke

terug in die gevegsone van die digkuns

immers ‘n binne-geweld wat beskut

teen buite-geweld: 

ek-sing-oor-die-liggaam

se oorskot, ek lees

Eve Kosofsky Sedgwick

se Die weer in Proust

en elders, ja elders

is dit altyd mooi weer en warm

vir hulle gebore met regte

en voorregte,

nooit weet hoe 

dit voel as jou tong

as kind uitgesny is.

Uitgeskuif, weggedruk.

Hierom die vuis-in-die-lug,

daarom die woede

by ons, ‘n myn - ‘n dyn,

die Afwykendes, die derde seks,

die transgender, die deviant:

smagtende na stilte     

ná hierdie oorlog, ‘n El-Alamein.

 

 

Friday, November 13, 2020

Resensie | Kobus Moolman – The mountain behind the house | Dryad Press, 2020

Kobus Moolman – The mountain behind the house. Dryad Press, 2020. ISBN 978 1 990961977

 

Resensent: Joan Hambidge

 

I

 

Op die agterblad van die veel bekroonde Kobus Moolman se jongste digbundel The mountain behind the house verwys Kelwyn Sole tereg na die "sparse, controlled style". Die gedigte is oënskynlik "oop" en "eenvoudig", maar onder draai die duiwels rond.

 

The mountain behind the house is 'n bundel wat hierdie leser emosioneel getref het. In die vierde afdeling ("Mother") word 'n pynlike verslag van die moeder ('n moeder; alle moeders dus) gegee. Hierdie vrou is misken deur die gemeenskap en die enigste prys wat sy ooit gewen het was die "badge for best bandage technique". Waarskynlik eindig haar lewe in demensie wanneer ons lees dat die oë "filled with so much smoke" dit aktiveer.

 

Op 'n subtiele wyse word 'n ongeleefde lewe karteer, 'n vrou wat vroeg moes skool verlaat in 'n tyd toe mans geleenthede gehad het en vroue nie. Hierom werk sy in haar ouers se vis en tjips-winkeltjie in Port Alfred. Genderkommentaar op die lot van vroue.

 

Ek begin met hierdie afdeling, omdat hierdie bundel met 'n sirkelgang werk. Verse kan jy telkens weer anders lees. Die digter dwing 'n mens telkens terug van agter na voor.

 

 

II

 

Die titel en voorblad waarsku die leser dat jy moet fynkyk. Hierdie pragtige voorblad – gestroop, spaars, essensieel – aktiveer die skilderkuns van Adriaan van Zyl waar die landskap in sy leegheid 'n boodskap oordra. Die landskap as die vertolker van stiltes.

 

En hier is daar dan ook 'n gedig "Filing cabinet" opgedra aan die skilder Andries Gouws waarin "the sharp diagram of silence" beskryf word. Dit is na aanleiding van "Metal Cabinet, Laundry". Gouws se skilderye is meditasies - en hierdie bundel is eweneens meditatief in sy onderbou.


Moolman gebruik ook personifikasie om deure 'n stem te gee. Die deur met die onversadigbare begeerte "for dressing up in human attributes". In "The tongue" is daar 'n spel tussen stilte en taal. Die paradoks van die digkuns is immers om stilte oop te skryf of voor te stel in konkrete beelde.

 

In afdeling VI vind ons een gedig: "Bone" en afdeling VII gee vir die leser 'n duidelike leidraad: tracing paper.


Iets wat jy aftrek – dit aktiveer Jacques Derrida se absence/presence. Trace / grammé plaas ons direk in Derrida se Of Grammatology. Die vertaling van Spivak is weer geraadpleeg (Johns Hopkins, Baltimore, 1976) om iets van die spel van uitgestelde betekenis te begryp.

 

Moolman laat vele spore vir natrek of weer beskou. Uitgestelde betekenis(se) is waarin hy uitmunt. Die leser word telkens uitgedaag om 'n gedig weer te lees soos die foto op die omslag. Waar presies staan daardie huis? Kyk na die krake op die foto wat met die agterblad saam bekyk moet word: hier is die berg vérder afgeneem en die pad na die huis meer sigbaar.

 

Ons vind talle paradokse hier: die "sound of leaves" klink soos "bricks tossed":

 

how much the sound of leaves

is like bricks being tossed

up to the second storey,

where the loud light lives.

 

In afdeling III word vreemde ruimtes verken en 'n road trip deur gemaak deur Suid-Afrika. Die kode is Basho. Die sub-titel haibun:

 

Haibun (俳文, literally, haikai writings) is a prosimetric literary form originating in Japan, combining prose and haiku. The range of haibun is broad and frequently includes autobiography, diary, essay, prose poem, short story and travel journal.



2

 

Alone, a farmhouse

appears out of the dawn –

a bird's white wing.

 

Met die onderskrif: Bethlehem / Winburg / Brandfort

 

(Daar word ook politieke verwysings gemaak na Winnie Mandela en hartgrypende verse oor armoede en ellende soos "Little girl".) En vele ander politieke werklikhede word weergegee.

 

In VIII – Aubade – word die oggendlied aan die einde van die bundel geplaas. Hier is daar dan 'n duidelike spirituele inkering, 'n nuwe blik op alles ...

 

Aubade

 

The sky is burned ahead of them.

All the trees have fallen flat.

The moon is late. And will be losing.

Wind is predicted for the streetlights.

 

They might be lying together catching their breath.

They might be dressing silently, filling

their eyes for the long drought ahead.

Or none of these. Only birds

whispering amongst the leaves of grieving.

 

The road is empty ahead of them.

The sidewalks are solitary again.

Silence has the howl of skin

shocked by separation.

 

 

III

 

Dit is 'n besonderse digterskap en hierdie leser was destyds op die paneel wat die Ingrid Jonker-prys aan hom besorg het. Ondertussen het hy sy talent veelvoudig bewys. Hy skryf oor genderpolitiek, die politiek van die land en oor verwonde mense.

Thursday, February 14, 2013

Kobus Moolman - Separating the seas (2007)



Kobus Moolman. Separating the seas. University of KwaZulu-Natal Press, 2007.
ISBN 978 1 86914 124 0.

Resensent: Joan Hambidge

Vir sy bundel Time like stone (2000) word die digter bekroon met die Ingrid Jonker-prys. Hy is onder andere redakteur van die tydskrif Fidelities. Feet of the sky het in 2003 verskyn en ‘n drama, Full Circle het die PANSA-prys in 2004 verower. Hierna het ‘n versameling radio-dramas gevolg gebundel as Blind Voices (2007).

Sy jongste bundel heet Separating the seas en dit word tereg beskou as verse wat dieselfde enigmatiese kwaliteit besit as abstrakte kuns.

Terselfdertyd is abstraksie(s) die grootste vyand van die digkuns wat juis met die konkrete beeld moet werk om ‘n stuk metafisika of insig oor te dra. Die gedigte hier wil dikwels epifanies wees, soos die aangrypende “Travelling shots” wat rondom die paradoks van stilte / non-beweging werk om uiteindelik iewers uit te kom. Daar is hierom vele verse rondom selfkonfrontasie en ‘n beskouing van die self soos “Self-portrait in a window”.
In die (amper) haikoe, “Dawn” lees ons:

Just past Newcastle,
the dark lifts slowly
to allow a small morning in.  (p. 17).

“New moon”  bewys waarskynlik dat die Engelse taal nie heeltemal die haikoe se fyn besnaarde aard kan opvang nie:

Paper-thin pale
moon suspended in blue
enamel basin of sky.  (p. 30)

In “Road-side Memorial” word die aanwesigheid / afwesigheid so bekend aan die grafsteen en monument beskryf.

Vir hierdie leser is die verse op hul beste wanneer daar ‘n fyn balans tussen konkrete beeld en idee uitgewerk word soos in “Auto-da-fé’:

Hills are wan in the distance,
grass is dry and yellow.

Somewhere an old fire burns
a dead man’s dreams.     (p. 20)

In verse waar die sosiale gewete ter sprake kom, is die verse vir my minder oortuigend. In “Cost of living” (p. 36) word die pryse van huishoudelike benodighede weergegee, maar sonder enige spanning in die vers. Gaan kyk wat doen Thérèse Bartman met hierdie gegewe in Nuwe stemme 3 waar die aankope van ‘n persoon in ‘n outehuis die pyn en ellende van ‘n bestaan registreer:

Inkopielys Kamer 21
Huis Avondrus

voëlsaad
sout
hawermout
Landbouweekblad
Boxer
2 X Wilsons-perperment
Steradent
ingelegde perskes (klein)
Stopain

Daar is by Moolman se vers egter geen progressie of verhaal nie. Wat is die punt van die vers?, wil ‘n mens vra. ‘n Optelvers gemaak uit ‘n koerantberig of plakkaat moet in ‘n digvorm herskryf word.

“Headline haikus” werk gewoon nie, omdat die basiese eise van hierdie digvorm ignoreer. (‘n Spel tussen abstraksie en ‘n konkrete vergestalting uitgestippel in sewentien sillabes, iets wat min Westerse digters volmaak regkry. Eveleen Castelyn het ‘n handvol skitterende haikoes in Afrikaans gelewer.) 

Dit is ‘n bundel wat getuig van psigiese transformasies en nuwe ontdekkings oor die self en die plek in die kosmos.

Vir die handvol bestes in die bundel, is hierdie bundel wel vir die digkuns-leser van belang. Dit werk dikwels met stiltes, met dit wat huiwer tussen een fase en ‘n volgende:

Transfiguration

Only a dark mouth
Pointing upwards.

Only a red eye
In the centre of his hand.

With one wave
of his wet tongue,

one jerk
of his old eye,

he drags the night
up the ladder behind him.

[Hierdie resensie word met vriendelike vergunning van Die Burger geplaas.]