Showing posts with label Gedenklesing. Show all posts
Showing posts with label Gedenklesing. Show all posts

Tuesday, February 12, 2013

Studie: Die digter as Lorelei: Die fenomeen Ingrid Jonker en haar tweede lewe in enkele verse van Johann de Lange


Dana Mouton-gedenklesing, Universiteit van Stellenbosch, 2010

Joan Hambidge

I.

Die woord Lorelei stam uit die ou Germaans waar “lureln” letterlik mymer beteken en die Keltiese woord “ley” klip aktiveer. “Luren” aktiveer eweneens “lurk”, oftewel dan “lurking rock”. Lorelei is ook die naam van een van die mooi Rynse vroue wat met haar verleidelike sang reisigers na hul dood gelok het.

Die digter Ingrid Jonker beklee ‘n mitiese status in ons digkuns soos Sylvia Plath en Anne Sexton binne die Engelse digkuns. Beide Plath en Sexton was studente van Robert Lowell en ‘n groot aantal studies is oor hul tekste geskryf. Veral Janet Malcolm se belangrike studie The silent woman argumenteer dat daar nie een Plath is nie, maar verskillende projeksies van die figuur: Plath deur die oë van haar moeder, haar skoonsuster, Ted Hughes, feministe. Dieselfde geld Ingrid Jonker en haar mitologiese status binne ons letterkunde. Jonker beleef eweneens verskillende representasies: Nederlandse films, eks-minnaars, vriende, biograwe, vertalers, kanoniseerders, ensomeer. Elke studie gee ‘n nuwe blik op die komplekse digter wat soos almal weet buite die Afrikaanse letterkunde verïkoniseer is toe Nelson Mandela haar gedig “Die kind” in die parlement voorgelees het. In hierdie afdeling gaan ons fokus op die representasie van Jonker in enkele gedigte van die digter Johann de Lange. Ingrid Jonker dus deur die oë van hierdie digter.


II.

Rondom die figuur-Jonker was daar al dikwels polemiek. Die onlangse herrie rondom die nie-toekenning van die prys vir die Engelse digkuns bewys dit opnuut, net soos Breytenbach se reaksie op Petrovna Meterlerkamp se opname in haar biografie van sy gedig oor Jonker waarvan die eerste strofe soos volg lui:

Die water val, die jare gly;
ek sit by Dirk en word beskonker.
Hy bied ou vodde nuus vir my.
'Wat het geword van I. Jonker?'
'Hy't knaend mos na haar gevry . . .
Nog 'n skop?' 'Ta, gooi maar wit.'
'Dit was die sêdste begrawery . . .'/
Wat het geword van jong Ingrid?

Jonker is al gehuldig deur Barend J. Toerien, Daniel Hugo, David Lytton, Ruth Miller, Wilma Stockenström, Richard Rive, Freda Linde, Adam Small, George Louw, I.L. de Villiers, Jennifer Davids, Lina Spies, Johann de Lange en Joan Hambidge.

In ‘n berig in Rapport van 3 Augustus 2003 skryf Theunis Engelbrecht oor Breytenbach se ongelukkigheid oor die opname van die gedig sonder sy toestemming en dat hy voorts ook ontken dat die gedig oor Jonker sou handel.

Vervolgens De Lange en Jonker.

Die sterk identifikasie met die figuur-Jonker wat gedigte skryf waarin sy haar eie dood “voorspel” in die gedig “Ontvlugting” met die bekende reëls:

My lyk lê uitgespoel in wier en gras
op al die plekke waar ons eenmaal was

vind ons ook terug in gedigte oor ánder bekende figure wat selfmoord gepleeg het soos Eugène N. Marais, Anne Sexton, Curt Cobain, Johannes Kerkorrel, om enkele figure aan te toon. Jonker se ongelukkige jeug stem ooreen met De Lange se jeug waaroor hy skryf in sy prosateks, Vreemder as fiksie (1996). In die meedoënloos-eerlike slotverhaal, “Afskeid van my ouers” word die gegewe rondom die vader se selfmoord onthul deur briewe wat die moeder aan hom geskryf het. Die aangrypende pa-verse in sy digkuns aktiveer dan ‘n ambivalensie jeens die vader-figuur wat hy oënskynlik vergeef, maar deurdat hy telkemale oor die vader in ‘n nuwe gedaante of vanuit ‘n ander perspektief skryf, dui op ‘n onvermoë om tot vergifnis of heling te kom. Deur oor Jonker te dig, word die eie dood of selfvernietiging voortdurend uitgestel of getransfereer. Jonker verbeeld dus die onderliggende selfvernietiging en deur dit later na ander digters te verplaas, word die dood uitgestel. Die digproses en die gedig word die plek of ruimte van (self)moord of selfuitwissing. Solank as wat die digter in staat is om die onderliggende woede teen die ouerfiguur te verplaas op ander figure of objekte, word die eie dood tydelik opgehef. By sowel Plath as Sexton het die einde van die digproses selfvernietiging ingelui. 

Vier punte wat Freud maak, is vir die bespreking van Jonker relevant:

1.  Obsessie is deel van ‘n groter kliniese prentjie en hy beskou dit as ‘n simptoom wat deur onbewustelike psigiese prosesse getransformeer word. Lacan herinterpreteer Freud dat die liggaam ‘n soort kaart word van hierdie psigiese energie of kompulsies. Die digterlike teks is uiteindelik ‘n liggaam: een wat simptome verraai.

2. Obsessie is gekoppel aan libidinale emosies wat sterker is as die plesier-beginsel; dit kan dan tot demoniese gedrag of die dood aanleiding gee. Vir Freud is die doodsdrang of thanathos-drang sterker as die lewensdrang.

3. Freud beweer in sy beroemde artikels oor die Rotman (1909) en dat die herhaling van gerepresseerde ervarings tot plesier lei in die herhaling daarvan. Dit nuanseer hy in latere werke wat sy eerste sieninge (1886) oor hierdie kwessies anders belig.

Die teks-as-liggaam is die liggaam-as-teks. Die reaksies of antwoorde op Ingrid Jonker deur De Lange is ‘n nadenke, ‘n begeerte om soos sy in die dood in te beweeg – terselfdertyd deur oor Jonker te dig, stel hy ook sy eie dood uit. Juis hierdie komplekse posisie is een van die paradoks, die ruimte van metaforiek. Deur oor De Lange en Jonker te skryf, verraai ek terselfdertyd my eie impulse, onverwerkte konflikte – en doodsbegeerte.

4. Die onbewuste is ‘n kelder wat deur middel van raaisels, drome, tongglippe en gedigte sig openbaar. Elke gedig van De Lange oor Jonker aktiveer terselfdertyd die komplekse verhoudings met hul onderskeie vaders.


III.

In sy nou reeds klassieke teks oor digterlike beïnvloeding, The anxiety of influence, skryf Harold Bloom oor die verskillende trope wat die digter kan gebruik om met die digterlike vader of moeder af te reken. By De Lange is daar veral twee prosesse wat sig voltrek: die tessera of voltooiing van die precursor en die apophrades of die terugkeer uit die dode. Bloom se siening is gebaseer op die Atheense ritueel van die ongelukkige tyd of nag wanneer die dooies terugkeer om die huise te besoek wat hulle eens bewoon het. In Bloom se belangrike woorde: “But the poem is now held open to the precursor, where once it was open, and the uncanny effect is that the new poem’s achievement makes it seems to us, not as though the precursor were writing it, but as though the later poet himself had written the precursor’s characteristic work”(16).


IV.

Psigoanalise is gebaseer op ‘n triadiese verhouding. Of dit nou die id, ego of superego is wat Lacan na die verbeelde, simboliese en reële vertaal het of dalk alle leesprosesse: teks/leser/skrywer, die verhouding signifier/signified wat die teken word. Jonker/De Lange /die leser wat teruggaan na die primordiale driehoeksverhouding tussen Jokaste/Oedipus/Laius. Hierdie verhouding is egter nie stabiel nie: dit kan soos die verhouding tussen die analis en analysand ook omgekeer word.


V.

Oor die ikoniese digteres Ingrid Jonker skryf De Lange etlike gedigte. Hy verplaas egter die onopgeloste konflik rondom die vader op haar. Jonker dra dus die psigiese energie wat in die onbewuste sluimer en latere ikone wat tragies en jonk (Jonker?) gesterf het, is manifestasies rondom dieselfde konflik met die vader. Die onbewuste, soos deur Freud gedefinieer, is ‘n diep verborge kelder waarin onopgeloste konflikte gestoor word. Ons vind telkens verwysings na die kelder in die digkuns van De Lange waarin psigiese materiaal gis. Freud se bekende onderskeiding tussen eros (lewensdrif) en thanathos (doodsdrif) wat gekoppel is aan libidinale energie, is oorbekend. By De Lange is die terugkeer na die doodstematiek in die onbewuste ‘n uitstel van die werklike dood. Deur te skryf oor vroeg gestorwe ikoniese figuur word die eie fisieke dood uitgestel. Deur die gedig te skryf, betree die digter ‘n ambivalente ruimte waar eros en thanathos in konflik tot mekaar staan. Uiteindelik gee die gedig hierdie konflik weer wat sig in die onbewuste van die digter afspeel. Die primêre of oerbron van inspirasie is egter die verhouding met die vader wat die kind versaak het deur te selfmoord te pleeg. Daar is uiteraard sterk ooreenkomste tussen Jonker en De Lange se biografieë met veral die verhouding met die ouma wat as versorger intree in die plek van die ouers wat beide kinders gefaal het.

Die vers “Ontvlugting” uit Waterwoestyn (1984) gee haar lewensloop weer met die see as die verlossende minnaar. In Waterwoestyn gebruik hy die motto:

die mense wat leef by die see soos in die Sahara


Ontvlugting

Fyn kantwerk van vygies langs die see.
Die vygieranke van Somersetstrand
kon jou dun enkels nie terughou nie
daardie nag toe jy uitgestap het
na jou dood soos ‘n kind na ‘n donker kamer,
toe jy die water naweldiep ingewaad het
soos ‘n slaapwandelaar in ‘n droom.
Daardie nag: het jy toe geweet
dat daar ‘n einde kom aan die groot geel by
die dag, het jy onthou dat jy eenmaal,
een hoogsomertyd, vlasblond en gelukkig was?
Daardie nag het jy na binne geskree
en die meeue het gesterf van jou kreet.
Daardie nag het jy jou jonglyf
vir die laaste keer weggegee,
argeloos, aan die grootste minnaar
van almal: aan die krulkopsee.
En die windwit branderskuim
het jou dye skoongewas
van die bloed van die vermoorde kind,
die bloed van die veronregtes,
die nageboorte van jou volk.
In die Bergrivier en die dam by Firwoods
het jy twee keer byna verdrink, meisie-vrou;
die derde keer is skeepsreg.
Voordat jy finaal ondergegaan het,
slaapswaar en vir ewig jonk,
het die water en die wind saamgesweer
en jou skraal skouers
twee meeuwit vlerke vir die vlug
uit hierdie Valkenburg gegee.


Hierdie vers het duidelike toepelings op haar lewe en die volgende distigon:

Ingrid Jonker (1933-1965)

Ontvlugting

Uit hierdie Valkenburg het ek ontvlug
en dink my nou in Gordonsbaai terug:

Ek speel met paddavisse in ’n stroom
en kerf swastikas in ’n rooikransboom

Ek is die hond wat op die strande draf
en dom-allenig teen die aandwind blaf

Ek is die seevoël wat verhongerd daal
en dooie nagte opdis as ’n maal

Die god wat jou geskep het uit die wind
sodat my smart in jou volmaaktheid vind:

My lyk lê uitgespoel in wier en gras
op al die plekke waar ons eenmaal was.


In die lykdig “Ingrid Jonker (1933 – 1965)” volg De Lange die struktuur van die kinderrympie “Who killed Cock Robin?” om op ‘n retoriese wyse die vraag te vra oor wie presies het Jonker doodgemaak.

Ingrid Jonker (1933 - 1965)

Wie het Ingrid Jonker vermoor?
Ek, sê die somber see,
ek wat neem en gee.
Ek het Ingrid Jonker vermoor.

Wie het haar sien sterf?
Ek, sê die suiwer maan,
daar's niks wat my ontgaan.
Ek het haar sien sterf.

Wie sal die sluier maak?
Ek, sê die minnaar,
om die skyn te bewaar.
Ek sal haar sluier maak.

Wie sal die graf betaal?
Ons, sê die familie trots
– met haar naam in rots –
ons sal die graf betaal.

Wie sal die kis dra?
Ek, antwoord die koerant,
op voorblaaie dwarsdeur die land
sal ek die kis dra.

Wie sal die klok lui?
Ek, sê die suster; weet
ek is afgunstig op haar leed.
Ek sal die klok lui;

Wie sal vir haar sing?
Ek, sê die ongebore kind,
sodat sy my kan vind
sal ek vir haar sing.

Wie sal haar dood betreur?
Ons wat haar gepubliseer het
en verdere winste verbeur het,
ons sal haar dood betreur.

Wie sal haar bloed trek?
Ek, sê die skrywer,
uit hebsug en naywer
sal ek haar bloed trek.

Wie sal eerste vergeet?
Ek, sê die bleek papier,
my tyd is korter hier.
Ek sal eerste vergeet.

Hierdie gedig, opgeneem in Wordende naak, maak gebruik van personifikasie deur sowel die see as die maan aan die woord te stel. Die see word as somber en die maan as suiwer getipeer, ‘n waarnemer of toeskouer voor wie niks ontgaan nie.

Die minnaar antwoord dat hy die sluier sal maak om die skyn te bewaar. Hier word die gedig erg ironies, omdat daar meer as een minnaar was, wat die skyn van nie-medepligtigheid wil bewaar. Die leser dink ook hier aan Jack Cope se teatrale optrede tydens Jonker se begrafnis toe hy in die graf gespring het. Die somber geskiedenis rondom haar ineenstorting in Spanje en haar troebel verhouding met Brink kom ook aan bod. Brink het bely dat hy letterlik blind geword het (soos Oedipus?) toe hy van haar dood verneem het.

Die ironiese effek word verder uitgebrei: die familie sou beslis nie vir die graf betaal het nie. Die vader, Abraham Jonker, het sy dogter in die openbaar verloën weens hul verskillende politieke standpunte en dit is eweneens bekend dat ‘n tweede, private begrafnis gehou is net vir haar skrywersvriende.

Ná Jonker se dood het haar suster Anna telkemale ingetree wanneer sy nie akkoord gegaan het met ander skrywers se interpretasies van Jonker se lewe nie. (Ironies genoeg het hierdie gedig in die laaste uitgawe van Standpunte verskyn en gesorg vir polemiek agter die skerms. Die gedig en poltieke bydraes in hierdie tydskrif het onder andere gesorg vir die dood van Standpunte.)

Die kisdraers word in hierdie gedig vervang met die pers wat die omstredenheid rondom haar dood versprei het en onder meer suggesties van moord, eerder as selfmoord, bestendig het. Die suster, Anna Jonker, sal die doodsklok lui, met ander woorde, die aankondiging van die dood doen. Die nydigheid of afguns van die suster word hier beskryf. Johann de Lange het ook ‘n prokureursbrief in die tagtigerjare van die suster ontvang, indien hy die drama wat hy oor Jonker se lewe geskryf het, sou publiseer of opvoer.

Die ongebore kind verwys onder andere na die aborsies wat Jonker gehad het in die vertaling van haar gedigte, Black butterflies, beklemtoon Brink in die voorwoord hoe ‘n aborsie haar deur haar hele lewe geteister het. In die dood sal sy dus één word met hierdie ongebore kind en sy sal dus tot rus kom.  

In die slotstrofe word die ironie tot ‘n hoogtepunt gevoer: rondom die ikoon-Jonker was daar ‘n geldmaakbedryf in die pers en ook in boeke of gedigte wat oor haar geskryf is. Die werklike verlies van Jonker is dus nie ‘n letterkundige een nie, maar eerder ‘n finansiële verlies. Die gedig word dus rondom verskillende ironieë gebou wat telkens somberder en wranger word tot die crescendo dat die hele figuur en haar tragiese heengaan ‘n blote industrie is.

Die herhaalde gebruik van die woord ek (afgewissel met ons) beklemtoon die egotisme of selfgesentreerdheid van die figure rondom Jonker wat haar bloot om eie belang misbruik het.

In die lykdig oor Johannes Kerkorrel wat opgeneem is in Die algebra van nood, word die tweede strofe ‘n palinode van ‘n Jonker-vers. Die aanduiding “vry na Ingrid Jonker” aktiveer dus ‘n herdigting van die oorspronklike gedig. 

Klaaglied vir Ralph (1960 - 2002)
Al wat oorbly, is ek & jy
as die aarde tuimel & die res verdwyn.
Johannes Kerkorrel

1
Die wattel is ʼn dors boom
die wattel is ʼn nors boom
& sy wortels grawe diep
die wattel is ʼn vreemdeling
nie my of jou se tiep

Die wattel is ʼn skuilboom
die wattel is ʼn huilboom
hy bly voortdurend dors
die wattel is ’n vreemdeling
wat platsak uit ons drome dros

2 (vry na Ingrid Jonker)
Ek het gehoor, Dinsdagnag, jy is dood.
Hoe daag die anderkant
wat jy besing het,
hoe daag die verskriklike uur,
hoe raak die bos stil, die klein geveerdes
wat jy bemin het, hoe val
die geel bloeisels van die wattel,
hoe gaan die dag oor die berge
huis toe. Die voetpaadjies
van Botrivier & Kleinmond
dra swaar aan jou voetval:
was daar sonlig op jou hande,
was daar bloed?

Ek het gehoor, verlede nag, jy is dood,
& sien jou weer sit
op my rusbank
in jeans & ’n swart t-shirt
ʼn joint & rol met rustige vingers,
met oë wat die droefheid van die wêreld drink.
Ek het gedroom daar kom ʼn einde aan die blou lug
& akkoorde sterf weg.
Daar’s ʼn einde & die einders los op
soos ʼn far-out acid trip,
daar’s ʼn einde waar alles vibreer
anderkant woorde, waar ons kwantumflikkers is,
niks meer. Daar’s ʼn einde
& die einde het jou ontroof
van alles wat jou getraak het,
van alles waarin jy wou glo,
tot jy oplaas net ʼn laaste rooi vloed
voel klop het agter afgeslote oë.


VI.

Daar is reeds gewys op die triadiese verhouding tussen teks/leer/skrywer. Johann de Lange se gesprek met Jonker het uiteindelik ‘n invloed op my:  Jonker word eweneens ‘n Lorelei wat deur De Lange na my roep. My reaksie op hierdie proses van die driehoeksverhouding dwing my terug na die verbeelde fase. Ek kan dit net kreatief verwoord:

Met hulle is ek
Vir Ingrid Jonker & Johann de Lange

Met hulle is ek
wat dwelms misbruik
omdat ‘n ongelukkige jeug
of dwase oordeelsfout vir altyd bly wroet
met hulle is ek wat die hek van ‘n Weskoppies
of ‘n Valkenburg vir eens en altyd moes hoor sluit
teen die idees van wat normaal of aanvaarbaar is
teen die jeugfout wat bly terugkeer soos bose swere op die lyf
met hulle wat roekeloos en volledig liefgehad het
met daardie liefde ‘n skande ‘n fout ‘n verdriet
‘n kind moes afteken in ‘n huis vir ongehude moeders
omdat dit beter so sou wees en die kind voel roep
deur elke maandstonde en deur elke ongevierde verjaarsdag
deur ‘n mondigwording sonder moeder, vader of familie ja
met hulle wat op Vlaktes grootword sonder genoeg warm klere of kos
verskoppelinge van ‘n sisteem soekend na aanvaarding in ‘n wit sisteem
waar kleur en armoede en aksent hul immer buitehou, stuit
Met hulle is ek, die Hereweet
omdat niks meer eenvoudig is nie
en die leuen juis in ongeregtigheid bly gedy

(Joan Hambidge: gepubliseer op Versindaba):



Met hulle is ek
Ingrid Jonker
Met hulle is ek
wat seks misbruik
omdat die indiwidu nie tel nie
met hulle wat dronk word
teen die afgrond van die brein
teen die illusie dat die lewe
eenmaal goed of mooi of betekenisvol was
teen die tuinpartytjies van die valsheid
teen die stilte wat slaan teen die slape
met hulle wat oud en arm
meeding met die dood die atoombom van die dae
met hulle verdwaas in inrigtings
geskok met elektriese strome
deur die katarakte van die sintuie
met hulle van wie die hart hul ontneem is
soos die lig uit die robot van veiligheid
met hulle kleurling african ontroof
met hulle wat moor
omdat elke sterfte opnuut bevestig
die leuen van die lewe
en vergeet asseblief
van geregtigheid    dit bestaan nie
van broederskap    dis bedrog
van liefde    dit het geen reg nie

Januarie 1965

(Ingrid Jonker: Versamelde Werke, 1994)



Met hulle is ek

met hulle is ek
wat die individu misbruik
omdat seks nie tel nie
met hulle wat dronk word
van sweet en poppers
die engelagtige mechanic
die matroos van Simonstad
kaal met net sy pet op
die onbeholpe doofstom ou
wat dankie sê in vingertaal
met hulle die studente
wat soms skuldig voel
en die seuns van loonwerkers
wat nooit enigiets berou nie
met hulle wie se lywe
in die somer na seesout smaak
en in die winter
vreemde motorruite toestoom
met hulle die seuns terug van ‘n aand
saam met godvresende meisies
hulle lippe nog brandend van klandestiene soene
met hulle desperaat in enkelkamers
waar die Bybel geen uitkoms bied nie
met hulle wat geld vra
en hulle wat betaal
met dié wat wil vergeet
en dié wat van herinnerings leef
met hulle die geliefdes
op dubbelbeddens van ontnugtering
minnaars wat die leuen volg
in gelid van die liefde
met die onderwyser wat wil slae hê
omdat niemand verstaan nie
met hulle die getroude ontroues
wat ru in die hol genaai wil word
asof dit ‘n straf is
met hulle wat pyn uitdeel
en hulle wat dit smagtend ontvang
omdat dit van hulle mans sal maak
met hulle in donkerkamers van illusie
in die hart getref deur ‘n terloopse aanraking
met hulle in dokters se spreekkamers
wat huilend agter ‘n afskorting kniel
voor die Orakel van Bloed
met hulle wat hulle name skryf
op toiletmure die snelskrif van hoop
in bloed en ink en pis en saad
met hulle die skoongesig soldate
meer bedrewe in doodmaak as liefhê
omdat geweld en pyn en dood
opnuut bevestig hoe hard
die liefde tussen mans moet wees

(Johann de Lange: Wat sag is vergaan, 1995)


Waarheen neem die digkuns ons? Na die oerteks wat skuilhou in die verbeelde dimensie (Jonker) met die digter wat daarop reageer in die simboliese fase (De Lange). Wie is Jokaste? Wie is Oedipus? Wie is Laius? Dit is egter nie ‘n stabiele verhouding nie, weet ons uit Jacques Lacan en Harold Bloom se lesings: die rolle ruil voortdurend.

As die Lorelei, is Jonker in die Reële. Roepend, uitlokkend. Altyd daar.


Bbibliografie:

Bloom, Harold. 1973. The anxiety of influence. New York: Oxford University Press.

Brink, André P. & Krog, Antjie. 2007. Black Butterflies. Kaapstad: Human & Rousseau.

De Lange, Johann. 1982. Akwarelle van die dors. Kaapstad: Human & Rousseau.

De Lange, Johann. 1984. Waterwoestyn. Kaapstad: Human & Rousseau.

De Lange, Johann. 1986. Snel grys fantoom. Kaapstad: Human & Rousseau.

De Lange, Johann. 1990. Wordende naak. Pretoria: Haum-Literêr.

De Lange, Johann. 1991. Nagsweet. Johannesburg: Taurus.

De Lange, Johann. 1993. Vleiswond. Kaapstad: Human & Rousseau.

De Lange, Johann. 1995. Wat sag is vergaan. Kaapstad: Human & Rousseau.

De Lange, Johann. 1996. Vreemder as fiksie. Kaapstad: Human & Rousseau.

De Lange, Johann. 2000. Tweede natuur. Kaapstad: Human & Rousseau.

De Lange, Johann. 2009. Die algebra van nood. Kaapstad: Human & Rousseau.

De Lange, Johann. 2010. “Vreemder as fiksie: (Lesing (nie) gelewer aan die US, 2005)”.  Kaapse Paragrawe. (Afgetrek 12 Februarie 2013).

Freud, Sigmund.1905/1977. 8. Case Histories I ‘Dora’ and ‘Little Hans.’ The Pelican Freud Library.Londen: Penguin.

Jonker, Ingrid. 1994. Versamelde Werke. Kaapstad: Human & Rousseau.

Lacan, Jacques. 1966/1977.  Écrits - a selection. Vertaal deur Alan Sheridan. Londen: Tavistock.

Lacan, Jacques. 1932. Paranoid psychosis and its relations to the personality.(De la psychose paranoïaque dans ses rapports avec la personalité). Le Francois: Parys.

Hughes, Ted. 1998. Birthday letters. Londen: Faber & Faber.

Malcolm, Janet. 1993. The silent woman. Londen: Papermac.

Metelerkamp, Petrovna. 2003.  Ingrid Jonker – Beeld van ‘n digterslewe. Hermanus: Uitgewery Hemel & see.

Opperman, D.J. 1990. Groot verseboek. Kaapstad: Tafelberg.

Van Wyk, Johan. 1978. Heldedade kom nie dikwels voor nie. Johannesburg: Perskor.

Van Wyk, Johan. 1987. “Die dood, die minnaar en die Oedipale struktuur in die Ingrid Jonker-teks”. Rhodes: PhD.


Naskrif:

Rat Man - Wikipedia, the free encyclopedia.  Besoek 12 Februarie 2013.

Rat Man. Princeton (The article content of this page came from Wikipedia and is governed by CC-BY-SA.) Besoek 2 November 2009.

"Rat Man" was the nickname given by Sigmund Freud to a patient whose 'case history' was published as Bemerkungen über einen Fall von Zwangsneurose ['Notes Upon A Case Of Obsessional Neurosis'] (1909). The nickname derives from the fact that one of the patient's symptoms was an obsessive fantasy concerning two people close to him, in which a pot of rats was fastened to their buttocks to gnaw into the anus.

To protect the anonymity of patients, psychoanalytic case-studies would usually withhold or disguise the names of the individuals concerned ('Anna O'; 'Little Hans'; 'Wolf Man', etc.). Recent researchers have decided that the 'Rat Man' was in fact Ernst Lanzer (1878–1914) -- though many other sources maintain that the man's name was Paul Lorenz.

'Notes Upon A Case Of Obsessional Neurosis'
The case study was published in 1909 in German. Freud saw the Rat-man patient for sixth months, despite later claiming the treatment lasted a year. He considered the treatment a success.

The patient presented with obsessional thoughts and with behaviors that he felt compelled to carry out. The case received its name from a torture he had heard about from a military officer, where rats would eat their way into the anus of the victim. The patient then felt a compulsion to imagine that this fate was befalling two people dear to him, specifically his father and his fiancée. The irrational nature of this obsession is revealed by the fact that the man had the greatest regard for his fiancée and that his revered father had actually been dead for some years. Freud theorized that these obsessive ideas and similar thoughts were produced by conflicts consisting of the combination of loving and aggressive impulses relating to the people concerned.

The Rat-man also often defended himself against his own thoughts. He would have a secret thought that he wished his father would die so he could inherit all of his money, and then he would shame himself by fantasizing that his father would die and leave him nothing. The patient even goes so far as to fantasize about marrying Freud's daughter so that Freud would have more money.

In addition, the symptoms were believed to keep the patient from needing to make difficult decisions in his current life, and to ward off the anxiety that would be involved in experiencing the angry and aggressive impulses directly. The patient's older sister and father had died, and these losses were considered, along with his suicidal thoughts and his tendency, to form verbal associations and symbolic meanings.

Freud believed that they began with sexual experiences of infancy, in particular harsh punishment for childhood masturbation, and the vicissitudes of sexual curiosity. In the case study, Freud elaborates on his terms rationalization, doubt and displacement.

In a footnote, Freud laments that long term follow-up of this case was not possible, because the patient was killed in World War I.

(c) Joan Hambidge

Monday, February 11, 2013

Studie: N.P. van Wyk Louw en die kanon (N.P. van Wyk Louw-gedenklesing)


I. N.P. van Wyk Louw en die kanon.
"en niks is dood, en alles dans 
 en reik na naamlose dinge uit."


Meneer die Voorsitter, die Vise-rektor, professor Human en eregaste: die N.P. van Wyk Louw-gedenklesing is naas die D.J. Opperman-gedenklesing te Stellenbosch én die erelesing vir T.T. Cloete aan Noordwes Universiteit, die mees gesogte huldigingsgeleenthede in Suid-Afrika. Groot geleerdes het al insigryk oor Louw geskryf: A.P. Grové, Réna Pretorius, die reeds genoemde Cloete, F.I.J. van Rensburg en nog ander voor en na hulle. Wat my van hulle onderskei, is dat ek tot ‘n jonger generasie behoort, ‘n groep denkers en digters wat dikwels die werk van “ouer” digters probeer verminder om plek te maak vir hul eie siening van die digkuns. My posisie verskil hier ingrypend. Die tradisie waartoe die digter behoort, is van kardinale belang vir die skryf- en leesproses. Ofskoon ‘n mens akkoord gaan met Harold Bloom se siening van The anxiety of influence (1973) oor die jong digter se voortdurende stryd met die vaderdigters, is die gesprek tussen digters en die herkanonisering van die digkuns iets wat my as digter en as akademikus interesseer. Ek gaan vanaand, as u my veroorloof, as digter sowel as akademikus praat.


II. Oop en buite bakens is die ander digters…

Reeds in die vers “My venster is ‘n blanke vlak” (Alleenspraak) verwys Louw na die “magiese deursuiwering” wat ‘n mens sou kon interpreteer as die voortdurende gesprek tussen die digter en ander digters. In sy gedig “Die swart luiperd” (Gestaltes en diere) skryf hy:
geen ding is duister, maar hy glans
of hou sy skittering ingesluit,
en niks is dood, en alles dans
en reik na naamlose dinge uit.

In Harold Bloom se beroemde teks Agon (1982), skryf die Amerikaanse literatuur-teoretikus oor Gnostiese verbintenisse tussen digter en teks, en, tússen tekste.

Meditasie, Agon

Op ‘n Sondagoggend, hoe anders, met U eie keuse,
tobbend oor die veelvlakkigheid van die psige,
lees ek Harold Bloom oor twee bindende nihilismes:
die ware gedig se verhouding tot die leser se pneuma.
Die sublieme leser waarsonder helaas geen gedig.
Wat oorbly naas die aaklige lewe, aldus Emerson,
is ‘n vonk ónder die toevouende, heelmakende psige.
En die begrypende leser word dan een met ‘n revelasie,
‘n Gnostiese proses, word meegevoer, herskep die vers.
Verhewe Wallace Stevens in “The Sail of Ulysses” herdig
die eenwording van die wêreld en ons lot of fata:
“The inner direction on which we depend”…
Op ‘n Sondagoggend wat soetjies oorgaan in ‘n middag,
beleef ek hierdie waarheid wat buite woorde lê.
Die digter, soos die leser, sprokkel in dié transisie.













Vir die doeleindes van die akademiese gesprek gaan ons die verbintenis tussen Louw, Sheila Cussons en Johann de Lange betrek.

In die bundel Wordende naak (1990) skryf De Lange oor die verhouding tussen Louw en Cussons. Hy baseer sy gedig op twee werklike foto’s, ontdek deur digter Johann Lodewyk Marais by Sensal (RGN). Twee foto’s wat ‘n tydsverloop aandui. Op die eerste foto wag die vrou; ‘n kelner (formeel aangetrek) maak die gegewe plegstatig, amper asof dit ‘n bruilof is. Op die tweede foto het die man steeds nie opgedaag nie en die kyker kan dit sien aan die een die bierglas wat leër is. Die digter De Lange voltooi en interpreteer hierdie gegewe vir die kyker en leser. Wat tussen die twee foto’s gebeur het, vul hy in vir die leser met sy twee gedigte. Die werklike verhouding (wat in die vyftigerjare in Amsterdam afgespeel het) tussen Louw en Cussons – het tot ‘n intense digterlike proses gelei in Tristia (1962) met vele antwoorde van Cussons daarop. ‘n Verdere komplekse verhouding, naamlik, ‘n digter dalk soos Astrolabe, die kind van Abélard en Heloïse, maak sy opwagting. Daar is immers die gesprek tussen hierdie twee digters waar die personas van die genoemde figure oorgeneem word deur De Lange, hul digterlike kind. Die gedig “Wordende naakt” (uit Tristia) word by Cussons ‘n bedekte naak. 





















Bedekte naak

’n Gloed dra ek
tussen die wêreld en my bloed
meer myne, meer eie aan my as enigiets
’n sonder-naam
wat, om te vernietig
sou wees vernietiging van my:
o ondraaglike, tere, weerlose hemp van vlam.

So klink De Lange:

Wordende naak

Gevonnis sit jy stil en tuur
– herinnering se wit-en-swart –
by 'n tafeltjie, twee glase bier 
voor jou, alles helder en apart,
geen skuim wat oor 'n glasrand stort,
een sagte Nederlandse dag:
sou jy op iemand sit en wag?

Regs van jou 'n skraal man uitgevat
asof vir 'n bruilof in 'n blink
swaelstertpak, swart hare plat-
gekam. Een bier bly ongedrink.
Terwyl die son al hoër sink
– 'n vaal swaard bo die sloom kanaal –
paar vuil duiwe bo 'n katedraal.

Balling van 'n somerland immer
bewus van die bibberende pool
– 'n Stalingrad wat vyandig glimmer –
in afstand doen reeds vroeg geskool.
Ligtende iepe 'n nerf op die horison.
Die stoele se windverbleikte verf
is deur die skilferende son bederf,

maar jy sou heelhuids nog opstaan,
jou van daardie middag losmaak
en deur 'n paar ervarings gaan:
gedigte skryf, 'n man versaak,
'n sterfte of twee deurmaak,
'n vuurproef in 'n vreemde land,
'n Spook het Emily Brönte gebrand?

Was dit die moeite werd, of nie?
Sou jy dit anders nou beplan,
of wag jy soos in 'n kiekie
op die grys gestalte van 'n man
wat wel sou opdaag as hy kon,
maar neergepen tot spookgesig
loop in elke slaaplose gedig?


II

Halflyf na die kamera gedraai
glimlag jy swartogig, uitdagend,
die stoel teen jou waai,
een hand half ingedagte
onder jou hare ingesteek,
son wat in jou brons glas sak.
Die ander staan onaangeraak.

Die dag het omgeswaai, tref jou
uit 'n ander hoek. 'n Skadu val lankuit
oor die gruis. Dis koeler nou.
Die man sit by sy eerste bruid;
en jy sit smeulend waar jy sit
hierdie verminderende uur wat yk,
vermink, maar bly, en nie sal wyk.

Harold Bloom se teks Agon word tereg beskryf as ‘n studie van revisionisme. Hierdie literatuurkenner gebruik die Gnostiek, Freud en Wallace Stevens, onder andere, om die komplekse gesprek tussen digters te verduidelik: die “naamlose dinge” waarvan Van Wyk Louw praat in “Die swart luiperd”.

   Vir Harold Bloom is ‘n literêre teks nie net ‘n teks nie. Hy wys daarop dat die referensiële aspek van die teks – met ander woorde, die héénwysing na ander tekste – gemaskeer en gemedieer is. En hierdie draers van verhulling, aldus Bloom, is altyd ‘n ander gedig. Alles is dus vir hom in sy woorde “mediated revision”. Johann de Lange in Bloom se terme, is die digter waardeur die leser sowel Louw as Cussons kan begryp (1982: viii).
   Agon beteken konflik, verbale dispuut en in antieke Griekeland was dit ‘n wedstryd waarin figure mekaar moes troef met die beste voordragte.
   Die titel van hierdie lesing is Van Wyk Louw en die kanon. Watter leeskaarte moet die leser gebruik om die komplekse gesprek, die terug- en vooruitwysing, aan te stip? Daar is besluit op vier teoretici, te wete Harold Bloom, Frank Kermode, Melanie Klein en Slavoj Žižek.


III. Waarom die Gnostiek en waarom Harold Bloom?

Harold Bloom bekyk in al sy vele studies die stryd tussen digters wat hy beskryf met die begrip “misprision”, wat nie dui op ‘n verkeerde lesing nie, maar die onmoont-likheid om die oerdigter te troef. Die leser op haar beurt is weer gewikkel in ‘n proses van “misreading” wat dui op die komplekse proses om ‘n finale of sluitende lesing of interpretasie van ‘n teks te maak. Bloom se studie oor “revisionism” en die Kabbala is waarskynlik van die mees inspirerende en oorspronklike benaderings tot die digkuns. Die Gnostiek (van die woord gnostikos) verwys na religieuse oortuigings en spirituele praktyke bekend aan die vroeë Christendom, Hellenistiese Judaïsme, Grieks-Romeinse religie, Zoroastrianisme – waaroor Bloom skryf en die NeoPlato-nisme. Gnostiek of Gnosis is ‘n esoteriese geloof wat onder meer glo in die bevryding van die beperkende materiële wêreld. ‘n Demiurg het die wêreld geskep. Hierdie demiurg is ‘n onvolmaakte wese en Bloom se lesings van Milton is by uitstek gerig op hierdie demiurg wat soms Satan, Adam Kadmon, Saklas of Yahweh genoem word. Sekere sektes sien Jesus as ‘n beliggaming om gnosis na die aarde te bring. Dit bestaan uit die Pleroma (totaliteit – ons het ‘n bundel in Afrikaans van P.W. Buys met hierdie titel) en die Bythos (diepte). Alle tekste oor die Gnostiek (en Bloom veral) beklemtoon die dualisme van hierdie denkrigting. [1]
   In die Gnostiese mites is daar Sophia (wat letterlik wysheid beteken), die demiurg se moeder, wat deel uitmaak van die Pleroma of Volheid. In haar poging om iets te skep, skenk sy geboorte aan die demiurg wat sy in ‘n wolk toedraai. Die demiurg, volgens hierdie mite, is alleen, ontken die moederfiguur. Hy dink dat net hy bestaan en is onbewus van die vele spirituele vlakke.
   In die tweede hoofstuk van Agon wat heet “Catastrophe Creation: Gnosis, Kabbalah and Blake” beskryf hy die oneindige God-heid (Ain-Soph) wat kreasie moontlik maak deur sy eie self-beperking. Bloom beskryf dit as die Tzimtzum (“the holding-in of the divine breath”) wat ‘n kataklisme tot gevolg het, die sogenaamde Shevirath ha-kelim (Breaking of the Vessels) (1982: 72).
   Vir Harold Bloom is Freud (eerder as Jung) nader aan die Gnostiek, omdat hy meer dualisties dink. Die doodsdrif, aldus Bloom, word dan ‘n ruimte waar katastrofe en kreatiwiteit een word (Bloom: 89). Freud maak alle interpretasies moontlik, omdat hy in Bloom se terme ‘n sterk skrywer is. Dieselfde geld Van Wyk Louw wat alle interpretasies van die Gnostiek, tot Freud en ander kan verduur. Hierom is daar sprake van die agnostiek, in die vorme van negasie, kontraksie en repressie (Bloom: 98).
   Das Unbewusste – soos Freud dit noem – is beweeglik en veranderlik.
   Die agon (contest) tussen digters (111) vind ons in die gesprek tussen Louw en sy navolgers, Cussons en De Lange. Freud wys daarop dat die ego nie van homself kan wegvlug nie; ook die digter kan nie wegkom van reaksies of voltooiings van die self nie (114). Louw kan dus nie weens sy posisie in die kanon en sy verbintenis met hierdie digters die reaksie verwerp nie. Hierdie digters praat in sy trope, volg hom na en “voltooi” sy halwe kring.
   “A person tropes in order to tell many-colored rather than white lies to himself” (119), waarsku Bloom, en sowel Cussons as De Lange beweeg in die weefsel van sy tekste in. Die verdediging van die ego, en meer spesifiek, die digterlike ego (120) is ‘n komplekse proses. Hierdie prosesse vind uiteraard op ‘n onbewuste vlak plaas en Cussons veral was voortdurend in haar lewe bewus van die feit dat sy altyd as ‘n student (en selfs naskrywer) van Louw gesien is. Vermoedelik wou sy om hierdie rede nie deelneem aan J.C. Steyn se biografie oor Louw nie. Sy het ook in persoonlike onderhoude vertel dat sy gedigte aan Louw “gegee” het en in ‘n persoonlike gesprek aan my, kort voor haar dood, dat haar bundel Die swart kombuis vóór Tristia geskryf is. Sy het ook gevoel dat die Afrikaanse letterkunde te veel klem geplaas het op ‘n werklike verhouding, terwyl dit haar insiens eerder ‘n mentorsverhouding was.
Die digter De Lange tree só in gesprek met Louw en Cussons:

Uit die welgevormde

1
Sy was die een
wat wordende naak om-
draai & arms oorkruis

twee borste wys
wat gelykvol
in sjampanjeglase pas:

bewys jy nie dáár
reeds dat uit die volmaakte
steeds kuns te hale was?

2

Donkerogig skik sy haar op die divan,
’n sfinks in die kamer van spieëls.
Die interessante tulband & klein
sagte geborduurde slippers
verdoesel meer as wat dit laat sien.

In hierdie gedig palinodeer De Lange die beroemde “Ars poetica” van Louw uit Tristia. [2]

Uit die gevormde literatuur
is nooit weer poësie te maak nie,
uit die ongevormde wél:

Louw se opmerking wat uiteraard ironies bedoel is, gesien die veelheid van intertekste wat Louw self in sy digkuns aanwend, kry binne ‘n Gnostiese benadering ‘n ander betekenis. By Louw is dit “suiwer wiskunde” (‘n gedig uit Nuwe verse), by De Lange ‘n “algebra van nood”. En, natuurlik die beroemde verse uit Gestaltes en diere, veral die inleidende sonnet “Kamer van spieëls” uit die “Drie diere”-siklus en  “Sfinks” word hier ingebed.
   Ook hierdie gedig val in twee dele uiteen: ‘n beeld en ‘n toepassing; die oorspronk-like digter en die digter wat naskryf. Die twee-vlakkigheid wat die Pleroma (totaliteit) en Bythos (diepte) aktiveer. Ons keer deur hierdie gedig terug om die werklike diepte van Van Wyk Louw se digkuns te begryp:

Drie diere

I. Kamer van spieëls  

Ná die skipbreuk van alle sekerheid
in hierdie bitter jare het ek gelê, verstil,
tussen swart spieëls wat die kamer nagtelik wyd
laat glim het, vlak aan dun vlak, rondom die spil
van my grys bed, en ek was radeloos gedink
oor al die pyn en die mens se wrede spel.
Toe ’t ’n skriklike vermoede uit die blink
duister en uit die grou spieëls gewel;
en telkens het ’n skemerwand gegloei
met lig wat geen afskynsel was van aardse
lig, maar kort en bleek in die dieptes bloei
van die glas self; en in die nederwaartse
stort van al my dink en glans ontdaan
het ek in die glans ’n groot dier sien staan.


Ook in De Lange se “Karoolandskap: ‘n Portret” word die gesprek met Louw op twee vlakke geaktiveer. Is die oog (wat in die oorspronklike vers ‘n kroeg beteken) dalk hier die derdeoog?

Karoolandskap: ’n Portret

Tant’-Tolie-met-die-kanker Dowe-Peet
Oum Henrie & Oum-Appie-Slagkraal
kom
kom staan
kom staan fiets
kom staan fiets voor
kom staan fiets voor my
oog

Die postmodernisme is by uitstek besig om die gesprek, die sang en teensang tussen digters en gedigte voor te stel. Maar wat ons interesseer in hierdie ondersoek, is eerder wat tussen gedigte gebeur of tussen die twee foto’s waarvan De Lange ‘n uitsonderlike vers gemaak het. Die postmodernisme ontken immers die spirituele en Gnostiese prosesse van die digkuns.


IV. Frank Kermode en die “unconcealedness”

Die Brits-gebore Frank Kermode (in lewe ook Charles Eliot Norton Professor of Poetry by Harvard) gee ‘n ander invalshoek op die digkuns. In sy bekende An appetite for poetry (1989) skryf hy oor die kanon, die Bybel as narratief en oor Wallace Stevens. Waar Bloom die Kabbalistiese prosesse uitwys, beskou hy Wallace Stevens as “the priest of the invisible”. Kermode in navolging van Heidegger beskryf die alētheia oftewel die “unconcealedness” wat tussen tekste skuilhou (1989: 89).
Van Wyk Louw is immers die priester van die onsienlike of die metafisika. Wanneer die digter sy bekende Abélard skryf – wat in Die halwe kring opgeneem word – sal dit later ander reaksies ontlok.

In sy essay oor T.S. Eliot wys Kermode daarop dat Bloom regdeur sy kritiese lewe die werk van Eliot verminder het. Dieselfde geld Helen Vendler, die gesiene Amerikaanse kritikus, wat nooit na Eliot se seminale werke verwys nie, hoewel Bloom darem in later jare na “Ash Wednesday” as “crucial crisis ode” verwys met Walt Whitman as Eliot se voorloper (“precursor”) (1989: 100). Eliot se verengelsing, sy afswering van sy Amerikaanse wortels, wat eweneens skerp kritiek ontlok het van ‘n digter soos Williams Carlos Williams, het waarskynlik ‘n invloed gehad op die resepsie van Eliot as ‘n soort “verraaier”.

N.P. van Wyk verlaat ook Suid-Afrika vir ‘n tydelike akademiese verblyf in Amsterdam wat op twee vlakke ‘n belangrike ervaring was. Uit hierdie tydperk ontstaan sy magistrale bundel Tristia (1962) en ontmoet hy die digter Sheila Cussons met wie hy veral ‘n mentorsverhouding aanknoop. Hierdie digterlike gesprek sou dan uiteindelik aanleiding gee tot een van die belangrikste gesprekke in die Afrikaanse digkuns

Abélard

Jou oë het aandagtig stil geword
in die middel van ons woorde,
soos in die wingerd as die wind gaan lê
en skielik van die silwerende, verstoorde
blare geen enkele ritsel nie; –
toe ’t ons geweet ons sou moet swerwe
met liefde tussen vreug en pyn
tot pyn en vreugde self sou sterwe.

(…)

Hierdie gedig word “voltooi” deur Cussons met haar verruklike Heloise:

Ek het vergeet wat ons gesê het, lief,
die tyd het oud geword –
en ek lê eenkant niemand praat
daar’s niemand nie – het stil geword.
Kind wat my nooit sal ken nie
nooit en nooit nie – stief grootgeword …
Nooit weer in die krom van jou lyf
my lyf as ek slaap nie, o Abélard –
maar koud en vrugloos en alleen
in ’n huis in die wind
vroetel en nie vind nie …
ou hande in papiere papiere papiere
het kinds geword.


V. Melanie Klein en die ander stilte

In die gesprek tussen Johann de Lange en Cussons word die werk van Melanie Klein as fokus gebruik. Klein fokus op primitiewe emosies en sy beskou die thanathos of doodsdrang as die sterkste drang in die menslike psige. De Lange se gesprek met Cussons fokus op die doodsdrang en in die gedig “Laaste bieg”, waarop ons verder ingaan, word daar via ‘n droom op die dood gefokus.
   Melanie Klein (1882 – 1960), ‘n Weense psigoanalis het besondere sterk bande met Freud gehad, ofskoon sy ook sterk verskil het van sekere van sy standpunte. Sy is gebore in Oostenryk, maar behoort tot die Britse psigoanalise. Sy het veral bekendheid verwerf met die sogenaamde “object relations theory”. Melanie Klein is ‘n antwoord op Freud; oor Freud se bydrae het ons reeds geskryf in die afdeling oor Bloom.

 Meira Likierman skryf insiggewend oor die werk van Merlanie Klein in haar studie Melanie Klein: her work in context (2001) en behandel veral die verhouding tussen moeder en kind. Klein se belangrikste werk in die kindersielkunde bou voort op die werk van Freud. Sy beweer dat die jong kind reeds oor ‘n superego beskik en dat die kind in sy fantasie-wêreld positiewe imago’s kan skep wat hom beskerm teen die wrede ouers. Hierdie teorie het sy ontwikkel na aanleiding van die waarneming van haar kleinkind George, wat ‘n fee geskep het wat positiewe dinge vir hom doen. Die jong kind beskik dus alreeds oor die vermoë om sowel positiewe as negatiewe imago’s te skep. Johann de Lange se “family romance” soos opgeteken in Vreemder as fiksie (1996), word gekenmerk deur verwaarlosing, vervreemding én die vertrek van die moederfiguur. Die jong kind se ambivalente ervaring van die moederfiguur word geprojekteer op die digter Cussons. Die jong kind se behoeftes word deur die moederfiguur (of substituut) vervul. Die behoeftes word geïnternaliseer as negatief of positief in die mate wat die moeder na die behoeftes kon omsien. Klein verwys na die moederbors as negatief of positief (die sogenaamde “part objects”). By die digter is die fantasie-wêreld die ruimte waar behoeftes dan as volwassene uitgewerk kan word.
   Die gedig “Gesprek” kan vanuit hierdie teoretiese premisse gelees word as die behoeftige kind se soeke na vertroosting. Op ‘n letterlike vlak is dit ‘n telefoon-gesprek en selfs verder ‘n intertekstuele gesprek met Cussons se werk. Op ‘n dieper vlak met die herhaling van die woord ‘ek’ (vier keer) en ‘my’ (tweekeer) verwys dit na die emosioneel-afhanklike kind wat steeds aanwesig bly in die fantasie-wêreld. Die verwerping deur die biologiese moeder word egter in die fantasie-lewe ómgekeer; die kind is nou die redder van die moeder wat háár beskerm selfs teen die dood. Die kind is nou één met die goeie moederbors wat vergestalt word deur die Cussons-beelde. Hierdie gedig staan egter in die teken van onsekerheid. Dit is ‘n gedig waarin die melancholie oorgaan in rou en ‘n begeerte na die dood. Die herhaling van “Dit is my stem oor die swart telefoon” (driemaal) word deur kleure soos blou en donker beklemtoon. Die uiteindelike doodsbegeerte

O siel, affodil langs die donkerstroom,
wag maar geduldig, ek kom haal jou gou.

staan los van die res van die gedigte. Die dood word hier aan die woord gestel en sal uiteindelik die spreker uit sy melancholiese toestand verlos.

Gesprek

Ek wonder wat sê die geel grammofoon
na sestig Augustusmaande vir jou?
Dit is my stem oor die swart telefoon.

Is jy eensaam in die aande, ouvrou?
Dit is my stem oor die swart telefoon.

Gisteraand was donker, vanoggend blou.
Ek wonder wat sê die geel grammofoon
soos hy draai soos hy draai en jy onthou:

op die klavier tik ‘n ou metronoom,
buite in die tuin pronk en sleep ‘n pou.

Dit is ek wat die laaste eer betoon,
vir wie die grou ganse snater en snou.
Dit is my stem oor die swart telefoon.

O siel, affodil langs die donkerstroom,
wag maar geduldig, ek kom haal jou gou.

In “Sheila Cussons: Brief aan ‘n skrywer” word die spanning tussen die goeie en slegte bors geaktiveer. Die “pure sintuie” is positief teenoor die skroeiende woorde wat die brandongeluk, met ander woorde, ‘n negatiewe ervaring oproep. Hier word ‘n  werklike brief gebruik deur die digter en ook in haar oeuvre kan hierdie spanning uitgewys word. Daar word ‘n fyn balans uitgewerk in hierdie gedig wat op die proses van transformasie en transfigurasie fokus. In die woorde van Cussons: “die swart geheim bly dig”.

Sheila Cussons: Brief aan ’n skrywer [3]

Ek is ’n baie “lyflike” wese: pure sintuig,
& minder as die puur engele, pure gees,
maar oneindig heerlik veelsydiger verwikkeld
vanweë ons “woord-het-vlees”-gewordheid.
Katoliek wórd, wanneer dit regtig met jou gebeur:
wanneer jy nie net intellektueel
maar geheel-&-al die hele ding ondergáán,
is niks anders nie as ’n herkénning
(’n meteense sién)
van die vir-jou-tot-dusver verborge,
onvermoede, bínne-heid van jouself:
“Anima naturaliter Christiana”.
Dis nie ’n “buite” nie; dis die ontdekking
& bevryding, stort & uitstroom,
van wat die hele tyd “binne” was.
Die siel is wesentlik Christelik. Maar:
het ek dit nie aan lewende lywe ervaar nie,
na my jare van flirteer met alles onder die son!
Augustinus se skroeiende woorde,
daar in die vierde eeu, is die nuutste woorde:
“U het ons harte vir U gemaak, & nooit
sal hulle rus nie tot hulle rus in U”:
Woorde wat ’n wakkerword voorafgaan ...

Christus was nie net sommer ’n man nie:
Hy is oneindig iets méér, oneindig iets ánders.
Hy is die Syn waardeur ons stroom
& deur hom stroom ook, by the same token,
al die demone, alle legendes & mites,
hemel & aarde, als van watter menslike
bewussyn daar ooit nog was, is, of sal wees.
Katoliek wees is iets wat as jy wil,
jou sal pel tot die been, sal lei
langs die hardste weë denkbaar (dánkbaar),
óp tot waar die lug te dun vir jou bloot
“natuurlikheid” is, & jou “jy”
verskrompel in vlam, tot jý jóú eindelik
vir die eerste keer werklik sien, hét, próé, ís.
Ek, lawwe lou-warm net-meer-as-mens
haas-onbeskryflike gekompliseerde
chiaroscuro-wese weet dít:
nie uit eie ervaring nie,
maar deur middel van ’n instink,
ouer – én eindeliker – as die wêreld.

In “Laaste bieg” (eweneens uit Die algebra van nood) word ‘n droomwêreld weergee. Die dood van die digter word as ‘n geboorte ervaar. Sy skryf steeds “invalletjies” neer en waarsku die digter teen die gevare van die boosheid. Hierdie gedig aktiveer die openingsverhaal in Tweede natuur waar die vertellende ek tydens dwelm-eksperimente met die duiwel slaags raak. In die tweede strofe word Cussons se “Die vlieë” geaktiveer waarin De Lange haar woorde in amberstroop doop.

Laaste bieg

vir Sheila

1
In ’n droom lê jy nadoods
pasgebore op ’n enkelbed.
Op die nagtafel ’n kalfsleer-
notaboek waarin jy vir oulaas
nog invalletjies noteer.
Flets in jou kamerjas
wil jy my waarsku,
’n laaste keer genaak: wie luister
na die duiwel se gelag
sien later nie meer die duiwel ráák.

2
Vasgevang soos ’n vlieg
in die dood se goue amber-
stroop lê die woorde
van jou laaste bieg gedoop.

Vir Melanie Klein gaan die woede oor ‘n imperfekte of gebroke wêreld terug na die onvolledige verhouding met die moederfiguur. Die jong kind val die moederfiguur sadisties aan in die fantasiewêreld – en dit veroorsaak depressie. Die sogenaamde “loss of the loved object” is dit wat die psigiese toestand bepaal en uiteindelik keer die moeder paradoksaal in die werklikheid “unharmed” terug. Daar is dus vir Klein ‘n voortdurende spanning aanwesig tussen die fantasiebelewenis en die werklikheid. Hierom word beperkinge en eindes op imago’s geprojekteer. Vir Klein is introjeksie ‘n belangrike aspek van die psigiese toestand. Hierdie twee asse, te wete die intense belewenis van die binnewêreld en die projeksie op die imago vind ons in die verhouding tussen die digter De Lange en sy tekste oor Cussons. Dit is opvallend dat die digter in Die algebra van nood driemaal oor Cussons skryf en in die aangrypende “Sheila Cussons (1922 – 2004)” word Cussons beskryf as die digter van die “ontnerfde vlees”.

Sheila Cussons (1922 - 2004)


In die ruig-soet vlees setel
ons aardse verknogtheid
aan die lyflike geneugte.
Maar vir jou was lyf méér:
‘n sintuig vir geloof,
die vlammende tong,
spraak & teenspraak.

Deur vreugde & pyn
bly jy Hom verken:
léér-ken met jou
verminkte lyf
Sy sengende vat.
Jy wis die mens
is én helder én obskuur.

Hy hét jou toe oplaas gewen,
jou Christ of the burnt men,
vir die groter avontuur
van gees: jou uit die klein
& donker vlees bevry
dat jy kan volg met angelus
& engele aan jou voet.

In wat jy skryf, jou woord
vir woord aan-
hobbel in Sy haastige
spoor hérken ons jou,
in die lewende perkament,
jou onverminkte gees:
digter van die ontnerfde vlees.

In Die algebra van nood is die spanning tussen die goeie en slegte bors ‘n “verwikkelde lyn”. By die jonger De Lange, soos in die gedig “Laatherfs” (in Snel grys fantoom) word die spanninge ikonies voorgestel in twee afdelings.

Laatherfs

1
Die dag krimp. Die klok lui stroophelder.
Die ouspens is boordensvol bottels.
Vonkend ver val die laaste blare
in goue suites, kry vergete
boeppense wyn baard in die kelder.
Die knus kombuis is skepvol skottels
heuning, room en deeg. Voëls in pare
verlaat hul neste onder geute.

Die bloed raak dun in die are,
in die mik verdor die bruin vy.
Reeds voelbaar winter se venyn,
die yl musiek van die snare.
Nou raak ook woorde skaars. Verby
met liefde, kort seisoen van pyn.


2
(Nuwemaan)

Pynig my hierdie ligtende dae,
blare blakerend teen die koue lug,
die suiniger geel van suurlemoene.
Winter sweis my uitgedeelde herfs
in witter strakker dae vas.
Die druppel wat te lank
versuim het aan die kraan
verys. Die swaels se uittog is verby.
lets onsigbaars word voltrek.

Om oor Cussons te skryf, beteken dat die digter ook oor Van Wyk Louw skryf. Cussons se tekste aktiveer immers die Gnostiese gesprek waarop Bloom wys in sy lesings van Wallace Stevens. Daardie “iets onsigbaars” wat voltrek word, is die gnostiese gesprek tussen Louw, Cussons en De Lange.


VI Žižek en “Die swart luiperd”

In “Die swart luiperd” – geskryf in 1942 – vind ‘n mens ook die Lacaniaanse spanning tussen die verbeelde, simboliese en die Reële. ‘n Mens kan Žižek se Love your Symptom. Jacques Lacan in Hollywood and out eweneens van toepassing maak op hierdie komplekse gedig wat handel oor waansin. In The pervert’s guide to the cinema verduidelik hierdie teoretikus die funksie van die “partial object” soos die glimlag van die kat in Alice in Wonderland. Dit wat buite die rede of rasionele beweeg en hierdie briljante gedig van Louw aktiveer Lacan se buikspreker, Žižek dat angs die ware, ongekonstrueerde emosie is. Louw was in vele opsigte sy tyd vooruit; of dalk is ‘n gedig (soos die onbewuste) nie gekoppel aan tyd of plek nie, soos W.H. Auden se gedig oor New York wat 9/11 voorspel…





September 1, 1939

I sit in one of the dives
On Fifty-second Street
Uncertain and afraid
As the clever hopes expire
Of a low dishonest decade:
Waves of anger and fear
Circulate over the bright
And darkened lands of the earth,
Obsessing our private lives;
The unmentionable odour of death
Offends the September night.
[…]


Van Wyk Louw fassineer my sowel as teoretikus as digter en hierom dan ten slotte ‘n vers uit Lykdigte oor Louw en Cussons wat u moet lees as my laaste bieg:

N.P. van Wyk Louw (1906 - 1970)

I

Die mise-en-scène:

'n blik op 'n steeg: 'n koue
Amsterdamse wintersdag teen
'n Kaapse herfsdag. Die gemoedstoestand:
verlies, nostalgie, 'n psigiese keerweer.


II

In 'n ander stad, op 'n ander kontinent
kon jy ongeveer drie dekades terug
met suiwerheid en presisie
'n hele digkuns herskryf.
In jou digterlike kladboek besin
oor die winterlandskap van die hart,
na verlange wat bly knaag: 'n beer
se onverdrote kap-kap in die sneeu.
"'n Ysbreker sou sneeu..."
Jy laat die beeld. Jy begin weer.
"Vir sneeu het Eskimo's
een-en-twintig of meer woorde..."
Die hart van liefde het koud
geword: soos 'n yssplinter.
Ook dít skrap jy. Met fyn potloodskrif
in die kantlyn: die beelde nog te tam.
In 'n Amsterdamse kroeg stol
twee jenever-glase heimlik onthou.


III

Die volgende dag probeer jy weer. Die burgery
se geroesemoes steur jou:"Pils!Pils!"
Jy laat jou drankie soos 'n onbestelde
versreël wag. In jou kladboek staan:
"Die mens is 'n walg." Net dit.
Boesman-tekeninge in 'n grot:
fyn, vlug - immer, immer op trek
soos 'n hart (sonder hawe). Skrap.
Hoe stel mens liefde voor?
Ons Liefde? Die liefde?
Altyd op trek soos 'n Boesman
iets gewigtigs aanstip teen 'n grot
se wand: wisent, eland, kameelperd.
Net sjamaans mag boontoe praat
namens ander. Hul towerspreuke
vertel 'n verhaal van oorwinning, dood,
trek. Klein hiërogliewe van verdriet.
Daardie dag, daardie dag toe jy, meisie in bruin
my lewe verlaat: Verlaat lewe my.



IV

Dit was Mei-fees in Amsterdam, die eerste.
Lente toe jy na my (deur die gode gestuur) 
gekom het. En winter was dit toe jy finaal
weg is. Daar was tekens, ja tekens.
Soos voetspore in die stil-stil sneeu.
'n Silwer herberg met drie vensters.
In my hand 'n klein liefdespand.
Onthou, onthou hoe jou mond trek, die lyne
om jou oë...Soek vergeefs 'n beeld
om die verdriet van weggaan te verbeeld:
"Jy't weggegaan en jy bewoon
die silwer herberg van die hart
en buite voer daar iemand merels
teen die wind". Onvoltooid.
My halwe kring soek nog vergeefs
na voltooid-heid. Kortstondig was jy:
'n Indiese somer, my middernagson.
'n Himne, my ode aan die skoonheid...
Toe die iteratief-duratief van verdriet.
Voor jou, geliefde wat nie wou bly:
toe jy na my kom, die ou-ou gek
was dit Mý-(laaste)fees in Amsterdam.


V

'n Swartbrief oor die verre oseaan
vol nuus van liefdesmoord en verraad
laat jou terugkeer na jou vaderland.
Vir ons pyn was daar geen passaat.
Die verlies van 'n jonger broer laat
jou terugkeer na jou moeder ontroosbaar.
Jy laat helaas, helaas 'n groter trooste-
loosheid agter: 'n onheilige digter
na sy heelheid soekend, soekend...
O vrou in  bruin, ek groet jou
met die helderheid van 'n digter
omgeef met eensaamheid; van eensaamheid
palindromies vir ewig deurdrenk.


VI

 Altyd die ewigheidsteken,
'n inskripsie vir jou.


VII

En sy? Die geliefde vrou?
Sy verlaat die koue herberg
vir 'n soele okerlandskap
Hier 'n nuwe taal geleer
- die lispelende s van Katalaans
nooit werklik bemeester -
buitelende seuns verwek,
'n man behaag, vertrou, bemin
en kortstondig 'n kring voltooi.



VIII

Haarself moes sy suiwer
'n brandstapel gemaak
en prewelend gebid:
"Eenmaal in 'n vuurgloed eenmaal..."
Vir dae gebloei oor hom
en 'n onbesonne verbintenis.
In swart drome helder gedroom
oor heelheid, vervulling, geluk.
Bedags na die yke op haar lyf gekyk:
die aflaat betaal ten duurste.


IX

Maar die vuur van onthou
sou bly skroei soos 'n bergbrand
met versreëls soos skarrelende skilpaaie,
en in vele slapelose nagte
sou sy ongeposte briewe skryf -
sy adres immers ónbekend,
die bestemming vaag -
aan hom:" Jy had nie gelyk
oor die intellek of God; ons
is nie net 'n gedagte of Idee.
Ons is Gees, soekend na Hom."
Soek 'n rymwoord vir verduur.
Die fyn membraan tussen hulle
kon selfs die dood nie ophef.
Sou hy kon voel hoe sy aan hom dink,
steeds met sy idees worstel?
Twee paar oë wat een sou word.


X

Ek helaas, kan net by benadering skryf
'n afleiding maak, wederregtelik inkyk
op hierdie Abélard en sy Heloise
oor 'n liefde groter as woorde:


XI

"Mens kan net eenmaal iets so volmaak
soos die ewigheid van 'n gedig ervaar,
net eenkeer liefde so onhoudbaar,
so volledig, so volmaak, so totaal,
in iets broos soos 'n roos vertaal."


XII

Die digteres plaas haar pen neer.
'n Kaapse herfsdag gloei soos vuur.



Endnote:

1. Carl Gustav Jung het in 1916 ‘n kort studie oor die Gnostiek geskryf wat heet: The seven sermons to the Dead (Septem Sermones ad Mortuos). Dit verskyn in 1961 as ‘n endnoot tot sy beroemde Memories, Dreams, Reflections (1961). Vir Jung is die mistiese identifikasie met God ook ‘n gevaarlike tendens om met die onbewuste te identi-fiseer. Die gevaar is dat ons wil identifiseer met die onbewuste omdat ons dink dat dit aan ons behoort.

2. Indien ons die teks postmodernisties benader, sal ons soos volg lees:
   Die gebruik van die begrip “palinodes” speel eweneens in op die “Ars poetica” van Louw; ook hier word verskilende gedigte se betekenisse gebanaliseer en woorde teen sig gedraai.
   Dit is nie nou meer die wingerd wat geprys word nie, maar woorde.
   Die stylfigure, te wete palinode, pastiche en parodie, toon sterk ooreenkomste veral wat betref die verhouding tot die oerteks. In aldrie gevalle word daar in gesprek getree met die oorspronlike teks. Die palinode is ‘n teensang, ‘n deskant. Die pastiche is ‘n soort “remix”, ‘n tegniek waar die oorspronklike teks nog na aan die oorspronklike staan en in ‘n nuwe vorm aangebied word. Maar die oorspronklike teks staan steeds sterker uit. Die parodie is die mees komplekse vorm van gesprek of interteks. Dit kan enersyds spotspraak of debunking wees; andersyds is die parodie ‘n generiese term wat sowel die palinode as pastiche akkommodeer as ‘n stylsoort waarin daar in gesprek getree word met ouer teks. Die palinode heraktiveer die oorspronklike. By Van Wyk Louw is dit “miskien”; by De Lange word dit “stellig”.
Die vormlike aspek word nageboots, maar die debunking of teensang vind in die kritiese antwoord plaas asof die digter die ideologie van die oorspronklike wil verminder of  “verbeter”. Terselfdertyd gee die gedig ook erkenning aan die oorspronklike vers deur dit bykans te kloon of met nuwe energie te laai.
Daar is dus ‘n stip-kyk na die oorspronklike gedig: die fiets kom staan dus nie meer voor die oog (kroeg) soos in die eerste vers nie, maar voor die oog (die blik).

3. Afskrifte van hierdie korrespondensie is in die besit van De Lange en Amanda Botha beoog ‘n publikasie van hierdie briewe. Die gedig is gebaseer op ‘n brief aan die digter Johan van Wyk.


Bibliografie:

Bloom, Harold. 1982. Agon. Towards a theory of revisionism.  Oxford: Oxford University Press.

1973. The anxiety of influence. New Haven: Yale University Press.

1982. The breaking of the vessels. Chicago: University of Chicago Press.

Cussons, Sheila. 1970. Plektrum. Kaapstad: Tafelberg.
                           
1978. Die swart kombuis. Kaapstad: Tafelberg.

2006. Versamelde gedigte. Kaapstad: Tafelberg.

De Lange, Johann. 1982. Akwarelle van die dors. Kaapstad: Human & Rousseau.

                        2009. Die algebra van noodKaapstad: Human & Rousseau.

                        1991. Nagsweet. Johannesburg: Taurus.

                        1986. Snel grys fantoom. Kaapstad: Human & Rousseau.

                        2000. Tweede natuur. Kaapstad: Human & Rousseau.

                        1993. Vleiswond. Kaapstad: Human & Rousseau.

                        1996. Vreemder as fiksie. Kaapstad: Human & Rousseau.

                        1984. Waterwoestyn. Kaapstad: Human & Rousseau.

                        1995.  Wat sag is vergaan. Kaapstad: Human & Rousseau.

                        1990. Wordende naak. Pretoria: Haum-Literêr.

Genette, G. 1997. Paratexts: Thresholds of InterpretationVertaal deur Jane E. Lewin. Cambridge: Cambridge University Press.

Hambidge, Joan. 2000. Lykdigte. Kaapstad: Human & Rousseau.

Jung, C.G. 1961. Memories, Dreams, Reflections.  Red. Aniela Jaffé. Londen: Collins.

Kermode, Frank. 1990. An appetite for poetry. Essays in literary interpretation. Londen: Fontana Press.

Likierman, Meira. 2001. Melanie Klein: Her work in context. Londen: Continuum.

Louw, N.P. van Wyk. 1962. Tristia. Kaapstad: Human & Rousseau.

1988. Versamelde gedigte. Kaapstad: Tafelberg en Human & Rousseau.

Nel, Adéle: “Liggaam, teks en parateks in Antjie Krog se Verweerskrif”. Litnet Akademies, Jaargang 5 (3) – Desember 2008.

Pelser, A. C. Die literêre biografie – ‘n terreinverkenning. Pretoria: UP (MA). http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-08272002-142815/unrestricted/dissertation.pdf Besoek 22 Mei 2012.

Steyn, J.C. 1998. N.P. van Wyk Louw ‘n lewensverhaal. Kaapstad: Tafelberg.

Van Gorp, H. 1991. Lexicon van literaire termen. Groningen: Wolters-Noordhoff.

Žižek, Slavoj: The pervert’s guide to the cinema. DVD.
1992. Love your Symptom. Jacques Lacan in Hollywood and out. Londen:
Routledge.

http://www.newkabbalah.com/gnos.html

Gnosticism and the Kabbalah

Gnosticism refers to a group of second century self-defined Christian sects that were regarded as heretical by the early church. Scholars have differed regarding the identity and defining characteristics of Gnosticism. Some point, for example, to its dualism of good and evil, others to its theories regarding the aeons, and the demiurge, etc. However, a congress of such scholars, organized in 1966, to consider the origins of Gnosticism (the Congress of Messina) distinguished between "gnosis" in general as "knowledge of the divine mysteries reserved for an elite" and "Gnosticism" proper which is characterized by the notion that a divine spark has fallen into our world, is entrapped in the soul of man, and must be awakened by a divine aspect or counterpart of the self so that it can be raised and reintegrated with the divine sphere. Also essential to the Gnostic world-view is the idea that the peripheral aspects of the divine, often called Sophia (feminine Wisdom) enter into a crisis which produced a debased world.

It is of note that the theory of the divine spark in man, which is never explicitly formulated in the literature of the early Kabbalah, becomes a central concept in the Kabbalah of Isaac Luria. In the Lurianic scheme the spark or "sparks" become enmeshed in the lower worlds as a result of the cosmic catastrophe known as the "breaking of the vessels." This catastrophe itself has its analogy in the Crisis of Sophia, which in Gnostic theosophy is the outermost aeon or emanation of the infinite God. Here, however, we should note that both in Gnosticism and Lurianic Kabbalah the resolution of the cosmic crisis only occurs with the return of the "sparks" to the infinite God.

For the Kabbalah, which is considerably less alienated from this world than Gnosticism, the raising of the sparks is at once an ethical, political and psychological event which is deemed to be a joint venture between God and Man. The sparks, according to the Lurianists will only be raised when humanity conforms its behavior to the divine commandments, when the Jewish exiles are returned to the land of Israel, and when individual's discover the "roots" of their own souls. For Gnosticism, such redemption is almost wholly an inner, psychological process. This psychologization of the world's redemption, was adopted, but only in part, by the Lurianic Kabbalah and the Hasidim, and can shed important light on the Kabbalistic/Hasidic theory of the soul.

For the Gnostics, the divine spark present in man is entrapped in an evil realm of shadows, which is a close parallel to the Kabbalist's Sitra Achra (the "Other Side"). This spark, in the guise of individual men, is unaware of its true origins, but nevertheless possesses an unconscious desire to return to its divine home. The divine spark thereby constitutes the individual's essential but forgotten reality.

The Gnostics held that the material, empirical, human being is essentially an illusion that envelops, indeed imprisons, the inner, true self. It is only by acquiring knowledge or "memory" (in the Platonic sense of anamnesis) of this inner self that the Gnostic devotee can free himself from this hostile world and achieve ultimate spiritual fulfillment. While the Kabbalists held a similar view regarding the "sparks," their Jewish commitment to the world's essential goofness led them to transform the sparks doctrine into a vehicle for world-redemption.

For the Gnostics, knowledge (gnosos) is not achieved through a purely cognitive procedure. Gnostic knowledge is first and foremost knowledge of the heart; it is an experience of spiritual regeneration, of immediate salvation. It is in essence, the awakening of the long-dormant inner, divine self. Meditation, dialectic, and reflection are all useful in preparing the intellect, but the intervention of a divine luminous power creating a profound emotional experience is necessary to create the image of the "essential man" which is consubstantial with the divine world. Filoramo, in noting the emotional component of this gnosos, tells us that Gnostic knowledge is erotic knowledge that somehow rises above itself, a characterization that brings Gnosos very close to contemporary psychoanalysis.

All of these ideas are found in relatively unaltered form in the Lurianic Kabbalah and in the writings of the Hasidim that are based on Luria's ideas. The existence of an inner divine self (Tzelem, image, or "Godly soul") in the Kabbalah, which acts as a forgotten "celestial counterpart" to a man's empirical ego, is common to both of these traditions, as is the idea of the necessary awakening of this inner self and its ultimate reunion with the infinite divine principle. This awakening occurs, according to the Kabbalists, only through a person's attaining a deep, abiding, emotional/spiritual knowledge of his true self, and is achievable only when an "arousal from above" compliments man's own "arousal from below."

Many of these ideas are also present in the philosophies of India, which generally regard the empirical ego as an illusion enveloping man's true, divine self (Atman). What differentiates the Indian tradition, from Gnosticism and Kabbalah, however, is that only for the latter two is the journey of the divine spark, or inner self, placed in the context of a historical drama of apocalyptic proportions. In India, a particular Hindu or Jainist achieves enlightenment or he does not; either his Atman has finished with its series of Karmic reincarnations or its travels continue. For Gnosos and the Kabbalah the redemption of a single soul is ultimately connected to the historical redemption of the Godhead and the entire world. The Gnostics and Kabbalists, we might say, are much more in a hurry than their Hindu or Buddhist counterparts, and as such, their theories take on a far more dynamic character than those of India. The Hindus narrate no cosmic drama of the fall of a divine spark into the world of men and have little to say about the need to redeem Brahmam itself through the acts of mankind.

While Kabbalah shares with Gnosticism a dramatic, historical point of view, it differs from it with regard to one crucial idea: the value that it places on the world of human fate and endeavor. The Gnostics, in common with most (but not all) of the traditions of India were decidedly anti-cosmic. This world, they held, was a horrific realm of shadow and evil, which at all costs must be escaped. Indeed the creation of the world is conceived in Gnosticism as resulting from the arrogance of an ignorant demiurge who himself is regarded as evil. Needless to say, this is hardly the view of the Lurianic Kabbalists. For them, the extraction (birur) of the sparks (netzotzim) from the husks (Kelippot) results in the elevation and sanctification of this world and not, as in Gnosis, in its abandonment. For the Kabbalah, this world is indeed a mixture of good and evil. The evil in this world causes it to sink into the realmof darkness (the Sitra Achra) and the good in it can cause it to rise back into higher more divine realms. The purpose of restoring the individual to his Tzelem or Godly self is not so that he can escape a vale of tears, but so that he can perform his role in the world's restoration and repair (Tikkun Haolam). This crucial difference between Gnosticism and the Kabbalah makes for an important difference in their view of humanity; with respect to this world , the Gnostic is completely hostile and alienated, a true stranger; the Kabbalist, on the other hand, is merely estranged; for him a rapprochement is both possible and desirable.

The difference between Gnosticism and the Lurianic Kabbalah is crucial for a proper understanding of Carl Jung's relationship to both of these traditions. Jung has frequently been called a Gnostic, but insofar as Gnosticism is hostile to this world as well as to the human ego, Jungian psychology is actually more Kabbalistic than Gnostic. (see Jung and the Kabbalah ). The Kabbalah and Gnosticism is the subject of Chapter 5 of Kabbalistic Metaphors, pp. 152-184, and is treated in connection with C. G. Jung in Chapter 8, pp. 294-6 and 298-99. The Lurianic Kabbalah is treated in detail in Sanford Drob's Symbols of the Kabbalah and Kabbalistic Metaphors .

All material on New Kabbalah website (c) Sanford L. Drob, 2001. The Lurianic Kabbalah.

(c) Joan Hambidge