Dolf
van Niekerk – Portrette in my gang. Protea Boekhuis, 2015. ISBN 978-1-4853-0230-8 (gedrukte boek) /
ISBN 978-1-4853-0231-5 (e-boek) / ISBN 978-1-4853-0482-1 (ePub)
Resensent:
Joan Hambidge
Dolf
van Niekerk se Nag op ‘n kaal plein (2006) en sy verse oor die Karoo bly
állergunstelinge vir hierdie leser.
Op
die voorblad van die jongste bundel Portrette in my gang word ‘n afdruk
van die moeder, aan wie die bundel opgedra word, weergegee. Daardie portrette
van die swygende voorouers wat in die gang van 'n ou huis hang en 'n verlede
opvang langs die breede en smalle weg, word hiermee geaktiveer.
Die
portretvers is ‘n gedig wat aansluit by die tradisie van die beelddig, ‘n vers
wat oor ‘n beroemde of bekende persoon handel. In hierdie bundel word die
portret sowel gekoppel aan die intiem-persoonlike, te wete die moederfiguur, en
aan beroemdes soos filosowe, skrywers, musici en kunstenaars met 'n hoogtepunt
oor Dostojefski (21). Vanselfsprekend is daar ook ‘n slotvers wat “Selfportret”
(62) heet: dit wat die digter oor ander skryf, kan ook op hóm van toepassing
gemaak word:
Kan
die gesig tog sê,
moet
ek eers leer wie ek is?
beelde
aan die vergetelheid ontruk
vorm,
kleur en lyn
aan
‘n enigma gee?
In
‘n gedig soos “nobilis” word die portrettering van Raphael weergegee. Die Mona
Lisa is die al-vrou. Michelangelo, Van Gogh, Itzhak Perlman, Domingo, Mehta,
o.a. kom aan bod in 'n ryk, geskakeerde bundel wat die stommiteite van die
massamens uitdaag via Ortega y Gasset.
Dit
is 'n sterk filosofiese bundel wat die “diktators en handeldrywers in die niks
– /monsterspruite van geheiligde -ismes” kritiseer (33). Hierdie idee speel in
op die werk van bekende Afrikaanse filosowe, Fanie de Beer en Danie Goosen. Die
digter self is eweneens bekend vir sy filosofiese werk oor Dostojefski. In die
hele bundel is daar 'n spanning te bespeur tussen die filosofie en die digkuns
soos uitsonderlik verwoord in “Muse” (34).
“Nagwind”(43)
tree in gesprek met Adriaan Roland Holst; “Slaap” parodieer Malherbe, met 'n
ironiese wending (49). Klaas Geswind en Die Weduwee Viljee gooi 'n draai in “Langs
die see” (57). Van Wyk Louw se halwe kring word voltooi (14). Nietzsche word
aan die woord gestel:
alles
keer in siklusse terug,
alle
syn herhaal sigself
deur
die tyd, wat was word nou
en
nou is môre soos dit was. (16)
Hiermee
sluit hy aan by die tradisie van intertekste wat nou hoogty vier, maar in die
geheel is sy verse modernisties; in hul eie spel afgesluit.
“Wind
word winde van veranderinge”, dui op 'n veranderde wêreld waaroor die digter
besin (24), 'n gedig wat sterk resoneer met ons huidige geestesklimaat van
onrus en protes.
“Mastos”,
'n sentrale vers oor die moederfiguur, wat hy nooit geken het nie, word die
basis van die digterskap (18):
Vergulde
bronsraam, ovaal.
Gepatineer;
agter geboë glas
die
bolyf van ’n vrou
in
somerbloes, oop voorkop
onder
sober swart kapsel;
alkante
in kleiner rame
twee
kinders, haar skenking
aan
die lewe. Voortydig afgesny,
dat
sy onbekend vir my moes bly.
Verskyn
verbeeld in prosa
en
poësie; woorde word gees,
gesig,
hande, borste
en
oë; oplaas litanieë
vir
die onsterflike onvoltooid.
“Oestyd”,
29 handel oor GA Watermeyer wie se digterstalent opgedoek is deur die
reklamewêreld, ja, hy wat so aangrypend kon dig oor die liefde se bitter glas
en die reën in die voorwinter.
“(D)ie
nou se durende verlede” kan as 'n mantra in hierdie bundel gesien word en hoe
niks uiteindelik verbygaan nie.
Ook
die ekologie kom aan bod (Karoo: “Swartberg”, 30) en Kruie en plante selfs word
in 'n portret verewig.
Of
hy dig oor die panta rei of die Karoo of nadink oor waar hy vandaan kom,
bly Dolf van Niekerk se jongste bundel 'n beleë, waardige toevoeging tot sy
oeuvre en tot ons Afrikaanse digkuns. Daar is 'n misterie en soeke na die “God
wat Is” en 'n wete dat lewe (soos die dood) 'n sirkelgang is.
Daar
is hartgrypende verse waarin kruie, die vag van 'n skaap, die reuk van 'n
Karoo raak beskryf word. Met 'n vertaling van die Onse Vader uit Aramees via
Engels.
Oplaas
leer hy van Carl Jung:
Wat
jy sien kan jy nie navors nie,
die
eintlike gebeure lê diep verborge,
deur
almal beleef, deur niemand waargeneem. (“Circa 1933”, 55).
Hierdie
úitstekende bundel illustreer 'n fyn balans tussen konkrete beeld en
filosofiese idee wat nooit onder blote abstraksies swig nie. Telkens keer 'n
mens terug na 'n vers wat met onderstelling werk en met elke herlees iets nuuts
verklap.
(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunning van Beeld)