Tuesday, November 3, 2015

Joan Hambidge - Helderberg, Mauritius [Gedig]

Monument in Mauritius ter herdenking van die Helderberg slagoffers

Helderberg, Mauritius
 
Jens Friis
 
Marmer teen witsand:
kobaltblou-see.
Bougainvilleas,
hibiskus-
bome.
Op 'n eiland
in die Indiese oseaan
160 mense
se reis onder-
breek.
Geen blomme
of kranse hier.
Die kaptein verplig,
'n onwillige Julius Caesar,
om die gedoemde tuig
te stuur sodat
Edwill van Aarde se program
genoodsein word: vermiste vlug ...
Riaan Cruywagen berig
grootste lugramp nóg
vir SAL en op 'n Saterdagmiddag
stap ek elders tussen bougainvilleas
met geen witsand of see
aan die wonder oor hoé op aarde
word so 'n teerling gewerp
in 'n ándersoortige Rubikon?
 
© Joan Hambidge