Dag 1
Die jaarlikse
ICLA-kongres vind in Wenen plaas. Ek besluit om ’n referaat aan te bied oor die
simboliek van blomme in die digkuns van Emily Dickinson. “Lost in translation”
noem ek dit én hoe enige vertaling uit ’n ander letterkundige sisteem in
gebreke bly om haar “korrek” te vertaal.
Vertaling as
verraad. Vertaling as ’n soeke na die “cross over”. Vertaling as appropriasie.
Vertaling as sin maak, toe-eien.
Die
referaatvoorstel word aanvaar en ’n week voor die kongres oor Komparatisme reis
ek via Parys na Wenen. Premier Economic Class op Air France is uitstekend.
Goeie diens en heerlike wyn met ’n sjarmante Fransman (uit Marokko) langs my.
Ek lees ’n
speurverhaal. Die Franse lugwaardinne is beeldskoon en behulpsaam.
Die reis is
uitputtend. Op sowel Charles de Gaulle as die Weense lughawe – beide nuut –
moet ’n mens vir lang ente stap. In Parys selfs ’n treintjie om by ’n ander
gebou uit te kom.
Na
vier-en-twintig uur en vier minute is ek in Wenen. Die reisigers (na orals en
nêrens) stamp jou uit die pad. (Is hierdie kulturele kode korrek? Ons sal
sien.)
Wissel geld
om. Ontdek so by my kool $50 van vorige reis in my rugsak!
Die hotel se
taxi kom my afhaal. Hier staan ’n ongeskikte man (op sy sel) en begin stap.
Sonder om te groet.
“Hoi. Hanou.
Hokaai ounooi se pêre, waar gaan ons heen?”
“Na buite ...
dis vier minute se stap.”
“Ek wag hier
vir jou. Gaan haal asseblief jou motor.” My rugsak (met blomme op, gedenk ED)
is swaar. ’n Ekstra sak met vars klere en boeke knor ook. Na ’n lang reis en
stap deur lughawens gaan ek nie nou buite ook verder stap nie.
Ek wag. Hy ry
verby. Ek wuif. Hy draai om.
Ek klim in die
swart Mercedes. Hy begin skel.
“Ek het nie
geweet jy moes hier wag nie ...”
Hy bliksem my
tas in die kattebak.
Nou dink ek aan Coco Chanel se beroemde woorde: “Ek gee nie om wat jy van my dink nie; ek dink nie eens aan jou nie.”
Nou dink ek aan Coco Chanel se beroemde woorde: “Ek gee nie om wat jy van my dink nie; ek dink nie eens aan jou nie.”
Terwyl hy skel
en knor en blaf, ignoreer ek hom.
Die selfoon in
die motor lui. Hy gil op die vrou aan die ander kant.
Die swye word
agter in die motor bewaar. Ek gedra my soos ’n adellike.
“Waar kom u
vandaan?”, vra ek, omdat hy bepaald nie Oostenryks lyk nie.
“Van Egipte.”
En dit breek die ys toe ek vertel van my reise deur Egipte en hoeveel ek van
Luxor hou.
“Ja, maar dis
nou gevaarlik.” Ek dink hoe ek en my voormalige geliefde in die suide van
Egipte na Israel per bus gereis het – ’n jaar later, op dieselfde roete is
buitelanders doodgeskiet.
Klein en
sjarmant.
Die kamer is
perfek. Die ekstensies werk.
Ek is moeg. Na
’n dag se reis is my lyf gedaan.
’n Mens
vergeet hoe reis alles uit jou haal en hoe erg die poorte van oorgang is: van
lughawens na bestemming. Oomblikke van liminaliteit en geen sekerhede om aan
vas te hou nie.
Jy is ontset.
Van koers af. Jy het eintlik al vergeet watter harde werk reis is. Jou tas
gluur jou verwytend aan oor die jongste beproewinge. Jy skil die
pastiekomhulsel af. Alles lyk goed in die tas. Net die waspoeier het sneeumerke
in jou sak gelaat.
Jy besluit om
te gaan dut.
Die slaap op
die vliegtuie was rusteloos. Vele kere waarskuwings dat die sitplekgordels vas
moet bly.
’n Paar uur
later skrik jy wakker. Verfris.
Jy pak jou
klere uit.
Plaas boeke op die tafeltjie. Stort. Stap na die ontvangs, drink koffie en bespreek ’n reis vir die Saterdagaand: Wenen-in-die-nag. Jy moet die stad nou betree en die stad verken.
Ek stap om die
hoek na die Einstein-kafee. Eet kaas Frankfurters met tjips.
Reis het
bepaald nie ’n maklike formule nie, glo my. E=m2 geld nie nou
nie.
Wenen in die
aand. ’n Reis per bus om die belangrikste bakens te sien. Ek maak notas. Die
bus het net 8 mense wat deelneem aan hierdie reis oor die Donou, die paleise,
standbeelde.
Beethoven se
huise. As rustelose siel het hy dikwels verhuis. Die Strauss-huise. Hier het
Mozart Don Giovanni die eerste keer opgevoer. Daar het Strauss nie gedans nie.
Hier het Beethoven tot laatnag getimmer aan Fidelio. Daar kan jy ’n boottrip
meemaak oor die Donou.
Daar is
warempel ’n ambulans vir katte in Wenen. En orals veeartse wat net in katte
spesialiseer!
’n Restaurant
heet Lumen. Hoe gepas.
Die hoogtepunt
van die aand is die Wiener Riesenrad.
Ons sit in ’n
aparte karretjie. Voor ons is daar mense wat eet by ’n spesiaal gedekte tafel.
Twee lovers sit alleen. Reg voor my ’n ma met twee jong kinders. Ek wuif vir
hulle en toe ons stilstaan neem ek ’n foto van hulle en hulle lag. Hulle neem
weer ’n foto van my.
Daar was oorspronklik 30 gondolas – soos dit heet – en tydens WOII is die Riesenrad beskadig; nou is daar net 15 waentjies oor.
Ek kyk af op
die pretpark. Daar is jillende jongelinge op ’n figuur-8 tuimeltrein (roller coaster). Twee figure draai
gillend vasgeklem in ’n masjien wat op en af beweeg. Ek onthou hoe ek en Johann
de Lange in ons jeug by die Pretoria-skou op die ratelende big dipper ons adrenalien-vlakke beproef het. Vreesloos dit bestyg
het. Wel Johann, nie ek nie.
(WienerRiesenrad - Wikipedia, the free encyclopedia. Besoek 17 Julie 2016)
Hierdie ikoniese groot wiel (Wiener Riesenrad) sien ons natuurlik in The third man (1949) en in die James Bond-film The living daylights (1987).
Hierdie ikoniese groot wiel (Wiener Riesenrad) sien ons natuurlik in The third man (1949) en in die James Bond-film The living daylights (1987).
Rondom die
vervaardiging van The third man is
daar ’n toer ontwerp waar jy selfs in die stad se tonnels kan inbeweeg.
Carol Reed se
beroemde film met Orson Welles in die hoofrol, en draaiboek deur Graham Greene,
bly bepaald ’n klassiek.
Met die Harry
Lime-tema. Anton Karas se lied word ook in ’n restaurant gespeel. Orson Wells
het die stank in die ondergrondse tonnels oordadig gevind en ’n waagarties moes
namens hom optree.
(ViennaWalking Tour/ In the Footsteps of TheThird Man - Vienna | Viator. Besoek 17 Julie 2016).
Na die bustoer gaan ons na ’n wynlandgoed. ’n Aandjie van wyn. Twee manne op ’n viool en trekklavier speel Weense gunstelinge.
Na die bustoer gaan ons na ’n wynlandgoed. ’n Aandjie van wyn. Twee manne op ’n viool en trekklavier speel Weense gunstelinge.
Toeriste van
oralsoor klap en sing met die Radetsky-mars.
Net ’n eerste
kennismaking met die stad.
Die wyn is
jonk, maar goed. ’n Heute wyn.
Dag 3
Dag 3
Dis Sondag. Ek eet 'n brekfis in die hotel. Begin dan afstap (sowat drie blokke) na Freud se museum op die Berggasse. Dis kos tien euro.
Freud se studeerkamer
Die museum is in 1971 gestig deur Anna Freud met die hulp van die stad, Wenen en word beskou as een van die belangrikste intellektuele argiewe.
’n Mens moet wag weens te veel besoekers, maar ’n gawe egpaar laat my toe om eerste deur die bruin deure te stap. Hier het mense vir terapie gekom, totdat Freud na Londen moes vlug toe die Nazi's die stad beset het. Vir ongeveer 200 00 euro's kon hy vlug en sy beroemde sofa saam neem. Hieroor het ek gedig in my bundel Meditasies:
Freud se studeerkamer
Die museum is in 1971 gestig deur Anna Freud met die hulp van die stad, Wenen en word beskou as een van die belangrikste intellektuele argiewe.
’n Mens moet wag weens te veel besoekers, maar ’n gawe egpaar laat my toe om eerste deur die bruin deure te stap. Hier het mense vir terapie gekom, totdat Freud na Londen moes vlug toe die Nazi's die stad beset het. Vir ongeveer 200 00 euro's kon hy vlug en sy beroemde sofa saam neem. Hieroor het ek gedig in my bundel Meditasies:
Waar id is, sal ego wees.
Op hierdie
sofa,
ikonies
uitgestal in ’n museum
met totems
daarneffens,
het Sigmund
Freud die onbewuste
glo ontdek:
om te praat,
te droom, grappe te vertel,
deur raaisels
veral,
verraai ons
glo iets
van ons ware
aard.
Om jou tong
uit te sny,
jou stil te
maak,
iets wat die
digter vrees?
Ek lê my neer
op Papa Freud
se beroemde
sofa,
virtueel
beskikbaar,
die reisende
sofa as u wil.
Maar eers die
sofa met sy donker kleure,
opgepofte
kussings,
tapytbedekking
of kelim.
Hier is
beswaardes lêgemaak,
aangehoor:
ont-vang, ont-knoop,
ont-boesem ten
aanhore van die analis,
streng en
dogmaties,
soekend na die
verdringde redes
wars van
religie.
Waak teen
identifikasie met die onbewuste
sou sy
kroonprins waarsku:
in ’n soele
droom
presies in
drie afdelings verdeel
waai die wind
twee verse weg,
en later
soekend
in die
liasseerkabinet van my komputer
is die verse
ónopspoorbaar.
In onrus
vertrek ek;
nog dieper in
die droom in
stap ’n
vrouedigter en haar gewese man
se
nou-reeds-oorlede vrou
saam-saam die
trappe af
met my as
toeskouer.
Nog verder in
die droom
– as ek reg
onthou –
verskyn Sheila
Cussons,
daardie
amper-heilige
met ’n
fotokopie
waarop skeef
afgedruk staan:
“Freud se sofa”.
Die vers het
in 2013 ontstaan.
’n Mens kry ’n
gehoorapparaat waarmee jy die verskillende kamers kan besoek. Tans is daar ’n spesiale
uitstalling: This is the stronger sex. Women in psychoanalysis.
Lou-Andreas
Salomé, Marie Bonaparte, Helene Deutsch, Anna Freud en Sabina Spielrein met
Anna Eckstein word hier vereer ten einde die sogenaamde “talking cure” te
begryp. Party van hulle was van Freud se pasiënte; Anna Freud en Deutsch het
onder hom opleiding ontvang. En so het psigoanalise begin in 1896, en versprei
na ander lande: deur Salomé na Duitsland; met Bonaparte na Frankryk; Helene Deutsch het psigoanalise in die VSA gevestig, terwyl Anna Freud in Engeland dit gevestig het. Spielrein het weer
die Russiese vertolker geword.
Daar is ook ’n
klein “tuisfilm”, soos Anna Freud dit noem, waar die gesinslede van Freud
uitgebeeld word. Sy liefde vir honde (o.a. twee Sjinese keeshonde en ’n pekinees)
sien ons met balletjies speel. Sy liefde vir sy kinders en kleinkinders: o.a. filmmateriaal
van Lucian Freud wat later die beroemde skilder sou word, onder andere van
windhonde!
(Terwyl
verskeie mense die film beskou, is daar ’n lastige kind wat hard praat. Ek gee
vir die ouers een van my beroemde humba-blikke
en goddank, tot almal se verligting is hulle uit by die deur.)
Ons sien sy
suster wat in ’n konsentrasiekamp gesterf het en beelde van sy moeder, sy vrou
en Ernst Jones.
Freud het dit
gehaat om afgeneem te word. Hy was baie lief vir reis en dikwels kon die gesin
in somertye in beroemde spas of in Tirool bly waar hy onder andere Totem and
taboo geskryf het.
Die gawe opsigter laat my toe om te skryf in die psigoanalise biblioteek, langs ’n beeld van Freud wat ’n streng blik op my werp. Amper asof hy wil sê: reis bring altyd nuwe insigte na vore. Dis hoekom ek altyd na Egipte en omstreke gereis het.
(Sigmund Freud Museum. Besoek 17 Julie
2016)
Freud het ook straf
gerook terwyl hy geskryf het. Toe hy ernstig siek geraak het en nie meer kon
rook nie, weens mondkanker, het hy al hoe moeiliker geskryf. Hier in die museum
sien ons hoe Anna Eckstein die verminderde rol van vroue aangespreek het. Sy
had ’n lelike neus en na ’n operasie, was die neus nog meer ontwrig.
Die besoeker
word vertel hoe Freud sy kollega Breuer se idee van katarsis in terapie verder
gevoer het met vrye assosiasie.
Anna Freud het
haar vader se werk uitgebou. Sy is bekroon met ’n doktorsgraad aan Yale en in
1967 het Elizabeth II haar met die ‘Commander of the Order of the British
Empire’ vereer.
Wenen is ’n
oorrompelende stad. Dit bekoor, maar jy is voortdurend bewus dat jy hier in ’n stad
van kruispunte beweeg: die Nazi-besetting in die WOII; Beethoven, Mozart,
Freud, Wittgenstein, Klimt.
Bad Timing van Nicolas Roeg met Art Garfunkel as die
psigoanalis en Roeg se eggenoot, die verleidelike Theresa Russell bly ’n
besondere film wat in hierdie stad afspeel.
Volgens die
psigoanalis handel dit oor wie kyk, en wie afkyk. Die storie van Alex en Milena
met Harvey Keitel as die speurder wat van Garfunkel wil weet: hoe laat het jy
vir ’n ambulans gebel?
’n Film oor
verkragting en obsessie.
Skokkende
footage.
Rondom die tyd
wat die film gemaak is, het Roeg verlief geraak op Russell, en Art Garfunkel se
geliefde, Laurie Bird, het selfdood gepleeg.
Wat sou Freud
nie van hierdie sake gemaak het nie? Dat kuns die lewe naboots? Dat die
onbewuste sterker is as wat ons besef?
(Bad Timing - Wikipedia, the freeencyclopedia. Besoek 17 Julie 2016)
(Laurie Bird – Biography – IMDb. Besoek
17 Julie 2016)
© Joan Hambidge