Die groot semiotikus is oorlede. Met sy debuutroman Die naam van die roos (1980) het die literatuurwetenskaplike opslae gemaak. Hy het as teoretikus internasionale roem verower as romanskrywer. Hy is vertaal en die film (met Sean Connery) was 'n klaaglike mislukking wat die komplekse tekensisteem van die roman nie kon opvang nie.
Hierna het ek alles pligsgetrou gelees: Foucault se pendulum, Die eiland van die dag vantevore, Baudolino, Die misterieuse vlam van Koningin Loana, Die Praagse begraafplaas, en nooit eers Nommer zero probeer nie.
Die romans was
te veel dinkwerk; te min vuur, vir my gevoel. (Woorde Wat Weeg/ Umberto Eco -The Mysterious Flame of Queen Loana, 2005. Besoek 23.02.2016)
Sy teoretiese
studie oor die semiotiek, Die rol van die
leser (vertaal as The role of the
reader, 1979), het ek stip bestudeer.
Eco met sy onderskeiding tussen die "open" en "closed" teks
dwing die leser om presiese onderskeidings te maak. Heel plesierig het hy ook
James Bond se romanstrukture vir lesers verduidelik.
In sy beroemde Faith in fakes (1986) analiseer hy die moderne media en die aanslag op ons sinne. Hoe moet ons reageer op dit wat ons daagliks beleef en ons afstomp vir werklike en diepgrondige interpretasie? Hy verwys dan na die sogenaamde "guerrila warfare" as 'n taktiek om dit teen te werk.
Vandag, skryf
hy, behoort 'n land aan diegene wat kommunikasie en die pers beheer (135).
Massa-media vertolk nie ideologie nie; dit is alreeds ideologies.
Soos hy dit
klinkend stel: “When the mass media triumph, the human being dies”.
Hy het hom oor
'n veelheid van onderwerpe uitgelaat soos skoonheid en lelikheid; oor reise in
hiperrealiteite, oor probleme róndom vertaling, oor die oneindigheid van
lyste. As gedugte kenner van die
Middeleeue had hy waarskynlik nie sy gelyke nie.
Sy besinning
oor die skryfproses van Die naam van die
roos behoef 'n herlees. Nes sy siening van interpretasie as
"inferential walks" wat die leser maak ... Ons is besig om te
narkotiseer en weer op te blaas (“blow up”) in die leesproses.
Hierdie roman,
wat in 'n klooster in die veertiende eeu afspeel, is 'n speurverhaal vir die
literêre leser wat al die toespelings en kodes moet snap. Jy moet die moorde
oplos soos die blinne monnik, Jorge of Burgos, wat 'n verwysing is na Borges,
die groot skrywer van die labirint en die aweregse speurverhaal. Die film kon
nooit die verwysings raakvat nie en dis alom bekend dat Eco nie tevrede was met
die film nie.
William of
Baskerville is die speurder in Die naam
van die roos, ‘n toespeling op Middeleeuse filosowe.
Dertigduisend
boeke staan in sy biblioteek.
Hy is ook die skepper van die konsep anti-biblioteek. Hoe meer jy weet en lees, hoe meer boeke sal daar op jou rak staan wat ongelees is en bly. En die uitdaging van die ongelese boek, bly altyd die uitdaging.
(Umberto Eco’s Antilibrary/ Why Unread Books Are More Valuable to Our Livesthan Read Ones – Brain Pickings. Besoek 23.02.2016)
En beroemd was
hy wel. Vol lewe met sy sigaar in die hand en altyd besig om onderhoude toe te
staan die ene sprezzatura (bestudeerde nonchalantheid) soos huldeblyk in The Telegraph dit opsom. (Umberto Eco -Obituary – Telegraph. Besoek 23.02.2016)
Roubeklaers vul die binneplein van Sforza kasteel in Milaan vir die begrafnis van Umberto Eco. Foto: Matteo Bazzi/EPA
Beroemd en
skatryk was hy bepaald. Die een nadeel van roem? Jy het nie meer die luukse om
nie ‘n mening te hê nie …
Gaan kyk gerus
na sy uitsette: indrukwekkend en hierom kon die professor aan Bologne klasgee
aan Harvard, Oxford en ander belangrike akademiese ruimtes.
Romans:
Il nome della rosa (1980; English translation: The Name of the Rose, 1983)
Il pendolo di Foucault (1988; English translation: Foucault's Pendulum, 1989)
L'isola del giorno prima (1994; English translation: The Island of the Day Before, 1995)
Baudolino (2000; English translation: Baudolino, 2001)
La misteriosa fiamma della regina Loana (2004; English translation: The Mysterious Flame of Queen Loana, 2005)
Il cimitero di Praga (2010; English translation: The Prague Cemetery, 2011)
Numero zero (2015; English translation: Numero Zero, 2015)
Il pendolo di Foucault (1988; English translation: Foucault's Pendulum, 1989)
L'isola del giorno prima (1994; English translation: The Island of the Day Before, 1995)
Baudolino (2000; English translation: Baudolino, 2001)
La misteriosa fiamma della regina Loana (2004; English translation: The Mysterious Flame of Queen Loana, 2005)
Il cimitero di Praga (2010; English translation: The Prague Cemetery, 2011)
Numero zero (2015; English translation: Numero Zero, 2015)