In haar klassieke teks Break, blow, burn lees die
onverskrokke Camille Paglia 43 klassieke tekste binne die Engelse letterkunde.[1] Sowel Amerikaanse as Britse digters vind haar aandag en sy skryf sinvol or wat
sy as die "beste" gedigte in haar taal en tradisie vind. Robert
Lowell se klassieke teks "Man and wife" vind ons hier en nou onlangs
lees ek weer aan die uitgebreide biografie oor sy lewe deur die skrywer Ian Hamilton.[2]
Robert Lowell en Elizabeth Hardwick, 1977
Die gedig "Man and Wife" klink so:
Man and Wife [3]
Tamed by Miltown, we lie on Mother's bed;
the rising sun in war paint dyes us red;
in broad daylight her gilded bed-posts shine,
abandoned, almost Dionysian.
At last the trees are green on Marlborough Street,
blossoms on our magnolia ignite
the morning with their murderous five day's white.
All night I've held your hand,
as if you had
a fourth time faced the kingdom of the mad -
its hackneyed speech, its homicidal eye -
and dragged me home alive... Oh my Petite,
clearest of all God's creatures, still all air and nerve:
you were in your twenties, and I,
once hand on glass
and heart in mouth,
outdrank the Rahvs in the heat
of Greenwich Village, fainting at your feet –
too boiled and shy
and poker-faced to make a pass,
while the shrill verve
of your invective scorched the traditional South.
Now twelve years later, you turn your back.
Sleepless, you hold
your pillow to your hollows like a child,
your old-fashioned tirade –
loving, rapid, merciless –
breaks like the Atlantic Ocean on my head.
Die sentrale beeld in die gedig is:
... and I,
once hand on glass
and heart in mouth
wat die digter se verslawing en sy konfessionele gedigte
aktiveer, verse waaroor sy vriendin, die digter Elizabeth Bishop nie altyd
vrede had nie, omdat hy "werklike" mense en insidente in sy gedigte
gebruik het. Maar Lowell metaforiseer dit. Soos Paglia tereg uitwys, verwys
Miltown na 'n anti-depressant en die Rahvs was bekende intellektuele in hul
tyd. Die vrou in die gedig, die aangesprokene, is
– volgens Paglia – Elizabeth
Hardwick, o.a. die samesteller van Sontag se werk en 'n gesiene Amerikaanse
kritikus. (Sy eerste vrou was die skrywer Jean Stafford.)
Elizabeth Hardwick
Paglia aktiveer ook die Lowell familiegeskiedenis: "the
waning of New England's illustrious Lowell family into the mundane
present" word geplaas teenoor die moderne genderrolle (160). Man en vrou
is gelyk. Man is nie meer in beheer van die vrou nie.
Die "kingdom of the mad" verwys na die veelvuldige
besoeke aan institusies en die foto's van Lowell se fisieke agteruitgang is
besonder ontstellend. Paglia verwys ook na Orpheus en Eurydike en die vrou wat
die man verlos uit die hel van waansin.
Paglia wys op die spanning tussen die WASP-wêreld en die
domein van die Joodse intellektueel. Philip Rahv was mede-redakteur van die
bekende Partisan Review, 'n linkse blad wat die konserwatiewe Amerikaanse denke
binnegedring en gekritiseer het. Die digter val neer voor die vrou se voete,
maak haar parodies die hof en Paglia lees Amerikaanse geskiedenis hier in: asof
die Noorde voor die Suide gekapituleer het sonder 'n skoot. Haar verdere
interessante toespelings op Amerikaanse geskiedenis is waarskynlik
oorinterpretasie, maar ek wil veral fokus op haar siening dat die gedig 'n
wonderlike "you-are-there-quality" het. Selfs al ken die leser nie
die politieke of sosiale geskiedenis nie, kan jy dit aflei uit die gedig se
toon. Lowell was tereg, soos Paglia uitwys, deel van 'n groep Amerikaanse belydenis
digters bekend om hul "ruthless exposure".
"What ultimately braces us is the poet's own modest, graceful articulateness. The poem speaks what he can't in real life. Its steady unfurling of supple syntax is a threading of the aze, a victory of humor and lucidity over madness" (163).
"What ultimately braces us is the poet's own modest, graceful articulateness. The poem speaks what he can't in real life. Its steady unfurling of supple syntax is a threading of the aze, a victory of humor and lucidity over madness" (163).
Lowell se brose geestesgesondheid word in diepte bespreek
deur Hamilton. En wanneer 'n digter hom/haarself self in 'n teks herkenbaar
maak, is die bylees van biografiese besonderhede beslis nie 'n taboe of
grensoorskrydend nie.
John Berryman en Kate Donahue
Trouens, die selfdood van Lowell se vriend John Berryman – wat
Johann de Lange in sy bundel Vaarwel, my effens bevlekte held (2012) aktiveer – gee dan aanleiding tot 'n
gedig oor Berryman wat net herken is aan sy bril en 'n blanko tjek. [4]. Daar was
egter 'n ernstige en gemene grap wat die rondte gedoen het, naamlik dat
Berryman wél 'n nota gelaat het wat so gelui het: "Your move, Cal".
(Cal was Lowell se bynaam) en hierdie gedig het hy dan geskryf oor sy vriend
Berryman:
I used to want to live
to avoid your elegy.
Yet really we had the same life,
the generic one
our generation offered...
We asked to be obsessed with writing,
and we were...
You got there first.
Just the other day,
I discovered how we differ - humor...
even in this last Dream Song,
to mock your catlike flight
from home to classes -
to leap from the bridge (Hamilton, 439).
Die gedig as 'n uitstel van sy eie selfdestruksie wat hom sy
lewe lank geteister het? Hy is dood aan 'n hartaanval en Frank Bidart, 'n
digter waaroor ek uitgebreid sal skryf, was 'n draer by sy begrafnis.
Bronne:
1. Camille Paglia. 2005. Break, blow burn. New York:
Pantheon Books.
2. Ian Hamilton. 1982. Robert Lowell - a biography. Londen:
Faber & Faber.
3. Robert Lowell. "Man and wife". Besoek 18
Januarie 2014
4. Skielik skemer
- What happen then, Mr Bones?
- I had a most marvellous piece of luck. I died.
John Berryman
Hoe dikwels het jy nie deur jou kantoorvenster
na die brug gestaar nie. Gewonder of dit jou weg
kon vat. Soos Hart Crane oor die relings
van die ss. Orizaba & in sy vaar-
waters in. Hy het glo sterk & doelgerig wéggeswem,
sy skoene netjies op die dek.
Art Hitman, skryn-
werker op kampus het jou op die brugreling sien sit,
met ‘n streep weg & teen die grein,
voor jy sonder terugkyk vooroor gekantel het
om buite sig skipbreuk te ly, die grys beton te vlek.
Uitgeken net aan jou bril & ‘n blanko tjek.
Jou laaste gedig is sonder slot: ‘n eerste weergawe
van jou dood wat jy op jou lessenaar vir Kate wou los
om te lees. Ten slotte trek jy ‘n laag-
waterlyn daardeur & smyt dit in die snippermandjie vir
Kate
om op af te kom. Maar toe was jy al oor die muur
& water onder die brug. Vaarwel, my effens bevlekte
held.