Wednesday, December 16, 2015

Reisjoernaal: Chili 2015 (Deel I)

Costanera Sentrum, Santiago

Deel I

Verlede jaar was dit Argentinië. Nou in Chili, veral om die verskillende huise van Pablo Neruda te besoek. ‘n Digterlike pelgrimstog en genadiglik het ek vir die reis betaal voordat ons die jongste aanslag teen die rand ervaar het.

Om te reis is soos om te dig. Daar is ten spyte van al die bekende dimensies veral die onbekende aspekte wat jou kan ontspoor. As jy werklik ernstig is oor dig, begin jy met elke boek van nuut af. Jy moet iets nuuts herontdek: ‘n stylfiguur, nuwe tegnieke ontgin of die ou bekende weë nuut beskryf.

Ou wyn in nuwe vate?

Jamais

Ek slaan my oë op na Groot verseboek
o waar sal my hulp vandaan kom?

My drome pleeg winkeldiefstal
in al die bloemlesings oor reise

na verre, eksotiese plekke
‘n sabbatsreis ver met name

soos Puerto Montt en Isla Nigra
waar houthakkers en waterdraers

leef met ‘n lewe vol nou
en geboorte en dood die siklus

wat alles voltooi en nooit
verwyt oor wat kon wees

of verspeelde kanse of onmin
oor ‘n verlore liefde of verbintenis

nooit nooit nooit onvergenoegd
nee tevree met die siesta

in Santiago de Chile ‘n vulkaan
sluimerend aan die voet

van die Andes se Cordilleras
wat my inperk en verwurg

oor die drome se oortredings
o waar sal my gedig vandaan kom?

My beste vriend waarsku my teen die sluimerende vulkane in Chili.

Weke voor die tyd het ek onrustige drome oor Chili. Die reis van Kaapstad tot Santiago de Chili is lank en uitmergelend. SAL is nie meer wat die was nie en die klein TV-speler is vuil. Ek vra ‘n lappie om te af te vee en die diens in besigheidsklas word sonder entoesiasme  aangebied, anders as byvoorbeeld Emirates waar bediening uitstekend is. Om vir ‘n bier te vra en te hoor dat die diens binnekort sal begin, is nie aan nie. Die matte is aan’t skif maar  die kos is steeds goed; ofskoon daar aangedui is dat ‘n dis nie beskikbaar is nie. Die uwe dring egter aan op die dis en dit land toe voor my. Met ‘n lugwaardin wat later meen dat die eise van die passasiers vir haar te erg is. Sy hoort nie in hierdie ruimte nie.

Na ‘n lange dag van vlieg Kaapstad-Johannesburg-Sao Paolo land ek in Santiago 12 uur in die nag. Terwyl dit al vyf ure later in SA is. Die Holiday Inn waar ek vertoef is reg voor die lughawe en ek stap letterlik oor die pad met my gids wat al die reiskoepons gereed het.

Toe die man met my wil geselsies aanknoop oor hoeveel mense in Kaapstad woon, is ek onmiddellik afwysend. Jammer, ek is nou te moeg om te dink.

Universeel Holiday Inn. Netjies. En helaas rookvry. Laatnag rook ek ‘n sigaret en kyk na die manjifieke Andes. Want om 6 vm moet ek woestyn op. Na die Noorde.

San Pedro de Atacama.

The Hotel Boutique Noi Casa Atacama is a very special place for the travellers that came to visit the north of Chile. Many details such as the architecture and tours make this place unique.
The hotel is very hospitable, makes the guests feel like home, the facilities are outstanding, it has swimming pool and spa where guests can relax and rest after the fun afternoon excursions, Noi Casa Atacama provides several activities for a really impressive and friendly stay.
On the subject of food the hotel has a wonderful restaurant called “La Romeria” which is characterized by typical dishes cooked with local ingredients and harvested by hand in small organic farms with flowers and vegetables. This Hotel in San Pedro de Atacama offers a bit of the typical cuisine of the area to complete the experience lodging, with excursions and also gastronomically
San Pedro De Atacama: After having seen it for the first time, most visitors give San Pedro de Atacama the nicknames of “The adobe town” or “The entrance to the desert”.

Almost 1,700 kilometers away from Santiago and 160 kilometers from the Jama International Pass (which joins it with Argentina), San Pedro de Atacama is an entrance gate to one of the largest and most arid deserts in our planet: the Atacama Desert.

Considered the archeological capital of Chile, its mountains, deserts, salt deposits, towns, lagoons, volcanoes, geysers and, especially, its people and its unusual visitors have made it a favorite destination in the last few years. Visitors cannot miss the outskirts, where the famous Tatio geysers are located and the morning sun displays a wonderful show of steams, odors and sounds. The City of San Pedro de Atacama must also be borne in mind. Its ancient main square and its church, along with its town hall, invite visitors to make a stop. But it is the brown color of adobe respected in every building which contributes with an unusual beauty. The main street is called “Caracoles” (shells). Tourists and bicycles along with hundreds of hotels, pubs and travel agencies make up a unique city both during the day and at night.


San Pedro de Atacama: a mystic and ancient spot that has managed a perfect mingle between the primitive peoples and visitors from the most remote places on Earth.

*

En inderdaad is dit ‘n maanlandskap. Ons ry ‘n uur en ‘n half tot by die NOI Casa Atacama. En hier wag twee verrassings my in.

My reisagent laat weet dat daar ‘n lughawe-strike op pad is en ek mag dalk vasgevang wees – hoe nou gemaak? Ek spot en vra vir die gawe Diego of ek kroegman hier kan speel. Na ‘n jaar van slopende opstande aan die universiteit het ek geleer dat ‘n mens gewoon met die stroom moet beweeg ...

Tweede verrassing. Die bestuuder neem my kredietkaart om die sogenaamde ekstras te dek. Min wetende hy het sommer $200 opgelaai, en ek beleef skielik die realiteit dat dit meer as R3000 is.

Onbewus dat hy soveel gelaai het, vra ek hom wat aangaan. Die misverstand blyk toe mýne te wees: hulle minimum fooi is $200!

“Is ons nog vriende?”, vra hy.
“Natuurlik. Ek het net geskrik toe ek die helse bedrag op my selfoon sien!. ‘n Mens weet hierdie dinge met jou kop, maar die realiteit is iets anders.”

Ek swem in die piscine; dit is meedoënloos warm.

Laatmiddag word ek gehaal om die maanlandskap te besoek en die flaminke by die soutpanne te bekyk. Ons ry lank en ver. Afstand, beduie die gids, is hier aan die orde van die dag. Ons ry en ry en ry. Gelukkig word die reis opgehelder met haar kennis van Neruda en Gabriela Mistral.

Die imposante Andes is neffens my met twee vulkane na regs wat glo net as die lug in blaas, en nie meer lawa nie.

Teen die aand laat weet my reisagent dat die strike gaan gebeur.

Dus sal ek langer hier moet bly en die hele impak op ‘n fyn beplande reis na die wynlande en Neruda se huise.

Ek smul aan ‘n polenta en octopus-gereg.

Die jonge sjef maan my om dit met wit wyn te drink. So gemaak, so gedaan.

Verlede jaar was daar ‘n storm by die Iguasso-valle wat my reis ook vertraag het. Nou is dit ‘n lughawe-strike.


Estación inmóvil

Hoe sou ons maak,
vra jy, as die vulkaan net as uitspoeg
en nie meer warm lawa nie?

Die Andes in haar grootsheid
lê uitgestrek soos ‘n oerdier
en die ondergrondse fonteine
voed die struike en bome
die woestyn ten spyt.

Iewers skryf Neruda
dat niks sal vergaan of weggaan
tot ons hergeboorte
uit die nie-bestaan
die orde waartoe alles
behoort en vir ewig sal behoort

in die ewige migrasie
tussen indruk en inspirasie
in San Pedro de Calama

dink ek na oor woorde
soos Tsitsikamma
kiwi-vrug
hindernis
kammakastig

en al die uitstaande destinasies
op die NOI hotel se voubiljet:

om op te hou dig
nie jou beskore
en hierdie lyngedig
spoeg ‘n vers uit
oor die bladspieël vir al die kopreise
wat ons deur soveel verbeelde Andesgebergtes onderneem het.

© Joan Hambidge


Filmresensie: Joan Hambidge skryf oor Carol (2015)

Rooney Mara & Cate Blanchett

Met Cate Blanchett, Rooney Mara, Sarah Paulson, Kyle Chandler. Regisseur: Todd Haynes

Die film Carol, bekwaam geregisseer deur Todd Haynes, ondersoek die liefde tussen vroue. Die film is oor 'n periode van elf jaar geskiet.

Britte en Amerikaners het hierdie projek saam ontwikkel. Vicki Christina Barcelona en Julia is intertekste.

Vir ons doeleindes: Cate Blanchett is hier. Een van daardie vroue met 'n vreemde skoonheid, wat aberrasie goed kan vertolk soos in Woody Allen se Blue Jasmine.

Die ontmoeting tussen twee vroue, Carol en Therese, vind plaas in 'n speelgoedwinkel wanneer Carol (Blanchett) vir haar dogtertjie 'n pop wil koop vir Kersfees. Die winkelmeisie stel 'n treinstel voor.

'n Lesbiese verhouding ontwikkel tussen haar en die jonger Therese, wat haar agtergelate handskoene terugbesorg.

Dis New York in die vyftigerjare. Kerstyd. 'n Ryk, welvarende vrou wat 'n jonger meisie se lesbiese aard ontdek. Dis 'n film van ambivalensie. Carol se vorige verhouding met 'n vrou maak haar man jaloers. Hulle staan op skei. Die man ontsien nie vuilspel wanneer hy 'n speurder aanstel (wat poseer as 'n verkoopsman) om hulle te agtervolg op 'n ontvlugtingsreis wég van NY nie. Daar is 'n eertydse minnares wat biegmoeder en redder speel.

Die film werk met heteroseksuele eise ('n huwelik met 'n kind wat die pion word in die slordige skaakspel), psigoterapie (Carol moet "genees" word), paranoia, Eisenhower praat op 'n tv-skerm, die leuen van huweliksgeluk, rykdom versus armoede en verleiding versus samespel.

Carol is die klassieke lipstiek dyke, 'n mooi vrou wat lesbies is, maar vasgevang is in 'n hetero-wêreld en ten slotte in 'n prokureurskantoor weier om teen haar grein in keuses te maak. Therese promoveer van winkelassistente tot fotograaf. 

Die storie is maar ylerig, Toegegee, dit wil 'n bepaalde periode vasvang en die kostuums en periodestukke is perfek nagevors. Van 'n haarstyl tot 'n kamera. (Therese neem graag foto's van haar geliefde Carol.)

Maar wát dit werklik 'n voortreflike rolprent maak, is in die spel tussen die vroue. Blanchett en Rooney Mara speel uitstekend as die twee geliefdes. Die jonger vrou ontwikkel van 'n meisie sonder agentskap tot een wat haar lewe beheer en 'n besluit kan neem. En die bordjies verhang. Blanchett se oë, haar stemspel en hoe sy rook, vertel alles van haar karakter.

Die sekstonele is nogal eksplisiet en dis meer as 'n gekafoefel in die donker. Is hier werklik gewoeps op die stel of nie, soos daar beweer word oor Don't look now?

En die mans, aan beide kante, staan magteloos voor die vroue se verbintenis met mekaar.
Dis 'n film wat lank na die kyk daarvan 'n mens bybly oor die pyn wat mense ervaar wanneer die samelewing sterker word as die private begeertes.

Daar is beweging tússen ordes; goed gesimboliseer deur daardie treinstelletjie in die speelgoedwinkel.

En kyk in watter dorp is die motelkamer!


(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunning van Die Burger)

Wednesday, December 9, 2015

Valerio Magrelli –The Secret Ambition. Selected poems (2015)




Valerio Magrelli –The Secret Ambition. Selected poems (Uit die Italiaans vertaal deur Douglas Reid Skinner & Marco Fazzini). African Sun Press, 2015. ISBN 978 0 620 66927 6

Resensent: Joan Hambidge

I

Valerio Magrelli is 'n Italiaanse digter wat in Rome woon. Hy is professor in Franse letterkunde aan die Universiteit van Cassino. Hy is bekroon en vertaal in Frans, Spaans, Portugees, Kroasies en in Engels. 'n Keuse van sy gedigte is gemaak en vertaal deur Douglas Reid Skinner, 'n uitstaande Engels-Suid-Afrikaanse digter en Marco Fazzini, wat onder andere Douglas Livingstone en Geoffrey Hill vertaal het. Eersgenoemde woon buite Londen; laasgenoemde werk in Venesië.

Hierdie klein publikasie bevat verse wat 'n mens bekoor. Die skryfproses staan bykans altyd voorop en die gedig buig op sy eie vorm in. Die gedig as spieëlteks of selfs as labirint. Dalk mise-en-abyme? Die leser word een met die digter wat ons innooi in sy skryfproses. Gedigte dra soms 'n titel; soms nie. Die leser word voorgestel aan 'n tere vers bykans soos slak sonder 'n skulp.

Die DNA van die digkuns word ondersoek (61) en die proses van digterlike vertaling en hoe emosie 'n gedig word, kom aan bod.

Sy gedigte word as poesia nuova (nuwe poësie) beskryf en hy het al deelgeneem aan Poetry International [1].  Hierdie digter is aangeprys deur Octavio Paz, Joseph Brodsky en Federico Fellini.

II

Oor die verhouding tussen die Italiaanse en die Engelse rendisies gaan ek my nie uitlaat nie. Oor wat "lost in translation" is of wat gewen is aan wendinge, ook nie. Die bundel lees ek "skoon". En wat 'n ongelooflike verrassing is hierdie keuse nie. Ek was laas so opgewonde oor die ontdekking van 'n nuwe digter se werk as met Leonard Nolens toe Daniel Hugo se vertalings verskyn het (lees my bespreking van 'n Digter in Antwerpen elders op my blog).

Magrelli se gedigte is oënskynlik bedrieglik eenvoudig.

By die lees van 'n onbekende digter is daar dikwels 'n kode wat die boek vir jou ontsluit. In die gedig "English suites" (77) word die gedig aan Roland Barthes opgedra, die meester van solfège. Aldus die Mirriam-Webster:
1:  the application of the sol-fa syllables to a musical scale or to a melody  2:  a singing exercise especially using sol-fa syllables; also :  practice in sight-reading vocal music using the sol-fa syllables
Barthes het die term "le grain de la voix" gebruik om iets van 'n teks se aard op te vang. Hierdie digbundel neem 'n mens ook terug na Image-Music-Text (Hill and Wang, New York, 1977). Die spreker verklaar hoe hy met Barthes moes praat oor sy tesis, maar dat hulle uiteindelik by musiek uitgekom het. Barthes vertolk Bach op die klavier en wat die spreker hier oor musiek ervaar, is van toepassing op die gedigte:

Blind obedience,
a martial art: ascesis
and a background of sound that rises evenly ...

Die leser kom telkens te staan voor 'n gedig wat sterk dissipline opeis.

For me the reason
for writing
is always the writing
of reason. (14)

Die digter self het opgemerk dat 'n nuwe boek sy eie skrywer moet vind ... en nadat dit geskryf is, moet dit die digter bemagtig wat dit geskryf het (16).

Il sangue amaro (Die bitter bloed) het in 2014 verskyn. En die gedig oor Barthes verskyn hierin. Wanneer 'n mens hierdie versameling van agter na voor lees, word die gesprek tussen die digkuns en die koerantwese ook uitgewerk. Die digter is kritikus en openbare intellektueel, soos wat Barthes dit was. Die digter bly bewus van die "carcass of the news" (69), maar in hierdie volgehoue spanning tussen aktualiteit en die gedig wat om herlees pleit, kry die gedig 'n dieper dimensie.

Om te dig, is om te vertaal. "The packer" (59) met die aanhaling van Nabokof ("What is translation? On a platter a poet's pale and glaring head") aktiveer presies dit wat die digkuns vermag. Soos iemand wat jou help verhuis en boeke oppak, is die digter besig met so 'n opruiming. Dit is (soos) bokse waarop staan breekbaar. Terwyl die buitestaander nie weet wat daarin is nie, verpak die digter waarnemings, emosies, gedagtes in 'n gedig:

This is the future, the shuttle, the metaphor,
time labouring here and over there,
transfer and trope, the removals firm.

En:

I am moving myself ...

So word Ernst van Heerden se Tyd van verhuising (Tafelberg, Kaapstad, 1975) vir die Afrikaanse leser 'n belangrike spieëlteks.

Writing degree zero (Hill and Wang, New York, 1967) vertaal deur Annette Lavers en Colin Smith is 'n ander troop vir die oopmaak van hierdie teks.

Tyd reken ook met die digter af, maar nie met die digkuns nie. Die liggaam word 'n pen en die digter bly telkens op soek na die verlore gedig.

Gedigte word gevind in drome (die dromende denke, soos Cloete dit noem) in die terugkykende oog.

Hierom is die geheime ambisie eintlik om 'n potlood te wees!

Titels van sy bundels heet:

Ora serrata retinae (Feltrinelli, 1980) Premio Mondello
Nature e Venature (Mondadori, 1987) Premio Viareggio
Esercizi di tiptologia (Mondadori, 1992) Premio Montale
Poesie e altre poesie (1980-1992) (Einaudi, 1996)
Didascalie per la lettura di un giornale (Einaudi, 1999)
Il sangue amaro (Einaudi, 2014).

Joan Hambidge

Endnote:

1. Op Poetry International se webbladsy verskyn die Engelse vertaling van "Lezione di metrica" (Lesson in meter) (Besoek 2 September 2015):

Lesson in meter

A steel comb uncurls
the notes, swirls
a sweet music of cotton
candy. Like a charmer
of snakes I'm charmed
hypnotized by the language
of sound that uncoils
while iron teeth
a rosary of hooks
tear at this butchered
carcass, and leave the listener's
heart in shreds.
It's my heart they're playing!
Quirk and stench. But break
the casing around the ballerina, and the carillon
stops, for bad taste
is its sweet harmonic shell,
a case for the baroque
pearl of affectation. Night.
Frankenstein's violin is calling.
And I myself am that musical monster
condemned to the musical wheel
of his musical nostalgia.

*

The Secret Ambition. Selected poems is beskikbaar by African Sun Press, en kan bestel word van hulle webblad.

Thursday, December 3, 2015

Joan Hambidge: Reaksie op Amanda Gouws se "Identiteit is nie die vertrekpunt" (2015)

Amanda Gouws

Brief: Die Burger, 03.12.2015

Amanda Gouws se reaksie in Die Burger (“Identiteit is nie die vertrekpunt”, 1 deser) bring ‘n paar kwessies aan bod wat ek graag hier beantwoord.

Oor die verdwene Randse Afrikaanse Universiteit en waarom Afrikaanse sprekers toe nie hewig reageer het nie. Ek onthou dit anders. Wyle professor FIJ van Rensburg en JC Steyn, en andere,  het hulle sterk uitgespreek hierteen, maar die demografie van Johannesburg kan nie met Stellenbosch vergelyk word nie. Johannesburg is ‘n sterk Engelstalige stadsgemeenskap; Stellenbosch is in die Wes-Kaap geleë met ‘n Afrikaanse gemeenskap. Dis soos om Wallonië met Vlaandere te vergelyk.

En presies waar word taal en kultuur ooit van mekaar geskei?

Sy meen Afrikaans is “verpolitiseer”. ‘n Eng siening van die geskiedenis, veral met Engels se geskiedenis as sterk bemarkers en voorstanders van konsentrasiekampe wêreldwyd. Opvallend dat Britse historici veral sterk standpunt inneem teen die Britse optrede tydens die ABO.

Sy het dit ook teen “uitheemse taalmodelle”. Wel, hierdie “uitheemse” taalmodelle is van toepassing hier te lande. Afrikaans is ‘n semi-kreoolse taal wat behoort aan hierdie land en waarom dit verpand vir Engels?

Om kultuur wat”floreer” gelyk te stel aan die taaldebat, is nie hier relevant nie. Natuurlik sal Afrikaans gepraat word en woordfeeste van krag tot krag gaan. Ons het dit egter oor die posisie van Afrikaans as wetenskapstaal, ‘n posisie wat wat wys hoe die taal getransformeer het van kombuistaal tot internasionale taal wat, nota bene, deur intellektuele in my vakgebied begryp word by internasionale kongresse, omdat hulle Duits magtig is.

Om landverlaters wat hul prysgee met die taaldebat hier te lande te wil vergelyk, is onhoudbaar. Ofskoon daar plekke in Australië en New Zeeland mense is wat steeds Afrikaans praat, was dit húl keuse om hul land te verlaat. En gaan lees gerus Danie Marais se As almal ver is (2009) oor watter impak ‘n bestaan in die vreemde op identiteit het.

As skrywer en dosent van Afrikaans en alumna van die US, neem ek standpunt in teen diegene wat ‘n sterk inheemse taal met ‘n lang skryftradisie probeer verloën. Ook onrusbarend hoe veel mense en polemici hul tans uitspreek oor taalfilosofie (en-politiek) en daar weinig van weet. Gaan lees gerus JC Steyn se klassieke teks Tuiste in eie taal (1980) en dink na hoe 'n Afrikaanse koerant ook afhanklik is van Afrikaans aan universiteite.


© Joan Hambidge