Hier is veel om te geniet; selfs vir Joan Hambidge, skryf hy.
My resensie is hier te siene: Woorde wat weeg | Resensie | Bibi Slippers & Charl-Pierre Naudé (samest.) - Nuwe stemme 6 (2017). Besoek 18 Februarie 2018.
Painter se speelse dwarsklappie - iets waaroor ek my beslis nie geërger het nie - verswyg egter dat ek etlike nuwe stemme in Afrikaans begelei het as dosent in kreatiewe skryfwerk: Carina Stander, Aniel Botha, Karen Kuhn, Hendrik J Botha, Martina Klopper, Fourie Botha, Juanita Louw, Hennie Nortjé, Michèle Betty, om enkele name te noem. As 'n aanbieder van werkswinkels aan die UK, en elders, het ek al etlike jong mense gehelp en aangespoor. Soos Corné Coetzee, byvoorbeeld.
En ek sorg dat hulle elkeen 'n unieke stem ontwikkel.
Hy wonder of ek Bruce Springsteen sal raaklees as interteks? Inderdaad. Pas my Springsteen-memoir vir my buurman gegee.
Met ander woorde: om 'n debutant te resenseer, moet insigryk, aanmoedigend wees en die persoon reg inskat. Eerder nuttige wenke bevat as die aftakeling van Ruan Fourie se debuut deur 'n gunsteling noordelike kritikus (Woorde wat weeg/ Resensie | Ruan Fourie - ‘n Ope brief aan Dorian Gray, Protea Boekhuis: 2017).
Nie dat 'n mens alles voor die voet moet en behoort goed te praat nie. Back to the drawing board, is immers 'n goeie leuse, maar Painter se meewarige resensie laat my dink aan die Facebook-polemiek twee jaar terug oor wat Lacan nou juis te make het met ons studente-opstande. Wel álles. Lacan en Kristeva was simpatisante aan die Sorbonne vir die opstandige studente van 1968.
Maar dis net 'n tersyde. Lacan se "empty speech" is dikwels van toepassing in ons openbare diskoers.
Alvorens 'n mens nuwe stemme resenseer, moet jy dalk self 'n solo-vlug onderneem het?
En daar word relatief min gepubliseer in Afrikaans? Weer 'n aanvegbare opmerking, meen die uwe.
En vir die rekord: wanneer hetero mans in verkleinwoorde praat soos "liggies" dan wil ek gil. Dis daardie patriargale hovaardigheid wat uitgewis moet word.
© Joan Hambidge