Foto: Le Roux Schoeman
All of us have a place in history. Mine
is clouds.
Richard Brautigan
"My
aard, soos 'n vonk,
is
ook onkenbaar," beskryf
jy
jouself in
Huilboek
'n
laaste testament
ongeteken.
Op
Monitor
lewer
ek 'n kort huldeblyk
oor
jou vroegoggend
in
hierdie verraderlike paradys
waar
ons steeds sing van bomme.
"Skoenmaker
hou jou by jou lees!",
sou
jy kon uitroep.
"Wat
weet jy van verlange
na
'n vaderland
wat
klou soos nga
aan
'n kietiekombers?"
My
vooraf geredigeerde
afskeidswoorde
verklap
helaas nie
hoe
ek nie trane kon keer
oor
hoe jy
voor
sonsopkoms
in
'n ander tydsone
deur
'n tonnel
beweeg
kaalvoet
tot
binne-in my grafskrif.
11 Oktober 2017
© Joan Hambidge