Thursday, October 19, 2017

Interview | Joan Hambidge in conversation with Beverly Rycroft (2017)


  • Reflect on the importance of the Ingrid Jonker prize on your career.
The Jonker prize was, first of all, affirming. I was new to the craft-work (though not the writing), of poetry, and felt shy about publishing. Four years later, I feel I have learned much more about the craft (there were things in missing I would change now, if I could). But, primarily, the IJ prize encouraged me to keep reading and learning. And gave me the confidence to continue writing. It’s easy to forget how terrifying it is to start submitting poems for public scrutiny.

  • Your title A Private Audience versus your working-title Spring Tide .
The theme of the sea, its moodiness and fluctuations, was picked up by Ben Grib, who illustrated the book. This despite us (Dryad Press and myself) having changed the title to A Private Audience by the time he received the manuscript. I was delighted Ben chose the imagery he did. The eponymous poem of the working-title Spring Tide looks at resistance and change through the extended metaphor of a tidal pool. From both personal and political aspects this felt like an apt title for the collection. But ultimately, A Private Audience, (taken from the last poem of the collection) signals more complexity and depth for me. It marks what Emily Dickinson refers to as the “hallowed” nature of what we enter when we approach poetry. Carol Anne Duffy says poetry is like a prayer. Beneath the “prayers” in this collection I hope readers will discover the sea in both its turmoil and serenity.

  • Your poems centre on a private relationship with your family. Do you see this as a “betrayal” ?
I’m glad you asked this. I’m often questioned as to how I can write about such “personal” subjects. And I suppose there is a sense in which speaking about private relationships could be seen as a betrayal. (Though in this era of Facebook, Instagram and Twitter, it’s pretty difficult to keep secrets.)

Ultimately, it’s irrelevant to me whether something (or everything) in a poem really happened or not. Readers wishing to follow this route must draw their own conclusions. My chief concern is with the common humanity emanating from the individual situation that propels a poem. “Out of the quarrels with ourselves, “ Yeats wrote, “we make poetry.” I hope the particular situations and “quarrels” I use as a starting-point, have been crafted into something more universal.

If I don’t tap the inner wall of the secret, the unspeakable, the scary and sublime, I may as well not write poetry. My father – around whom many of the poems in this collection are centred, and to whom it’s dedicated – was a deeply complex man. His saving grace was that he was broad-minded enough to own to his imperfections. This was a tone he set for his family. I hope readers will find a rounded, conflicting, puzzling and ultimately compassionate picture of humanity (not just one human being) in them.

  • List of your favourite poets
This fluctuates and expands, but here are some on the permanent list:
Emily Dickinson
Louise Glück
Philip Levine
Les Murray
Seamus Heaney
Sylvia Plath
Elizabeth Bishop

  • How do you see the SA literary scene ?
Exciting. Enlivening. The advantage of having so many languages in this country is the spectrum of rich and fresh ideas, themes and imagery it provides. From the more established English and Afrikaans poets, to Nathan Trantraal and Ronelda Kamfer’s Kaaps collections, to writers in Xhosa and Zulu etc., there are some fascinating voices.

Afrikaans poetry, I’ve recently discovered, is involved in some lively collections and debates. It’s refreshing to see people become so passionate about poetry. Until now, I’d read mostly English poems or translations. I’ve rediscovered the privilege of reading another language. I’m also (very slowly) honing up my Xhosa to get to the point where I can read that more easily. At this stage, even translations are revelatory.

There are some dynamic new voices emerging. I’m looking forward to reading Koleka Putuma’s Collective Amnesia, as I’ve watched her recite “Water” on YouTube. I think she’s someone to watch.

If I have qualms, it’s about the craft of poetry often taking second place to the speediness of publication. Sometimes I’ll read a debut poet with an exciting new voice, but feel that a little more editing and crafting could have turned what remains a good collection, into something sensational.

Presses like Modjadji, Uhlanga and Dryad evince the passion for poetry in this country, and for finding new voices. Poetry is a tough sell, but these publishers refuse to be doused by cynicism, and are injecting new life into the project.


As an aside: I remain saddened that someone like Gus Ferguson, who put so much of his life (and savings) into poetry, remains unacknowledged by the larger public. Gus has been such a generous mentor to many poets, and his own works are no less skilled for their being so humorous. In my eyes, he should be declared a National Treasure.


Sunday, October 15, 2017

Resensie | Anton A. van Niekerk - Die dood en die sin van die lewe (2017)

Anton A. van Niekerk - Die dood en die sin van die lewe. Tafelberg, 2017. ISBN: 9780624075332

Resensent: Joan Hambidge

Si vis vitam, para mortem - as jy die lewe wil bewaar, berei jouself voor vir die dood - Sigmund Freud

My bespreking van hierdie studie kom in 'n tydsgewrig van die dood. Die dood van bekende skrywers (Karel Schoeman en Ryk Hattingh) en sinnelose geweld wat uitloop op die dood. Ons dink aan Hannah Cornelius en ons dagblaaie steier onder stories oor hierdie finaliteit, soos onlangs met die Las Vegas-uitbarsting.

Die dood en die sin van die lewe van Anton A. van Niekerk is 'n belangrike boek oor hoe 'n mens die dood moet hanteer. Die outeur skryf uiters onderhoudend oor kwessies soos aborsie (o.a.) in dagblaaie, maar in die debat oor letterkundige kwessies en rassisme in 'n Toon van den Heever-verhaal, "Werkstaking by die kleigat" was hy minder oortuigend. Die reaksies van literatore bewys 'n ander leesstrategie word behoef met verhale in 'n ander konteks en tyd. (Van den Heever se “Werkstaking by die kleigat”/ Regtig nodig in Die Afrikaanse kortverhaalboek? | Litnet. Besoek 14 Oktober 2017).

Van Niekerk analiseer in hierdie boek die taboe-onderwerp van die dood op 'n uiters toeganklike en boeiende manier. Hy is 'n storie-verteller wat die verskillende sieninge oor die dood oopmaak vir die leser.

Van Niekerk illustreer sy siening van die dood deur dit te verbind aan die dood van vriende en kollegas, soos die filosoof Paul Cilliers. [1]

Dat die dood van 'n geliefde, vriend of media-persoon ons onverwags tref en sekerhede ondermyn, is 'n gegewe. Dat die dood egter die lewe begrens, is eweneens waar.  Hierdie boek is die resultaat van twintig jaar se navorsing en die oop en helder wyse waarop die filosoof via Heidegger, Sigmund Freud, Karl Barth, en vele ander, hierdie kwessie aanspreek, is lofwaardig.

In voetnote gee hy soms humoristiese verwysings - o.a. na 'n studie Die eerste vyf minute na die dood of belangrike verwysings na ander tekste oor die dood (W.J. de Klerk, byvoorbeeld). Hoe die begraafplaas 'n ghetto buite die dorp word waarheen nie alleen lyke verban word nie, maar ook die treurendes (Zygmunt Bauman se siening), laat 'n mens nadink.

Sy voortreflike analise van Tolstoi se "Die dood van Ivan Ilyich" kyk na doodsvrese en die onvermoë van die sterwende om effektief te kommunikeer. Die body in pain (Elaine Scarry, Oxford, 1985) word eweneens hier as klankbord gebruik met Ronald Blythe se inleiding tot die vertaling: "The mind becomes body bound" (84).

Die dood in die moderne en postmoderne wêreld word deeglik onder die loep geneem. Hier is die hermeneutiese Van Niekerk op sy beste, net soos in die gedeeltes oor die dood as misterie en die lewe as tragedie in die aangesig van die dood.

Sowel die gewone leser as die teoretiese of filosofiese een kry hier baie stof tot nadenke.

Ek verwys net na 'n paar kwessies wat in hierdie komplekse studie na vore kom. H.W. Rossouw se Die sin van die lewe (1981) kry nou 'n nuwe antwoord in hierdie boek.

Die Bybel, Aristoteles, Shakespeare, Freud, Achmatova, Van Wyk Louw, Derrida, Levinas, Bauman, films, idiome, raaisels, Geloof sonder sekerhede, en vele ander intertekste gee 'n diepgang aan die teks. Ons is inderdaad nie meer intellektuele pelgrims nie, maar eerder nomades (180).

"Wanneer die sterwe wins word" kyk na Dignity South Africa en bystanddood: Sean Davison se moeder (en die ellendes van huisarres met die intrede van Biskop Tutu) en die skrywer Karel Schoeman wat geweldige prominensie in die pers geniet het. Willem Landman se rol word bespreek en die komplekse reaksie van mense op Schoeman se dood bly steeds 'n gesprekspunt. [2] As filosoof en filosoof van die etiek, argumenteer hy oortuigend oor regte vir genadedood en selfdood, hoe pynlik dit ookal mag wees.

Hy beskou filosowe as wysheids- en waarheidsminnnaars (250).

Die dood is 'n horison op die lewensreis ...

Hierdie studie behoef 'n saam-lees met Cas Wepener se Die reis gaan inwaarts wat handel oor Karel Schoeman se werk en die kuns van sterwe. [3]

Dit is 'n studie wat diep in my gemoed geresoneer het weens pynlike afskeide aan geliefdes en kollegas die afgelope tyd. [4]


Endnote:

1. In Lot se vrou (Human & Rousseau, 2012) skryf ek oor Paul Cilliers se dood.

Lykdig
vir Paul Cilliers (1956 – 2011)

Kenner van Derrida,
weet jy hoe jou absence
tans vir almal ‘n groter presence dra?
Vanaand onthou ek ‘n gesprek,
vergewe my hierdie eenmalige sentimentaliteit,
toe ons as jongelinge wonder wat maak ons hier?
Jy, ‘n ingenieur-student verwerp
vervaard die dwinglandy van wette en formules,
soek jou heenkome in ‘n andersoortige stelsel:
“Waarheen is ek op pad?” en “Wie is ek?”
Jy knip jou oë, trek
jou mond:”Alles pas ineen,
perfek, soos ‘n palindroom
of woord wat slegs dit bedui
en niks, maar niks anders op hierdie swart lei.
So ongeveer kwart voor twee, twee dae
na jou onverwagse vertrek,
sprokkel ek ons gesprekke
dikwels na fpc@us.ac.za
in die finale hoop vir iets so dwingend
soos een plus een is twee,
of droom én uitreik
mag langer duur as daardie woord,
onuitspreekbaar, onbekend:
sous rature. Uitgewis, dog dáár.

2. Karel Schoeman (1939 - 2017)

Afskeid en vertrek,
stilte en eensaamheid,
die dood, 'n onbestemde land,
het jy in vele romans verken.
Jou laaste brief, star versend
aan jou prokureur, oor selfbeskikking.
As verkenner van verlating
in al sy vorme, lees ek vannag
jou laaste brief, 'n ontslag
uit hierdie lewe. Hier is dan my
afskeidsgroet aan jou, 'n heliograaf,
flitsend na jou op 'n eiland,
op reis na 'n ruimte van genade. 

3. Die reis gaan inwaarts: Die kuns van sterwe in kreatiewe werke van Karel Schoeman
Cas Wepener. SUN Media, 2017. ISBN 9781928355144. (Resensie | Cas Wepener – Die reis gaan inwaarts/ Die kuns van sterwe in kreatiewe werke van Karel Schoeman, 2017. Besoek 14 Oktober 2017)

4. Pase HJS

And poetry
sluggish in the doldrums of what happens.
- Seamus Heaney

In jou laaste brief aan Die Herder
skryf jy oor die Heilige Gees
as katalisator kort voor jy vertrek.
"Is jy bang vir die dood?", vra ek
jou op 'n dag in jou windstil kantoor.
Die rooi dagboek punteneurig
met take vir die dag: 1, 2, 3.
"Nee," antwoord jy sonder omhaal
van woorde of beelde. "Parakleet
is aanklaer, pleitbesorger én Trooster."
Daar waar jy nou is, geliefde mentor,
is dit 'n perpetuum mobile
met musiek waarna jy luister?
Waardeer hulle jou polifoniese wysheid,
wyl ons monotoon treur en verlang?
An appetite for poetry, jou cadeau aan my.
Frank Kermode oor William Empson
resoneer en troos op hierdie Paassondag:
"... we shall not look upon his like again."