Wednesday, June 26, 2013

Kerneels Breytenbach - Piekniek by Hangklip (2011)


Kerneels Breytenbach. Piekniek by Hangklip. Human & Rousseau, 2011. ISBN 9780798156035

Resensent: Joan Hambidge

‘n Literêr-teoretiese speurtog: ‘n analise van Kerneels Breytenbach se Piekniek by Hangklip

Opsomming

Kerneels Breytenbach se Piekniek by Hangklip tree in gesprek met die tradisie van die speurverhaal wat sedert E.A. Poe se The purloined letter ‘n aktiewe speurder het. Hierdie roman is egter ‘n speurverhaal sonder ‘n speurder sodat die leser in die posisie van die speurder geplaas word. Daar is etlike tegnieke wat deur Breytenbach aangewend word om hierdie effek te bewerkstellig, te wete die toespeling op Peter Weir se bekende film, Picnic at Hanging Rock en die gebruik van ‘n ouktoriële verteller wat veral in die romans van o.a. Fielding na vore kom. Hierdie verteller is outoritêr en manipuleer die vertelling met opsommings en binnetredes. Daar is ook aandagafleiers (red herrings) in die roman wat die speurverhaal vérder parodieer, soos verwysings na bekende en minder bekende Afrikaanse gedigte en werklike mense. Terselfdertyd betrek die outeur ook strategieë van twee satirici, te wete Etienne Leroux en Thomas Pynchon. Beide hierdie skrywers het in Een vir Azazel (1964) en The crying of Lot 49 (1966) die konvensionele speurverhaal se struktuur verander. Uiteindelik word Piekniek by Hangklip ook ‘n besinning oor die funksie van fiksie binne ‘n geweldgeteisterde samelewing.

Abstract

Kerneels Breytenbach’s Piekniek by Hangklip subverts the tradition of the detective novel since E. A. Poe’s The Purloined letter where there is a visible detective. Piekniek by Hangklip is a novel without a detective thereby positioning the reader as detective. Breytenbach imposes certain techniques to achieve this, namely a reference to Peter Weir’s well-known film Picnic at Hanging Rock and the use of the authorial narrator as demonstrated in the novels of Fielding. The authorial narrator is authoritarian and manipulates the story through summaries and intrusions. The detective story is parodied further by means of red herrings, for instance references to well-known and obscure Afrikaans poetry and real persons. Simultaneously strategies of well-known satirists, namely Etienne Leroux and Thomas Pynchon are also employed. Both authors undermine the structure of the conventional detective story in Een vir Azazel (1964) and The crying of Lot 49 (1966). Piekniek by Hangklip could be read as a meditation on the the role of fiction in a society marred by violence.

1 Die speurverhaal

Die speurverhaal, sedert Edgar Allen Poe se The purloined letter, het altyd ‘n speurder wat die leser se interpretasies bepaal. C. Auguste Dupin tree in Poe se klassieke verhaal, wat oorspronklik in 1844 in ‘n literêre tydskrif verskyn het, op. Die ander twee verhale waarin hierdie speurder ook ‘n rol vertolk, is The Murders in the rue morgue en The mystery of Marie Rogêt. Die verhale het oorspronklik in ‘n letterkundige tydskrif verskyn soos dit gebruiklik was in die laat negentiende eeu. Die naamlose verteller openbaar aan Dupin van die belangrikste sake en die hoof van die polisie wat by hulle aansluit, vertel dan vir Dupin van ‘n saak wat handel oor afpersing. ‘n Brief word omgeruil met ‘n ander een (die duplikaatbrief) en dit gee dan aanleiding tot die storie. Die soektog na die gesteelde brief word nie opgelos nie en hierom word Dupin gevra om hulp. Dupin vind die brief, ontvang die beloning van die polisiehoof (“Prefect”) en bely dan dat die dief besef het dat die speurders sou soek in verborge plekke en hierom is dit nie versteek nie, maar oop en bloot geplaas sodat niemand dit sou raaksien nie. Dupin besoek die minister in sy hotel. Dupin ontdek ook dat D- ‘n nuwe adres op die gesteelde brief geskryf en sy eie stempel daarop afgedruk het. Die brief is ook teruggevou. Dupin laat sy snuifdosie agter as alibi om die volgende dag te kan terugkeer na die hotel. ‘n Geweerskoot in die straat laat D- buitentoe gaan en Dupin ruil die brief om met ‘n duplikaat. Dupin herhaal dus die optrede van D-. Die speurder in hierdie verhaal is net so slu soos die dief en dupliseer sy optrede. In Kerneels Breytenbach se Piekniek by Hangklip daarenteen, weet die leser vanaf die openingstoneel wie die moordenaar is: Joshua Gumbo (van die Lucky Thirteen-sindikaat) skiet Sonja Griessel se ouers per ongeluk dood tydens ‘n mislukte kaping. 1. Sy soen haar kaper op die mond wanneer sy haar balans verloor tydens die kaping. Dit ontstig hom so dat Josua haar dan agtervolg. Hy het deur hierdie aksie sy mojo verloor. Sy vertrek Kaap toe om die traumatiese gebeure te verwerk en vestig haar op Pringlebaai. Die soektog na Sonja word deur psigologiese spanninge gekenmerk soos in Georges Simenon se Maigret-reeks waarin die speuraksie ondergeskik is aan wat tussen mense gebeur. ‘n Nuwe huis word vir haar ontwerp deur ‘n argitek en terwyl die moordenaar na haar soek, vermoor hy ook ander mense. Verskeie karakters, dikwels onbetroubaar, word aan die leser voorgestel, soos prokureurs, eiendomsagente, boukontrakteurs, swartbemagtigingsaktiviste, ‘n hermafroditiese literêre biograaf, onder andere, wat soos in ‘n Pynchon-roman die raaisel of soektog, kompliseer. (Hierop kom ons terug in afdeling 6.) Hierdie roman word egter beskryf as “’n speurverhaal sonder ‘n speurder”; daarom is die leser uiteindelik die speurder saam met die manipulerende ouktoriële verteller. (Hierop kom ons terug in afdeling 3.)

Die debat tussen Lacan en Derrida benadruk dat skryf en dood gelykgestel kan word. In hul analises van Poe se The purloined letter handel dit om die aleteia oftewel “unveiling” van verskillende maniere van interpretasie. Die doelwit van hierdie artikel is nie ‘n psigoanalitiese ontleding nie, maar eerder ‘n speurtog na die verwysings en spel met die speurverhaal. Die “Seminar on the purloined letter” opgeneem in Yale French Studies van 1972 wys op die verskillende interpretasies en Derrida se siening dat die brief (“die letter”) sowel Dupin as die psigoanalis se oog sal ontglip. Die speurverhaal se moontlikhede word steeds ontgin soos in die BBC se Sherlock Holmes-reeks waarin moderne tegnologie – soos blogs en selfone – help om die moordenaar vas te trek. Sherlock “sterf” ook in Deel II se laaste episode wat weer inspeel op Agatha Christie se Curtain: Poirot’s last case waarin Hercule Poirot aan die kaak gestel word. Verskeie reekse soos The killing wat in Seattle afspeel, werk met die kodes van die speurverhaal en vraisemblance met toespelings op werklike politieke gebeure. Umberto Eco se roman The name of the rose het eweneens in die tagtigerjare die speurverhaal ontgin met Sean Connery in die filmweergawe. Die speurverhaal word nie meer as ‘n mindere genre beskou nie en die tekste van ‘n gesiene teoretikus soos Eco bewys dit.

2 Die titel

Piekniek by Hangklip verwys na Peter Weir se rolprent Picnic at Hanging Rock (1975) met sy onseker einde. Wie is die skuldige? Die oop slot van die film laat die kyker teoretiseer oor die implikasies dat daar nooit sekerheid gevind sal word oor presies wat gebeur het nie. By Breytenbach word die skuldige van die openingstoneel aan ons bekend gestel. Ons is getuies wat toekyk hoe die verhaal ontvou. Weir se rolprent werk met ‘n oop slot en die kyker vind nie sluiting nie. Die tradisionele speur- of moordverhaal is gerig op sluiting (“closure”) met ‘n moordenaar(s) of skuldige wat deur ‘n slim speurder uitgevang word.2. Die rolprent is gebaseer op Joan Lindsay se gelyknamige roman van 1967. In die publikasie van The secret of hanging rock verduidelik Lindsay haar sieninge oor die verdwyning. Die gegewe in die oorspronklike teks is egter sterker, omdat daar nie sluiting is nie en die misterieuse aspek beklemtoon word. Dalk het die meisies in ‘n ander tyd inbeweeg, naamlik ‘n ervaring van die primordiale wêreld van die oerinwoners (aborigines). Die verduideliking van die skrywer dekonstrueer ook die gegewe dat dit ‘n werklike verhaal is, wat sowel in die roman as in die film die gegewe besonder kragtig maak. By Breytenbach is daar ook ‘n werklikheidsdimensie ingebou in die toespelings op die geweld van die moderne samelewing en verwysing na herkenbare ruimtes en mense.

3 Die vertelinstansie: ‘n ouktoriële verteller

Die subtitel van die roman lui as volg: Die geskiedenis van die avonture van Joshua Gumbo en Sonja Griessel. Geskryf in vae navolging van Henry Fielding, outeur van Joseph Andrews. In een volume.

Breytenbach skep ‘n ouktoriële verteller wat van die leser ‘n medepligtige maak met uitsprake soos “boonop weet hy nie wat ons weet nie” en met hofies wat ‘n hoofstuk voorafgaan. Jy, dus die werklike leser, word ook as liewe leser aangespreek. Dit is dus ‘n vertelling wat deurentyd kommentaar lewer op die leesproses en die gebeurlikhede soos dit ontvou. En daardie “ons” is dan eintlik die leser-as-speurder. Henry Fielding (1707 – 1754) se Joseph Andrews is ‘n duidelike interteks wat die opsomming van die verhaalgebeure verduidelik. Fielding was magistraat; Sonja is prokureur. Daar is ook toespelings op die Pamela / Shamela-parodie, te wete die antwoord op Richardson se ernstige roman, wat deur Fielding ontluister en gesatiriseer word. Die roman speel in op Etienne Leroux se Een vir Azazel (1964) met die roman se eiesinnige aanpassing van die speurverhaal. ‘n Mens dink ook aan Erica Jong se Fanny (1991), wat met die tradisie van die Fielding-roman in gesprek tree. Die verhaal van Fanny Hackabout-Jones is ‘n parodie van Fielding se werkswyse. Die ouktoriële vertelinstansie, anders as die personale verteller (derdepersoon), maak die leser deurentyd attent op die fiksionaliteit van die teks, die roman-as-konstruksie. Die sogenaamde “suspension of disbelief” word telkens opgehef en die verhaalgang word ondermyn deur hierdie soort verteller wat breuke in die verhaalgang veroorsaak. In die filmkuns versteur die montage-tegniek die verhaalgang. Culler wys daarop in Structuralist poetics (1975) dat dit ‘n bekende tegniek is van die speurverhaal vir die karakters om die aard van die speurverhaal te bespreek. By Breytenbach is dit die verteller wat hierdie funksie vervul met sy meta-kommentaar en volgens Culler kan hierdie spel met genre-konvensies gesien word as pseudo-parodie, ‘n term van Empson (1975: 150).

4 Literêre toespelings en die implikasies van skryf

Daar is ‘n literator (hy is ‘n trassie) wat biografieë skryf, onder andere oor Abel Coetzee en Jan Senekal. Hierdie spel kry verdere ironiese dimensies veral sedert die afsterwe van J.C. Kannemeyer, die bekende biograaf, in Desember 2011. Op bladsy 414 word die spel ondermyn deur na die werklike biograaf, J.C. Kannemeyer (“die illustere J.C. Kannemeyer”) te verwys. Die verskil tussen die werkswyse van die karograaf en biograaf word hier verduidelik met die implikasie dat ‘n werklike karakter se optrede in ‘n roman fiksionele dimensies aanneem.

Karel Schoeman maak ‘n buiging, soos Barend J. Toerien met sy groot neus. Hierdie inspelings op werklike mense is eweneens ‘n tegniek wat die vraisemblance of werklikheidsdimensie van die verhaalgegewe versterk. Die leser word deur hierdie soort toespelings daarop attent gemaak dat hy/sy besig is met ‘n stuk werklikheid of reportage. Terselfdertyd is dit ook ‘n oomblik van ontluistering: ‘n biografie oor mindere letterkundige figure is onvoorstelbaar. En die verhale oor bekende skrywers soos Schoeman en Toerien (en die mites rondom hul lewens), maak van die skinderstorie ‘n feit, wat die leeservaring problematiseer. Wat is waar? Wat is verdigsel?  Op ‘n skerpsinnige wyse word die rol van die verteller en skrywende instansie geanaliseer en die talle verwysings na die bestaan van God, Boeddha, karma, die noodlot, word ‘n meditasie oor die implikasies van skryf. Flaubert se dictum oor die funksie en rol van die skrywer in ‘n verhaal, word gedekonstrueer. Die verteller meng die hele tyd in en is nooit afwesig nie, terwyl Flaubert se bekende dictum juis was dat die skrywer soos God in die natuur, orals aanwesig, maar nêrens sigbaar is nie.

Ons vind eweneens vreemde name vir karakters, so bekend aan Thomas Pynchon se werkswyse waar dit ‘n simboliese implikasie dra, soos Jaap Schvantz of Cas van Ryneveldt. (Oedipa Maas by Pynchon in The crying of Lot 49 gepubliseer in 1966, beteken: Oedipus, my ass). Daar is vele toespelings: na musiek, na kos, volksfabels en ander verhale wat bydra tot die werklikheidsdimensie van die roman.

Hierdie spel is eweneens bekend aan die filmkuns. Die films van Austin Powers parodieer James Bond en júis in sy satiriese antwoorde wys hy op die pornografie van geweld in Bond-films. Hierdie roman wil ons, soos wat Fielding gedoen het, attent maak op die werklikheid daarbuite. Hierom herken ons werklike mense, soos wyle Kobus Pienaar, aan wie die roman opgedra is. Terselfdertyd kry die karakters nuwe argetipiese status binne die opset van die roman. Die roman tree uiteindelik in gesprek met Sewe dae by die Silbersteins (1962) en veelal lewer die roman vernuftige kommentaar op die gesprek tussen Etienne Leroux en Thomas Pynchon. Fielding se siening oor hoé romans die werklikheid reflekteer. Die verwysings na Kafka en Henry James verdien verdere speurwerk oor hul sieninge van wat romans wil bereik. Nabokov is ook aanwesig: Pynchon was ‘n student van Nabokov aan die Cornell Universiteit en die bekende lesings oor die struktuur van romans soos, onder andere, Madame Bovary, Anna Karenina, Ulysses, word in die beroemde lesings verduidelik. Die roman verwys eweneens na Aristoteles se siening van oorsaak en gevolg, wat telkemale deur die verteller gedekonstrueer word.

Die roman betrek ook Die mugu (1959) en hoe toeval ‘n lewe kan verander.

Die vreemde name wat simboliese implikasies het, speel in op sowel Pynchon as Leroux se werkswyse. (Afdelings 6 en 7.) Elizabeth Dipple wys daarop dat sowel Umberto Eco as Borges die speurverhaal as ‘n “dominant metaphysical mode” sien:”the unraveling of which leads to major epistemological illustrations through which the author can impose his/her will, or at least demonstrate it to the reader” (48). So gelees, kan die speurverhaal gesien word as ‘n soort roman waarin sterk ideologiese kommentaar gemaak word in ‘n gemeenskap waar daar op ‘n daaglikse vlak uiterse geweld plaasvind en veral deur die media in besonderhede beskryf word. Plaasmoord (2010) is onder andere die titel van Karin Brynard se roman, terwyl daar ‘n toenemende aantal Afrikaanse romans binne hierdie sub-genre verskyn het die afgelope tyd, soos van Chris Karsten se Die Afreis van Abel Lotz (2012), Piet Steyn se Snoeiskêr (2008), Francois Bloemhof se Helse manier van koebaai sê (2011), Dirk Jordaan se Arendsnes (2012), om belangrike name uit te sonder. Jordaan skryf ‘n polisieroman waarin dossiere en prosedures gebruik word om die moord op te los. Die gewildheid van Deon Meyer se speurverhale, sowel binnelands as buitelands, bevestig watter belangrike plek hierdie sub-genre tans beklee nes die televisie-speurreekse soos Wallander (BBC), The Killing (VSA), Damages (VSA) en Sherlock Holmes (BBC). 

5 Aandagafleiers (Red Herrings)

Culler (1975:148) wys daarop dat die speurverhaal gesien kan word as ‘n “force of genre conventions” en dat die leesplesier opgesluit lê in die karakters se psigologiese intelligensie en ‘n oplossing in die slot waarin alles uiteindelik onthul sal word. Daar is ook ‘n patroon in hierdie soort teks, te midde van allerlei besonderhede; terselfdertyd erken hy dat hierdie patroon oortree (“violated”) of gesubverteer kan word. Die leser het wel ‘n verwagting in hierdie soort teks. Hy verwys na die vraisemblance van genre “whose fundamental device is to expose the artifice of generic conventions and expectations” (1975: 148). Die gebruik van toevallige en aweregse verwysings na die Afrikaanse digkuns, parodieer die rol van die leser as speurder vérder. In die eindnotas (erkennings) word daar verwys na Groot Verseboek, Martjie van Celliers en Opperman se Voëlvry. Die digkuns van Opperman werk ook met die speurverhaal-gegewe soos die gedig “Draaiboek” en “Blom van die baaierd”(uit Blom en baaierd, 1956).

Die slot van “Blom van die baaierd” word ‘n opsomming van die aard van die speurverhaal: ‘n analise van paranoïa en geweld in die moderne samelewing:

En hulle vind hom waar hy takkies breek
en bid om sy en Brakfontein se sonde,
om dié van Brussel, Jerusalem, en elke streek…
waar hy rooi kappertjies in al die wonde,
die halfoop oë en neusgate steek (1987: 225).

Op bladsy 16 van Piekniek by Hangklip sit die predikant, dominee Johann, sy arms om haar skouers en in sy binnespraak verwys hy na Totius (“Ons weet wat in sy gedagtes is, dat hy weet van die verlies wat soos ‘n pyl in haar brand, die Here alleen weet wat sy ly…”) wat op ‘n onluistering van Totius se bekende lykdig neerkom en met seksuele innuendo gelaai word.

Die pyn-gedagte

O Die pyn-gedagte: My kind is dood! …
dit brand soos ’n pyl in my.
Die mense sien daar niks nie van,
en die Here alleen die weet wat ek ly.
Die dae kom en die nagte gaan;
die skadu’s word lank en weer kort;
die drywerstem van my werk weerklink,
en ek gaan op my kruisweg vort (...)

Die daaropvolgende verwysing na Ina Rousseau se gedig “Eden” oor die mensepaar:”Staan daar nog in Eden êrens die mislukte tuin” word geparodieer om die sinisme van die ouktoriële verteller te beklemtoon.

Ina Rousseau

Eden
Staan daar nog in Eden êrens,
verlate soos ’n stad in puin,
met poorte grusaam toegespyker,
deur eeue die mislukte tuin?
Word daar nog die swoele dae
deur swoele skemering en nag vervang
waar donkergeel en purper vrugte
verrottend aan die takke hang?
Sprei daar ondergronds ’n netwerk
soos sierkant deur die rotse heen:
die sware, onontgonne riwwe
van goud en onikssteen?
Vloei daar deur die natgroen struike
nog met kabbeling wat ver weerklink,
die viertal glasblink waterstrome
waarvan geen sterfling drink?
Staan daar nog in Eden êrens,
verwaarloos soos ’n stad in puin,
gedoem tot langsame verrotting
deur eeue die mislukte tuin?

In Culler se terme word die leser se verwagting gesubverteer (1975: 140). Die bekendheid met Afrikaanse gedigte word binne die konteks van die speurverhaal ontluister. Terselfdertyd kan dit ook gelees word as ‘n verlange na ‘n tyd vóór gewelddadigheid.

Kuberkrakers, dieetspeurders, argitektuur, Nietzsche, Latynse frases, spirituele debatte, die soeke na jou mojo (sleng vir “movement and joy”), vertrouenswendelaars in religieuse praktyke (soos die United Church of Zambia), maak van hierdie parodies-satiriese roman ‘n ervaring wat die leser enersyds amuseer (soos ‘n verwysing na gedekonstrueerde kookkuns!) en andersyds ontstem. Die leser is voortdurend in ‘n ondergrondse netwerk van verwysings en vals of vreemde toespelings. Die sogenaamde aandagafleiers of “red herrings” neem die leser na ‘n ander werklikheid buite die teks. Veral die toespelings op die gekanoniseerde Afrikaanse digkuns veronderstel ‘n ander letterkundige sisteem, wat ver verwyder is van die konvensionele opvattings oor die digkuns. Ironies genoeg, word onder meer ‘n gedig betrek van Totius wat handel oor die gewelddadige dood van sy dogtertjie waarmee die roman ontstemmende kommentaar lewer op die ooreenkomste tussen fisiese en psigiese geweld.

6 Die gesprek met Etienne Leroux

Die partytjie in Hoofstuk XX aktiveer Leroux se Sewe dae by die Silberteins (1962). Dit is veral Een vir Azazel (1964) wat die duidelikste interteks vorm vir hierdie roman. Die bekende Quis, quid, ubi, quibus auxiliis, cur, quomodo, quando? (Wie, wat, waar, waarmee, hoekom, hoe, wanneer?) word in hierdie roman verander na: Ubi?, Quid?, Cur?, Quis?, Quibus Auxiliis?, Quomodo?, Quando? omdat die struktuur van die speurverhaal gedekonstrueer word. Die speurder is die hakkelende Demosthenes H. de Goede.

Een vir Azazel speel op die Welgevonden-landgoed af. Jock Silberstein se plaas is geskenk aan die Stigting en die skoonseun Henry van Eeden-Silberstein woon nog op die plaas. Sy vrou Salome sterf by die geboorte van haar seun, die reus Adam Kadmon, ‘n idioot. ‘n Meisie, Lila word vermoor en Demosthenes H. de Goede, die hakkelende en filosofiese speurder, ondersoek die moord. Dr. Johns begelei en verduidelik alles aan die speurder en Adam, die reus, is die sondebok wat geoffer moet word. Die gegewe verwys na die Bybelse verhaal wat opgeteken staan in Levitikus 16. 3. Die Engelse vertaling van hierdie roman heet One for the devil wat die vergeldingsaspek sterker beklemtoon.

In hierdie roman word daar verwys na die kitsch op Welgevonden. Die plastiekswaan sal ‘n “stukkie kitsch wees op die kaggelrak van hul herinnerings” (1984: 137) en in Piekniek by Hangklip word die hele kwessie van argitektuur en kitsch eweneens te berde gebring in die gesprekke met die argitek.

“Dis die kwartaallikse piekniek by die forellemeer,” sê dr. Johns. “Psigoterapeutiese ontspanningsgenot.” (1984: 175).

Hierdie passasie dra die saad vir die latere roman, Piekniek by Hangklip, soos gevind deur die leser-as-speurder. Die Meturgeman, wat as intellektuele gids optree by Leroux word in Piekniek by Hangklip vertolk deur die ouktoriële verteller wat met kwasi-wysgerige en ontluisterende opmerkings die verhaal verduidelik aan die leser. Die hakkelende Demosthenes H. de Goede word in Breytenbach se roman geparodieer met die hakkelende Joshua: “d-dalk selfs ‘n derde” (2011: 113).

7 Die gesprek met Thomas Pynchon

Thomas Pynchon se The crying of Lot 49 (1966) word beskou as ‘n baanbrekende teks binne die Amerikaanse postmodernisme. Die verhaal handel oor Oedipa Maas se hantering van die stryd tussen twee posdienste, te wete Thurn & Taxis en die Trystero. Vanaf die agtiende eeu is hierdie twee posdienste in ‘n stryd gewikkel en daar bestaan ‘n stel vervalste seëls as “bewysstuk” van hierdie stryd wat Oedipa probeer oplos in die sestigerjare in San Francisco Bay Area. Oedipa is dus die speurder wat orals tekens sien van hierdie stryd.

Die briewebokse word verdoesel as vuilgoedblikke waarop W.A.S.T.E. gegraveer is:  We await silent Tristero’s empire met ‘n ikoon wat beskryf word as ‘n “loop, triangle and trapezoid” (1982:34).

Vir ‘n duidelike aanwysing van  al die karakters in hierdie komplekse roman, is die Wikipedia handig: The Crying of Lot 49 - Wikipedia, the free encyclopedia, besoek 19/1/2012). Tanner skryf eweneens oor die karakters in Thomas Pynchon (1982).

Trystero is ‘n kreatiewe skepping van Pynchon. Wanneer Oedipa se voormalige geliefde, Pierce Inverarity, sterf, word sy die ergenaam en ontdek as ‘n soort speurder dat alles nie pluis is met Trystero nie.  

Sy is getroud met Wendell "Muncho" Maas, ‘n platejoggie in Kinneret en ‘n LSD-verslaafde. Hy is onder andere gaande oor die musiek van Sick Dick o.a. Sy het ‘n verhouding met Metzger, ‘n prokureur wat haar help met die testament. Sy regsfirma heet “Warpe, Wistfull, Kubitschek and McMingus”. Daar is ‘n “band”, The Paranoids en deur hierdie name lewer Pynchon satiriese kommentaar. Oedipa se shrink heet Dr. Hilarius en in aansluiting by Nabokov, wie se minagting vir psigoanalise bekend was, skryf hy LSD aan haar voor. 4. Verder blyk dit dat hy ‘n Nazi-dokter in Buchenwald was. Hier het hy deelgeneem aan ‘n program om Jode tot waansin te dryf. John Nefastis en Stanley Koteks is twee wetenskaplikes wat iets weet oor die Trystero, wat Oedipa probeer ontfutsel. Randolph Driblette is die regisseur van die drama The courier's tragedy, die drama wat Oedipa meemaak, omdat sy weet dat Driblette haar van inligting kan voorsien. Hy pleeg egter selfmoord. Mike Fallopian wat sy in ‘n kroeg ontmoet, blyk wel oor inligting te beskik oor die Peter Pinquid-vereniging. Genghis Cohen, ‘n filatelis, verskaf leidrade oor die ontslapene se seëlversameling. Dit is ‘n belangrike kode, omdat in die gesprekke tussen hom en Oedipa die kwessie van vervalsing na vore kom, wat die roman plaas binne die postmodernisme as ‘n konterfeitsel van die werklikheid. Professor Emory Bortz, is ‘n dosent aan San Narciso (‘n samestelling van San Francisco en narcisme), wat ‘n kenner is van Wharfinger se werk, die drama wat Oedipa sien. Hy blyk ook iets te weet oor Trystero, wat verdere onsekerheid oor die misterie in die hand werk.

Tanner wys daarop in sy studie oor Pynchon (1982: 56) dat hierdie verhaal die speurverhaal ómkeer. Die verhaal se misterie vermeerder hoe vérder dit ontwikkel, terwyl die leser juis ‘n oplossing verwag. Die naam Oedipa Maas aktiveer die eerste speurverhaal in die Westerse literatuur, te wete die Oedipus-verhaal met die oplossing van die raaisel en ondermyn dit terselfdertyd, want Maas beteken ook “my ass” en kan gelees word as ‘n bekende karakteriseringstegniek by Pynchon:“The relationship between individual and name is deliberately problematized – and caricatured –in Pynchon’s texts” (1982: 60). Elkeen wat ‘n leidraad het, wil dit nie bekend maak nie of sterf. Die speurverhaal beweeg tot sekerheid; iets wat Pynchon deliberaat omkeer: alles word juis al hoe meer duister en ingewikkeld.

In die derde hoofstuk staan daar:”Things did not delay in turning curious”(1982: 29) en daar etlike semiotiese aanwysings en leidrade gegee vir die leser, onder andere ook ‘n ikoon (1982: 34).

Hierdie ikoon (die sogenaamde “muted post horn”) word beskou as ‘n wyse van kommunikasie met diegene met onortodokse seksuele begeertes (1982: 75), die sogenaamde Inamorati Anonymous (IA). Hier skeer Pynchon die gek met geheime organisasies en kentekens wat lede van so ‘n groep kenbaar maak, soos ‘n geheime handdruk.
Die teks lewer kommentaar op die leesproses:

“Behind the initials was a metaphor, a delirium tremens, a trembling unfurrowing of the mind’s ploughshare. The saint whose water can light lamps, the clairvoyant whose lapse in recall is the breath of God, the true paranoid for whom all is organized in spheres joyful or threatening about the central pulse of himself, the dreamer whose puns probe ancient foetid shafts and tunnels of truth all act in the same special relevance to the word, or whatever it is the word is there, buffering, to protect us from” (1982: 89).

Die metafoor word gesien as iets wat sowel die leuen as die waarheid ontbloot; afhangend van jou posisie (“inside, safe, or outside, lost”).  ‘n Pornografiese eksemplaar van die drama blyk in die Vatikaan beskikbaar te wees (1982: 105). Daar is eweneens ‘n speelse verwysing na Nabokov op bladsy 101.

Die roman wentel rondom misverstande en opsetlike foute. REPORT ALL OBSCENE MAIL TO YOUR POTSMASTER, sic. (1982: 30) signifieer die onbestendigheid van alles. Selfs die poskantoor maak ‘n fout, seëls word vervals en daar is telkens verwysings na hiërogliewe wat die leser (en karakters) moet ontsyfer. Die Trystero kan nie vertrou word nie (“trust”) (1982: 70) Verder word absurde insidente gebruik om die gegewe te ontluister soos ‘n snotgooi-kompetisie en sarkastiese opmerkings word gemaak oor homoseksualiteit (1982: 50) en psigoanalise wat politiek korrektheid ondermyn. In die slot van die roman is Loren Passerine ‘n poppemeester; die verteller in hierdie roman en by Breytenbach, is eweneens ‘n soort poppemeester.

8 Piekniek by Hangklip

In sy roman Piekniek by Hangklip roep Breytenbach die werkswyses van Leroux en Pynchon op: satiriese kommentaar op die samelewing, ontluistering van pretensie, die gebruik van simboliese naamgewing, die spel met ‘n kommentariërende verteller wat herinner aan Leroux se meturgeman en ‘n spel met die struktuur van die speurverhaal. Waar Leroux die tydsorde omkeer en Pynchon die oplossing uitstel, word die leser in Piekniek by Hangklip bekendgestel aan ‘n roman sonder ‘n speurder. Dupin of Poirot kon die leser lei en die meturgeman bied ook sekerhede met sy (pseudo) filosofiese opmerkings. By Breytenbach is daar geen sekerhede meer nie. Die leser is alleen. Die leser bevind sig in ‘n gewelddadige en vyandige werklikheid.

As Flaubert gemeen het dat die skrywer soos God orals aanwesig, maar nêrens sigbaar moet wees nie, is die leser in Piekniek by Hangklip uitgelewer aan ‘n ontluisterende verteller en ‘n ontologiese onsekerheid. Dit is inderdaad ‘n “unresolvable plot”, soos Dipple die moderne roman tipeer: die speurwerk kan nooit voltooi word nie, juis omdat die roman heenwys na soveel ander tekste en ‘n herkenbare Suid-Afrikaanse werklikheid. Die verskillende tradisies van die roman vanaf die laat negentiende eeu tot die modernisme en postmodernisme word in hierdie roman byeengebring sodat Piekniek by Hangklip ook gelees kan word as ‘n roman wat kommentaar lewer op die ontwikkeling van die roman tot ‘n besef dat alle interpretasies onbestendig en “oop” bly. Die tekstuele onbewuste van hierdie roman is een van ontluistering en van ‘n ernstige besinning oor die aard van die romankuns. Daar is geen speurder nie; die leser word hierdie posisie toegeken in ‘n fassinerende speurtog. Anders as by Pynchon is daar nie meer ‘n opsie van binne/veilig, buite/onseker nie. Alles in hierdie roman staan in die teken van onveiligheid en onbegrensdheid wat die leser neem na die “potustornnost”, of ander wêreld soos Nabokov dit benoem het.

Die teks is besonder positief ontvang, maar het geen bekronings ontvang nie. Gesiene kritici soos Louise Viljoen, Thys Human, Michiel Heyns en selfs in ‘n resensie-artikel op Litnet het Izak de Vries dit aangeprys.

Waarom hierdie roman nie ten spyte van die loflike ontvangs bekroon is nie, bly ‘n onopgeloste raaisel. ‘n Ironiese raaisel, wat inspeel op Weir se film waarin die kyker bly spekuleer. In ‘n speelse artikel op Litnet: Is Piekniek by Hangklip ’n kriminele oortreding? (Izak de Vries, besoek op 17 Julie 2012) raak Izak de Vries onbewustelik aan van die probleme in hierdie teks: is dit omdat hy die reëls van die speurverhaal oortree? Is dit omdat die skuldige nie vasgetrek word en die goeie nie die bose oorwin nie?  Is dit dalk die afwesigheid van die speurder en die dekonstruksie van konvensies? 

De Vries verwys na die naam Schvantz as penis in Jiddisj (“prick”) wat dan aansluit by die naamgewing by Leroux en Pynchon soos hierbo uiteengesit. De Vries wys op die vreemde setwerk om die stotterende verteller se uitspraak op te vang as nog ‘n leesversperring. Soos hy dit dan opsom: “Breytenbach steek tong uit vir die leser, verál vir die leser wat ’n foutlose krimi soek.” 

Louise Viljoen bespreek die roman op Litnet: “Piekniek by Hangklip seepgladde plesier” op 8 September 2011 (besoek op 17 Julie 2012). Sy skryf: “Henry Fielding, wat eintlik ’n dramaturg was, het begin om romans te skryf toe hy wou reageer op die buitensporige sukses van Samuel Richardson se melodramatiese briefroman Pamela, or Virtue Rewarded van 1740, waarin die jonge Pamela Andrews ’n eindelose stryd het om haar kuisheid teen haar werkgewer te verdedig. Fielding se parodie met die titel An Apology for the Life of Mrs Shamela Andrews het gewys dat die kuise Pamela eintlik glad nie so voorbeeldig was nie.” 

Michiel Heyns resenseer die roman vir Beeld & Die Burger in Oktober (besoek op 17 Julie 2012) en wys eweneens op die pakkende gegewe in die roman. Thys Human se resensie heet “Tarantino in die Overstrand” in Beeld 9/10/2011 (besoek op 18 Julie 2012) is eweneens positief oor die aweregse aanslag van hierdie roman. Hy wys op die eksterne verteller se toetrede om van die raaisels in die verhaal op te los en ag die verwysing na Fielding as ‘n belangrike leidraad. 

In sy voorwoord tot dié roman gebruik Fielding die term komiese epos (“comic epic poem in prose”) om na die aard van die werk te verwys:

“[A] comic romance is a comic epic-poem in prose; differing from comedy, as the serious epic from tragedy; its action being more extended and comprehensive; containing a much larger circle of incidents, and introducing a greater variety of characters. 

It differs from the serious romance in its fable and action, in this: that as in the one these are grave and solemn, so in the other they are light and ridiculous; it differs in its characters, by introducing persons of inferior rank, and consequently of inferior manners, whereas the grave romance sets the highest before us; lastly in its sentiments and diction; by preserving the ludicrous instead of the sublime.”

Umberto Eco se slotwoorde in The name of the rose is hier tersaaklik: ”It is cold in the scriptorium, my thumb aches. I leave this manuscript, I do not know for whom; I no longer know what it is about: stat rosa pristine nomine, nomina nuda tenemus”…

Joan Hambidge
Kaapstad: Desember 2011 – September 2012


Bibliografie

Bloemhof, Francois. 2011. Helse manier van koebaai sê. Kaapstad: Human & Rousseau.

Brink, A.P. 2000. Groot verseboek 2000. Kaapstad: Tafelberg.

Bowers, Fredson (red.). 1980. Nabokov, Vladimir: Lectures on literature. Londen: Weidenfeld and Nicholson.

Breytenbach, Kerneels. 2011. Piekniek by Hangklip. Kaapstad: Human & Rousseau.

Brynard, Karin. 2010. Plaasmoord. Kaapstad: Human & Rousseau.

Christie, A., 1975. Curtain : Poirot's last case. 1983 ed. London: Fontana.

Con Davis, Robert. 1986. Contemporary literary criticism. New York: Longman.

Culler, Jonathan. 1975. Structuralist poetics. Structuralism linguistics and the study of literature. Londen: Routledge & Kegan Paul.

Derrida, Jacques. 2005. Sovereignties in question. The poetics of Paul Celan. New York: Fordham University Press.

Dipple, Elizabeth. 1988. The unresolvable plot: reading contemporary fiction. Londen: Routledge.

Eco, Umberto.1983. The name of the rose.Londen: Martin Secker & Warburg.
Jordaan, Dirk. 2012. Arendsnes. Kaapstad: Tafelberg.

Jong, Erica. 1981. Fanny. Being the true history of the adventures of Fanny Hackabout-Jones. New York: Granada.

Karsten, Chris. 2010. Die afreis van Abel Lotz. Kaapstad: Human & Rousseau.

Leroux, Etienne. 1984. Die Silberstein-trilogie. Kaapstad: Human & Rousseau.

Lindsay, Joan. 1987. The secret of Hanging Rock. Londen: HarperCollins.

Mehlman. Jeffrey. 1972. “Seminar on ‘The purloined letter’ “.Yale French Studies, 48 (1972. pp. 38 – 72.

Meyer, Deon. 2011. 7 dae. Kaapstad: Human & Rousseau.

Opperman, D.J. 1987. Versamelde poësie. Kaapstad: Human & Rousseau/Tafelberg.

Poe, Edgar Allen. 1845. The gift.  Philadelphia: Carey and Hart.

Pynchon, Thomas. 1966. The crying of Lot 49. New York: J.B. Lippincott & Co. 

Steyn, Piet. 2008. Snoeiskêr. Kaapstad: Tafelberg.

Tanner, Tony. 1982. Thomas Pynchon. Contemporary writers. (reds. Malcolm Bradbury en Christopher Bigsby). New York: Methuen.

Weir, Peter. 1975. Picnic at Hanging Rock. Film (Australië).



Eindnotas:

1. In Deon Meyer se 7 Dae word die ingeligte leser ‘n leidraad gegee deur die verwysing na Leroux se Sewe dae by die Silberstein en met ‘n karakter Henry van Eeden, wat die moordenaar se identiteit beskerm.

2. Agatha Christie se Poirot (satiries vertolk deur Peter Ustinov in verskeie films) is, soos Dupin, in staat om met die oortreder te identifiseer.

3. Levitikus 16 (1953 Afrikaanse vertaling van die Bybel):
      8. En Aäron moet oor die twee bokke die lot werp, een lot vir die Here en 
           een lot vir Asásel.
      9. Dan moet Aäron die bok aanbring waar die lot vir die Here op gekom het 
          en hom as sondoffer berei;
     10. maar die bok waar die lot vir Asásel op gekom het, moet lewendig voor 
          die aangesig van die Here gestel word, om oor hom versoening te bewerk 
          deur hom vir Asásel in die woestyn te stuur.

4. Maurice Couturier in sy essay Nabokov or the cruelty of desire: a psychoanalytic reading (http://www.libraries.psu.edu/nabokov/coutnab1.htm) betrek Nabokof se negatiewe siening van Freudiaanse simboliek (besoek op 27 November 2011).

Aan Zimmmer bely hy:

Mr. Nabokov, would you tell us why it is that you detest Dr. Freud?

I think he's crude, I think he's medieval, and I don't want an elderly gentleman from Vienna with an umbrella inflicting his dreams upon me. I don't have the dreams that he discusses in his books. I don't see umbrellas in my dreams. Or balloons.

I think that the creative artist is an exile in his study, in his bedroom, in the circle of his lamplight. He's quite alone there; he's the lone wolf. As soon as he's together with somebody else he shares his secret, he shares his mystery, he shares his God with somebody else. (Vladimir Nabokov: The Interviews by Dieter E. Zimmer).


[Hierdie resensie word met vriendelike vergunning van Stilet geplaas.]

Orhan Pamuk - The museum of innocence (2010)



Orhan Pamuk. The museum of innocence. Faber & Faber, 2010. ISBN 9780571237029

Resensent: Joan Hambidge


Jy is die antropoloog van jou eie ervarings. Orhan Pamuk.

‘n Roman speel in op films, ‘n museum, die geskiedenis en lewer kommentaar op al die verskillende vlakke van die werklikheid. Boonop vertel die werklike skrywer vir ons in ‘n regte museum hoe alles inmekaar pas.

Dit gebeur in The museum of innocence van Orhan Pamuk, die Turkse skrywer en wenner van die Nobelprys vir letterkunde in 2006. Die roman van 734 bladsye bevat ‘n naamsregister. Die leser kan dus elke karakter opsoek asof jy ‘n historiese dokument lees en boonop is daar ‘n werklike museum in Istanbul wat die komplekse verhouding tussen fiksie en werklikheid vérder uitbou. Die museum is in April 2012 geopen in die historiese Çukurcuma area.

Die roman handel op die eerste vlak oor onbeantwoorde liefde. Kemal (‘n ryk besigheidsman) se liefde of eerder dalk, obsessie met Füsun (uit ‘n meer beskeie familie) word in besonderheid vertel. Objekte (soos koeldrankbottels en sigaretstompies) word vinjette vir die ervaring van die geobsedeerde verteller wat vir ons meedeel presies hoeveel keer hy haar ouers se huis besoek het net sodat hy naby aan haar kan wees. Daar was 1,593 besoeke aan die Keskin-huishouding waar hy omstreeks seweuur opgedaag het en televisie met die gesin gekyk het. 4, 213 sigaretstompies van sy geliefde het hy bewaar.



En objekte word gegaps sodat hy iets van haar kon behou. Soos hondjies bo-op die televisie of ‘n botteltjie parfuum. Hiervoor vergoed hy later deur geld agter te laat.

Op ‘n dieper vlak word dit ‘n analise van die geskiedenis van Istanbul en soos die verteller ons dan inlig, beleef ons Istanbul as “mental map”. Geboue, bakens, restaurante, die Bosphorus, moskees is alles daar. Besoekers aan die stad herken die roetes wat gevolg word. Die geskiedenis van Turkye en die invloed van Atatürk word ontleed. Ons beleef die stormagtige noodtoestand van die sewentigerjare.

Die roman is eweneens ‘n analise van die liefde en hoé seksualiteit in hierdie tyd ervaar is. Die jong vrou wat voorhuwelikse seks toestaan, “verloor” iets. Hierom moet die man met haar trou of sy word as ‘n Westerse vrou gesien. Daar word kommentaar gelewer op skoonheidskompetisies waaraan jong Turkse meisies deelneem. ‘n Mens sou die hele roman ook kon lees as ‘n analise van die verskille tussen Westerse en Turkse siening van skoonheid. Hoe mense lyk, word in besonderheid beskryf.

Die verteller is aanvanklik verloof – Sibel verlaat hom en gaan studeer in Parys, omdat sy bewus is van sy verskeurdheid. Tant Nesibe, die liefdesobsessie, Füsun se moeder, vertel hoe haar dogter moes trou om van die klad (“stain”) van die verhouding met Kelam weg te kom (385).

Sy trou dan met Feridun ‘n jong man, onbewus van Kemal se liefdesobsessie, wat graag ‘n kunsfilm wil maak. Hy hoop dat ons ryk verteller hom sal borg. Daar word ook kommentaar gelewer op Turkse films en die impak daarvan op ‘n gemeenskap. Turkse films wat dikwels melodramaties is, word geanaliseer. Hoofstuk 59 wys weer op die sterk sensuurstelsel in hierdie gemeenskap waar die filmmaker se vryheid van spraak aan bande gelê was. Fotoboekies was eweneens in die sewentigerjare ‘n ruimte waar vroue buite die patriargale orde kon beweeg. 

Grace Kelly is ‘n ikoon in hierdie roman. Hulle kyk na haar films op TV na haar dood en Kemal analiseer hoe sy geliefde reageer op hierdie skoonheid. Hierdie kragtige toneel verduidelik die verskille tussen die Westerse en Turkse vrou. 

Die objek-van-begeerte – soos in Lolita van Nabokov – se lot word in jukstaposisie geplaas met ‘n voëltjie in ‘n kou in haar ouerhuis. 

Die filmverwysings word ‘n “counter-plot” wat die komplekse spanning tussen fiksie/werklikheid (die museum)/films vérder bevestig. Op die koop toe is daar werklike verwysings na ‘n Pamuk-familie by ‘n troue en ene Pamuk blyk uiteindelik die ouktoriële outeur te wees van hierdie verhaal. 


Orhan Pamuk buitekant sy museum (© Sedat Mehder / The Innocence of Objects deur Orhan Pamuk-Abrams)

Vir iemand wat al verskeie kere in Istanbul was, word die roman nog komplekser. Jy herken bakens en gewoontes. Die leser word getransporteer deur die komplekse lae van hierdie samelewing: Bizantium, Konstantinopel tot moderne Istanbul.

Diegene met ‘n eksemplaar van die boek, mag die museum gratis besoek. In ‘n stad wat al in 657 VC gestig is. Die komplekse geskiedenis van Istanbul word in The museum of innocence geberg.

En die leser word ook kyker wanneer jy na die BBC-program kyk oor die museum met Pamuk as begeleier.

Die roman dwing ons na verdere werklikhede.

In Istanbul is daar ook fronse dat hy tekste oorneem uit ander tekste – kennelik onkunde oor die postmodernistiese speletjies wat hy met die ingeligte leser speel waarvan die wérklike museum ‘n markante voorbeeld is.

As Skrywer is hy in 2005 krimineel aangekla oor sy siening van die vervolging van Armeniërs deur die Turke. Die klag is ‘n jaar later laat vaar, ofskoon hy steeds aangekla word van die feit dat hy “Turksheid” beledig het.

Dog ‘n skrywer wat soveel briljante boeke geskryf het om Turkye oop te maak op vele vlakke, kan nie van soiets beskuldig word nie. 

Boonop maak hy van die verhouding tussen fiksie en werklikheid iets nuuts: die roman is meer werklik as die gekonstrueerde museum. 

In 2012 vind ons ‘n boek oor die museum: The innocence of objects.





Neem 'n toer deur die museum:

The Museum of Innocence

[Hierdie resensie word met vriendelike vergunning van Die Burger, BY geplaas.]

Saturday, June 1, 2013

Rubriek. Klippe



Op al my reise deur die jare, tel ek klippe in vreemde landskappe op. Fassinerend hoe anders klippe in Nagasaki lyk as in Turkye of Machu Picchu. Die klippe in Nagasaki is swart, donker – asof dit ‘n somber geskiedenis weergee, teenoor die ronde klippe in Turkye. Die klippe in Machu Picchu wat op ‘n rak in my kombuis staan, het skerp punte. Dit vertel iets van hoé moeisaam dit was om hierdie stad te bou.

Klippe. Dink net hoeveel gedigte bestaan daar nie oor klippe nie. D.J. Opperman se “Te Klip om te Boom” of gedigte van Wilma Stockenström. Ina Rousseau, Johann de Lange, Antjie Krog het eweneens oor klippe gedig, soos die digter Ilse van Staden.

Wanneer ‘n mens lees oor die ars poetica, die gedig oor die kuns van gedigte skryf, kan jy spesifiek ‘n klip gebruik om dit te verduidelik. Die Tien Gebooie is op kliptafels geskryf en iets wat onveranderlik is, word beskou dat dit in klip geskryf is.

Idiome oor klippe is volop. Om vir iemand te sê hy is van sy klippers af, beteken hy is gek. ‘n Klipchristen ‘n huigelaar. ‘n Mens slaap soos ‘n klip. En ‘n klipkop is ‘n dommerd of dalk iemand wat nie wil hoor nie!

Behalwe vir my gewoonte om klippe op te tel, is ek ‘n woordeboek- en grammatikaboekleser. Ek lees woordeboeke altyd met ontsag. Waar woorde vandaan kom en hoe hulle in die volksmond verskeie betekenisse het, is fassinerend. Amper soos klippe wat deur kragte van buite gevorm word.

Klere word op klippe gewas.

Anton F. Prinsloo se Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom het in 2004 by Pharos verskyn. Miskien gooi ek nou met hierdie rubriek ‘n klip in die bos, nie waar nie? En hopelik gee ek aan u nie ‘n klip in plaas van brood nie. Want rubrieke is ‘n holte vir die voet, ’n plek van besinning tussen al die somber nuusberigte oor geweld, moord, verkragting en korrupsie wat ons lewens versuur. ‘n Rubriek is soos ‘n park in ‘n stad. Die bome is tussen die beton (of klippe) ‘n plek van lafenis, asemskep…Ons is terug by Opperman se gedig wat hierdie opposisies uitwerk.

Nou mag u, liewe leser, dalk dink: stadig oor die klippertjies!

Of dalk mag ek my verbeelding soos ‘n klip aan die rol sit. Daardie klippe opgetel in vreemde omgewings is soos foto’s wat ‘n mens neem op jou reis. Jy onthou dikwels deur ‘n foto meer van ‘n oomblik, omdat jou sinne oorweldig is. Agterna kyk jy na ‘n klipgebou in Venesië en dink: hoe mooi lyk die groen blare nie op die stroewe gebou nie. Daardie blare en takke beskut die gebou.

En bome? ‘n Boom gooi altyd ‘n skaduwee. ‘n Ou boom word nie maklik verplant nie. Die boom van kennis van goed en kwaad. En gedane sake het geen keer nie se idioom is immers “soos die boom val, bly hy lê”. In die skadu van soveel bome (die titel van ‘n nuwe digbundel), is die beste opsomming van die gesprek tússen digters.

Nou onthou jy presies hoe jy gevoel het op daardie reënerige dag agter die Peggy Guggenheim-museum. Mevrou Guggenheim, so weet ons almal, was klipsteenhard van die geld.

© Jan Marais

In haar tuin staan daar pragtige bome en beelde. Onder my sambreel – geleen by Peggy se huis – dink ek aan die kunsskatte wat hier bewaar word. ‘n Vesting.

Haar dogter, voortydig dood weens selfdood ná ‘n lang, slopende depressie, se kunswerke staan ook hier, hoewel sy nie so groot soos Klee of Braque of Picasso is nie. Vir my simboliseer sy die mens wat nêrens tuishoort nie. Te weerloos was om haar te verset teen ellendes.

Woorde is klippe. Klippe wat gegooi kan word. In tye van onrus, gooi mense letterlik klippe. Mense word vandag nog met klippe gestenig.

En name staan op grafstene, op klippe. So word ‘n lewe dan opgesom tussen die geboorte- en sterftedatum.

En nou Opperman:

Klip kan net klip,
sy teel is onderverdeel
tot stomme klippertjies
duinend rondmeel.

Boom kan net boom
word langer en ook swanger
tot singende boompies
voël óm die voorsanger.

Maar voorwaar:
voor boom kan boom
moet klip eers klip,
en klip teel swaar
- glo miljoene jaar.


© Joan Hambidge

[Hierdie rubriek word met vriendelike vergunning van Die Burger, BY geplaas.]


Friday, May 24, 2013

Interview. Joan Hambidge interviews Ron Irwin on Flat water Tuesday



Ron Irwin. Flat water Tuesday. Pan Macmillan South Africa, 2013. ISBN 9781250035981. 

Flat Water Tuesday is available in South Africa at all bookstores and releases worldwide on June 4. Joan Hambidge, a buddy and colleague of author Ron Irwin, asked him a few questions over a glass of whisky.

Congratulations on your wonderful debut, Flat water Tuesday, a riveting novel. The sport is not just about brute power. Or endurance. Or the ability to suffer. Rowing in a team forces you to respond to what other men do in the boat. To adhere to a strategy. To follow commands. To put your petty gripes and prejudices and fears aside” (65). Rowing is a metaphor for endurance. Are you personally interested in this sport?

I learned how to row at the West Side Rowing Club in Buffalo, New York when I was 15 and went on to boarding school in Connecticut, where I rowed for three years. I also rowed at university in two varsity teams. I have rowed as a sculler, in a four-man shell and in an eight-man shell. It is safe to say that there was a considerable time in my life when all that mattered was rowing. I was lucky enough to have had magnificent coaching and to have rowed with some truly talented oarsmen. It really wasn't until my last year in university when it occurred to me that there might be more to life than rowing, and I quit the sport so I could have free time to have fun, party … do normal college student things. But I also knew that I was not going to get much better as a rower. I had reached my personal best during the final races of my third year at university. Overall, I was a good rower, but not as good as the main character in my novel. I had friends at boarding school who were truly gifted athletes, and my knowledge of what they experienced informed the novel. My brother was the captain of his university team, and he was probably a stronger oar than I was. He was lucky enough to row in the English Henley in an eight named after my father, who supported our efforts wholeheartedly.

Rowing is a metaphor for endurance and commitment to a team. There is no sport I know of that asks so much of its participants. Rowers train year round. My university team forbade drinking during the racing season. Rowers pride themselves on going out on the water in truly atrocious weather. There were numerous times when I would come off the water with icicles hanging off my oar. It is a sport that rewards obsession. You don't need to be very coordinated to row and it doesn't take a long time to really excel at the sport if you start out in good shape – unlike, say, golf or tennis, which require years of work before you have any proficiency. But there is nothing like the feeling of a truly fast boat. I still have dreams about it. It feels like flying.

The book reflects on death and the impact of a suicide on friends (buddies) at an American school (Fenton). “Blue blood” and Ivy League references analyse class differences in America. Comment.

The important thing to remember about boarding school is that it is an intense experience where coming from wealth really doesn't matter, because everyone is wealthy. Kids at that age are far more concerned about sporting prowess and a certain kind of savoir-faire than class. But if you come into that environment from sheer poverty, like my main character does, it is intimidating. On the other hand, if you are good at rowing, you immediately join the most elite club in an already elite environment. A good oarsman is treated like a god at a top rowing school. There is nothing like it. Some other sports have a certain status in American boarding schools – like football or hockey – but most of my rowing friends looked down on those. The importance of rowing, which is an Olympic sport, can simply not be overestimated. The major race of the year is held in England (Henley), and the expense of sending a team overseas to row an $80 000 boat down a race course once or twice is astronomical. There is a reason why the top Ivy League Schools – Harvard, Yale, Princeton – recruit top teams. Harvard has a waiting list of alumni who want to donate boats. The other schools probably have the same thing. It is an intensely clubby experience. In fact, the top rowing team at the boarding school in the novel (and at my real-life boarding school) is actually called the "club", not the "varsity". There was no other sports team on campus that had its own club. And all you needed to do to get in was to be willing to take a great deal of physical punishment. Family connections meant nothing. How much money you had, what you wore, how nice you were, who your friends were, these were are all irrelevant. I remember feeling really sorry for the son of some famous millionaire banker because we could all beat him on the ergometer (rowing machine). I think the kid owned a Porsche, but to my mind he was a truly sorry figure.

I always say that the sport is "tribal". And that tribal experience is what informs the parts in the novel about rowing.

Rob Carrey, the main storyteller, a filmmaker for National Geographic, travels to different countries. The backdrop of Africa (for instance Zambia) has an enormous impact on his experience of New York. The novel could be read as the insider returning as the outsider. You are an American living in South Africa and frequently returning to the States. Did your current position as an ex-American – albeit full-blooded Yank – influence this device?

Certainly. I have been lucky enough to do a great deal of travelling, and of course I have lived in South Africa for over 20 years. But I still think of the USA – and more specifically, Buffalo, New York – as home and travel back often. Over the years I have come to realise just how different my experience was, rowing in high school and at university. Especially since I teach at a university! The sport was intense, but why was I so obsessed with it? I think that if I were to be 18 again, I probably would have a lot more fun in college than I did back then. When I went to university my first order of business was to try out for the rowing team. I enjoyed my classes, but rowing was really just as important. Possibly more important. I had two or three girlfriends dump me because they got tired of the fact that I was getting up at the crack of dawn every day to row and couldn't go to the various parties with them because I needed to be in bed sleeping. And my weekends were given over to racing or training. And all my friends were rowers. It was crazy. What was I thinking? I really should have partied more. Seriously.

But I also should say that I write from personal experience. In my fiction I am trying to grapple with problems that remain unresolved. Rowing was a pursuit that was very important to me, but of course I never was quite as good as I wanted to be, and I discovered as I got older that many of my friends who were excellent rowers had a very hard time adjusting to adult life outside of the boat. In fact, one of my rowing friends from university days did jump off a bridge. I got the call from a former teammate while I was at home in Buffalo after having been in South Africa for two or three years. It was quite a shock. He was a super-successful guy, a great oar … one of those people that seems to have it all. So I put that into the novel. Every year I go back to the United States I am more and more a tourist. In one sense, I am also a tourist to my own history. But aren't we all?

The impact of youth traumas – for instance the death of the main character’s sister and the family’s response to the tragedy – is carefully analysed. The book is a reflection on youth. Did Rob Carrey have to return to his youth (as Alice Miller would suggest) to understand his current position and difficult relationship with his partner?

I think that what happens to you in your teen youth stays with you. Rowing is a wonderful pursuit, but it does create a person who can be extremely callous to the suffering of other people. It also creates somebody who is rather intense. My university coach used to say that he never knew a top rower who wasn't a prick. It's a sad thing to say, but it takes a certain kind of arrogance to be a really good oarsmen. You need to really believe that you are better not only than everybody else in the boat, but also than another boat full of guys who were just as big and committed. You need to be under the impression that you deserve to win all the time. You need to look down on people who give in to weakness. You need to be extremely harsh on yourself as well. You need to force yourself to get up every single morning to train and force yourself to get better all the time. Most of the guys I knew who were really good did this partly because they couldn't stand the thought of somebody else beating them. It wasn't about the beauty of the sport, or teamwork. It was about being the best in making it look easy.

The main character has grown up, however. And while much of the novel is about rowing, its heart is about the love between Rob and Carolyn. Rob knows that he is losing her and he desperately wants to hold on to her. From the main character's perspective as an adult, rowing has lost its meaning. The most important thing in the world is holding on to this very special woman. And yet, due to his own thoughtlessness, their relationship has become fractured. Part of it is that he simply needs to say he's sorry. But that's difficult for many men. Rob is one of them. Part of understanding what happens in the novel between these two adults is understanding what happens to Rob and his past. You need to learn as you get older that being tough also means knowing when you are wrong in learning how to sympathise with somebody else's feelings, even when she's being impossible. But of course this is the story of men and women since the beginning of time. More than that, when you become an adult you realise there are things in life that are far worse than losing a race. Like saying goodbye to the love of your life.

Flat Water Tuesday © Chrizane van Zyl

The impact of alcohol and the effect on Rob’s judgment is also a leitmotif in the novel. The fight in the hotel in Zambia and Rob’s view of himself as a “wicked loser” (184), for instance.

You are right – the main character is quite a drinker. So is his girlfriend, Carolyn. I think I wanted to explore the fact that drinking creates an alternative reality that you might say parallels the alternative reality of sports. Drinking in Flat Water Tuesday is often a means of either numbing the pain or breaking down barriers. There is no question that Rob is somebody who struggles to express his feelings, and who struggles with tragedy. Drinking is a means of escaping from his feelings and indeed his worries. But people who drink to escape often find themselves in situations that are far worse than they started out with. Rob's situation in Zambia is a case in point. Upon getting bad news from Carolyn, he immediately goes to the bar and gets extremely drunk and then beaten up by the security guards in his hotel. I think many men have had similar episodes, where they begin drinking knowing that they are going to get absolutely blotto because sobriety is so shitty at the moment. When Rob goes back to Carolyn, one of his major mistakes is allowing himself to wallow in his pain, and to drink alone. It means that he makes a crucial error while he is taking care of her, and this has disastrous ramifications. But could it also be that we sometimes drink to manage love? I think for many people the incredible power of the feeling of being in love needs to be dulled. I think there is a reason why wine and love go together. For some people the feeling is so extreme, so intense, that alcohol is the best way to handle it. Drinking makes it all far more humorous. And it reminds us that we are, after all, animals driven by biology and chemicals and not always by the endless, tiring demands of our emotions. Does it sound bad to say that I've never loved a woman who didn't appreciate a good bottle of wine?

You are a former student of JM Coetzee, who praises the book on the dust cover. Any comments on the impact of creative writing courses and mentoring another writer? I think you wrote Flat Water Tuesday over a period of ten years ...?

Studying under JM Coetzee was, of course, a major privilege, and I think that he provided what is certainly the best thing a mentor can provide: a good example. He was (and probably still is) immensely hardworking and self-effacing. He took great pains with his writing and forced me to do the same; and more than that, he made it clear to me that being a writer was a very serious business. This was important for me to learn, because I think when I was younger I thought of being a writer as a kind of an outgrowth of travelling the world and basically having lots of fun. JM Coetzee showed me that it was just as difficult to be a good writer as it is to be a good lawyer or a good doctor and it takes just about the same amount of commitment to the career. He also was an immensely professional person: he never missed the meeting and ensured that my academic and creative work were up to par. When I began working in the University of Cape Town Creative Writing Department I tried to bring that same kind of seriousness to my own work. But of course, I don't have the kind of gravitas that JM Coetzee has. Instead, I try to approach student work like an editor would. I look for certain mistakes that seem to come from students again and again. I have overseen over a dozen MA degrees in creative writing and also helped over two dozen people find publication. In so doing I have picked up many errors that irritate acquisition editors and publishing houses. I also find that I am not as disciplined as I think I should be, and really hate editing, even though I force myself to do it.

The story of Flat Water Tuesday's creation is fairly interesting. I started the novel back in 1992 and found an American agent to represent it a couple of years later. But the original version was only about boarding school. It did not have the adult love story which is so crucial to what it is now. The writing was also pretty crude. It was rejected by every single publisher who saw it, and when I rewrote it in 1995 the revised version got the same treatment. I think I kept making the same kind of editorial errors, and I needed to learn more about the art of fiction before I returned to the novel. Teaching was certainly a wonderful means of learning how to edit myself. I was also ridiculously stubborn. It never occurred to me to write a novel about another subject. That would have seemed like giving up. And then two years ago my friend at the University of Cape Town, Stephen Watson, died quite unexpectedly and quite tragically. Near the end, he told a close friend of his that he was glad he had “left a paper trail”, meaning that he was very glad he had left so much good poetry behind and a collection of wonderful essays. It was at that point I realised that I owed myself one more crack at Flat Water Tuesday. I wanted a paper trail. So I literally became my own student. I opened up my old manuscript and read it as if it were a student’s work and discovered that most of it had to be deleted. I sat down over a few weeks and simply pared down the novel to a few chapters and then started from scratch. I didn't tell anyone I was doing this; I simply went to work. I knew, however, that I wanted the love story to be the central element of the novel. And I wanted to weave that story into the rowing narrative. This is what made the book completely different from what it had been. Rowing became a metaphor for the loss that these two characters, Rob and Carolyn, were facing together. When I finally did finish the novel I knew I had told the story that I had always wanted to tell. When I sent the manuscript to my editor in New York, Kathleen Gilligan at St Martin's Press, it was immediately accepted. I have told dozens of students to believe in their work and not take no for an answer, I think I had to tell myself that as well.

[Hierdie onderhoud word met vriendelike vergunning van Litnet geplaas.]