Friday, February 8, 2013

Charl J.F. Cilliers - Grains of Sand (2013)



Charl J.F. Cilliers. Grains of Sand. Malgas Publishers, 2013. ISBN 978 0 620 53735 3.

Resensent: Joan Hambidge

Noem die woord “Haiku/Haikoe”: wat onmiddellik by ‘n mens opkom, is: kan ‘n mens die haikoe binne die Westerse letterkunde bedryf? In Afrikaans het ons die onteenseglike talent van Eveleen Castelyn, wat van die mooiste haikoes gepleeg het in Afrikaans en die wêreldletterkunde. Eveleen Castelyn is waarskynlik die mees onderskatte digter in Afrikaans, en wat my betref, die ongekroonde koningin van die haikoe. Sy verstaan die spanning tussen die abstrakte en die konkrete. En ja, die tegelykertydaspek van hierdie digvorm. Minder as die engele (Human & Rousseau, 1990) bevat van my persoonlike gunstelinge:

Roosblare bêre
hartvormig in diep laaie
die as van liefde

*

In die eendeweer
loop die dakkie van my hoed
oor soos my gemoed

*

Kelke eendagmooi
blom in die nag leliewit
maagdelike dood

*

Maanblom speel trompet
kaktusfagotte blaas ‘n
somernag-taptoe

*

Motsag toegespin
verswilde aardbol draai
maansiek om die son

Charl JF Cilliers se Grains of sand bevat haikoes. Die titel aktiveer William Blake en die digter noem in ‘n sub-titel die gedigte variasies, om te beklemtoon: die wérklike Japannese vorm is ‘n saak van onmoontlikheid vir die Westerse digter. Oor hierdie problematiek is die digter duidelik ingelig, want hy verskaf ‘n nawoord om sy leser te rig. Die bekende kritikus, Richard Gilbert skryf soos volg oor hierdie problematiek:

Although English haiku do not possess a central connection to Japanese gendai haiku, qualities of presentation are shared (barring vocabulary). Having these shared qualities in the cross-cultural genre complicates the issue of verisimilitude. Japanese haiku and English haiku may be at most kissing cousins. As Snyder indicates, the term “haiku” itself is a misnomer in English, from a scholarly point of view. Haiku in English seems in the main to be a short-form poetics, with aesthetics and stylism influenced by the Japanese haiku (and its culture). However, the literary context and poetic approaches in English haiku are all located within the evolution and concerns of modernist western poetics.

Does this mean we should abandon the term “haiku”? I do not think so — yet for scholarship, the use of a pre-existing Japanese genre term for what is so obviously a unique and divergent genre in English requires disambiguation. While there is mutual magnetism and strong dynamic interplay between the two culturo-linguistic genre forms, further academic exploration may examine how uniquely different these two short-form poetics are; how they have arisen and are currently perceived in their respective cultural contexts. By clearing the air we can more precisely inquire as to the standing of the English-language haiku form within contemporary literature, in English (p. 118).

Kom ons laat vir eers die geleerdheid en fokus op ‘n paar trefseker verse:

Diagnosis

after the diagnosis
the diary full
of empty pages  (66)


*

On her finger

on her finger
under the Gucci glove
the wedding band feels cold (23)

*

Basho’s Frog

a frog croaks ceaselessly
I listen
for the splash … (17)

Hierdie gedig tree in gesprek met die klassieke gedig van Basho.

 *

Lilies

I can hear the sound
of water round
the lilies of Monet (74)

Ek is ‘n groot aanhanger van hierdie digter se werk. Sy versamelde digkuns, sy vertalings, sy haikoes en sy gesprek met sowel die Suid-Afrikaanse as die groter Engelse tradisie maak sy werk van uiterse belang.

Die oorspronklike 17 klankeenhede (5-7-5) word nie deurgaans gevolg nie. Die kigo of sogenaamde seisoenale woord is part en deel van die haikoe. In sy leersame nawoord wys Cilliers op die verskille tussen die konvensionele patrone en die sogenaamde buigbare of organiese stylvorme.

Selfs in die moderne Japannese digkuns word daar afgewyk van die tradisionele patrone en die natuur speel nie meer ‘n groot rol nie. Cilliers gaan in op al die fyn nuanses en afwykings van die tradisie en hy verwys na Ezra Pound se se klassieke vers:

In a station of the Metro

The apparition of these faces in the crowd;
petals on a wet, black bough.


Die bestel kan direk bestel word van franban@mweb.co.za.

[Hierdie resensie word met vriendelike vergunning van Fine Music Radio geplaas.]