Eric Miller & Karen Jeynes (Samest.). FAB: Mother City
Queer Projects. Umuzi, 2007.
ISBN 978 1 4152 0035 3.
Resensent: Joan Hambidge
FAB!
Stunninggggggggggggggggggggg!
Dis hoe ‘n mens die boek van Eric Miller & Karen Jeynes
moet noem. Dis amper iets soos ‘n koffietafelboek (‘n moffietafelboek?), maar
te uitdagend om in ma se voorhuis te pryk. Dis kortom ‘n wonderlike
versamelstuk van queer-sensibiliteit. En om queer te wees beteken meer as gay.
Jy kan belangstel in hierdie “onderlewe”, maar nie noodwendig homo wees nie.
Vele straights woon hierdie wonderlike “fancy-dress”-paarties by waar die poppe
dans!
Dertien jaar gelede het die MCQP afgeskop met ‘n spektakulêre party: enersyds om die nuwe konstitusie te vier met sy gay-regte en andersyds om die ondergrondse lewe ‘aanvaarbaar’ te maak. Die uwe het al self deelgeneem aan gay-parades, omdat dit belangrik is om die politiek van die visuele te versoen met die alledaagse sieninge, verdraagsaam en onverdraagsaam. Trouens, gay-mense het regte, ‘n plek in die land, mag trou, kinders aanneem en wat nog. Queerness is inderdaad ‘n houding soos André Vorster dit stel. Om nie bang te wees nie, nie oor jou skouer te loer nie en as ‘n mens o.a. na die invloed van gay-letterkunde kyk, is dit belangrik om te sien hoe die hele siening van die diversiteit van gay-wees verander het. Dit is Jackie en Vera Nagtegaal, maar dit is ook butch-vroue. Dit is Edwin Cameron en Zackie Achmat, maar en rugbyspelers.
Sheryl Ozinsky praat van die “open-hearted headspace” wat
waarskynlik hierdie projek ten beste opsom.
Daar is die afgelope paar jaar geweldig baie geteoretiseer oor gay/queer-identiteite.
Camille Paglia se Vamps & tramps kom sterk in die herinnering in haar onderhoude met fopdossers en transseksuele. Persoonlik is FAB die moeite werd nét vir die rondborstige, prammende, ek bedoel priemende, foto’s.
(Terloops, die woord queer word oorspronklik geassosieer met
vervalsing en waardeloosheid! Dit beteken eweneens plesiersoekend, aweregs,
afwykend. Dit net ‘n tersyde.)
Die verskillende skrywers en digters wat deelgeneem het aan
die projek bring hul (queer) kant. Daar is van Gaetan Scmid tot Justin Fox! So
begin Justin Fox sy stuk:”It was 1996, the night of the Twinkly Sea. We were
MCQP virgins”.
En die foto’s hier van die “sailor boys” gooi jou terug tot
in Querelle! Of in ‘n Rainer Werner Maria Fassbinder-film.
Kondome en lubrikasies word geadverteer en ek moet bely, jare gelede was ek by ‘n soortgelyke Nuwejaarsparty in Melbourne wat stom-vervelig was, omdat politiek-korrektheid oor alles gekonfetti is. Met waarskuwings soos moenie dink as iemand na jou kyk, dat dit iets mag beteken nie. Hallo?
Hier buidel alles verby die toelaatbare en “netjiese”. (How much is that dildo on the table? Woef.
Woef.)
Daar is ‘n belydenis van die negatiewe effek van so ‘n party op die psige in die aangrypende mini-essay van Graham Weir wat heet:”The big blues”. Nie alle mense kan sulke massas hanteer of in ‘n kostuum paradeer nie.
‘n Klein erkenning: die uwe het bygedra tot hierdie boek en
‘n Engelse gedig gelewer.
So what
if Elizabeth
Bishop was gay &
and an
alcoholic!
And who cares if
Delmore Schwartz
was lying in a
morgue for days
on end in an
unfinished poem
and John
Berryman jumped
over the bridge
of a strophe
to his death
or Robert Lowell
was a
manic-depressive
and besides
Allen Ginsberg
read his poems in the nude
soos ‘n kaalgat
perske
in Central Park
high-high like a kite
and does it
matter if Emily Dickinson
addressed her
poems to her brother’s wife
and Sylvia Plath
yearned for her Daddy
in Fascist
metaphors
and gassed
herself afterwards
almost like a
Jew in Auschwitz
and Anne Sexton
fucked during therapy
forgetting her
glasses, pills and boundaries?
“In dreams begin
...”
Forget the ifs,
the maybe’s
and
responsibility!
To write poetry
you have
to jump
over (de)fenses!
[Hierdie
resensie word met vriendelike vergunning van Die Burger geplaas.]