Marlise Joubert.
Passies en Passasies. Protea Boekhuis, 2007. ISBN 978 1 88919 166 5.
Resensent: Joan
Hambidge
Marlise Joubert
het in 1971 gedebuteer met ‘n Boot in die woestyn. Hierna was daar vyf
digbundels en 3 romans en volgens Hans Ester, nou onlangs in ‘n akademiese
essay, is sy ‘n onderskatte digter in Afrikaans. Vir my persoonlik is haar
eiesoortig-liriese aanslag nie mis te kyk nie en veral in haar roman Klipkus,
‘n gedurfde lesbiese roman vir haar tyd, ontgin sy op eg-vroulike wyse die
gevoelens van vrouwees. In haar jongste digbundel Passies en passasies word
hierdie mosaïek- of borduur-tematiek beskryf. (Met verwysings na bronne vir die
speurende leser). Die bundel tree (onbewustelik) in gesprek met Agaat se
inleiding en die Sanskrit / Oosterse simbool op die buiteblad dui op die
heelheid of indiwiduasie wat indie psige plaasgevind het.
Die bundel wil –
aldus die agterblad – die lot van vrouwees ondersoek en spreuke, sange wil
hierdie elementale wêreld onder die loep neem.
Dit is ‘n intens
vroulike bundel wat soos ‘n weefwerk lees. Daar is verwysings na Anne Carson en
Anne Michaels – twee digters wat uit Kanada geland het in ‘n ander vrouebundel
en wat ‘n plagiaat-dispuut tot gevolg gehad het – met volledige erkenning agter
in die bundel. Daar is ‘n herdigting van Yhehuda Amichai en Peruviaanse
liedere, om enkele tekste te noem.Die volledige landskap van vrouwees word
geskilder: jong meisie tot versmade vrou wat uiteindelik geluk & vervulling
vind. Dit is eg-vroulik en ‘n pendant vir die woedende verse van Antjie Krog.
Die sluimerende gevaar in Marlise Joubert se poësie – altans vir hierdie leser – is dat soms te fraai klink. Waarskynlik omdat haar onbewuste so beeldryk is en sy maklik beelde skep, mis verse soms beeldkongruensie en raak verse swoel in aanbod. Dat sy wel klank goed ontgin, word duideliker wanneer ‘n mens die verse hardop voorlees. Daar staan uitstekende verse in hierdie bundel – soos die hartrukkende lykdig oor Lisbé Smuts, ‘n vermoorde kollega en feminis – wat ‘n mens laat nadink oor Ester se opmerking dat Joubert nie na waarde geskat word nie. Dit is intens-vroulik in aanbod en hierom sal die gedigte waarskynlik nie in die manlike smaak val nie. Dit gee ‘n lewensreis weer en uiters intieme belydenisse (soos ontmaagding en liefdesverraad) word onthul. Daar is ‘n brief aan ‘n dogter; ‘n gedig vir ‘n seun wanneer hy sy biologiese vader verloor. ‘n Gesprek met die minnaar en hul seksuele band.

Die digkuns van
Erica Jong kom in die herinnering en die verwyt wat Anne Sexton – veral deur manlike
kritici – gemaak is dat sy te openlik en oop dig. Daar was selfs ‘n versoek dat
die pyn en onthullings eerder tussen aanhalingstekens geplaas moes word.
Die bekende
Medicine Woman-tarotstel wat skerp fokus op die anima van die vrou en haar
tot genesing wil bring, sou ‘n relevante teoretiese aanvulling kon wees.
tot genesing wil bring, sou ‘n relevante teoretiese aanvulling kon wees.
Dis ‘n besondere lywige bundel (127 bladsye) met ‘n handvol ontroerende verse. Dit is ‘n bestekopname van ‘n digterlike lewe, ‘n soort terugpraat met haar eie werk en ‘n ywerige navorser en kenner van haar verse sal kan sien hoe sy terugstap, herdink, heroorweeg.
Die mandala op
die voorblad dui op die genesing / heling wat plaasgevind het (“inventaris van
goeie en slegte drome om vroue te genees wat verlang na afwesige bemindes” (p.
122 is so ‘n voorbeeld).
Peruviaanse en
Mexikaanse wyshede word hier ingeweef. Dit is eg-feminiene gedigte – nie net
omdat die digter ‘n vrou is nie, maar omdat hier intens gekyk word na vroulike
kwessies. Gedigte het myns insiens ‘n gender apart van die digter se geslag.
Marlise Joubert verken die intens-vroulike ruimtes, dit wat Julia Kristeva as die chora (baarmoeder) van taal beskryf het. Sy gaan dikwels terug in ‘n ruimte wat buite taal lê, maar sy vind telkens versoening en heling in haar gedigte.
“tussen dooies
is daar vrede
En gryswit
stiltes in albasterkruik”
dig sy in “sjalom, Amichai” (p. 76). Hier maak sy dan ook vrede met pyn, ontnugtering, verliese.
dig sy in “sjalom, Amichai” (p. 76). Hier maak sy dan ook vrede met pyn, ontnugtering, verliese.
Passies soos in hartstog en passasies soos in oorgange van een fase na ‘n ander.
[Hierdie
resensie word met vriendelike vergunning van Die Volksblad geplaas.]