Andrew K. Miller. Hintsa’s Ghost. Gecko Publishing, 2007. ISBN 0 620 37630 9.
Resensent: Joan
Hambidge
Daar was jare
gelede ‘n resensie van Brink in Rapport waarin hy geweier het om ‘n bundel te
resenseer, omdat dit min blyke van poësie bevat het. ‘n Geweldige uitspraak –
maar myns insiens sou ‘n mens dieselfde van toepassing kon maak op Miller se
Hintsa’s ghost. Ons word eers deur ‘n inleiding vertel dat hierdie digter vir
die “underdog”omgee en hierom moet die gedigte dus geag word. Phehello Mofokeng
het waarskynlik goed bedoel, maar hierdie uispraak help nie eintlik om die
gedigte te red nie. En ja, ‘n wit man wat dig binne ‘n swart konteks en boonop
is hy fisies gestremd.
T.T. Cloete het
polio gehad, Henning Pieterse hakkel, en ek is ’n vrouejagter – maak dit
enigsins saak?
‘n Gedig bly
goed omdat dit ‘n goeie vers is.
En basta met die
res.
Dit kan
relevante psigoanalitiese interpretasies verskaf, maar helaas nie die vers
“red”nie.
Natuurlik is
daar altyd die moontlikheid dat ‘n digter sy tyd vooruit of verby is – ek dink
hier aan Wopko Jensma.
Maar hierdie
gedigte werk nie vir my nie.
Ons word
gekonfronteer met uitsprake soos:
we are all
forced to die / and it will hurt (p. 11)
prepare yourself
to bargain / at the round table of our demise (p. 11)
In die gedig
“death”(p. 12) verneem ons:
staring at me
wetting her lips
lifting her
skirt
waiting
for the fresh
young meat
“Vortex”(p. 51)
klink so:
baby
when we love
it is like
coming home
your skin
stretches over me
i taste your
salt
sweet
we roll forever
like this
baby i am home
thank you
In “scraps”(p.
15) word die leser gevra om sin te maak van hierdie lewe. Die lewe is hard. Om
‘n digter te wees, nog harder. Boonop word ons verwen met titels soos “the cats
next door are fucking”(p. 26).
Uit piëteit
blaai ek by die kiekies verby.
Moenie die
digter skiet nie, vra hy.
Ons weet wat die
Beats met hierdie gegewe vermag het.
Nee, nee my
Dolla nee, ek lees nie Loskop-Digter nie!
(c) Joan Hambidge