Friday, March 15, 2013

William Kowalski - Eddie's bastard (2001) (Exclusive Boeke Prys 2001)



William Kowalski. Eddie's bastard. Black Swan, 2001. ISBN 0 552 99859 1.

Resensent: Joan Hambidge
(Exclusive Boeke Prys 2001)

Eddie's bastard ondersoek die betekenis en funksie van die familie en hoe die dood van 'n erfgenaam 'n familie kan beïnvloed. Billy word gelaat op die stoep van Thomas Mann se huis. Thomas Mann se seun is dood in die Vietnamoorlog, presies drie maande tevore, en nou het hy 'n kleinkind en erfgenaam.

Die roman begin met 'n herinnering uit die jong kind se perspektief. Hier is ook sprake van 'n soort magiese realisme en die tradisie van die suidelike roman word hier geaktiveer: spoke wat in huise ronddwaal, die oupa wat aan die kind die familiegeskiedenis oor en oor vertel, insinuasies van bloedskande en 'n gestorwe vader wat 'n ogie hou oor die aangenome kind.

Wanneer die jong kind ontdek dat hy kan skryf, maak alles om hom sin. So kan hy die bloedskendige verhouding van 'n vriendin verwerk en die gemeenskap se vooroordele. Ook sy verhouding met sy oupa word deurgaans beskryf as die belangrikste relasie van sy lewe.

[Hierdie resensie word met vriendelike vergunning van Beeld geplaas.]