Tuesday, March 26, 2013

Analisé Carstens - Djy's bakgat afgepleiste (2000)



Analisé Carstens. Djy's bakgat afgepleiste. Ancor, 2000. ISBN 0 620 26801 8.


Resensent: Joan Hambidge

Een van die noodlottige uitwerkings van die moeilike tye in die uitgewershuise is selfpublikasie op die front van die digkuns. Party bundels kan waarskynlik verduur word...

Maar wat die spreekwoordelike koek vat, is Ms. Carstens se Djy's bakgat afgepleiste waarin op die agterplat vertel word dat sy onder D.J. Opperman poësie studeer het. Eat your heart out, DJO!

Die leser word ook verwen met 'n foto (dertig jaar gelede?) en 'n kasset waarop die gedigte voorgedra word. Ancor uitgewers het hierdie bundel gepleeg. Die bundel is in Kaaps geskrywe en is niks meer as versies nie. Die humor red die verse en dis minder verskriklik as die marshmallow-gedigte in Skanse (1982).

O ja, daar is sommer ook met 'n swart koki in die teks “reggemaak”! Ook loop die gedigte skeef oor die blad.

Ancor(sic!) for no more.

Kan bestel word by: Ancor, Belville Posbus 1747, Belville 7535

[Hierdie resensie word met vriendelike vergunning van Die Burger geplaas.]