Thursday, March 28, 2013

John Grisham - A painted house (2001)



John Grisham. A painted house. Centry, 2001. ISBN 0 7126 7039 4.

Resensent: Joan Hambidge

John Grisham het 'n niche binne die sogenaamde “court room drama”-roman. En omdat hy 'n eks-regsgeleerde is, is hy seker van sy feite. Boonop skryf hy vlot en leesbaar en is daar min skrywers wat 'n spanningslyn so goed kan volhou as Grisham.

By vakansieoorde is sy romans altyd aanwesig; net soos by lughawens. Hierom is sy jongste roman A painted house minder suksesvol, want die skrywer probeer nou “ernstig” skryf en by die “Great American Novel” aansluiting vind.

Dis leesbaar. Maar gee eerder die romans waar mense mekaar opkeil in howe as die verhaal van die jonge Luke Chandler in Arkansas. Daarvoor lees ons Faulkner, of nee, Truman Capote se puik jeugverhale. Waarskynlik sal sy aanhangers betower wees deur die semi-outobiografiese aanslag. Dit mis egter die diepgang van die klassieke in sy soort.

[Hierdie resensie word met vriendelike vergunning van Beeld geplaas.]