Monday, March 11, 2013

Cas van Rensburg - Jou drome. Die onbewuste het ál die antwoorde (2000)



Cas van Rensburg. Jou drome. Die onbewuste het ál die antwoorde. J.L. van Schaik,  2000. ISBN 0 624 03874 2.

Resensent: Joan Hambidge

Dit is nie die gewone populêre droomboek wat alles simplisties verklaar nie. Droom jy van 'n leeu dan gaan jou baas jou afdank nie. Dit is 'n studie geskryf in eenvoudige en toeganklike taal wat veral Jungiaanse beginsels rondom drome behandel.

Van Rensburg gaan terug in die geskiedenis van psigoanalise en onder meer ook op die verskille tussen Freud en Jung. Die nut van hierdie boek is dat dit ons terugneem na ons self. Alle waarhede lê in die self opgesluit en elke mens het 'n unieke storie om te vertel.  Die boek help 'n mens om die geheime van die onbewuste te ontsluit en jou volle potensiaal te ontwikkel.

Jou drome vertel jou presies wie jy is en welke lewensroete jy moet volg. Bekende Jungiaanse begrippe soos persona, animus/anima word ook behandel. En argetipes is die bloudruk van ons menslike lot.

[Hierdie resensie word met vriendelike vergunning van Fine Music Radio geplaas.]