Friday, March 15, 2013

Kent Haruf - Plainsong (2001) (Exclusive Boeke Prys 2001)



Kent Haruf. Plainsong. Picador, 2001. ISBN 0 330 39314 6.

Resensent: Joan Hambidge
(Exclusive Boeke Prys 2001)

Dit is 'n verhaal wat afspeel in Colorado in die tagtigerjare. Victoria Roubideaux is swanger en haweloos. Sy kry herberg by twee skaam beesboere. Ook die onderwyser, Guthrie, se invloed word bespreek.

"Plainsong" word soos volg verduidelik:"unisonous vocal music used in the Christian church from the earliest time; any simple and unadorned melody or air".

Dit is ook so van hierdie roman: eenvoudig, onpretensieus en aangrypend. Die verhaal word direk vertel en daar is geen foefies nie. Ook is die perspektiefwisseling van karakter na karakter maak die verhaal boeiend.

Dit is die drama van gewone mense in 'n landskap wat hul emosies weerkaats.

[Hierdie resensie word met vriendelike vergunning van Beeld geplaas.]