Friday, March 15, 2013

Isabel Allende - Daughter of fortune (2000) (Exclusive Boeke Prys 2001)



Isabel Allende. Daughter of fortune. Flamingo, 2000. ISBN 0 00 655231 5.

Resensent: Joan Hambidge
(Exclusive Boeke Prys 2001)

Allende (uitgespreek Ajende) is 'n Chileense skrywer wat onder meer die magies realisme bedryf soos Marquez. Haar verhale is besondere vertellings en haar vorige roman Paula is die reaksie op haar dogter se koma.

Daughter of fortune is bekende Allende-dramatiek. Dit vertel die verhaal van Eliza wat voor 'n deur van die Britse Invoer en uitvoermaatskappy in 1830's in Chile gevind word. Rose Sommers neem haar aan en teen haar aangenome moeder se pogings om van haar 'n dame te maak, raak sy op sestienjarige ouderdom verlief op 'n rewolusionêr, Joaqúin Andieta. Sy vertrek saam met hom op die sogenaamde 'gold rush' en die verhaal van die vondeling en troebadoer word vanuit 'n vroulike perspektief aangebied.

[Hierdie resensie word met vriendelike vergunning van Beeld geplaas.]