Francois Loots. Nagvoëls.
Homeros, 1999. ISBN 0 624 03959 5.
Resensent: Joan
Hambidge
Daar bestaan twee soorte lesers: die liefhebber van die
speurverhaal en diegene wat geen smoel daarvoor het nie. Hierdie leser behoort tot die leser van die
eerste orde wat alles al gelees het van die "ontdekker" Edgar Allan
Poe tot verby Georges Simenon. So begeesterd is die uwe oor hierdie sub-genre
dat daar selfs gegaan is na die beroemde Hotel Catarak waar 'n Agatha
Christie-rolprent verfilm is!
En wanneer 'n mens hierdie soort teks resenseer, durf jy
nie iets sê oor die "geheim" nie, want die leser lees immers agter
die geheim aan. Francois Loots se Nagvoëls is 'n bedrewe teks, wat vir my smaak
soms te staccato-agtig vertel word. Nes jy identifiseer met 'n karakter of 'n
bepaalde aspek, word die verhaal onderbreek om 'n volgende karakter aan die
woord te stel.
[Hierdie resensie word met vriendelike
vergunning van Fine Music Radio geplaas.]