Friday, March 15, 2013

Joanne Harris - Blackberry wine (2001) (Exclusive Boeke Prys 2001)



Joanne Harris. Blackberry wine. Black Swan, 2001. ISBN 0 552 99800 1.

Resensent: Joan Hambidge
(Exclusive Boeke Prys 2001)

Die skryfster het opslae gemaak met Chocolat en hierdie suksesroman gaan waarskynlik - en dit sal jammer wees - minder geesdriftig ontvang word. Die reeds bekende-sensuele aanslag is ook hier aanwesig. Daar bestaan min romans met so 'n pakkende intro. 'n Mens word eenvoudig saamgesleur vanaf die eerste bladsy.

Jay Mackintosh se verlange na die landskap van sy verlede word hier weergegee. Die vreemde Lansquenet en 'n bottel tuisgemaakte wyn verskaf die sleutel tot 'n geheim. Daar is 'n spook wat iets wil oordra uit die verlede.

Natuurlik is daar ook 'n vrou: Marise, 'n kluienaar, en die leser moet dan as't ware haar projeksies oor die verhouding tussen hulle probeer hanteer.

[Hierdie resensie word met vriendelike vergunning van Beeld geplaas.]