Leon de Kock. Bad Sex. Umuzi, 2010.
Resensent: Joan Hambidge
I
Dit is die
verhaal van Sammy / Sam / Samuel L. Baptista oftewel Sammy-Boy se soeke na die
self. In hierdie uiters onderhoudende roman, wat ‘n soort raamvertelling is,
word die wel en wee van Sammy se soeke-na-self in ‘n Philip Roth-agtige
Portnoy’s complaint weergegee. Kom ons wees eerlik. As feministiese en
gay-skrywers hulle harte kan oopmaak en ontboeseminge publiseer, mag macho-mans
dit ook doen. In hierdie vertelling aan die sielkundige, ene Anna Brink word
die lewe van die hoofkarakter weergegee. Dit speel af in sy jeugjare in
Mayfair, gewone, nee eintlik kommen mense en die pratende ek vertel alles van
sy verwondings.
Liebe dein
Symptom wie Dich Selbst verwys na Jacques Lacan, die Franse psigoanalis se
siening van die wond wat die self bepaal. Dit is ook die titel van Slavoj Žižek
se film oor sy eiesinnige interpretasie van Lacan.
Die leser word dus bewus gemaak van die slim toespelings op
“talking therapy” (Lacan se parlêtres) dat daar ‘n sogenaamde “clean slate”
moet wees sodat transferensie kan plaasvind. Soos in die toneel waar die
hoofkarakter broeklosmaak vir die suigende lippe van ‘n prostituut, word die
leser ingelyf by al die intieme bedsake van die hoofkarakter, sy broer, sy
grensoorskrydende familie en hul besoekers en les bes: ‘n molesterende dokter.
Die verhaal word aan die gang gesit met die einde van ‘n
verhouding. Die magtige en dus kastrerende vroulike baas en minnares, ene
Sabina Fairbrother (Sabina Spielrein?), woonagtig te Westcliff
Ridge, het probleme met sy tafelmaniere. En so word ‘n hele verlede “ontsluit”
van boks-insidente, tot ‘n broer se masturbasie-toneel en manewales wat die
ek-verteller psigies skend. Dit is ‘n “cocked-jocked”-roman waarin satiriese
uitsprake gemaak word oor die akademie (“The Ideology of Bliss”) en
feministiese tekste soos The women’s room.
Die vertelling
ontstaan wanneer die terapeut opdrag gee dat die verteller ‘n roman moet skryf
en die leser kry dus die volle weergawe van ‘n komplekse man se siening van
seks. Die magspel, die vrees vir vroue, kastrasie, die mag van die vader,
ensomeer. Maar nou alles is nie loodswaar Lacaneske (all puns intended)
vertelling nie. Daar is skreeusnaakse weergawes oor die verteller se jeug waar
die ma in gesprek tree met ‘n skinderlistige tante wat die jong kind afloer;
skerp opmerkings oor rasverskille van doerietyd; die invloed van Springbokradio
en vervolgverhale. Die invloed van die broer op sy lewe lewer ook felle
kommentaar op Freud se siening van familiestrukture en die “return of the
repressed”. Die jong kind se vrese rondom die broer se oortredings en sy eie
vergrype soos winkeldiefstal is werklik aangrypend goed weergegee. Wanneer die
broer sy jeugliefde betree, is hy in erge konflik…:
“Remember
Charmaine Lotter?” he says.
‘ “Yes, of
course, man!” I blurt out.
‘ “Well, I
just fucked her,” he announces. “Fucked her
good and solid.
Half an hour ago . . .”
‘I felt an
immediate jolt of bitter outrage. Charmaine Lotter! I was in
love with her, Anna! But she’d always seemed so out of reach. She
was a lanky, barefooted girl . . . a year or two older than me .
. . and impossibly pretty, just like her twin sister, Darlene.
They were sandy-haired waifs . . . only just “developed”.
But
innocent! And now Nev goes and does this . . . this, with that
disgusting dick of his!
‘I feel
angry and outraged, but I also feel kind’ve jealous . . . and I have
to hide all these feelings away, too, otherwise there’d be further
complications . . . Basically, I feel useless and left out.
But still,
Nev gives me the horrible details. Tells me the story. This is
his moment. Telling me is his
real moment of glory. Rubbing it in my
face. I am his foil. So this is more or less how he tells it”.
Daar is etlike
ongelooflike tonele: ‘n bokstoneel wat weens naarheid stop; ‘n molestering van
‘n jong seun in ‘n dokterspreekkamer; ambivalente intimiteit met Sofia van
Staden; ‘n homo-toneel in Kaapstad.
Die boek is in
lekker spreektaal geskryf. Op ‘n plek verneem ons van die “moedelose anger” van
die karakter wat deur sy terapeut bewus gemaak word van sy wonde. Woede en
vevreemding. En ‘n herhaaldelike terugkeer na iets of iemand wat sal begryp…
Op bladsy 133 is
die pa in Durban:
“Like that
old Durban joke
photograph my father once showed me, where he’d positioned
himself
behind a board with a painted cartoon on the front,
resting his neck and head on the cut-out space as the photographer
took the snap. The board showed a ridiculous
figure –
now transformed into my dad – with just his head sticking out from
the inside of a toilet bowl, his hand on the flush handle,
ready to pull. The speech bubble read: “Goodbye, cruel world!”
‘It was
the reduction of everything to that level, crude clichés of Durban-by-the-sea in the 1960s . . . a world of bluster
and corny
white jokes . . . a backwater, mealy-mouthed sense of
inferiority
before the greater world, those days when people still saw
themselves as colonial small fry, and they resorted to cheap
shots, in low-slung drawls: “Yous wanner get ya picksures tayken?”,
as if they didn’t deserve better and they knew it. This was the world I thought I had outgrown and outlived.”
Ten spyte
van die moedige pogings van die
hoofkarakter, wat aan die Universiteit van die Witwatersrand gestudeer het en
dus die geleerde verwysings aanvaarbaar maak, kan ‘n mens tog nie jou jeug
ontglip nie. Dis ‘n roman wat met soveel eerlikheid geskryf is dat ‘n mens net
eenvoudig bewondering vir die teks kan uitspreek.
Die aanslag is
reg. Die karakters praat soos regte mense. Jy hoor die Mayfair-nommers.
Dis eweneens ‘n
belangrike tydsdokument: die apartheidsjare, bediendes in agterkwartiere,
ras-kwessies en vooroordele.
Die boek lees
vlot. Ten spyte van die pyn (en eerlikheid) word die vertelling afgewissel met
humor.
II
Die
raamvertelling en die opdrag van die sielkundige maak van die leser ‘n
medepligtige. Jy word deel van die verhaal en die genesing van die verteller.
Jy koekeloer saam met hom en beleef ook die transgressiewe arenas van die jeug.
Daar word uitgepraat uit hierdie spreekkamer en die leser wat aanstoot neem,
moet gewoon die roman neersit.
Verder is die
roman polities-inkorrek en begin dit ‘n debat wat waarskynlik vir sekere
feministe aanstootlik sal wees. Die verteller is egter besig om kommentaar te
lewer op maskuliniteite en die manlike kultuur en hoe die sensitiewe man
hierdeur geraak word. Dit is juis hierdie “double talk”, in Koestenbaum se
terme, wat die roman geslaagd en aangrypend maak.
Die
analis/analysand-rolle word gekompliseer met die leser wat analis word en soms
gepootjie word en in die analysand-posisie geplaas word wanneer jy die Toweels
onthou, Springbokradio, die ou-Suid-Afrika en die verteller se soeke na
identiteit is ‘n moeilike dog eerlike reis. Op ‘n manier is dit ‘n antwoord ook
op Marlene van Niekerk se Triomf, puik vertaal deur De Kock.
Maar in sy
geheel: ‘n ongelooflik komplekse roman wat in gesprek tree met psigoanalitiese
sienings oor self en verwonding.
Veral Lacan se
siening van die knope in die psige is hier relevant. En vir vroue-lesers dalk
‘n onthulling dat man-wees met baie wroeging en vrese gepaard gaan.
Bronne:
Koestenbaum,
Wayne. 1989. Double talk - the erotics
of male literary collaboration.Londen:
Routledge.
Lacan, Jacques.
1988. "The insistence of the letter in the unconscious" in David
Lodge(red.): Modern criticism and theory
- a reader. Londen: Longman.
Longhurst,
Derek(red.). 1989. Gender, genre &
narrative pleasure. Londen: Unwin Hyman.
Malcolm, Janet.
1992. The purloined clinic. Selected writings.
Londen: Papermac.
Noyes, John K.
1997. The mastery of submission.
Inventions of masochism. Ithaca:
Cornell University Press.
Ragland, Ellie.
1995. Essays on the pleasures of death.
From Freud to Lacan. New York: Routledge.
Singer, June.
1997. Androgyny - Towards a new theory
of sexuality. Londen: Routledge & Kegan Paul.
Žižek,
Slavoj. The pervert’s guide to the
cinema. DVD.
[Hierdie resensie het vantevore in
SlipNet verskyn.]