Jonathan Locke
Hart. Dreamwork. Athabasca University Press, 2010. ISBN 1917 9405.
Resensent: Joan
Hambidge
Jonathan Locke
Hart is ‘n bekende Kanadese teoretikus en ‘n digter van format. Dreamwork is op die internet beskikbaar
en vir die begeesterde leser is hierdie ‘n bundel ‘n staning op
die boekrak werd. Dis uiters delikate gedigte wat soos die Japannese tanka en
haikoe met min woorde werk. Maar onder die subtiele, min woorde – Opperman sou
praat van spaars – word die leser uitgelok om die leë plekke in te vul. Die
gedig is die droom; en die droom word ‘n gedig.
Die titel
aktiveer Freud se beroemde Interpretasie
van drome (1900) en al die
psigoanalitiese interpretasies róndom drome. Die bo- en onderbou van die droom.
Dieselfde geld die gedigte wat die leser laat nadink oor die betekenis wat in
die gedig skuilhou; bykans soos wanneer ‘n mens tob oor die droomwêreld wat jy
sopas verlaat het en die implikasies wat dit mag inhou. ‘n Waarskuwing?
‘n
Boodskap? Tog is die droom ook niks nie:
Dreams are
unacknowledged
And, being
nothing
Legislate
nothing (5).
Digters is
egter, soos Shelley geskryf het, “the unacknowledged legislators of the world”.
Die digter
aktiveer al die moontlikhede van die droom. Die gedigte is genommer en gedig 23
begin so:
The distance
from New Haven to Princeton
Is more than a
metaphor. The scar
In Manhattan is
hard to imagine
The people
remarkably calm.
En dan vertel hy
van die drome wat al deur New York beweeg het en die leser dink aan Delmore
Schwartz se “In dreams begin responsibilities” en skielik staan jy voor 9/11. Skielik draai
hy die gegewe óm in die gedig. Nou beweeg ons van Princeton na New Haven, daar
waar Wallace Stevens se groot gedig skuilhou en die gedig sluit:
The ghosts can
do nothing to heal
The unsleeping
horror of terror and violence.
In my eksemplaar
het ek vele potloodmerke gemaak by gedigte waar die metaforiese lading tref.
Tonnels, die “underground”, reise, die dood word behendig saamgebind:
92.
Another burial,
never the last,
Takes away. The
dun earth
Receives its
guest: as the moon
Wanes, the dew
melts.
Words come and
are undone
But stay for
now, this sturdy dream.
Die dood is ‘n
ruimte waar mense veilig is: ‘n plek van geen bomme (93). Ook Vigs word in die
verse aangespreek (“the place of poetry in a plague time”, 49), maar die digter
probeer telkens wegbeweeg van die
grusame werklikheid na die brose ruimte van die droom. Na die versugting van ‘n
tyd voor metafore en treine, soos hy opmerk in gedig nommer 30.
Die onmag van
die gedig om die werklikheid te verander, word verwoord in gedig 33:
Stanzas
Cannot hold the world, contain the day.
Die tegelykertydaspek van die gedigte is
meesleurend. So dig hy in 52:
Something
futile: crafting
A poem
translating a dream
Into words. The
possible world
Takes hold …
‘n Verdere
juweel staan op bladsy 58:
The prose of
love
Will not live
Will stutter,
words
Loose and
absurd.
Daar was ‘n tyd
voor treine en metafore, waarsku die digter. Boonop sukkel ons om by die
werklikheid uit te kom. Daar is vele intertekste, verhuld, veral na die
Ooskus-Amerikaanse digters. Dit is ‘n digkuns waarin die digter bewus is van
die kortstondigheid van die lewe: daar is helaas te veel geskiedenis en te min
tyd!
Wat ‘n lieflike
bundel is dit nie! Cleanth Brooks se “the well wrought urn” is die beste beeld
wat ‘n mens kan vind om hierdie pragbundel mee op te som wat die ware digter
uitsonder van die babbelbek. Suggestie, min woorde, metaforiek, subtiliteit.
En, less is more.
[Hierdie
resensie word met vriendelike vergunning van Die Burger geplaas.]