René Bohnen. Spoorsny.
The Gnomic Press, 2000. ISBN 0 620 26476 4.
Resensent: Joan
Hambidge
Ian Raper het op die buiteblad hierdie boek aangeprys
met die onsterflike uitspraak dat die gedigte aan “internasionale spene” hang.
Daar is volgens hom nie konvensie-verslaafdeheid in hierdie bundel nie.
Dit is juis die probleem, want die digkuns gaan oor
konvensies. En die oortreding daarvan. Hier is dan 'n vers:
Kleuterstem
mamma kyk!
berge in die mis
lyk nes my verbeelding
onderbreek jy
my slim rym en metrum (p. 10)
Daar is 'n gedig vir Jonker en selfs 'n gesprek met Ted
Hughes met 'n onbedoeld ironiese reël “my verbleikte rym besoedel die land”.
Ook “in die gopse van my hart”, ja.
Daar is een onthoubare gedig:”I ching”. Die res is van
'n kakelaar (soos die “digteres” skryf).
'n Mens moet seker vra: sal meneer Raper asseblief
opstaan en vir ons verduidelik wat vir 'n ding 'n speen is?
[Hierdie resensie word met vriendelike
vergunning van Die Burger geplaas.]