Amptelik vandag ‘n pensioenaris gemaak
in ‘n bankstaat só aan my uitgemaak.
Nou mag ek om afslag aansoek doen:
korting, vermindering; se passer de …
Voetjie-vir-voetjie word jy pensioenaris
(gedagtig aan Elisabeth Eybers): my hare gris.
Maar oor een ding val daar nie te redeneer:
die woord vadsig in al haar geledinge sal jy leer.
Die bestudeerder van ‘n vreemde taal verken
lui, argeloos, traag, lusteloos volledig in die ken.
Maar so is dit nou: vandag offisieel ‘n pensioenaris:
retraitée soekend na woorde vir die nuwe IS.
© Joan Hambidge