I
Daar is twee aanhalings van Joan Didion wat my altyd sal bybly:
We tell ourselves stories in order to live. – The White Album (1979)
Grief turns out to be a place none of us know until we reach it. – The Year of Magical Thinking (2005)
‘n Skerpsinnige Analis van die Amerikaanse kultuur en ‘n skrywer van sg. New Journalism (soos Tom Wolfe en Truman Capote) waarin sy die impak van die werklikheid in haar tekste navigeer. Sy het sterk gereageer op Manson en Sharon Tate, ‘n ellende van haar beleweniswêreld.
Slouching Towards Bethlehem (1968) is my gunstelingteks van haar. Met hierdie boek is ek deur die VSA in 1980: van New York tot Kalifornië.
Didion is pas oorlede aan Parkinson se siekte op ouderdom 78 (1934 gebore).
Wonderlike skryfstyl, maar sy het ook kritiek ontlok.
In 1980 skryf Barbara Grizzuti Harrison in ”Joan Didion: Only Disconnect” sy is ‘n neurasteniese Cher met ‘n styl wat niks anders as ‘n “bag of tricks” is nie.
Sy het in onderhoude die invloed van Ernst Hemingway se spaars sinne erken.
Tog is daar min skrywers wat so die impak van ‘n ruimte op haar skrywerk kon registreer as Joan Didion: van New York tot die Kaliforniese landskap.
Ook ‘n styl-guru wat lief was vir mooi klere.
The year of magical thinking is ‘n memoir van smart wat handel oor die dood van haar man, John Gregory Dunne.
II
Huldeblyke stroom in van skrywers soos Martin Amis oor wie Saul Bellow hoog opgegee het as vriend, tot die New York Times wat erkenning gee aan haar ontsaglike talent as skrywer wat haar loopbaan by Vogue begin het en onderskrifte by mode-foto’s moes skryf. Hier was sy werksaam as proefleser – dalk had dit ‘n invloed op haar styl waar sy altyd die regte woorde ingespan het.
Sy het saam met Dunne A star is born (daardie film met Streisand en Kris Kristoffersen) herskryf in 1976.
Haar vriendskappe met bekendes is legendaries: Vanessa Redgrave, Roman Polanski en sy was bevriend met Sylvia Plath. Hierdie drie uiteenlopende mense, wat ek vermeld, verklap iets van haar ingesteldheid.
Haar tekste (romans en new jornalism) word dikwels as outobiografies beskryf.
Op Netflix kan ons ook die ‘n dokumentêr oor haar beskou The center can not hold (US author Joan Didion dead at 87. Besoek 24 Desember 2021)
Die mees ikoniese foto is natuurlik die bekende een waar sy met ‘n sigaret in die hand staan of in haar studeerkamer die ander een: die tikmasjien wat toekyk …
Obama het haar vereer vir haar lewenswerk toe sy al oud was.
III
So beskryf Martin Amis haar werk:
Joan Didion is the poet of the Great Californian Emptiness. She sings of a land where it is easier to Dial-A-Devotion than to buy a book, where the freeway sniper feels ‘real bad’ about picking off a family of five, where kids in High Kindergarten are given LSD and peyote by their parents, where young hustlers get lethally carried away while rolling elderly film-stars, where six-foot-two drag queens shop for fishnet bikinis, where a 26-year-old woman can consign her five-year-old daughter to the centre divider of Interstate 5: when her fingers were prised loose from the fence 12 hours later, the child pointed out that she had run after the car containing her family for ‘a long time’ (Martin Amis · Joan Didion’s Style · LRB 7 February 1980. Besoek 24 Desember 2021).
En inderdaad in Amis se gevleuelde woorde in dieselfde stuk:
Miss Didion’s style relishes emphasis, repetition, re-emphasis. Her style likes looking at the same things from different angles. Her style likes starting and finishing successive sentences with identical phrases …
Amis wys tereg uit dat die essays sterker is as die fiksie soos by Gore Vidal. Dieselfde geld Susan Sontag.
Dit moet beklemtoon word dat sy in die manlike arena van new Journalism háár stempel afgedruk het.
John Leonard het haar prosa beskryf as “ice pick laser beams”. Vir my is Martin Amis die een wat haar reg opsom as “the poet of the Great Californian Emptiness”.
Essayiste, kortverhaalskrywers is, soos Hennie Aucamp ons herinner in Kort voor lank (Tafelberg, 1980), ook digters.
Meesterlike skrywer. Skerp oog.
© Joan Hambidge