Bernardo Bertolucci
I
The sheltering sky (1990) met John Malkovich en Debra
Winger in die hoofrolle is waarskynlik een van die mees sublieme films nog. In
hierdie Bertolucci-rolprent word die spel tussen 'n verhaal van Paul Bowles en
die filmteks besonder knap verbeeld.
Wat veral tref by elke herbesoek aan
hierdie film is in welke mate Bertolucci le baptême de la solitude oordra. So Paul Bowles stel dit as volg:
“Immediately when you arrive in Sahara, for the first or the tenth time, you notice the stillness. An incredible, absolute silence prevails outside the towns; and within, even in busy places like the markets, there is a hushed quality in the air, as if the quiet were a conscious force which, resenting the intrusion of sound, minimizes and disperses sound straightaway. Then there is the sky, compared to which all other skies seem fainthearted efforts. Solid and luminous, it is always the focal point of the landscape. At sunset, the precise, curved shadow of the earth rises into it swiftly from the horizon, cutting into light section and dark section. When all daylight is gone, and the space is thick with stars, it is still of an intense and burning blue, darkest directly overhead and paling toward the earth, so that the night never really goes dark.
You leave the gate of the fort or town behind, pass the camels lying outside, go up into the dunes, or out onto the hard, stony plain and stand awhile alone. Presently, you will either shiver and hurry back inside the walls, or you will go on standing there and let something very peculiar happen to you, something that everyone who lives there has undergone and which the French call 'le bapteme de solitude.' It is a unique sensation, and it has nothing to do with loneliness, for loneliness presupposes memory. Here in this wholly mineral landscape lighted by stars like flares, even memory disappears...A strange, and by no means pleasant, process of reintergration begins inside you, and you have the choice of fighting against it, and insisting on remaining the person you have always been, or letting it take its course. For no one who has stayed in the Sahara for a while is quite the same as when he came.
...Perhaps the logical question to ask at this point is: Why go? The answer is that when a man has been there and undergone the baptism of solitude he can't help himself. Once he has been under the spell of the vast luminous, silent country, no other place is quite strong enough for him, no other surroundings can provide the supremely satisfying sensation of existing in the midst of something that is absolute. He will go back, whatever the cost in time or money, for the absolute has no price.”
Paul Bowles, Their Heads are Green and Their Hands are Blue: Scenes from the Non-Christian World. Besoek 15 Desember 2014
II
Die film is gebaseer op die verhaal
van Bowles uit 1949. Port Moresby (Malkovich), sy vrou Kit (vertolk deur
Winger) en haar minnaar, George Tunner (Campbell Scott) se reis deur die Sahara
word gekarteer. Hulle is ryk New Yorkers wat in 1947 in Tangiers aankom. Bowles
is die verteller en kommentator van hierdie uitstaande film en sy aanwesigheid
maak hiervan metafiksie.
Die film ondersoek die spanning tussen reisiger en toeris. Vir Kit is hulle inderdaad reisigers en hul lewens word dramaties verander deur hierdie reis. Port sterf aan tifus, Kit word waarskynlik aangerand ná haar redder, ‘n Bedoeïen by sy tuiste aankom en sy ander vroue jaloers op haar reageer.
Die Lyles – ‘n reisboekskrywer en
haar seun, Eric – is die teenspelers in hierdie film. Kit en Tunner het ‘n
affaire. Wanneer sy vrou sy seksuele toenadering verwerp, gaan hy een nag na ‘n
prostituut wat probeer om sy beursie te steel.
Terwyl hy by die prostituut was, maak
Kit sy beddegoed oop sodat dit Tunner laat dink hy het wel in die hotel geslaap.
Maar Port verdink nou sy vrou van seks met Tunner weens die deurmekaar bed.
Port reël dat Tunner met die Lyles vertrek, maar hulle wil hom nie saam neem
nie. Port vertrek saam met die Lyles. Kit en Tunner vertrek op ‘n trein saam.
Port sorg dat Tunner uiteindelik met
die Lyle’s vertrek na Messad sodat hy alleen kan wees met sy vrou. Hulle het
seks een middag wanneer hulle alleen is buite en hy verduidelik wat die
“sheltering sky” behels. Dat die lug hier alles toemaak en agter jou plaas wat
dan ‘n premonisie is dat nooit weer sal terugkeer na die lewe wat hy eens
ervaar het nie.
Hy ontdek in Bounoura dan dat Eric sy
paspoort gesteel het wat ‘n belangrike kode is vir die verlies van identiteit.
Die film aktiveer etlike redes vir sy siekte: die besoek aan die prostituut, ‘n
tifus-plaag, besmette kos en water. (Kit weer merk op dat daar nêrens spieëls
in die kamers is nie. Eers teen die einde het sy ‘n klein handspieëltjie en sy
neem die veranderinge in haar gesig waar.)
Hoewel die paspoort opgespoor word
deur polisiebeamptes, besluit Port om te vertrek na El Ga’a, omdat hy nie weer
vir Tunner wil sien nie. Sake sou waarskynlik anders verloop het as Tunner by
hulle gebly het.
Port sterf en Kit vertrek alleen
dieper die Sahara in saam met Belqassim. Hy vermom haar as ‘n seun en sy is ‘n
gevangene in sy huis waar hulle ‘n liefdesverhouding begin. Hulle word
voortdurend afgeloer deur jong kinders.
Sy word aangerand, dalk ook verkrag,
en verlaat die huis. In die hospitaal word sy deur ‘n Amerikaanse
ambassade-personeellid opgespoor wat haar meedeel dat Tunner vir haar wag in
die hotel in Tangiers.
Kit slaan egter op vlug en ontmoet
die skrywer van die verteller wat dan met haar praat oor die transformasie wat
sy meegemaak het. By implikasie oor dit wat met ‘n mens gebeur wanneer jy die
Sahara ervaar …
Die film sluit met die volgende:
“Death is always on the way, but the fact that you don't know when it will arrive seems to take away from the finiteness of life. It's that terrible precision that we hate so much. But because we don't know, we get to think of life as an inexhaustible well. Yet everything happens a certain number of times, and a very small number, really. How many more times will you remember a certain afternoon of your childhood, some afternoon that's so deeply a part of your being that you can't even conceive of your life without it? Perhaps four or five times more. Perhaps not even. How many more times will you watch the full moon rise? Perhaps twenty. And yet it all seems limitless.”
III
Die roetes in die film soos na Messad
(Algerië), Bounoura (Algerië), en ander Sahara-stede soos El Ga’a (Soedan) kan
eweneens besoek word op die internet. Besoek 15 Desember 2014.
Boussif, Ain Krorfa, Messaad, Bou
Noura, El Ga'a and Sbaa is stede of bakens in die Sahara. Besoek 15 Desember 2014.
Verder bestaan daar debatte of Bowles
spesifiek wou verwys na Tangiers of Marokko of Algerië en of eerder net die
amorfe en mitologiese Sahara wou
aktiveer. Die Sahara het ek al vanuit ‘n vliegtuig besigtig en tydens ‘n Sahara-reis
skrams meegemaak.
‘n Film is ‘n kragtoer. Johann Lodewyk Marais aktiveer iets van hierdie wêreld in sy jongste en lieflike bundel Nomade wat sopas by Cordis Trust verskyn het.
Hy skryf aangrypende verse oor die
Afrika-landskap en hierdie bundel lees ek (toevallig) met die soveelste herbesoek
aan The sheltering sky …
IBN BATTÚTA
1330
In Aden seën hy die koopliede
uit Kinbáyat, Kawlam en Cálicút
en seil met ‘n jalba langs die kus af
via die stinkende Berberstad Zayla
waar kamele op straat geslag word
en verder suid tot by Moqdashaw.
In die hawe ontvang sumbuqe hom
en as gas van die qádi bring ‘n slaaf
skottels betelblare, pienangneute
en provisie uit die Shaykh se paleis.
Ná die jumaa stap hy onder sonkappe
met goue voëls versier na ‘n
feesmaal.
Gelukkig is jy onder die stede,
Mombasá, want ook hier kom hy oornag
en van die ryke vis en piesangs eet.
Die vromes, eerlikes en opregtes
sien hy raak en bekyk die houtmoskees
voordat hy sy reis na Kulwá aanpak.
© Johann Lodewyk Marais. Sept. 2010