Foto: Joan Hambidge
Meditasies | Poësie
Joan Hambidge
Human & Rousseau
In hierdie ryk geskakeerde bundel word nie alleen die konsep en konteks van “meditasies” verruim nie, maar word die gedig-as-meditasie tot ’n nuwe hoogte in Hambidge se werk gevoer, word dit ’n beduidende bydrae tot die breë Afrikaanse digterlike leksikon. Humor en satire tree dikwels op die voorgrond, en so ook besonder skerp herinneringe.
Foto: Philip de Vos
Meditasies word op 5 Desember om 17:30 bekend gestel by die Book lounge, Kaapstad . Die digter sal in gesprek tree met haar uitgewer, Etienne Bloemhof, oor die skryf van die bundel.