Breyten
Breytenbach. vyf-en-veertig
skemeraandsange uit die eenbeendanser se werkruimte. Human & Rousseau,
2014. ISBN 978 07981 6646 1.
Resensent: Joan Hambidge
Die skaduvlek van
afwesigheid
Ons ouer digters
is steeds aan die dig en lewer werk van uitstaande gehalte. In hierdie opsig is
Breytenbach al die afgelope paar jaar besig om sogenaamde laatwerk te lewer.
Dit is die soort teks waarin die digter – eintlik alle kunstenaars – besig is
met 'n proses van terugdraai en 'n bestekopname. Amper soos 'n ouer persoon wat
besig is om na die aftree-oord te vertrek en 'n hele huis moet opruim. Boeke en
besittings word weggegee. Hierdie proses gaan dikwels gepaard met sowel pyn as
verligting. Die digterlike proses is dan ook gelaai met hierdie komplekse,
selfs ambivalente emosies. 'n Testament word opgestel. Daar word teruggekyk op
'n lang digterlike bestaan.
Sopas het
hierdie leser 'n kursus aangebied oor Breytenbach en Boerneef. Gewys op die
verskille én ooreenkomste. En relevant om te weet dat die jong Breytenbach ook
aan die UK klasgeloop het by Boerneef, sy digterlike prekursor, nes Blum en
Barend J. Toerien, voor- en nasangers, van BB. Beide Boerneef en Breytenbach is
manjifieke taalontginners en "woordenaars". By Boerneef is daar die
eiesinnige streekstaal wat hy omvorm tot eiegoed; by Breytenbach is daar die ómdigting
van die alledaagse taal in 'n ryk, idiosinkratiese ideolek. Beide is outsiders:
die een om literêr-politieke redes en waarskynlik onbegrip in sy tyd; die ander
om politieke redes ...
Die onlangse Die beginsel van stof (2011) en Katalekte (2012) – nes Die Windvanger (2007) – kondig alreeds
hierdie afskeid aan. Nou onlangs tydens 'n kort besoek aan Viëtnam kon ek Jan
Blom se Lotus (1970) beter begryp...
Die lang titel vyf-en-veertig skemeraandsange uit die
eenbeendanser se werkruimte aktiveer ook die digter se werksaamheid as
Pirogue-organiseerder vir die dansende digtersfees waar hy verskillende digters
'n ruimte gee, sowel nasionaal as internasionaal, en die komplekse aard van die
digkuns transponeer van 'n eie taal na Engels en Frans, onder andere. Om te dig
is om te "vertaal", te transponeer, oor te dra, weer te gee: hetsy 'n
indruk, 'n emosie, opstand, ideologie, watookal, na 'n konkrete gedig.
Breytenbach was nog altyd meester van die konkrete, surrealistiese beeld. Vanaf
die debuut in 1964 word die leser telkens getref deur die ongelooflike beelde
wat lank na die lees 'n mens bybly.
Of dit nou die
maan wat soos 'n klip lyk of die besonderse vermoë om stilte te verwoord, bly
gedigte trefseker en in die kol.
Op die agterblad
staan daar die volgende gedig:
ek het gedroom
ek het my gedig
in die
deuropening sien staan
met lig omstraal
en 'n papiertjie
in haar hand
ek het die
boodskap oopgevou
en daar byna
onsigbaar geskryf sien staan
ek is die gedig waarvan jy droom
om na die lig te
haal
maar ek is ook
die donkerte
wat jy jou blind
teen staar
die lewe leef
net in die
openinge van die teks
en verbeelding,
die verbeelde ding
waarvan jy
toemond sing
Die jy is hier
sowel die leser wat ingenooi word in die intieme ruimte van die digter wat
opruim as die digter self wat in 'n selfkonfrontasie of -gesprek die impak van
die digkuns op sy lewe karteer. Bykans Gnosties word die teks die voltooiing
van die gebroke lewe met sy openinge of gate. Die Gnostiese gedagte dat die
wêreld deur 'n agtelose god gemaak is wat sy skepping agtergelaat het, word
hier geaktiveer. Ook die digkuns wat spruit uit donker drifte met die
verbeelding wat oplossing of heling bied, kom aan bod. Boonop aktiveer die vorm
van die gedig (14 reëls) wat nie 'n sonnet is nie, die Gnostiese gedagte van
on-voltooidheid. Digkuns word ook digter: ek = die gedig (waarvan jy droom).
Drome is immers altyd wonde by Breytenbach.
Die slotgedig
"45. ek het gedroom" (98) ondersteun hierdie gedagte van
on-voltooidheid:
die hele heelal
skerf in honderd
stukke:
met
Grootsterfenis
is daar nie 'n
hemel en geen aarde nie
Die Zen-gedagte
loop eweneens regdeur die bundel, nes stilte ("en as jy stil wil bly / dit
so moet doen / dat ander jou nie hoor nie"). Die "jy" is dan ook
dikwels die leser wat help oppak aan die bokse vol gedigte en saam terugkyk.
Hier is immers dan ook 'n gedig wat heet "40. kodosil" met die
inventaris van 'n bankrotboedel. Daar is selfs 'n vers wat heet "instruksies",
so bekend aan hierdie proses (76). Die hartverskeurende mooi "29. die
tyding" (71) speel weer terug op die aangrypende verse oor die ouers ('n hoogtepunt staan in Die beginsel van stof) en 'n besef dat hy hulle weer sal ontmoet.
En Meester Dogen
hou ook "toesig".
Die bundeltitel,
"skemeraandsang", moet ook gelees word as 'n klaagsang. Die lykdig
het 'n bepaalde struktuur nes die klaagsang. Die klaagsang bekend om sy
bestekopname, melancholie, afskeid en uiteindelike aanvaarding van die einde
...
Die
skemeraandsang is die gedig van die "blues", maar aktiveer ook die
beeld van in-die-skemer-van-die-lewe. Die 35e gedig, "die gedig", is
'n lang prosavers, 'n fantasie oor wat gebeur met 'n mens na jou dood. Die
naam-lose plek, "n eggolose ruimte". Hierdie gedig speel in op ouer
tekste waar die fantasie tussen lewe en dood uitgewerk word as 'n lewendood.
Die digter is paradoksaal dood, maar ook lewend, hier, maar ook daar. Hy praat
met Lorca en hoor sy "slapmond-nabootsing van voëltjieroep". Dus is ons
ook terug by Om te vlieg. Elke gedig
is waarskynlik 'n voetnoot (voetskrif) by reeds gepubliseerde gedigte met die
vrees dat daar nie meer lesers van gedigte is nie. (En by gedig nommer 34 lees
'n mens dan ook 'n soort endnoot of voetnoot!)
Die digter het
hom al sterk uitgespreek teen psigoanalise en verkies die "metafisika van die oppervlak". Tog sien hy die self as 'n solder (73) en speel hy
vernuftig in op Freud en al sy navolgelinge oor wat die self beleef wanneer hy
die "motgevrete bruidsrok" moet aantrek vir die begrafnis.
Politieke
ontnugtering kom aan bod. Dit is die ondergrond van menige gedig en Benedix
Schönflies gooi ook in die bundel 'n draai. Benjamin moes immers vlug voor die
Nazi's en sy selfdood is dan iets waarmee hier geïdentifiseer word. Tussen
Frankryk en Spanje by Portbou. Ironies-spottend is die vers oor die Nobelprys
("10. naak in Benarés", 31) en die inflasie van letterkundige pryse.
Bekende temas en
motiewe soos spieëls, rou, ontbinding, verbeelding, dood, dans, honde, tong,
voëls, maan, o.a. word hier teruggevind.
Die kragtige
gedig nommer 7 "(16 September 2012)" tree in gesprek met Auden wat
uiteraard sy Septembergedig onteien het. Auden se vers handel oor die Tweede
Wêreldoorlog, terwyl Breytenbach se vers
verdere politieke ongeregtighede aanspreek. Sentrale en sleutverse is
gedig nommer 4 ("die zar-partituur") en die daaropvolgende "die
hengelkompetisie" - waarin die voorblad verduidelik word:
en 'n reël of
twee uit die engelaar
se handlyding
geknoop
om soos
verleidelike verlange te lyk (17).
In gedig nommer
6 ("hierdie brief as gedig vol vere onder jou deur" word die
"verduiwelse verdubbeling" verduidelik en verkonkretiseer: die
vervuiling van tweelinge en die digter se verskillende name kom ook ter
sprake...
Panus,
Kamiljoen, Woordfoël, Buiteblaf, Lasarus, Bian Tong, die lawwe Grafblom
Blom-vent, Bibberbek, Ka'afir, Elefeteria, Swartgesig, Beweborsie
breytenbreytenbach....
Die bundel word
tereg opgedra aan sy simpatieke en deeglike uitgewer Alida Potgieter en alle
digters weet hoe 'n goeie redakteur jou gedigte verder laat dans.
hy wat dink hy
verstaan
sit die pot mis
maar hy wat
verstaan
sit langs
homself (62)
Dit is 'n bundel
vol weggaangedigte, inderdaad geskryf deur 'n meester. Die voorblad - 'n
selfportret - heet "die engelaar" : die handvol vere is nou 'n kop
vol penvere...
En die digter
het immers hiermee geskryf.
Bronne:
Harold Bloom se Agon het in 1982 verskyn by Oxford
University Press en is waarskynlik die belangrikste teks oor stilte, die
kabbalisme en Gnostiek binne die moderne literatuurkritiek.
Walter Benjamin- Wikipedia, the free encyclopedia. Besoek 7 Mei 2014
W.H. Auden.September 1, 1939. Besoek 7 Mei 2014
by W.H. Auden
I sit in one of
the dives
On Fifty-second
Street
Uncertain and
afraid
As the clever
hopes expire
Of a low
dishonest decade:
Waves of anger
and fear
Circulate over
the bright
And darkened
lands of the earth,
Obsessing our
private lives;
The unmentionable
odour of death
Offends the
September night.
Accurate
scholarship can
Unearth the
whole offence
From Luther
until now
That has driven
a culture mad,
Find what
occurred at Linz,
What huge imago
made
A psychopathic
god:
I and the public
know
What all schoolchildren
learn,
Those to whom
evil is done
Do evil in
return.
Exiled
Thucydides knew
All that a
speech can say
About Democracy,
And what
dictators do,
The elderly
rubbish they talk
To an apathetic
grave;
Analysed all in
his book,
The
enlightenment driven away,
The
habit-forming pain,
Mismanagement
and grief:
We must suffer
them all again.
Into this
neutral air
Where blind
skyscrapers use
Their full
height to proclaim
The strength of
Collective Man,
Each language
pours its vain
Competitive
excuse:
But who can live
for long
In an euphoric
dream;
Out of the
mirror they stare,
Imperialism's
face
And the
international wrong.
Faces along the
bar
Cling to their
average day:
The lights must
never go out,
The music must
always play,
All the
conventions conspire
To make this
fort assume
The furniture of
home;
Lest we should
see where we are,
Lost in a
haunted wood,
Children afraid
of the night
Who have never
been happy or good.
The windiest
militant trash
Important
Persons shout
Is not so crude
as our wish:
What mad
Nijinsky wrote
About Diaghilev
Is true of the
normal heart;
For the error
bred in the bone
Of each woman
and each man
Craves what it
cannot have,
Not universal
love
But to be loved
alone.
From the
conservative dark
Into the ethical
life
The dense
commuters come,
Repeating their
morning vow;
'I will be true
to the wife,
I'll concentrate
more on my work,'
And helpless
governors wake
To resume their
compulsory game:
Who can release
them now,
Who can reach
the dead,
Who can speak
for the dumb?
All I have is a
voice
To undo the
folded lie,
The romantic lie
in the brain
Of the sensual
man-in-the-street
And the lie of
Authority
Whose buildings
grope the sky:
There is no such
thing as the State
And no one
exists alone;
Hunger allows no
choice
To the citizen
or the police;
We must love one
another or die.
Defenseless
under the night
Our world in
stupor lies;
Yet, dotted
everywhere,
Ironic points of
light
Flash out
wherever the Just
Exchange their
messages:
May I, composed
like them
Of Eros and of
dust,
Beleaguered by
the same
Negation and
despair,
Show an
affirming flame.