Bladsye / Pages

Wednesday, May 7, 2014

Breyten Breytenbach - vyf-en-veertig skemeraandsange uit die eenbeendanser se werkruimte (2014)



Breyten Breytenbach. vyf-en-veertig skemeraandsange uit die eenbeendanser se werkruimte. Human & Rousseau, 2014. ISBN 978 07981 6646 1.
Resensent: Joan Hambidge

Die skaduvlek van afwesigheid

Ons ouer digters is steeds aan die dig en lewer werk van uitstaande gehalte. In hierdie opsig is Breytenbach al die afgelope paar jaar besig om sogenaamde laatwerk te lewer. Dit is die soort teks waarin die digter  eintlik alle kunstenaars  besig is met 'n proses van terugdraai en 'n bestekopname. Amper soos 'n ouer persoon wat besig is om na die aftree-oord te vertrek en 'n hele huis moet opruim. Boeke en besittings word weggegee. Hierdie proses gaan dikwels gepaard met sowel pyn as verligting. Die digterlike proses is dan ook gelaai met hierdie komplekse, selfs ambivalente emosies. 'n Testament word opgestel. Daar word teruggekyk op 'n lang digterlike bestaan.

Sopas het hierdie leser 'n kursus aangebied oor Breytenbach en Boerneef. Gewys op die verskille én ooreenkomste. En relevant om te weet dat die jong Breytenbach ook aan die UK klasgeloop het by Boerneef, sy digterlike prekursor, nes Blum en Barend J. Toerien, voor- en nasangers, van BB. Beide Boerneef en Breytenbach is manjifieke taalontginners en "woordenaars". By Boerneef is daar die eiesinnige streekstaal wat hy omvorm tot eiegoed; by Breytenbach is daar die ómdigting van die alledaagse taal in 'n ryk, idiosinkratiese ideolek. Beide is outsiders: die een om literêr-politieke redes en waarskynlik onbegrip in sy tyd; die ander om politieke redes ...

Die onlangse Die beginsel van stof (2011) en Katalekte (2012) – nes Die Windvanger (2007) – kondig alreeds hierdie afskeid aan. Nou onlangs tydens 'n kort besoek aan Viëtnam kon ek Jan Blom se Lotus (1970) beter begryp...

Die lang titel vyf-en-veertig skemeraandsange uit die eenbeendanser se werkruimte aktiveer ook die digter se werksaamheid as Pirogue-organiseerder vir die dansende digtersfees waar hy verskillende digters 'n ruimte gee, sowel nasionaal as internasionaal, en die komplekse aard van die digkuns transponeer van 'n eie taal na Engels en Frans, onder andere. Om te dig is om te "vertaal", te transponeer, oor te dra, weer te gee: hetsy 'n indruk, 'n emosie, opstand, ideologie, watookal, na 'n konkrete gedig. Breytenbach was nog altyd meester van die konkrete, surrealistiese beeld. Vanaf die debuut in 1964 word die leser telkens getref deur die ongelooflike beelde wat lank na die lees 'n mens bybly.

Of dit nou die maan wat soos 'n klip lyk of die besonderse vermoë om stilte te verwoord, bly gedigte trefseker en in die kol.

Op die agterblad staan daar die volgende gedig:

ek het gedroom ek het my gedig
in die deuropening sien staan
met lig omstraal
en 'n papiertjie in haar hand

ek het die boodskap oopgevou
en daar byna onsigbaar geskryf sien staan
ek is die gedig waarvan jy droom
om na die lig te haal

maar ek is ook die donkerte
wat jy jou blind teen staar
die lewe leef
net in die openinge van die teks

en verbeelding, die verbeelde ding
waarvan jy toemond sing

Die jy is hier sowel die leser wat ingenooi word in die intieme ruimte van die digter wat opruim as die digter self wat in 'n selfkonfrontasie of -gesprek die impak van die digkuns op sy lewe karteer. Bykans Gnosties word die teks die voltooiing van die gebroke lewe met sy openinge of gate. Die Gnostiese gedagte dat die wêreld deur 'n agtelose god gemaak is wat sy skepping agtergelaat het, word hier geaktiveer. Ook die digkuns wat spruit uit donker drifte met die verbeelding wat oplossing of heling bied, kom aan bod. Boonop aktiveer die vorm van die gedig (14 reëls) wat nie 'n sonnet is nie, die Gnostiese gedagte van on-voltooidheid. Digkuns word ook digter: ek = die gedig (waarvan jy droom). Drome is immers altyd wonde by Breytenbach.

Die slotgedig "45. ek het gedroom" (98) ondersteun hierdie gedagte van on-voltooidheid:

die hele heelal
skerf in honderd stukke:
met Grootsterfenis
is daar nie 'n hemel en geen aarde nie

Die Zen-gedagte loop eweneens regdeur die bundel, nes stilte ("en as jy stil wil bly / dit so moet doen / dat ander jou nie hoor nie"). Die "jy" is dan ook dikwels die leser wat help oppak aan die bokse vol gedigte en saam terugkyk. Hier is immers dan ook 'n gedig wat heet "40. kodosil" met die inventaris van 'n bankrotboedel. Daar is selfs 'n vers wat heet "instruksies", so bekend aan hierdie proses (76). Die hartverskeurende mooi "29. die tyding" (71) speel weer terug op die aangrypende verse oor die ouers  ('n hoogtepunt staan in Die beginsel van stof) en 'n besef dat hy hulle weer sal ontmoet.
En Meester Dogen hou ook "toesig".

Die bundeltitel, "skemeraandsang", moet ook gelees word as 'n klaagsang. Die lykdig het 'n bepaalde struktuur nes die klaagsang. Die klaagsang bekend om sy bestekopname, melancholie, afskeid en uiteindelike aanvaarding van die einde ...

Die skemeraandsang is die gedig van die "blues", maar aktiveer ook die beeld van in-die-skemer-van-die-lewe. Die 35e gedig, "die gedig", is 'n lang prosavers, 'n fantasie oor wat gebeur met 'n mens na jou dood. Die naam-lose plek, "n eggolose ruimte". Hierdie gedig speel in op ouer tekste waar die fantasie tussen lewe en dood uitgewerk word as 'n lewendood. Die digter is paradoksaal dood, maar ook lewend, hier, maar ook daar. Hy praat met Lorca en hoor sy "slapmond-nabootsing van voëltjieroep". Dus is ons ook terug by Om te vlieg. Elke gedig is waarskynlik 'n voetnoot (voetskrif) by reeds gepubliseerde gedigte met die vrees dat daar nie meer lesers van gedigte is nie. (En by gedig nommer 34 lees 'n mens dan ook 'n soort endnoot of voetnoot!)

Die digter het hom al sterk uitgespreek teen psigoanalise en verkies die "metafisika van die oppervlak". Tog sien hy die self as 'n solder (73) en speel hy vernuftig in op Freud en al sy navolgelinge oor wat die self beleef wanneer hy die "motgevrete bruidsrok" moet aantrek vir die begrafnis.

Politieke ontnugtering kom aan bod. Dit is die ondergrond van menige gedig en Benedix Schönflies gooi ook in die bundel 'n draai. Benjamin moes immers vlug voor die Nazi's en sy selfdood is dan iets waarmee hier geïdentifiseer word. Tussen Frankryk en Spanje by Portbou. Ironies-spottend is die vers oor die Nobelprys ("10. naak in Benarés", 31) en die inflasie van letterkundige pryse.

Bekende temas en motiewe soos spieëls, rou, ontbinding, verbeelding, dood, dans, honde, tong, voëls, maan, o.a. word hier teruggevind.

Die kragtige gedig nommer 7 "(16 September 2012)" tree in gesprek met Auden wat uiteraard sy Septembergedig onteien het. Auden se vers handel oor die Tweede Wêreldoorlog, terwyl Breytenbach se vers  verdere politieke ongeregtighede aanspreek. Sentrale en sleutverse is gedig nommer 4 ("die zar-partituur") en die daaropvolgende "die hengelkompetisie" - waarin die voorblad verduidelik word:

en 'n reël of twee uit die engelaar
se handlyding geknoop
om soos verleidelike verlange te lyk (17).

In gedig nommer 6 ("hierdie brief as gedig vol vere onder jou deur" word die "verduiwelse verdubbeling" verduidelik en verkonkretiseer: die vervuiling van tweelinge en die digter se verskillende name kom ook ter sprake...

Panus, Kamiljoen, Woordfoël, Buiteblaf, Lasarus, Bian Tong, die lawwe Grafblom Blom-vent, Bibberbek, Ka'afir, Elefeteria, Swartgesig, Beweborsie breytenbreytenbach....
Die bundel word tereg opgedra aan sy simpatieke en deeglike uitgewer Alida Potgieter en alle digters weet hoe 'n goeie redakteur jou gedigte verder laat dans.

hy wat dink hy verstaan
sit die pot mis
maar hy wat verstaan
sit langs homself (62)

Dit is 'n bundel vol weggaangedigte, inderdaad geskryf deur 'n meester. Die voorblad - 'n selfportret - heet "die engelaar" : die handvol vere is nou 'n kop vol penvere...
En die digter het immers hiermee geskryf.

Bronne:

Harold Bloom se Agon het in 1982 verskyn by Oxford University Press en is waarskynlik die belangrikste teks oor stilte, die kabbalisme en Gnostiek binne die moderne literatuurkritiek.


W.H. Auden.September 1, 1939Besoek 7 Mei 2014

W.H. Auden & Chester Kallman

September 1, 1939
by W.H. Auden

I sit in one of the dives
On Fifty-second Street
Uncertain and afraid
As the clever hopes expire
Of a low dishonest decade:
Waves of anger and fear
Circulate over the bright
And darkened lands of the earth,
Obsessing our private lives;
The unmentionable odour of death
Offends the September night.

Accurate scholarship can
Unearth the whole offence
From Luther until now
That has driven a culture mad,
Find what occurred at Linz,
What huge imago made
A psychopathic god:
I and the public know
What all schoolchildren learn,
Those to whom evil is done
Do evil in return.

Exiled Thucydides knew
All that a speech can say
About Democracy,
And what dictators do,
The elderly rubbish they talk
To an apathetic grave;
Analysed all in his book,
The enlightenment driven away,
The habit-forming pain,
Mismanagement and grief:
We must suffer them all again.

Into this neutral air
Where blind skyscrapers use
Their full height to proclaim
The strength of Collective Man,
Each language pours its vain
Competitive excuse:
But who can live for long
In an euphoric dream;
Out of the mirror they stare,
Imperialism's face
And the international wrong.

Faces along the bar
Cling to their average day:
The lights must never go out,
The music must always play,
All the conventions conspire
To make this fort assume
The furniture of home;
Lest we should see where we are,
Lost in a haunted wood,
Children afraid of the night
Who have never been happy or good.

The windiest militant trash
Important Persons shout
Is not so crude as our wish:
What mad Nijinsky wrote
About Diaghilev
Is true of the normal heart;
For the error bred in the bone
Of each woman and each man
Craves what it cannot have,
Not universal love
But to be loved alone.

From the conservative dark
Into the ethical life
The dense commuters come,
Repeating their morning vow;
'I will be true to the wife,
I'll concentrate more on my work,'
And helpless governors wake
To resume their compulsory game:
Who can release them now,
Who can reach the dead,
Who can speak for the dumb?

All I have is a voice
To undo the folded lie,
The romantic lie in the brain
Of the sensual man-in-the-street
And the lie of Authority
Whose buildings grope the sky:
There is no such thing as the State
And no one exists alone;
Hunger allows no choice
To the citizen or the police;
We must love one another or die.

Defenseless under the night
Our world in stupor lies;
Yet, dotted everywhere,
Ironic points of light
Flash out wherever the Just
Exchange their messages:
May I, composed like them
Of Eros and of dust,
Beleaguered by the same
Negation and despair,

Show an affirming flame.