Bladsye / Pages

Tuesday, February 9, 2016

John Williams - Stoner - a novel (1965/2013)


John Williams - Stoner - a novel (1965). Heruitgawe Vintage, 2013. ISBN 978-0099561545

Resensie: Joan Hambidge

I

Hierdie besonderse roman van John Williams het op my lessenaar geland nadat ‘n vriendin dit aanbeveel het. 'n Mens dink onwillekeurig aan die genre van die kampusroman en in my kantoor staan die volgende tekste: The Groves of Academe van Mary McCarthy (1952), Lucky Jim van Kingsley Amis (1954), Pnin van Vladimir Nabokof (1959), The Dean's December van Saul Bellow (1982), Changing Places van David Lodge (1975),The human stain van Philip Roth (2000), Disgrace van JM Coetzee (1999) ...

Vir 'n uitgebreide lys, besoek gerus Campus novel - Wikipedia, the freeencyclopedia.

Lodge wat hoofsaaklik as satirikus die wel en weë van die akademika bespreek, is ook 'n gesiene samesteller van literatuurteoretiese essays. Changing places, ‘n uiters vermaaklike roman, ondersoek en satiriseer die verskille tussen die Britse en Amerikaanse kampus. Dit word as volg opgesom:
Changing Places is a comic novel with serious undercurrents. It tells the story of the six-month academic exchange program between fictional universities located in Rummidge (modelled on Birmingham in England) and Plotinus, in the state of Euphoria (modeled on Berkeley in California). The two academics taking part in the exchange are both aged 40, but appear at first to otherwise have little in common, mainly because of the differing academic systems of their native countries.The English participant, Philip Swallow, is a very conventional and conformist British academic, and somewhat in awe of the American way of life. By contrast the American, Morris Zapp, is a top-ranking American professor who only agrees to go to Rummidge because his wife agrees to postpone long-threatened divorce proceedings on condition that he move out of the marital home for six months. Zapp is at first both contemptuous of, and amused by, what he perceives as the amateurism of British academia.As the exchange progresses, however, both Swallow and Zapp find that they begin to fit in surprisingly well to their new environments. In the course of the story, each man has an affair with the other's wife. Before that, Swallow sleeps with Zapp's daughter Melanie, without realizing who she is. She, however, takes up with a former undergraduate student of his, Charles Boon.Swallow and Zapp even consider remaining permanently. The book ends with the two couples convened in a New York hotel room to decide their fates. The novel ends without a clear-cut decision, though the sequel Small World: An Academic Romance, reveals that Swallow and Zapp returned to their respective countries and domestic situations (Changing Places - Wikipedia, the freeencyclopedia). 
Jare gelede het ek 'n kampusroman Kopïïs begin oor die kwellinge van kreatiewe skryfwerk en die invloed daarvan op mentor en mentee.

Dit is nooit gepubliseer nie, want ek was nie reg vir die gegewe nie.

My eie roman Judaskus was waarskynlik 'n interteks vir Coetzee se Disgrace.

Die kampusroman handel dan oor die akademiese ruimte: studente, professore, intriges, nydighede, ambisie, gesagstrukture, kurrikula wat moet aanpas en verander. 'n Leser sal dit lonend vind om te sien hoe literatuurteorie byvoorbeeld verander het en C.G. Jung en D.H. Lawrence o.a. uit kompendia "verdwyn" het met die opkoms van strukturalisme en poststrukturalisme. In Stoner is die hoofkarakter telkens daarvan bewus hoe letterkunde doseer word deur dosente wat dit nie "geniet" of "waardeer" nie.. 

Ons weet hoe daar sekere (politieke) modes op kampusse is: seksuele teistering wat hoogmode was ‘n dekade of wat terug; nou is dit klagtes (vermeend of waar) oor rassisme; die hele debat oor transformasie en hoe akademici dit uiteenlopend vertolk, is ook aan die orde van die dag. Jane Gallop, die literatuurteoretikus, Woman accused of sexual harassment, is ‘n belangrike teks oor die politiek van hierdie proses. Hierdie studie het in 1997 verskyn.

II

Wat maak Stoner so treffend? Toe die roman in die sestigerjare verskyn het, was dit nie so ‘n suksesverhaal as met die heruitgawe in 2003 nie. John Williams, die outeur, het in Denver gestudeer, ‘n PhD behaal aan die Universiteit van Missouri. Hy het teruggekeer na Denver waar hy vir meer as dertig jaar letterkunde en die “craft of writing” doseer het. Dus is dit iemand wat die “binnewerkinge” van die kampus ken en eerstehands hieroor kon skryf. (Die outeur is oorlede in 1994).

Ek wil nie graag die storie verklap nie. Die leser word ingetrek by ‘n ongelukkige huwelik, eensaamheid, ‘n komplekse verhouding met ‘n kind, ouers en skoonouers.

Uiteraard is daar die “moeilike” student wat spanning tussen home n ‘n kollega skep, maar as beginselvaste persoon weier hy om in te gee wanneer die student in ‘n mondeling swak vaar. En hierdie stryd tussen hom en die kollega gee aan die kollega ‘n magtige wapen teen hom wanneer hy met ‘n voormalige student ‘n verhouding begin. Vir ‘n volledige opsomming van die verhaal, lees Stoner Summary & Study Guide (Besoek 9 Februarie 2016).

Die jong seun – wat aanvanklik landbou studeer – word begeester deur die letterkunde. En dit is, myns insiens, die onderliggende boodskap van hierdie boek. Te midde van o.a. WOI – as die backdrop waarin tydgenote sterf – verraad, die selfdood van ‘n skoonvader, ‘n liefdelose huwelik, die swangerskap van sy dogter (wat waarskynlik swanger raak om uit die troostelose huis te kan ontvlug), ‘n gemene baas, Hollis Lomax – wat boonop ‘n misvormde mens is – is die letterkunde die Oorwinnaar.

Aan die einde hou hy die rooi boek vas wat hy geskryf het en hy is geraak deur die inskripsie van sy geliefde (wat die universiteit verlaat het weens die drukgroepe) voor in haar studie.

Teen die einde van die roman: ”But he read little, though the presence of his books comforted him” (282).

Hierdie roman is deur Tom Hanks hoog aangeslaan en Julian Barnes noem dit “a terrific novel of echoing sadness”.

Hartseer. Eensaam. Dit begin soos volg: ”William Stoner entered the University of Missouri as a freshman in the year 1910, at the age of nineteen. Eight years later, during the height of World war I, he received his Doctor of Philosophy degree and accepted an instructorship at the same university, where he taught until his death in 1956”.

Kyk wat hy sê wanneer hy aftree …

En in hierdie opsomming – soos in ‘n Nabokof-roman – word ‘n hele lewe vertel. Een van ‘n eensame, dog beginselvaste man wat ‘n klein moment van liefde ervaar en telkens te staan kom voor ongelooflike isolasie.

Soos Karel Schoeman wat uit die ongeleefde ervaring iets groots kan maak, karteer hierdie roman presies dít.

John Williams
Endnote:

Vir ‘n indrukwekkende indeks van die kampusroman, besoek Campus novel - Wikipedia,the free encyclopedia.