Bladsye / Pages

Wednesday, December 16, 2015

Reisjoernaal: Chili 2015 (Deel I)

Costanera Sentrum, Santiago

Deel I

Verlede jaar was dit Argentinië. Nou in Chili, veral om die verskillende huise van Pablo Neruda te besoek. ‘n Digterlike pelgrimstog en genadiglik het ek vir die reis betaal voordat ons die jongste aanslag teen die rand ervaar het.

Om te reis is soos om te dig. Daar is ten spyte van al die bekende dimensies veral die onbekende aspekte wat jou kan ontspoor. As jy werklik ernstig is oor dig, begin jy met elke boek van nuut af. Jy moet iets nuuts herontdek: ‘n stylfiguur, nuwe tegnieke ontgin of die ou bekende weë nuut beskryf.

Ou wyn in nuwe vate?

Jamais

Ek slaan my oë op na Groot verseboek
o waar sal my hulp vandaan kom?

My drome pleeg winkeldiefstal
in al die bloemlesings oor reise

na verre, eksotiese plekke
‘n sabbatsreis ver met name

soos Puerto Montt en Isla Nigra
waar houthakkers en waterdraers

leef met ‘n lewe vol nou
en geboorte en dood die siklus

wat alles voltooi en nooit
verwyt oor wat kon wees

of verspeelde kanse of onmin
oor ‘n verlore liefde of verbintenis

nooit nooit nooit onvergenoegd
nee tevree met die siesta

in Santiago de Chile ‘n vulkaan
sluimerend aan die voet

van die Andes se Cordilleras
wat my inperk en verwurg

oor die drome se oortredings
o waar sal my gedig vandaan kom?

My beste vriend waarsku my teen die sluimerende vulkane in Chili.

Weke voor die tyd het ek onrustige drome oor Chili. Die reis van Kaapstad tot Santiago de Chili is lank en uitmergelend. SAL is nie meer wat die was nie en die klein TV-speler is vuil. Ek vra ‘n lappie om te af te vee en die diens in besigheidsklas word sonder entoesiasme  aangebied, anders as byvoorbeeld Emirates waar bediening uitstekend is. Om vir ‘n bier te vra en te hoor dat die diens binnekort sal begin, is nie aan nie. Die matte is aan’t skif maar  die kos is steeds goed; ofskoon daar aangedui is dat ‘n dis nie beskikbaar is nie. Die uwe dring egter aan op die dis en dit land toe voor my. Met ‘n lugwaardin wat later meen dat die eise van die passasiers vir haar te erg is. Sy hoort nie in hierdie ruimte nie.

Na ‘n lange dag van vlieg Kaapstad-Johannesburg-Sao Paolo land ek in Santiago 12 uur in die nag. Terwyl dit al vyf ure later in SA is. Die Holiday Inn waar ek vertoef is reg voor die lughawe en ek stap letterlik oor die pad met my gids wat al die reiskoepons gereed het.

Toe die man met my wil geselsies aanknoop oor hoeveel mense in Kaapstad woon, is ek onmiddellik afwysend. Jammer, ek is nou te moeg om te dink.

Universeel Holiday Inn. Netjies. En helaas rookvry. Laatnag rook ek ‘n sigaret en kyk na die manjifieke Andes. Want om 6 vm moet ek woestyn op. Na die Noorde.

San Pedro de Atacama.

The Hotel Boutique Noi Casa Atacama is a very special place for the travellers that came to visit the north of Chile. Many details such as the architecture and tours make this place unique.
The hotel is very hospitable, makes the guests feel like home, the facilities are outstanding, it has swimming pool and spa where guests can relax and rest after the fun afternoon excursions, Noi Casa Atacama provides several activities for a really impressive and friendly stay.
On the subject of food the hotel has a wonderful restaurant called “La Romeria” which is characterized by typical dishes cooked with local ingredients and harvested by hand in small organic farms with flowers and vegetables. This Hotel in San Pedro de Atacama offers a bit of the typical cuisine of the area to complete the experience lodging, with excursions and also gastronomically
San Pedro De Atacama: After having seen it for the first time, most visitors give San Pedro de Atacama the nicknames of “The adobe town” or “The entrance to the desert”.

Almost 1,700 kilometers away from Santiago and 160 kilometers from the Jama International Pass (which joins it with Argentina), San Pedro de Atacama is an entrance gate to one of the largest and most arid deserts in our planet: the Atacama Desert.

Considered the archeological capital of Chile, its mountains, deserts, salt deposits, towns, lagoons, volcanoes, geysers and, especially, its people and its unusual visitors have made it a favorite destination in the last few years. Visitors cannot miss the outskirts, where the famous Tatio geysers are located and the morning sun displays a wonderful show of steams, odors and sounds. The City of San Pedro de Atacama must also be borne in mind. Its ancient main square and its church, along with its town hall, invite visitors to make a stop. But it is the brown color of adobe respected in every building which contributes with an unusual beauty. The main street is called “Caracoles” (shells). Tourists and bicycles along with hundreds of hotels, pubs and travel agencies make up a unique city both during the day and at night.


San Pedro de Atacama: a mystic and ancient spot that has managed a perfect mingle between the primitive peoples and visitors from the most remote places on Earth.

*

En inderdaad is dit ‘n maanlandskap. Ons ry ‘n uur en ‘n half tot by die NOI Casa Atacama. En hier wag twee verrassings my in.

My reisagent laat weet dat daar ‘n lughawe-strike op pad is en ek mag dalk vasgevang wees – hoe nou gemaak? Ek spot en vra vir die gawe Diego of ek kroegman hier kan speel. Na ‘n jaar van slopende opstande aan die universiteit het ek geleer dat ‘n mens gewoon met die stroom moet beweeg ...

Tweede verrassing. Die bestuuder neem my kredietkaart om die sogenaamde ekstras te dek. Min wetende hy het sommer $200 opgelaai, en ek beleef skielik die realiteit dat dit meer as R3000 is.

Onbewus dat hy soveel gelaai het, vra ek hom wat aangaan. Die misverstand blyk toe mýne te wees: hulle minimum fooi is $200!

“Is ons nog vriende?”, vra hy.
“Natuurlik. Ek het net geskrik toe ek die helse bedrag op my selfoon sien!. ‘n Mens weet hierdie dinge met jou kop, maar die realiteit is iets anders.”

Ek swem in die piscine; dit is meedoënloos warm.

Laatmiddag word ek gehaal om die maanlandskap te besoek en die flaminke by die soutpanne te bekyk. Ons ry lank en ver. Afstand, beduie die gids, is hier aan die orde van die dag. Ons ry en ry en ry. Gelukkig word die reis opgehelder met haar kennis van Neruda en Gabriela Mistral.

Die imposante Andes is neffens my met twee vulkane na regs wat glo net as die lug in blaas, en nie meer lawa nie.

Teen die aand laat weet my reisagent dat die strike gaan gebeur.

Dus sal ek langer hier moet bly en die hele impak op ‘n fyn beplande reis na die wynlande en Neruda se huise.

Ek smul aan ‘n polenta en octopus-gereg.

Die jonge sjef maan my om dit met wit wyn te drink. So gemaak, so gedaan.

Verlede jaar was daar ‘n storm by die Iguasso-valle wat my reis ook vertraag het. Nou is dit ‘n lughawe-strike.


Estación inmóvil

Hoe sou ons maak,
vra jy, as die vulkaan net as uitspoeg
en nie meer warm lawa nie?

Die Andes in haar grootsheid
lê uitgestrek soos ‘n oerdier
en die ondergrondse fonteine
voed die struike en bome
die woestyn ten spyt.

Iewers skryf Neruda
dat niks sal vergaan of weggaan
tot ons hergeboorte
uit die nie-bestaan
die orde waartoe alles
behoort en vir ewig sal behoort

in die ewige migrasie
tussen indruk en inspirasie
in San Pedro de Calama

dink ek na oor woorde
soos Tsitsikamma
kiwi-vrug
hindernis
kammakastig

en al die uitstaande destinasies
op die NOI hotel se voubiljet:

om op te hou dig
nie jou beskore
en hierdie lyngedig
spoeg ‘n vers uit
oor die bladspieël vir al die kopreise
wat ons deur soveel verbeelde Andesgebergtes onderneem het.

© Joan Hambidge