Met elke leuenspreek of metafoor, metonimia, horisontaal verdroom, keer ek telkens terug na die oerakkoord van dié klankbord, spitsig verwoord. Eerder 'n ouijia-bord, 'n séance? 'n Oproep van dooie, geykte idees? Of dalk: ek het gelewe vir dié leuen? 'n Stil aanwesige in 'n blou Versembleem? Kleinterts, triestig en uvulagtig klepper my verse kloekmoedig. Verwerend teen voormalige vriende se venyn, hou ek my digterlike hart van gode rein.