It is up to you to be
Lacanians. As far as I am concerned, I am a Freudian.
Jacques Lacan [2]
Die ervaring van reis benadruk die gespletenheid van die ego. Daar is enersyds die ervaring van die nuwe of onbekende wat altyd gekoppel word aan die bekende of dan die plek van herkoms. Die ego reguleer die ervarings of indrukke immers aan dit wat bekend is of wat ‘n bekende representasie is van die ónbeleefde, ónbekende ruimte. In hierdie soektog word die gespletenheid van die self gedemonstreer en word die bewuste en onbewuste, die semiotiese en simboliese in opposisie tot mekaar gebring. Hierdie essay reis dan ook tussen konvensioneel-akademiese tekste en die internet – tekste wat soms hier verdwyn van webwerwe. Die teks lewer kommentaar op die agting en kritiek van ‘n bekende teoretikus.
Die ervaring van reis benadruk die gespletenheid van die ego. Daar is enersyds die ervaring van die nuwe of onbekende wat altyd gekoppel word aan die bekende of dan die plek van herkoms. Die ego reguleer die ervarings of indrukke immers aan dit wat bekend is of wat ‘n bekende representasie is van die ónbeleefde, ónbekende ruimte. In hierdie soektog word die gespletenheid van die self gedemonstreer en word die bewuste en onbewuste, die semiotiese en simboliese in opposisie tot mekaar gebring. Hierdie essay reis dan ook tussen konvensioneel-akademiese tekste en die internet – tekste wat soms hier verdwyn van webwerwe. Die teks lewer kommentaar op die agting en kritiek van ‘n bekende teoretikus.
Beide Freud en Lacan werk
met die digitomie van eros en thanathos. By Lacan is daar egter ‘n groter klem
op die doodsdrif (5, Internet Encyclopedia of Philosophy. Besoek op 13.3.06).
I. Le mange de….(dasein)
Die doodsdrif is vir Lacan
die dwingendste aspek van ego-formasie wat uitgelewer is aan paranoïa. Paranoïa
– gekoppel aan selfuitwissing en selfverminking – is opvallend aan hierdie
reisiger se ervaringswêreld. Die Niagara-valle naby Toronto, kan gelees word as
die onbewuste wat angs en onsekerheid in self-refleksie openbaar.
II.
Hierteenoor kan die
CN-toring, die hoogste toring op aarde, gesien word as ‘n representasie van die
Lacaniaanse fallus wat betekenis reguleer.
In die 360 Restaurant neem ek toeristies die stad waar wat
meer as 351m onder ons lê. In beheer. Bykans soos op ‘n foto, lê Toronto. Ná die
Niagara-valle, wat die ónbeheerbare, bruisende onbewuste simboliseer, is die
CN-toring die ruimte van intellektuele beheer.
III. ‘n Hittegolf in Ottawa
Die effek van die hittegolf
(30 grade Celsius) lei tot uitputting en ontsteltenis. Selfs paranoïa. Reis is
waarskynlik een van die duidelikste prosesse waarbinne die ego-konstruksie
opgebreek kan word in al sy brokstukke en veelvuldige nabootsings.
Die reis kry onverwags ‘n
onheilspellende en onvoorspelbare
wending wanneer my verskillende verhoudings tot stilstand kom. Weens verskillende
selfoon-frekwensies kan my selfoon nie konnekteer met Kanada nie. Ek waarsku
vriende/geliefdes vooraf. Een voel beledig en sms my kort voor my reis: “Ek het
nie verwag jy moet kontak hou nie. Ons praat as jy terug is.” Selfs die aand
met my vertrek, bewaar hy die swye en stuur hierdie boodskap 3 keer terug. Hy
reageer wel tweekeer op internet in e-posse. Weliswaar afstandelik.
In hierdie tyd droom ek van ‘n vorige geliefde wat my opbel. Wanneer ek egter terugbel, besef ek die nommer het ondertussen verander. Alle kontak via fone, internet en ander tegnologie blyk onmoontlik te wees. Al kontak wat gemaak kan word, is deur drome. Ek droom egter nie van die huidige geliefde nie. Indien wel, weet ek dit nie.
In hierdie tyd droom ek van ‘n vorige geliefde wat my opbel. Wanneer ek egter terugbel, besef ek die nommer het ondertussen verander. Alle kontak via fone, internet en ander tegnologie blyk onmoontlik te wees. Al kontak wat gemaak kan word, is deur drome. Ek droom egter nie van die huidige geliefde nie. Indien wel, weet ek dit nie.
Ek droom ek is op ‘n skip,
na my besoek aan die Titanic-museum in Halifax waar artefakte van die ramp op
uitstalling is.
IV. “Wo Es war, soll Ich werden”
Vir Lacan is die ego ‘n
illusie, uiteindelik ‘n produk of skepping van die onbewuste. In Lacaniaanse
psigoanalise is die onbewuste die rede vir alle betekenis en waaraan alles
gemeet word. (Klages on Lacan.
Besoek op 13.3.06).
As die onbewuste alle
betekenis skep en reguleer, is dit noodsaaklik om hierdie onbewuste, en meer
spesifiek, die reisende onbewuste te probeer karteer. Tot dusver is die
onbewuste beskryf in terme van ‘n vloed (die Niagara-valle), ‘n hoë toring (die
CN-toring) as die fallus of betekenaar. Ook word die hittegolf in Ottawa
verbind met uitputting, ontsteltenis of paranoïa. Die arbitrêre aard van die
betekenaar – naamlik dat dit na niks of alles verwys nie – is eweneens
kenmerkend van Lacaniaanse psigoanalise.
Dit is die ego self wat betekenisse aanstig of signifieer. Meer spesifiek, die reisende ego fokus op spesifieke landmerke of bakens ten einde beheer uit te oefen. “There is no anchor, nothing that ultimately gives meaning or stability to the whole system”, argumenteer Klages [2]. Sy gebruik die voorbeeld van ‘n woordeboek om hierdie sisteem te verduidelik: elke woord lei jou net na nog ‘n woord, wat jou na nog ‘n woord lei. Die drie fases in Lacaniaanse psigoanalise, die Reële, die Verbeelde en die Simboliese korrespondeer toevallig met die drie landmerke wat hier beskryf word.
Dit is die ego self wat betekenisse aanstig of signifieer. Meer spesifiek, die reisende ego fokus op spesifieke landmerke of bakens ten einde beheer uit te oefen. “There is no anchor, nothing that ultimately gives meaning or stability to the whole system”, argumenteer Klages [2]. Sy gebruik die voorbeeld van ‘n woordeboek om hierdie sisteem te verduidelik: elke woord lei jou net na nog ‘n woord, wat jou na nog ‘n woord lei. Die drie fases in Lacaniaanse psigoanalise, die Reële, die Verbeelde en die Simboliese korrespondeer toevallig met die drie landmerke wat hier beskryf word.
Die essensie van die
psigoanalitiese benadering het te make met verlies (“loss”, Klages, 3) aan die
Reële, ‘n simboliese plek wat nooit weer gevind kan word nie. Hierom is daar
geen taal in die Reële nie, ‘n plek van suiwer aksie. (“There is no absence or
loss”). Vir die reisiger is die Reële voorstelling of representasie: dit wat al
gelees is oor ‘n plek of dit wat in reisgidse of –boeke staan.
“To Lacan ego, or self, or
“I”dentity, is always on the same level a fantasy, an identification with an
external image, and not an internal sense of separate whole identity” [4].
In die sogenaamde spieëlfase
beweeg ons buite onself met die wanperspersepsie dat ons volledig is [4]. Ons
/ek verlang altyd terug na die Reële, na die eenwees met die moederliggaam en
die oomblik wanneer dit verlaat, verlang jy altyd terug daarna.
Die Ander is immers gekoppel
aan Begeerte.
Die belangrikste aspek van
Lacaniaanse psigoanalise is dat dit gelees moet word as ‘n soort
metapsigologie. Hierdie teks oor reis is eweneens ‘n metanarratief van sowel
skrywer as teoretikus se obsessie met reis, die verbrokkeling van die self,
digterskap, kreatiwiteit.
Menslike identiteit is vir
Lacan per definisie gedesentraliseerd. (Internet Encyclopaedia of Philosophy,
2). Juis hierom vind my reisobsessie
aansluiting by Lacan.
Veral twee fases in die formering
van die ego is hier tersaaklik, naamlik die orale fase (om lief te hê, is om te
verslind) en die anale fase (om te bemeester, is om te vernietig).
Die analysand se begeerte
tot die “talking cure” ten einde konflik op te los of te oorwin, word vir die
reisende skrywer die “writing cure” met die wete dat alle betekenaars leeg is
en net deur die betekenis wat die skrywer as reisiger daaraan verleen, ‘n
betekenis (her)win.
“The subject of the
unconscious is the subject of the enunciation” (14). Volgens Lacan verraai ons
meer deur parapraxis en simptome van die liggaam as wat ons besef.
Wat vertel die liggaam of
wat verraai die onbewuste tydens reis?
Tydens die reis deur
Frans-Kanada (Toronto-Ottawa-Québec-Stad-Montréal-Halifax) word die onbewuste
gekonfronteer met ‘n onlangse ervaring. Die ontydige dood van ‘n kollega, ‘n
Lacaniaan, word “unheimlich” verbind aan die reisgids se seun se dood. Peter se
seun is tweejaar gelede in Ottawa vermoor. Op 7 Februarie 2005 word die skrywer
van hierdie artikel meegedeel dat haar kollega vroegoggend vermoor is.
Op hierdie reis word die skrywer teruggeneem na die moord op haar kollega toe die reisgids haar meedeel dat sy seun presies tweejaar gelede vermoor is. Hy het ‘n bed vir ‘n hawelose aangebied en is wreed deur hierdie persoon vermoor, ‘n vrye betekenaar, gekoppel aan geen vaste ruimte of betekenis nie. Ook die reisiger, bewegend van hotelkamer na hotelkamer op hierdie reis, word ‘n soort vry betekenaar (“floating signifier”). Die interaksie met die toergids aktiveer die pynlike herinnering aan die dood van die kollega.
Op hierdie reis word die skrywer teruggeneem na die moord op haar kollega toe die reisgids haar meedeel dat sy seun presies tweejaar gelede vermoor is. Hy het ‘n bed vir ‘n hawelose aangebied en is wreed deur hierdie persoon vermoor, ‘n vrye betekenaar, gekoppel aan geen vaste ruimte of betekenis nie. Ook die reisiger, bewegend van hotelkamer na hotelkamer op hierdie reis, word ‘n soort vry betekenaar (“floating signifier”). Die interaksie met die toergids aktiveer die pynlike herinnering aan die dood van die kollega.
Ek is waar ek nie dink ek is
nie. Ek is waar ek nie reis nie. Ek is waar ek reis. Ek reis waarnatoe ek nie
is nie. Dit is die paradokse wat die onbewuste aan my verraai.
In Halifax, aan die einde
van my reis, besoek ek die Titanic-museum. Die Titanic het my deur soveel jare
al gefassineer en is in etlike gedigte as metafoor aangewend.
Verskillende artefakte word
hier uitgestal om die impak van die ramp te karteer. Onder andere word ‘n
dekstoel uitgestal voor ‘n foto van die Titanic.
Die log-boek wat die kaptein
gehou het, word ook uitgestal. In potlood word die verskillende fases van die
naderende ramp neergeskryf. Iewers in die buik van die skip het iemand in spanning
hierdie log-boek gehou en D.J. Opperman se siening, dat poësie onder uiterse
spanning geskryf word, is opmerklik in hierdie logboek waarin die waarnemings
al hoe sneller en driftiger word. Die aard van die digkuns as ‘n vinnige en
kompakte reaksie op ‘n werklike of verbeelde ramp, word goed vergestalt.
Met potlood geskryf om ook
iets van die efemere of vervlietende aard van die digkuns op te som.
Paradoksaal is dit uitwisbaar, maar terselfdertyd word dit in ‘n museum bewaar.
Die kartering van pyn en
angs word dus so verewig, net soos wat ‘n digter se gedig lank na die ervaring
behoue bly in ‘n bundel of versameling.
Hoe ons trauma voorstel of
signifieer – in hierdie geval in terme van die Titanic – is eweneens tersaaklik
(15).
“Mange ton dasein!”
(Oftewel, eet jou eksistensie). By Michel Foucault het ons die Filosofie van
wantroue en by Jacques Lacan die Filosofie van Paranoïa.
In die eerste hoofstuk tot
die Écrits verwys Lacan na “Le
Facteur de la Verité” wat letterlik beteken die waarheidfaktor of die posman
bring die waarheid.
In sy lesing van Poe se “The
purloined letter” beklemtoon Lacan dat die brief se inhoud nie verander in die
verhaal nie. Wat wel verander, is die interpretasie van die brief en in wie se
besit die brief is. Volgens John Haber in “Who is Jacques Lacan?” is dit
enblematies van hoe die onbewuste werk. (Haber’s Art Reviews; Who is Jacques Lacan? Besoek 2005/06/22)
Lacan was gekant teen
terapeutiese pretensies en die siening dat die ego genees kan word. Volgens hom
is die werklike punt van psigoanalise nie heling nie, maar die analitiese
proses sélf. (Jacques Lacan, Écrits. Besoek 2005/07/20).
“I identify myself in
languages, but only by losing myself in it like an object. What is realized in
my history is not the past definite of what was, since it is no more, or even
the present perfect of what has been in what I am, but the future anterior of
what I shall have been for what I am in the process of becoming” (Écrits). Die reis deur Frans-Kanada
aktiveer ‘n digterlike reaksie: die besoek aan die Titanic inspireer my tot die
skryf van die volgende vers:
Waar is jy Freda Plekker?
- ‘n hartseerballade
Gesigslose, verwaarlose Freda Plekker
o waar is jy nou?
Is jy dalk in die diepsee-waters,
saam met skulpfluisteraars
in ‘n klein submarien soekend na die
Titanic
se oorblyfsels?
Is jou gesig perdalks
weggevreet deur skulpe,
seewier en klein vissies?
Of is jy miskien by Peggy’s Cove
besig om ‘n grys poskaart te versend?
Of in Halifax
in die skeepskaptein se log-boek
opgeskryf:
“hou één kamer oop in jou hart”.
O Freda Plekker,
jy het nie saam met die Titanic gesink;
ek lees jou SOS’e,
dra die “vermoeide bagasie” van jou
woorde.
L’envoi
Party digters sterf salig-salig soos ‘n
Piet Snot;
ander sommer net aan ‘n suurstoftekort.
*
Vir Lacan is daar vier
diskoerse: die Meester, die Universiteit, die Histeriese Een, die Analis... Vir
die skrywer van hierdie essay is die vier diskoerse die Reis, die
Intellektueel, die Digter en die Waarnemer of Belewer.
Die onbewuste praat ‘n taal
parallel aan die alledaagse taal wat ons praat (Haber’s Art Reviews; Who is Jacques Lacan? 1. Besoek 2005/06/22). Die
taal van die onbewuste kom onder andere in drome na vore. ‘n Herhalende droom
van waarskuwing lui soos volg: ek moet ‘n sekuriteitsdeur installeer. Elke keer
wanneer ek dit probeer doen, word ek in die rede geval of ondermyn. Uiteindelik
blyk dit uit die droom dat die bure ‘n soortgelyke sekuriteitsdeur geinstalleer
het, maar dat daar ‘n ontploffing was. Die paradoksale aard van hierdie droom
kom sterk na vore: enersyds is ‘n sekuriteitsdeur iets wat moet beskerm of
afweer; andersyds dui die ontploffing daarop dat dit ook kan ondermyn.
Hierdie is ‘n herhalende,
byna obsessiewe droom. In een nag tydens etlike slaaponderbrekings, word die
droom driekeer herhaal. Ek moet sekuriteit, beskutting vind, maar die sekuriteit
of beskutting ondermyn my.
Waarskynlik is hierdie droom
gekoppel aan persoonlike onsekerhede, en meer spesifiek, aan skryfonsekerhede.
In hierdie tyd word die skrywer toenemend bewus daarvan dat die skryfproses,
die sogenaamde ruimte van beskutting, al hoe meer ‘n ruimte van kritiek en
verdagmaking word. Die skrywer word al hoe meer bewus van onsekerhede oor die
waarde van skryf. Skryf is dus nie meer ‘n plek van beskutting of stilte nie.
Dit is dus nie meer ‘n plek waarin konflik opgehef word nie. Dit word die rede
vir konflik, ambivalensie, uitlewering. Onsekerheid het inbeweeg in hierdie
ruimte van stilte en die twyfels vreet aan die outeur.
Skryf word dan ‘n proses van opgawe – en
‘n herbesoek of reis terug na bekende bakens in die oeuvre.
Die alambiqué-styl wat volgens die
Middel-Engels soos volg verduidelik word: Alembyk, sb. a retort (used in alchemy), C3; alambic,
NED; limbeck, ND, Sh.; lymbecke, (Minsheu).—OF.
alambic, Sp. alambique (Minsheu); Arab, al-anbA-q; Gr.
[Greek: ambic]. stem of [Greek:ambix], a cup. Retort dan as wederwoord of skerp
antwoord, is hoe ‘n mens hierdie styl moet verstaan wat aan Jacques Lacan
toegedig word. [3]
Elisabeth Roudinesco in haar studie oor Lacan vertel
die volgende anekdote oor Lacan. [4] In die herfs van 1975 reis Lacan na die
VSA. Volgens homself was hy wêreldberoemd en hy het by sy aankoms in New York
aangekondig dat hy graag die Metropolitan Opera huis privaat sou wou besoek.
Bekend vir sy humeur wanneer hy teëgegaan word, het sy gashere besluit om die
direkteur van die Met op te bel en vir hom te sê dat Jean-Paul Sartre inkognito
die operahuis wou besoek. Hy is egter gewaarsku om nie die filosoof se naam te
noem nie en op hierdie wyse, skryf Roudinesco, is sowel die operadirekteur
tevrede gestel as Lacan.
By ‘n latere besoek aan MIT het hy egter Noam Chomsky
se gramskap op die hals gehaal toe hy opgemerk het dat hy met sy voete dink! (“We
think we think with our brains,” said Lacan. “But personally I think with my
feet. That’s the only way I really come into contact with anything solid. I do
occasionally think with my forehead, when I bang into something. But I’ve seen
enough electroencephalograms to know there’s not the slightest trace of a
thought in the brain.”) Vir Chomsky was dit egter genoeg bewys dat hierdie man
van sy kop af is. En skielik, net hier, kom my skepsis oor Lacan na vore en op
die reis keer ek opnuut terug na die digterlike proses:
Die skryfproses as sonnet
(‘n parodie)
Hoe goed om te weet! Poësie spruit
nie net uit poësie, maar uit jou
dartelende borste, sagte heupe – veral jou mond,
(geheimsinnig), ‘n stilstaande hysbak
tussen die derde en vierde vak.
Reddingswerkers, toevallig hier rond,
hardloop heen en weer: “Dis nou
of nooit! Ek is kloustrofobies, kry my uit!”
Maar totaal vasgevry
deur jou borste, hande
en besitlikheid: dwíngend
soos ‘n rympatroon, word ek vry
vanoggend in ‘n vers. Van alle kante.
Ek wou nog sê…
Die skryfproses as sonnet
(‘n parodie)
Hoe goed om te weet! Poësie spruit
nie net uit poësie, maar uit jou
dartelende borste, sagte heupe – veral jou mond,
(geheimsinnig), ‘n stilstaande hysbak
tussen die derde en vierde vak.
Reddingswerkers, toevallig hier rond,
hardloop heen en weer: “Dis nou
of nooit! Ek is kloustrofobies, kry my uit!”
Maar totaal vasgevry
deur jou borste, hande
en besitlikheid: dwíngend
soos ‘n rympatroon, word ek vry
vanoggend in ‘n vers. Van alle kante.
Ek wou nog sê…
Die skryfproses, nogmaals as sonnet
(‘n selfgesprek)
Hoe goed om te weet! Poësie spruit
net uit poësie, lankal nie meer uit jou
hangende borste, sletterige heupe –
veral jou mond,
(kwetsend) is ‘n opgaande hysbak
op pad na die derde of vierde vak.
Reddingswerkers, nogmaals hier rond,
Hardloop heen en weer:”Dis nou
finaal!” Ek is kloustrofobies, kry my
uit!”
en totaal van álle illusies bevry
oor jou eens koesterende borste, veral
troostende hande
en bystand, lojaliteit: dwingend
soos ‘n rympatroon word ek vry
vanoggend in ‘n vers van alle kante.
Ek het niks meer te sê.
Die skryfproses as gebreekte sonnet
(vir Lesbia)
Et atque mea
Lesbia, vergeef my
vir al die
dwingende, grensoorskrydende verse!
Gisteraand,
helaas vir die soveelste keer,
sit ek vas in
‘n hysbak op die grondvloer.
Voorheen kon
ek hieroor veelseggend dig:
hoe ek
kloustrofobies raak, reddingswerkers met drif
aanspreek
(“Fok, kry my net hieruit!”).
Op ‘n skrefie
die hysbakdeur óópforseer;
beelde en
rympatrone in die proses verbeur.
O Lesbia, kyk
na die merke op my lyf:
na soveel jare
se se buigsaamheid van verdriet,
is al wat my
kan red jou troostende, lieflike ....
In hierdie tyd word ‘n
mede-digter van plagiaat beskuldig. Die “uncanniness” van die reis word verder
beklemtoon, want dit is uit die werk van ‘n Kanadese digter wat sy die vers
vertaal het sonder erkenning. Sy moet uiteindelik ook haar prys teruggee en ‘n
onverkwiklike letterkundige storm bars los.
Terselfdertyd ontstig dit my
geweldig en word ek telkemale bewus van die ongelooflike Schadenfreude van die
deelnemers. Die verguising van die digter. Die aanklag teen die Afrikaanse
digkuns as sou alle digters plagieer en skelmstreke uithaal.In Jungiaanse terme
word hierdie digter die judasbok. Sy betaal vir die kollektiewe skuld van álle
oortredings.
In Lacan se terme is dit
opvallend dat hy paranoia definieer as ‘n aanval teen die self.
Waarom sou hierdie digter só
nalatig opgetree het?
Bertolt Brecht het na die
verskyning van die “Drei Groschen Oper” ‘n aanklag van plagiaat in die oog
gestaar. In antwoord op die aanklag dat hy ‘n onbekende Franse skrywer se werk
sonder erkenning oorgeneem het, het hy op sy gebruiklik sardoniese manier
geantwoord: “Ek is laks by die erkenning van enige geesteseiendom.” Hy is
ontmasker deur ‘n Berlynse kritikus wat sy mes in gehad het vir Brecht, ‘n
anekdote van my Duitse kollega, Gunther Pakendorf.
Plagiaat is altyd ‘n hoogs
emosionele onderwerp wat twee reaksies ontlok: vir sommige lesers is dit
letterdiefstal, die oorname van iets en die voorgee dat dit jou eiendom is en
dus ‘n oortreding van kopiereg. Vir die skrywer is dit ‘n verwikkelde
onderwerp. Alle skrywers weet dat skryf nabootsing of navolging is, emulasie,
afkyk, naboots….
Presies waar is geleen en
hoe word kreatiewe impulse oorgeneem? Wat is (per ongeluk) ‘n oorname?
Ek reis verder en kyk na
twee DVD’s op my dra-rekenaar op ‘n trein tussen Montréal en Halifax: Lacan se
studie oor paranoia wys daarop dat dit die self is wat sigself aanval.
The shining van Stanely Kubrick is ‘n film waarin paranoia vergestalt word. ‘n Man,
‘n romanskrywer, aanvaar ‘n werk as opsigter by ‘n afgeleë hotel. Hy word
gewaarsku dat in die winter kan hierdie hotel jou oordeel aantas, omdat jy
volledig afgesluit is van die buitewêreld. Die vorige man het in so ‘n toestand
sy vrou en tweelingdogtertjies met ‘n byl vermoor. Jack (vertolk deur Jack Nicholson) se
volledige ineenstorting is ‘n manjifieke analise van hierdie psigiese toestand.
Kubrick gebruik die labirint om hierdie psigiese proses voor te stel. Die vrou en kind stap buite in die labirint van die tuin, terwyl die skrywer hulle dophou. Ook die hotel is soos ‘n labirint waarin verdwaal kan word. Die skrywer se gesprekke met die dooies en sy inbeweeg in die parapsigologiese dimensie is eweneens ‘n doolhof wat betree word. Ook die kyker wat die proses van “the shining”, ‘n metafoor vir psigiese voorwetes, betree die labirint van die onsekere dimensie.
Kubrick gebruik die labirint om hierdie psigiese proses voor te stel. Die vrou en kind stap buite in die labirint van die tuin, terwyl die skrywer hulle dophou. Ook die hotel is soos ‘n labirint waarin verdwaal kan word. Die skrywer se gesprekke met die dooies en sy inbeweeg in die parapsigologiese dimensie is eweneens ‘n doolhof wat betree word. Ook die kyker wat die proses van “the shining”, ‘n metafoor vir psigiese voorwetes, betree die labirint van die onsekere dimensie.
Alfred Hitchcock se Psycho aktiveer eweneens paranoia. Die
sekretaresse vlug uit Phoenix, Arizona met die geld van haar prokureursbaas wat
sy moes inbetaal. Sy slaan op vlug, vermoedelik omdat haar minnaar nie met haar
kan trou nie, omdat hy te veel onderhoud aan sy gewese vrou moet betaal. Sy
reis wég van haar baas en werk en Hitchcock gebruik die montage-tegniek om te
vertel wat gebeur het sedert haar vertrek. Is dit wat sy dink of is dit wat
daar werklik gesê word? Hierdie onsekerheid skep egter paranoia by die kyker:
so word jy betrek by haar vlug. Die polisieman wat haar langs die pad stop,
besef dat sy skuldig is aan iets, omdat sy die hele nag in die motor geslaap
het.
Wanneer sy by die Bates
Motel inboek, ontmoet sy Norman. As ‘n psigotiese persoonlikheid is hy
waarskynlik die hoogste voorbeeld van ‘n paranoïese figuur. Hy het sy moeder
vermoor, omdat hy haar betrap het met ‘n ander man in die bed. Dit blyk dat hy
die lyk opgegrawe het. As ‘n taksidermis kon hy die lyk bewaar soos die voëls
in die motel.
Die Freudiaanse familieromanse
word hier deur Hitchcock besonder uniek voorgestel. Die begeerte van Norman Bates
vir sy moeder kan nie werklik uitgeleef word nie, maar hy sublimeer dit duur
haar lyk in klere uit te stal in haar slaapkamer. Hy voer ook gesprekke met
haar sodat die kyker aanvanklik dink sy is lewendig. Dit is eers wanneer ons
gekonfronteer word met haar lyk dat die waarheid deurdring. Soos die gebruik
van stemme om Janet Leigh se herinneringe en die werklikheid te verbeeld,
gebruik Hitchcock ook hier die tegniek van stemme.
More eindig die reis in
Halifax waar die Titanic geberg word; vir my ‘n simbool van die skryfproses...
Bronne:
Matthew Sharpe. 2005. Lacan, Jacques [Internet Encyclopedia of Philosophy]. University of Melbourne, Australia.
Jacques Lacan. 2001. Écrits: A Selection. Routledge. ISBN 9780415255462
Endnotas:
1. Die titel is ontleen aan
Fanie Olivier se bekende digbundel Om
alleen te reis. Human &
Rousseau, Kaapstad. 1973.
2. Mary Klages. Klages on Lacan. University of Colorado, Boulder.
4. Elisabeth Roudinesco. 1997. Jacques Lacan. Polity Press, 574.
5. Resensie van Elisabeth Roudinesco se Jacques Lacan, Polity Press:
“The ultimate emptiness of the mysteries which Lacan expounded in his seminars, and of his entire intellectual enterprise, is perhaps best conveyed by his last major project – in which, having already reduced human psychology to a series of pseudo-algebraic linguistic equations, he set out to discover the mathematical formulae (“mathemes”) to which he believed all human psychology could be reduced. As equations, ratios, arrows and diagrams of complex knots covered the blackboard in the three-day meeting on mathemes which took place in 1976, many members of Lacan’s audience felt guilty at understanding nothing or very little of something that, as one of them put it, “everyone important seems to feel is so crucial'”. ["Lacan goes to the opera". New Statesman, July, 1997: p. 574]
“The ultimate emptiness of the mysteries which Lacan expounded in his seminars, and of his entire intellectual enterprise, is perhaps best conveyed by his last major project – in which, having already reduced human psychology to a series of pseudo-algebraic linguistic equations, he set out to discover the mathematical formulae (“mathemes”) to which he believed all human psychology could be reduced. As equations, ratios, arrows and diagrams of complex knots covered the blackboard in the three-day meeting on mathemes which took place in 1976, many members of Lacan’s audience felt guilty at understanding nothing or very little of something that, as one of them put it, “everyone important seems to feel is so crucial'”. ["Lacan goes to the opera". New Statesman, July, 1997: p. 574]