Resensent: Joan
Hambidge
J.D.U. Geldenhuys het my die eerste keer bekoor met sy
vertalings van Shakespeare se sonnette(1995). Hy is 'n produktiewe digter en sy
jongste bundel heet: The Easter Visitor (uitgegee deur die Gnomic Press).
Dit is 'n lang epiese gedig wat die verhaal vertel van
'n man wie se vrou tydens die Paasnaweek hom alleen tuis laat. Hy ontvang
besoek - inderdaad 'n “strange visitation” - waarop die digter dan reageer op
sowel 'n humoristiese as intellektuele wyse.
Mascagni se Cavalleria
Rusticana, Dante se Divina Commedia,
Faust, The Tempest, Pound (die
Canto's) en 'n veelheid van moderne
tegnologie, kwantum fisika word alles bygebring in hierdie lang, imposante
gedig.
Die bundel word bemark as die eerste heilige teks van
ons nuwe millennium. My opdrag is om dit as gedig te beoordeel. En hier, meen
die uwe, slaan Geldenhuys die spyker op syn kop.
Die gang van die gedig word in beheer gehou met knap en
dikwels onverwagse ryme en spitsvondige wendings. Die digter is ongetwyfeld 'n
knap vakman wat 'n rympatroon kan volhou.
Engels verleen hom ook goed aan halfryme en dit is nogal
interessant om te sien watter fondse die digter vind vir sy gedig. En ja,
tipies van hierdie digter is daar ook humoristiese wendings (soos dat Dick rym
met prick). Die gedig lewer kommentaar op verskeie aspekte van die metafisika
en die vraag is: in welke mate is die moderne tegnologie nie 'n antwoord op die
die mens se soektog na die goddelike en ewige nie?
The curvature of space hung far apart
whereas the cupola of earth glowed near
against the backdrop of a sky that's starred
and scarred with light. That special time of year,
Easter, rolled round again. The Southern Cross
was straining concave with imagined weight,
the sky around it convex with the loss
of matter disappearing in the freight
en ja, dankie meneer JDU Geldenhuys
vir 'n lekker lang en slim epiese vers
vir al die digters by 'n komputer in die huis
of pennelekkers
wat verse broei rondom 'n kers.
Bestel van P.O. Box 1080, Northcliff 2115.
[Hierdie resensie word met vriendelike
vergunning van Die Burger geplaas.]