Don Maclennan. Notes
from a Rhenish Mission. Carapace, 2001. ISBN 1874923558.
Resensent: Joan
Hambidge
Die bundel begin met die bekende aanhaling van Lawrence
Durrell:”Far off events, transformed by memory, acquire a burnished brilliance
because they are seen in isolation, divorced form the details of before and
after, the fibres and wrappings of time”. Durrell het hier ook die gedig in
gedagte gehad: die stollingsvermoë van die egte gedig.
Helaas, helaas is dit hier waar die epifaniese moment
eindig. In Don Maclennan se bundel bly die vers dikwels net stelling en mis dit
daardie inbeweeg in die “burnished brilliance” waarvan hy via die motto praat.
In vers 10:
Without myths the world is empty.
I smell the Mission garden
dug black and loamy after rain.
Is there no entry, then, for me? (p. 11)
In nommer 16:
To what do we aspire?
Do hyacinths know their fragrance,
or clouds the colour the acquire?
Is dit 'n gedig? Of bly dit blote stelling?
Gedig nommer 27 wil-wil 'n vers begin, maar die gedigte
laat die indruk by die leser van indrukke wat nog nie werklik getransformeer is
tot gedigte nie.
[Hierdie resensie word met vriendelike vergunning van Die Burger geplaas.]