Analisé Carstens. Djy's
bakgat afgepleiste. Ancor, 2000. ISBN 0 620 26801 8.
Resensent: Joan
Hambidge
Een van die noodlottige uitwerkings van die moeilike tye
in die uitgewershuise is selfpublikasie op die front van die digkuns. Party
bundels kan waarskynlik verduur word...
Maar wat die spreekwoordelike koek vat, is Ms. Carstens
se Djy's bakgat afgepleiste waarin
op die agterplat vertel word dat sy onder D.J. Opperman poësie studeer het. Eat
your heart out, DJO!
Die leser word ook verwen met 'n foto (dertig jaar
gelede?) en 'n kasset waarop die gedigte voorgedra word. Ancor uitgewers het
hierdie bundel gepleeg. Die bundel is in Kaaps geskrywe en is niks meer as
versies nie. Die humor red die verse en dis minder verskriklik as die
marshmallow-gedigte in Skanse
(1982).
O ja, daar is sommer ook met 'n swart koki in die teks “reggemaak”!
Ook loop die gedigte skeef oor die blad.
Ancor(sic!) for no more.
Kan bestel word by: Ancor, Belville Posbus 1747,
Belville 7535
[Hierdie resensie word met vriendelike
vergunning van Die Burger geplaas.]